Die koningin van selfies Kim Kardashian dra graag deursigtige nommers na glansgeleenthede. En by die onlangse Fashion Los Angeles-toekennings was dit weer so. Maar dié keer was daar gemengde gevoelens oor die rok.
Die Amerikaanse skinderbek-blogger Perez Hilton het Kim se Givenchy-rok as ’n ramp bestempel. Maar Harper's Bazaar het haar op hul lys van besgekledes vir die aand gesit.
En ons? Wel, die rok slaan nie ons asem weg nie. Maar ons sal dit ook nie as die aand se lelikste rok beskryf nie.
Wat dink jy van Kim se rok?
Dit lyk of haar rok gloei?













