Vir maande al wag paartjies wat tussen 1 Februarie 2020 en 28 Februarie 2022 getroud is en vir vanjaar se SARIE Bruidspaar van die Jaar-wedstryd ingeskryf het, om te hoor wie met hierdie gesogte titel gaan wegstap. Uiteindelik kan ons vanjaar se top-5-finaliste aankondig! Hier is een van die vyf finaliste:
Wiesie & Merts Swanepoel
Troudatum: 08/05/2021
Onthaalplek: Bruid se familie plaas
Dorp/stad waar troue plaasgevind het: Lydenburg (Mashishing)
Provinsie: Mpumalanga
Fotograaf:Michelle Bekker

Ons liefdesverhaal:
Ons het in Kaapstad ontmoet in Merts se eerste jaar van werk en my finale jaar van my Grafiese Ontwerp-studies. Merts het my oorgewen met sy sagte hart en al die aande wat hy vir my en my flatmates kos gemaak het!
Ná 3 maande van my boetie wat plannetjies beraam het om die 13 km pad te skraap dat die gaste by die troue kan uitkom en om die veld plat genoeg te kry vir die onthaal, het ek en Merts onder die doringbome en tussen die grasse, man en vrou geword.
Dit nadat ons gesê het ons kies net 'n venue wat alles kan doen en maklik bekombaar is!
Die troue was een groot familiefees met gaste wat al Vrydagaand gekom het, heel naweek op die plaas gekamp het en gehelp het om die troue op te stel. Ons het so lekker met ons gaste gekuier en hulle met mekaar! Ons harte het gebars van vreugde.
- Die wenpaar word op 1 Julie in SARIE se Julie/Augustus 2022-uitgawe aangekondig, waarin hulle trou-album sal verskyn.
Wat wen Wiesie & Merts?
'n Romantiese wegbreek na The Palace of the Lost City.

https://www.suninternational.com/palace/
Hulle wen 'n wegbreek van twee nagte by Sun International se The Palace of the Lost City in Sun City ter waarde van R24 000. Die prys sluit in:
- Verblyf in 'n Superior Luxury-kamer vir twee nagte.
- Ontbyt vir twee by The Palace Crystal Court.
- Toegang tot enige Mankwe Gametrackers-aktiwiteit ter waarde van R1 590 per paartjie. Kies uit vierwielmotorfietsry en boogskiet tot geskeduleerde wildritte.
* Die prys is onderhewig aan beskikbaarheid en geldig van 'n Sondag tot 'n Donderdag.
- Op soek na die trourok en diensverskaffers wat jou troudrome kan waar maak? Gaan maak 'n draai op SARIE Bruid: (ver)koop my rok & ander dienste! Wie weet, die rok en verskaffers van jou drome, wag dalk net om die draai!















