Styl

Oscar-wenner nou botterblond

Die Oscar-bekroonde aktrise Emma Stone het pas haar helderrooi lokke vir ’n nuwe blonde haarkleur verruil. Sy het die naweek by ’n glansgeleentheid met die nuwe botterblond skakering op die rooi tapyt gepronk.

Wanneer dit kom by haar hare, is die 28-jarige Emma beslis ’n verkleurmannetjie. Net as ons dink dís haar kleur, verras sy ons met ’n haar-transformasie. Oor die jare het sy al met verskeie skakerings van blond (haar natuurlike haarkleur), rooi en op ’n keer selfs donkerbruin gespog. Maar maak nie saak watter kleur nie, sy lyk altyd fantasties!

Vóór

Emma het vroeër vanjaar by die Oscar-toekennings met koperrooi hare gespog.

Embed from Getty Images

Ná

Die naweek het sy vir die eerste keer met die nuwe botterblond haarkleur verskyn.

Embed from Getty ImagesEmbed from Getty Images

Wonder jy hoe Emma dit regkry om met enige haarkleur mooi te lyk?

Ons is almal soms skrikkerig om ons haarkleur drasties te verander, veral na blond, omdat die verkeerde skakering geneig is om jou gelaat ouer, vaal en uitgewas te laat lyk.

Volgens haarkenners kan jy bloot na die kleur van jou oë kyk om te weet of ’n spesifieke haarkleur jou gelaat gaan komplementeer of nie, berig die tydskrifte Allure en Marie Claireaanlyn. Hoewel jou oogkleur nie al is wat ’n rol speel in hoe ’n haarkleur aan jou lyk nie, kan dit jou wel ’n goeie aanduiding gee van watter haarkleur-ondertone die beste by jou gelaat pas.

Lees hiér meer oor watter oogkleure watter haarkleure die beste komplementeer.

Emma ondergaan byna jaarliks ’n haar-transformasie! Kyk net hiér:

In 2011

Embed from Getty Images

In 2012

Embed from Getty Images

In 2013

Embed from Getty Images

In 2014

Embed from Getty Images

In 2015

Embed from Getty Images

In 2016

Embed from Getty Images

Wat dink jy?

Lees nou

Die nuwe ster-bestanddeel vir fyn hare

Donnalee: Blondine of brunet?

Monica Pienaar

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM