Styl

Uitrustings vir uitblink

Dis jou oomblik! Vergeet dat blink net vir die aand is - dra glans by jou alledaagse items. Jy sal verbaas wees hoe iets gewoons opnuut sprankel.

Treffende blinkers

Vir ’n luukse, informele voorkoms, kombineer ’n blinkerromp met ’n T-hemp en tekkies - die seisoen se grootste mode-item.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6181/65552772cb3d49dbb0568e2a3d07f346.jpg T-hemp, blinkerromp en tekkies, als beskikbaar by spree.co.za

Groot, blink oorbelle

Die geheim hier is die kontras tussen die oorgroot oorbelle en die parka-baadjie.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6181/ad5a0d54159f499f976676437ab3bd6d.jpg Parka-baadjie, Poetry, en oorbelle, H&M

Kralewerk

Baadjies met kralewerk en blinkers is nie net vir die aand nie. ’n Klassieke hemprok kry moderne elegansie met dié baadjie.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6181/94df12d11b8f4992a0a3b46eb468a3a3.jpg Hemprok, Mr Price / mrp.com, en baadjie, Mango by spree.co.za

Glinster-hakkeHoë hakke bly maar treffend en in ’n blinkerstof is dit perfek saam met ’n patroonrok vir die dag-tot-aandvoorkoms.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6181/9e0943c102d04e4fb2ac79bb9e082f94.jpg Patroonrok, H&M, en hoëhakskoene, Queenspark

Koop van die items hier aanlyn:

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM