Styl

SARIE Bruidspaar van die Jaar 2022-2023: Finalis 5/5

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Nicole Eksteen & Ryno Eksteen

Foto: Megan and I
Foto: Megan and I

Troudatum: 6 Januarie 2023

Onthaalplek: Letsatsi Lodge

Beskryf die troue in drie woorde: Verbeeldingryk, aards, eksoties

Dorp/stad waar troue plaasgevind het: Vanrhynsdorp

Provinsie: Noord-Kaap

Fotograaf: Megan and I

Ons liefdesverhaal

Foto: Megan and I
Foto: Megan and I

Ek en Ryno het eintlik deur my broer, Peter, ontmoet. Ryno het eendag na ons huis toe gekom en my daar gesien. 'n Paar dae later het hy genoeg moed bymekaar geskraap en my broer gevra of hy vir my 'n DM op Instagram kan stuur.

'n Paar weke later het ek en Ryno op ons eerste date gegaan, ek het hom vriendelik 'n piggy back ride aangebied. Die res is geskiedenis.

Ryno was 'n rugbyspeler en kort nadat ons begin uitgaan het, het hy 'n kontrak by die Cheetahs gekry. Ons het vir twee jaar 'n langafstandverhouding gehad wat ons beslis sterker gemaak het.

In 2022, 'n jaar nadat ek Survivor South Africa Immunity Island gewen het, het Ryno my op die strand in Kleinmond gevra om met hom te trou. Dit is die plek waar ek en my gesin ons Desembervakansies spandeer sedert ek vyf was. Dit was magies en meer as wat ek ooit kon droom.

Spesiale oomblik van troudag

Foto: Megan and I
Foto: Megan and I

Daar is nie een enkele oomblik wat uitgestaan het nie. Elke sekonde was besonders en deur daarna terug te kyk, is al die herinneringe van ons troue die spesiaalste vir my.

Van my droomrok(ke) wat my dierbare ma gemaak het, dat albei my susters, wat in die buiteland woon, daar was om te sien hoe ek met die man van my drome trou tot my pa wat saam met my na die kansel gestap het . . .

Dit was alles en meer.https://www.instagram.com/megan_and_i/?hl=en

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM