Styl

Wat?! ’n Eerste vir groot modehuis

Die grootste invloed op mode in die 1950's was die "New Look", wat die ontwerper Christian Dior wêreldwyd op almal se lippe geplaas het. Sedert dié luuksemodehuis se begin in 1946 was daar nog net manlike ontwerpers as kreatiewe direkteurs.

Vanaf Julie 2016 is daar die eerste keer ’n vroulike kreatiewe direkteur, Maria Grazia Chiuri. Voor Dior het Maria 17 jaar vir Valentino gewerk. Haar eerste reeks vir Dior is Lente/Somer 2017 en is tans wêreldwyd in Dior-boetieks beskikbaar.

Dior het Maria se aanstelling só op Instagram aangekondig:

Dié T-hemp uit haar eerste reeks het reeds op die voorblad van die Februarie 2017-uitgawe van die Duitse

Harper's Bazaar verskyn.

Maria oor haar eerste reeks vir Dior: "Ek streef daarna om oplettend en ontvanklik te wees vir die wêreld om my en klere te ontwerp wat hedendaagse vroue verteenwoordig. Mode wat in pas is met veranderende behoeftes, vry van die stereotiepe kategorieë van manlik/vroulik, jonk/nie so jonk nie, rede/emosie."

Vir meer inligting besoek: www.dior.com

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM