SARIE se skoonheidspan het ’n nuwe gier ontdek – naels met ’n mat-afwerking! Verruil jou skitterblink naels vir ’n mat-voorkoms deur bloot ’n deursigtige mat-naellak bo-oor jou gekleurde naellak te verf.
- O.P.I Matte Top Coat (R196)
- Sally Hansen Big Matte Top Coat (R80)
- GOSH Nail Lacquer Matte Top Coat (R79)
Neonkleure vir jou naels en lippe vir die lenteWenk: Mat-naels pas perfek by korter naels omdat dit geneig is om vinniger af te dop. Die bekende susters Kendall en Kylie Jenner word gereeld met dié nael-voorkoms gesien. Wenk: Wend twee lae van jou gewone naellak aan voordat jy die mat-bolaag aanverf.
Ontwerp jou eie naelkuns met dié app
Die SARIE-span het dié drie voorkomste uitprobeer:
Naellak-skakering met ’n deursigtige boonste lagie naellak in ’n mat-afwerking
Mat-naels met ’n glanspunt
Geometriese mat-en-glans-naelsWenk: Dié voorkoms lyk die mooiste as jy ’n naellak wat ’n bietjie glinster aanverf voordat jy die mat-produk gebruik. Die kleur lyk dan helderder.
- Revlon Colorstay Gel Envy Longwear Nail Enamel in Showtime (R110)
- Ice Box Colors in Northern Lights (R110 vir 15 ml). By Dis-Chem
- Wet n Wild Wild Shine Nail Color in Red Red (R25). By Clicks













