Die gewildheid van maksirompe kom en gaan oor dekades heen. En dit is nou weer ín - met mening!
Danksy die boheemse 70’s- en 90’s-trends sien ons die maksiromp nou oral. Steek weg jou bene, want dít is die nuwe sexy.
6 maksiromp-style wat jy die winter moet probeer:
#1 Victoriaanse inspirasie
Victoriaans geïnspireerde blommotiewe en elegansie is groot.
#2 Lok die kraaie
Die blinker-maksiromp is ’n winskopie. Jy kan dit na verskillende formele geleenthede dra en elke keer anders lyk.
#3 Oorgroot items bo-oor ’n maksiromp (laag op laag)
Dis nou ’n trend om met teksture te speel, maar het jy geweet jy kan ook met groottes en snitte speel?
#4 Fraiings
Fraiings is deel van die boheemse tendens en iets wat jy móét dra, so hoekom nie op jou romp nie?
#5 Maatjie-maatjie
Ja, kry vir jou ’n maksi-uitrusting met ’n eenderse romp en top.
#6 Wit hemp
’n Wit hemp en maksiromp gee jou uitrusting gou ’n formele voorkoms.
Maak solank gereed, die maksiromp is op pad!
















