Styl

Ons toets: L’Oréal False Lash Wings

/wp-content/uploads/LOre´al.jpg

'n Goeie maskara het vir my twee eienskappe: Dit moenie klonte op jou wimpers maak nie en dit moenie deur die die dag afkom nie. L'Oréal False Lash Wings (R190) gly letterlik oor jou wimpers aan. Omdat die formule glad nie klonte maak nie, kan jy maklik meer as een laag maskara oor mekaar aanwend. Die unieke borseltjie, wat aan die agterkant breër is as aan die voorkant, sorg dat jou wimpers aan die buitehoeke effe krul.  En ná 'n lang dag by die werk is hierdie maskara presies waar dit moet wees – op jou wimpers en nie onder jou oë nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM