Styl

Top-trends vir lente

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

1. GOURMAND-GEURE

In 1992 het die Franse ontwerper Thierry Mugler grense verskuif toe hy die eerste gourmand-parfuum, ‘Angel', met eetbare bestanddele soos sjokolade, heuning, spookasem en klapper ontwikkel het. Sedertdien is gourmand-geure een van die geurkategorieë wat in gewildheid die meeste gegroei het, veral onder jonger vroue. En danksy 'n vlaag nuwe gourmand-parfuumbekendstellings was die afgelope twee jaar geen uitsondering nie.

"Gourmand-geure bly gewild omdat kosnote soos vanielje, sjokolade en karamel 'n warm, huislike gevoel ontlok, en herinneringe van ons kinderdae en tyd saam met familie oproep," se Liz Ferrett, parfuumkenner van Johannesburg. Die geure het ook 'n verslawende effek (dink maar aan die reuk van varsgebakte brood of 'n pot koffie wat jy net wil aanhou ruik) en word daarom veral gebruik in parfuums wat gevoelens van aanloklikheid, sensualiteit, selfvertroue, misterie en verleiding wil oordra.

Boonop dis daar 'n magdom kombinasies waarmee parfumeurs kan eksperimenteer. Sjokolade, karamel en heuning is stroopsoet. Vanielje, kaneel, tonkaboon en koffie is warm en melkterig. Balsemasyn en seesout gee 'n heerlike sout kinkel, en vrugtenote soos pomelo, pruim of sorbet 'n tikkie suurheid.

Met gourmand-geure nou weer in die kollig, is twee van die ikoniese Britse skoenhandelsmerk Jimmy Choose topverkopers in dié kategorie, Jimmy Choo EDP en Jimmy Choo Fever, nou 'n móét-hê vir jou parfuumversameling.

Jimmy Choo Eau de Parfum
Jimmy Choo Eau de Parfum

Jimmy Choo Eau de Parfum

Vroulikheid, luuksheid en styl in 'n bottel was Jimmy Choo se visie vir die heel eerste parfuum wat agt jaar gelede geskep is. Die inspirasie daaragter die kerneienskappe van die moderne vrou: glansryk, sterk, bemagtig, mooi, verleidelik, vol selfvertroue en met 'n tikkie misterie daarby. Die resultaat was Jimmy Choo Eau de Parfum (R1 495 vir 100 ml), 'n moderne vrugtige chypre-geur met 'n heerlike soet basis van toffie.

Note: Die parfuum open met soet lemoen, nektar van peer en groen note. Eksotiese tier-orgidee ('n tipe endemies aan Indonesië) in die hart is romerig, waarna intense soet toffienote gemeng met patsjoelie 'n subtiele geur skep wat lank op jou vel draal.

Faset-bottel: Die handelsmerk het 'n bottel geskep wat luuks en mooi genoeg is om op jou spieëltafel uit te stal. Die elegante fasette is geïnspireer deur die ikoniese glasskeppings van die Murano-eiland in Venesië en herinner aan die juwele wat dikwels op Jimmy Choo se skoenontwerpe gebruik word.

Kenmerkende luislangvel: Nog 'n onterwep wat Jimmy Choo graag inspan, is 'n luislangsvelmotief. Vir hom is daar niks meer sexy en eksoties nie. Elke parfuum in Jimmy Choo se kernreeks kom in 'n boks getooi met dié kenmerkede patroon.

Jimmy Choo Fever
Jimmy Choo Fever

Jimmy Choo Fever

Verlede jaar het die parfuumhuis die ryker, meer hipnotiese Jimmy Choo Fever (R1 595 vir 100 ml EDP) bekend gestel. Dié geur word beskryf as 'n betowerende blom-gourmand en is vir Jimmy Choo die verpersoonliking van 'n vrygeestige, onafhanklike vrou met 'n magnetiese aantrekkingskrag.

Die ‘neuse': Twee vroueparfumeurs, Nathalie Lorson en Honorine Blanc, is gekies om die parfuum te skep. Hulle wou 'n kontrasterende parfuum ontwikkel wat wissel tussen die intense soet note van geroosterde amandel en tonkaboon en die poeierige blomnote van die pers sonsoekertjie.

Note: Wanneer jy eers die geur aanspuit, ruik jy eers sappige swartpruim-nektar, lietsjie en subtiele note van bitter pomelo, gevolg deur 'n vroulike blommehart van sonsoekertjie, vanielje-orgifee en jasmyn. Daarna is sandelhout, die warmte van bensoïen (gom afkomstig van die bensoïenboom wat baie soos balsemasyn ruik), geroosterde amandel en tonkabone is die basis sexy en sensueel.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

2. PINKSTERROOS

Vir net sowat ses weke in die lente blom dié romantiese blom in 'n see van kleur. Die groot, geurige blomme in skakerings van wit, pienk, pastelpers, rooi en geel (om maar enkele kleure te noem) sorg vir die allermooiste ruikers, en is veral gewild onder bruide.

"Pinksterrose is hoofsaaklik afkomstig van China. Dit word beskou as 'n gesogte blom wat geluk, gesondheid en welstand simboliseer," sê Diana Rankin, parfuumkenner en eienaar van die geurboetiek Perfume Power op Somerset-Wes. In parfuum het dit 'n roostipe geur, wat soms effens soeter en ander kere groener en meer aards ruik. Dit word dikwels met blomnote soos roos, jasmyn en soetemaling gekombineer vir 'n optimistiese, vroulike geur.

Jimmy Choo L'Eau
Jimmy Choo L'Eau

Jimmy Choo L'Eau

Die opvolggeur ná die oorspronklike Jimmy Choo EDP, Jimmy Choo L'Eau (R1 395 vir 90 ml EDT), is sprankelend, vroulik en sensueel danksy die kombinasie van pinksterroos en hibiskus met sederhout en muskus.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

3. GEÏNSPIREER DEUR DIE OOSTE

Met die Wêreldbekerrugbytoernooi wat vandeesmaand in Japan afskop, is die Ooste vol in die kollig en is dit inspirasie vir dekor tot kos, en in parfuums en lyfsorgprodukte duik energieke note wat met die Ooste geassosieer word op. Dink gemmer, sitroengras, bergamot, lemoenblare en groentee. Ligter parfuums soos dié is meer toeganklik om te dra en is 'n staatmaker in Suid-Afrika se matige weer, sê Liz.

Jimmy Choo Illicit
Jimmy Choo Illicit

Jimmy Choo Illicit

Kies Jimmy Choo Illicit (R1 595 vir 100 ml EDP) vir 'n aand uit. Gemmer en bitterlemoen is versoet met heuning, amber en sandelhout.

FOTO Unsplash / Jonathan Pielmayer
FOTO Unsplash / Jonathan Pielmayer

4. Mik na somer

Vir die warmer somer is varser blom- en vrugtegeure gepas omdat dit opbeurend en nie oorweldigend is nie. Dis egter dikwels 'n parfuum se basisnote wat 'n blywende indruk op jou herinneringe het.

Jimmy Choo Floral
Jimmy Choo Floral

Jimmy Choo Floral

Die nuwe Jimmy Choo Floral (R1 395 vir 90 ml EDT) is 'n ode aan sprankelende vroulikheid en word beskryf as 'n simfonie van blomme en vrugte. Die geur ontplof met sitroen, nartjie en perske, gevolg deur 'n delikate hart van magnolia, pronkertjie en appelkoosbloeisel. Subtiele muskus- en houtnote in die basis is elegant en rond die geur mooi af. Perfek vir lente!

SARIE Voorbladgesig word met trots aangebied in samewerking met Jimmy Choo Parfums, INOAR, die Isa Carstens Akademie en Kalahari Lifestyle.

Monica Pienaar en Suanne Mulder

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM