Die geheim van Max Factor Masterpiece Transform Mascara (R110) lê in die ontwerp van die borsel. Ek is gek na die smal silikoonborsel met gleufies pleks van haartjies. Dié borsel help dat ek tot teenaan die basis van my wimpers kan kom sonder om maskara teen my ooglid te mors. Ek kry ook die maksimum hoeveelheid produk op elke wimperhaartjie en my wimpers lyk onmiddellik voller en het meer volume. As jy die behoefte aan meer wimper-volume het, is dít die maskara vir jou. By Clicks.
https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6236/4a744846e0e84f21ab381669220e7766.jpg Max Factor Masterpiece Transform Mascara

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6236/49dbced6666e4d659851422404d58f09.jpg
Phyllis Green, senior fotograaf en boekeredakteur













