Vir maande al wag paartjies wat tussen 1 Februarie 2020 en 28 Februarie 2022 getroud is en vir vanjaar se SARIE Bruidspaar van die Jaar-wedstryd ingeskryf het, om te hoor wie met hierdie gesogte titel gaan wegstap. Uiteindelik kan ons vanjaar se top 5-finaliste aankondig! Hier is 1 van die 5 finaliste:
Rianie & Matthew May
Troudatum: 21/08/2021
Onthaalplek: De Uijlenes
Dorp/stad waar troue plaasgevind het: Gansbaai
Provinsie: Wes-Kaap
Fotograaf:Ever Ever Photograhy

Ons liefdesverhaal:
Die ontmoeting: "It was all in the Chemistry" is ons gunstelling spreekwoord om te sê wanneer mense ons vra hoe het ons ontmoet. Ons albei het BSc Voedselwetenskap studeer, maar Matthew is 'n jaar ouer.
Te danke aan die moeilike chemie wat Matthew moes herhaal, het dit hom darem kans gegee om "vrou te vang" - en sy graad. Dit was eers na ons graad gevang het wat ons ontdek het daar is "chemistry".
Die verlowing: Voordat ons geweet het ons stel in mekaar belang was ons eendag by Bakhoven saam met 'n groep vriende waar 'n vriendin toe vra dat ons maak asof ons verloof raak vir 'n foto want sy is 'n fotograaf.
2 jaar later gaan Matthew op sy knie by dieselfde plek, maar hierdie keer regtig. Hy reël dat Rianie daar moet wees vir 'n werkvideo, waar hy toe in die agtergrond verskyn.
- Die wenpaar word op 1 Julie in SARIE se Julie/Augustus 2022-uitgawe aangekondig, waarin hulle trou-album sal verskyn.
Wat wen Rianie en Matthew May?
'n Romantiese wegbreek na The Palace of the Lost City.

https://www.suninternational.com/palace/
Hulle wen 'n wegbreek van twee nagte by Sun International se The Palace of the Lost City in Sun City ter waarde van R24 000. Die prys sluit in:
- Verblyf in 'n Superior Luxury-kamer vir twee nagte.
- Ontbyt vir twee by The Palace Crystal Court.
- Toegang tot enige Mankwe Gametrackers-aktiwiteit ter waarde van R1 590 per paartjie. Kies uit vierwielmotorfietsry en boogskiet tot geskeduleerde wildritte.
* Die prys is onderhewig aan beskikbaarheid en geldig van 'n Sondag tot 'n Donderdag.
- Op soek na die trourok en diensverskaffers wat jou troudrome kan waar maak? Gaan maak 'n draai op SARIE Bruid: (ver)koop my rok & ander dienste! Wie weet, die rok en verskaffers van jou drome, wag dalk net om die draai!















