Vir maande al wag paartjies wat tussen 1 Februarie 2020 en 28 Februarie 2022 getroud is en vir vanjaar se SARIE Bruidspaar van die Jaar-wedstryd ingeskryf het, om te hoor wie met hierdie gesogte titel gaan wegstap. Uiteindelik kan ons vanjaar se top 5-finaliste aankondig! Hier is 1 van die 5 finaliste:
Esna & Jürgen Mätschke
Troudatum: 18/12/2021
Onthaalplek: Indlovu River Lodge
Dorp/stad waar troue plaasgevind het: Hoedspruit
Provinsie: Limpopo
Fotograaf: Coetzer Cooke

Ons liefdesverhaal:
Esna en Jürgen het in 2014 in Stellenbosch ontmoet. Esna was in matriek en Jürgen was 'n eerstejaarstudent in ingenieurswese. Kort daarna het hulle begin uitgaan en hul studente dae saam geniet.
Ná 7 jaar van uitgaan het hulle getrou by Esna se familie lodge in die bosveld. Dit was 'n drie dae lange bruilof wat gevul was met wildsritte, kuier om die vuur en swembaddens en baie spesiale oomblikke. Hulle het 100 van hul heel beste vriende en familie genooi om die naweek saam met hulle te vier.
Spesiale oomblik: Die seremonie het plaasgevind langs 'n rivierloop tussen die Groot 5. Alle gaste het op voertuie gesit terwyl 'n professionele jagter die area gemonitor het. Esna het ingestap op 'n liedjie van Stellenbosch Universiteitskoor - Indondana, wat ongelooflik spesiaal was.
- Die wenpaar word op 1 Julie in SARIE se Julie/Augustus 2022-uitgawe aangekondig, waarin hulle trou-album sal verskyn.
Wat wen Esna & Jürgen?
'n Romantiese wegbreek na The Palace of the Lost City.

Hulle wen 'n wegbreek van twee nagte by Sun International se The Palace of the Lost City in Sun City ter waarde van R24 000. Die prys sluit in:
- Verblyf in 'n Superior Luxury-kamer vir twee nagte.
- Ontbyt vir twee by The Palace Crystal Court.
- Toegang tot enige Mankwe Gametrackers-aktiwiteit ter waarde van R1 590 per paartjie. Kies uit vierwielmotorfietsry en boogskiet tot geskeduleerde wildritte.
* Die prys is onderhewig aan beskikbaarheid en geldig van 'n Sondag tot 'n Donderdag.
- Op soek na die trourok en diensverskaffers wat jou troudrome kan waar maak? Gaan maak 'n draai op SARIE Bruid: (ver)koop my rok & ander dienste! Wie weet, die rok en verskaffers van jou drome, wag dalk net om die draai!















