Styl

Super-modieuse jeans

As jy op soek is na nuwe jeans met 'n jong, modieuse aanslag, kan jy gerus by Diesel gaan inloer. Daar's ses splinternuwe style om van te kies:

Grupee: Super-noupassende jeans met uiters nou pype.

Getlegg: Noupassende noupyp-jeans, maar wyer by die knie en met 'n hoër middelband.

Bootzee: Perfek vir die werk. Dié noupassende styl het 'n effense stewelpyp. Die sakke agter sit hoër as by die ander style.

Highkee: Uitgaan-jeans, geïnspireer deur die style van die jare vyftig. Reguit pype, 'n noupassende snit en 'n hoë middel.

Myguy: Kêrelstyl-jeans vir gemak en loslitdae.

Flairlegg: Modieus en sjiek – 'n gemaklike snit met wye pype.

Die reeks is van Maart 2012 by Dielsel-winkels landswyd beskikbaar. Skakel 011 783 0882 of gaan na www.diesel.com.

admin

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM