Die kouer klimaat het 'n negatiewe impak op jou hare. Jou hare is dan geneig om makliker droog te wees en te breek. Hittestilering help ook nie die saak aan nie. Verskillende haartipes het spesifieke behoeftes wat met behulp van die korrekte produkte vervul kan word.

Tydens die winter het jou hare ekstra vog nodig as dit growwer en/of 'n natuurlike krullerige tekstuur het, jy dit gereeld met hitte stileer, baie tyd in 'n lugversorgde vertrek deurbring of grys hare het.
WENK
Probeer om growwe hare nie elke dag te was nie, sê Karen Botha, bemarkingsbestuurder van die Brasiliaanse haarsorgreeks Inoar in Suid-Afrika. Hare word dan minder gereeld van vog gestroop en dit gee jou hare se natuurlike olies kans om haarlengtes te voed.
Voeg bloot dié staatmakerprodukte by ...
Vir fyn hare: Inbly-opknapper
Die formule is gewoonlik ligter as dié van 'n gewone opknapper en bevog fyn hare sonder dat dit swaar voel. Dit beskerm ook teen buitefaktore wat hare uitdroog soos wind en UV-strale. Wend dit aan vanaf die middel van jou hare tot by die punte nadat jy jou hare met 'n handdoek drooggemaak het.
Vir growwe hare: Haarmasker
Maskers is ontwikkel om jou hare intens te voed en werk uitstekend om kroeserigheid te verminder. Gebruik dit een of selfs twee keer 'n week nadat jy jou hare gewas het. Spoel dit ná sowat tien minute af.
Vir alle haartipes: Haarolie
Natuurlike haarolies soos makadamia-, argan-, klapper- en olyfolie seël die kutikel en penetreer die haarskag waar dit jou hare van binne voed en herstel, sê Karen van Inoar. Dis geskik vir enige haartekstuur, selfs fyn hare.
Is jou hare beskadig, droog en kroeserig?
Probeer Inoar se Absolut Daymoist CLR-reeks (vanaf R280) wat bestaan uit 'n sjampoe, opknapper en masker. Unieke bestanddele in die formules, soos beet-ekstrak en 'n spesiale vorm van mieliemeel, vul jou hare aan met aminosure. Dit versterk die skag en sorg dat vog in jou hare beter behoue bly sodat hare soepel, glad en meer hanteerbaar is. By uitsoeksalonne of aanlyn by www.inoar.co.za

Skryf nou in!
Die soektog vir SARIE se Voorbladgesig 2019 het amptelik begin! Skryf in, benoem iemand en stem.

Klik hier om deel te wees van die Voorbladgesig-reis.

SARIE Voorbladgesig word trots aangebied in samewerking met Jimmy Choo Parfums, INOAR, Isa Carstens Akademie en Kalahari Lifestyle.
















