Die sportluukse trend is die afgelope tyd reeds gewild, maar daar is een item wat vanjaar besonder gróót is: die gholfhemp!
Die groot vraag op almal se lippe is: hoe dra jy dit? Dis eintlik ’n baie praktiese item, maar kan gou outyds of "nie reg nie" lyk.
_____________________________________________________________________________
Dra jou gholfhemp só:
Saam met ’n romp: ’n potloodromp of 'n midiromp balanseer jou uitrusting en neem jou van ’n informele na ’n formele voorkoms.
Embed from Getty ImagesEmbed from Getty Images
Die stilering van Stella McCartney se Lente/Somer-reeks 2016 gee jou ’n uitstekende idee hóé om die gholfhemp te dra:
Kyk uit vir gholfhemde in ’n moderne styl soos asimmetries of selfs ’n hemprok.
Embed from Getty ImagesEmbed from Getty Images
Gholfhemde in interessante patrone kikker ook ’n uitrusting mooi op.
Embed from Getty ImagesEmbed from Getty Images
’n Maksirok-weergawe van die gholfhemp is ’n baie klassieke keuse.
Bêre jou gholfstokke en haal uit die hakskoene!













