Styl

SARIE by Kaapstad Modeweek: Sprokies-modes

Die vertoning het afgeskop met ballerinas wat die danseres in 'n juweelkissie voorstel, met die gepaste musiek daarby. Dit het elke vrou dadelik terug geneem na kinderdae-herinneringe.

Met Raponsie wat op 'n balkon sit met 'n lang vlegsel wat afhang, is die fantasie van sprokiesprinses dadelik vasgevang. Hierdie inspirasie was duidelik sigbaar deur die vertoning met die een vroulike uitrusting na die ander. Die klem was op kant, blompatrone en kleur.

Die vertoning eindig met die prinses wat trou met haar ridder op 'n wit perd – ongelooflike trourokke. Hierdie vertoning het asems weggeslaan en almal is huis toe met 'n sprankelende bui.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM