Vergeet van grys winter en somber buie. Dié seisoen is ’n tyd om positief te wees. Hierdie gevoel van optimisme word geskep met massas blompatrone. En, nes blomme, laat parfuum jou vrolik en gelate voel. Noudat die warm dae van die somer verby is, het die tyd aangebreek om jou ligte parfuum vir ’n swaarder geur te verruil. Winterparfuums word gekenmerk deur diep note soos muskus, bergamot, sandelhout en pruim.
DIE INSPIRASIE
Jy hoef nie vir lente te wag om jou in blomme te verlustig nie! Blomme van elke soort is nou oral te sien - solank dit op 'n donker agtergrond is vir 'n wintergevoel.



IN DIE WINKELS
Die leliedou-hangertjie van Janine Binneman (R495) is by sarie.com beskikbaar. Fyntjies en vroulik, en die ideale geskenk. Die steen, wat wissel van glasgroen na vaalgroen, is ’n baie mooi kleur.

http://koop.sarie.com/leliedou-hangertjie
Blomtuinserp (R250) van sarie.com

http://koop.sarie.com/bykomstighede/serpe-en-belde/blomtuinserp
Trofee-T-hemp (R345) van Colleen Eitzen by sarie.com

http://koop.sarie.com/klere/tops-hemde/trofee-t-hemp
Kunspêrel-ring met blomdetail (R129), Scarlet @ American Swiss

Plastiekraam-sonbril met blompatroon (R199), YDE

Waterstewels van rubber met blompatroon ?(R1 999), Hunter

Denimhemp (R699), Ronald Sassoon
Katoenbroek met wye pype (R650), Lisp ?
Dun kunsleer-belt (R199), Slick
Silwer-en-goudkleurige ketting-halssnoer met lapblom-detail (R199), Accessorize

Goue uil-halssnoer met diamanté-detail (R299), Accessorize

Katoenhemp (R499,95), Mango Katoen- langbroek met plooie (R699) 46664 Dun belt van kunsleer (R299), Slate Bonkige plastiek-halssnoer (R89), Metallic Mermaid

Platform- hakskoene van satyn (R399), Queue.

Swart vintage-handsak met blompatroon en plastiek-handvatsels (R530), Babette

IN JOU GRIMEERSAKKIE
Vir ’n geur wat langer hou, stel kenners voor dat jy in die wintermaande die gekonsentreerde eau de parfum-weergawe van ?jou gunsteling-parfuum dra.

Foto: M.A.C
41 jaar oud! Die perfekte wintergeur: patsjoelie en salie kom tot hul reg in Clinique Aromatics Elixir
(R635 vir 45 ml EDP).

Verkwikkend met bergamot, Calvin Klein Sheer Beauty (R720 vir ?50 ml EDT)

Lemoenbloeisel hou muskus vars, Versace Yellow Diamond (R730 vir 50 ml EDT)

Mosgeure in Jo Malone London Blooms Collection in Peony & Moss ?(R950 vir ?100 ml EDC)

Romantiese hout en mos, Yardley Forbidden Lace ?(R200 vir ?50 ml EDP)

Sensuele vanielje in Dior Hypnotic Poison (R745 vir 50 ml EDT)

Katjiepiering! Gucci Flora Gorgeous Gardenia (R995 vir ?100 ml EDT)

Laventel en muskus in Chanel Jersey (R1 380 vir ?75 ml EDT)

KUIER AGTER DIE SKERMS BY DIE MODE-FOTOSESSIE













