Daar is verskeie redes hiervoor, sê Connie Elizabeth, sakebestuurder van die velsorghuis pHformula. "Stres speel 'n groot rol, asook hormoonskommelinge, die gebruik van verkeerde produkte en 'n ongesonde dermkanaal."
Gelukkig is daar verskeie nuwe produkte wat kan help om 'n veluitslag in bedwang te hou wanneer 'n besige leefstyl sy tol op jou vel eis.
Kies reg:
Goeie reiniging en gereelde afskilfering met produkte wat nie jou vel stroop of irriteer nie, verwyder bakterieë en voorkom die vervaardiging van oortollige olie en porieë wat verstop.
Gebruik ook net behandelingsprodukte (spot treatments) wat geformuleer is om die porie binne te dring en te behandel, en dit nie net van buite uitdroog nie, sê Connie.
Probeer dié produkte:
Amandelsuur in pHformula Spot On Blemish Active verwyder bakterieë wat aknee veroorsaak spoedig en sagkens. By uitsoeksalonne

Wend GOSH Donoderm T-Zone Refining Serum daagliks onder jou vogroom aan om onsuiwerhede te behandel. By Foschini, Edgars en Truworths

Gebruik Sorbet Salon Skin Rapid Spot Rescue op knoppies wat ontsteek is. By Clicks













