Beyonce is bekend vir haar geheimsinnigheid – veral as dit by haar private lewe kom. Sy het dit immers ’n hele ruk reggekry om haar groterwordende bababoep weg te steek.
Net nadat sy die wêreld ingelig het dat haar dogtertjie, Blue Ivy, tweelingboeties of -sussies gaan ryker word, het sy op 12 Februarie 2017 by die Grammy's met ’n uitstekende vertoning met haar bababoep gespog. Almal se aandag was so vasgenael op haar boep dat hulle amper dié detail op die rok misgekyk het.
As jy mooi kyk, kan jy ’n vrou se gesig op die rok se maaginsetsel sien … hoe kon ’n mens dit mis?! Ons vermoed dat hierdie belangrike stukkie detail Beyonce se “eie” gesig is. Die rok is ontwerp deur Peter Dundas, een van Beyonce se gunsteling-ontwerpers.
Wat dink jy van die versteekte element in die ontwerp?
Bron: www.metro.co.uk













