Styl

PATROON: Brei ’n knus mussie vir die winter

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hierdie mussie sal almal beïndruk en is maklik om te brei. Foto: Verskaf
Hierdie mussie sal almal beïndruk en is maklik om te brei. Foto: Verskaf

Grootte

Pas kopomtrek van

43-47 (48-52; 53-56) cm

Werklike voltooide wydte

45 (50; 55) cm

Volle lengte voor rand opgeslaan is 35 (39; 39) cm

Afkortings

aw - aweregs brei

beg - begin

gl - glip

gl1aw - glip-1-aweregs- manier

herh - herhaal

pat - patroon (brei patroonsteek)

r - brei regs

RK - regte kant

st(e) - steek (steke)

VK - verkeerde kant

Benodigdhede

  • 1 x 100 g-bol Elle Pure Gold-­dubbeldraad in Titanium, kleur no. 201 (kleur A, vir rand)
  • 1 x 100 g-bol Elle Pure Gold-­dubbeldraad in Stonewash, kleur no. 212 (kleur B, vir kroon)
  • 4,5 mm- en 5,5 mm-breipenne
  • Gekleurde merker
  • Tapisserienaald

Spanning

22 ste en 24 rye = 10 cm oor knoopst-pat met 5,5 mm-brei­penne.

Dubbelbreidraad word gewoonlik met 4 mm-breipenne gebrei, maar dié ontwerp word met dikker penne gebrei sodat die steekpat los is en die breiwerk meer rekbaar.

Mussie

Stel 94 (110; 120) ste op met 4,5 mm-­­breipenne en kleur A.

1e ry (RK) R1, * met breidraad aan agterkant van werk, gl1aw, r1, trek die glst oor die st wat pas gebrei is en laat dit op linkerpen, r agter in dié st; herh van * tot by laaste st, r1.

2e ry R1, aw tot by laaste st, r1.

Dié 2 rye vorm die knoopst-pat en word deurgaans herhaal.

Brei in pat verder tot werk 6 (8; 8) cm van die beg is, eindig met 'n ­RK-ry.

Dit vorm die randdeel van die mus.

Skakel oor na kleur B.

Vlg ry (VK) R1, aw tot by laaste st, r1.

Vlg ry (RK) R1, aw tot by laaste st, r1.

Beg nou met 1e ry van pat en brei in knoopst-pat verder.

Let wel Dit is 'n RK-ry al is dit die VK van die randgedeelte en is so ontwerp dat wanneer die rand opgeslaan is die knoopst-pat van die rand en die hoofgedeelte reg is. Brei verder tot werk 9 (11; 11) cm van die kleurverandering is; eindig met 'n VK-ry.

Skakel oor na 5,5 mm-brei­penne, brei steeds met kleur B en brei in knoopst-pat verder tot werk 35 (39; 39) cm van die opstelrand is; eindig met 'n VK-ry.

Plaas 'n gekleurde merker in die middel van die laaste ry.

Heg al die ste af.

Hierdie mussie is mooi en maklik om te brei. Foto: Verskaf
Hierdie mussie is mooi en maklik om te brei. Foto: Verskaf

Afwerking

Werk die naat toe met matras­steek - die naat sal in middelagter kom. Maak seker die naat word omgekeerd gewerk vir die rand en dat jy elke deel met die regte kleur toewerk.

Dop mus na die VK om sodat dit 'n buis vorm en die gekleurde mer­ker met die naat in middelagter ooreenstem. Werk oor die bokant van naat met agtersteek. Dop na die regte kant om. Druk die boonste naat in die mus soos op die foto.

Slaan die rand op en werk dit aan weerskante met 'n paar stekies vas sodat dit in posisie sal bly.

Wenk

As jy die bopunt van die mus gevorm wil hê, moet jy 'n los ry rygsteke werk. Trek die ryg­steke liggies in tot so ver as wat jy dit gevorm wil hê en heg dan die boonste naat vas sodat dit toe is.

Die kleur van die wol op hierdie foto is nie meer beskikbaar nie. Gaan kyk gerus watter kleure is wel beskikbaar.

  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by Huisgenootse daaglikse nuusbrief, "Huisgenoot Vandag".

Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Saprotex internasionaal

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM