Welstand

Bestuur asma ten alle tye reg

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
In ’n studie is bevind dat Suid-Afrikaners baie afhanklik van asmapompe is. Foto: ISTOCK
In ’n studie is bevind dat Suid-Afrikaners baie afhanklik van asmapompe is. Foto: ISTOCK

In Suid-Afrika ly meer as 20% van kinders en 10% tot 15% van volwassenes aan asma.

Vir diegene wat met die siekte leef, kan dit lewensgehalte in verskillende grade verminder, en dit is nie ongewoon om tydens 'n aanval in die hospitaal opgeneem te word nie. Ten spyte van veranderinge in die benadering tot behandeling en bewys­gebaseerde medikasie om die toestand te bestuur, sterf 'n kommerwekkende getal Suid-Afrikaners steeds elke jaar aan asma.

Met die vyfde hoogste asma-sterftesyfer ter wêreld, kan die belangrikheid van plaaslike navorsing soos die onlangs gepubliseerde SABINA III-studie nie oorbeklemtoon word nie.

Die nuwe studie het hoofsaaklik ten doel om asma Saba (short-acting beta2 agonists)-voorskrifpatrone onder Suid-Afrikaanse pasiënte te hersien. Die bevindinge was afdoende, wat toon dat oormatige afhanklikheid en oor-die-toon­bank­­­-aankope van die asma­pomp wydverspreid is, ten spyte van die nuwe riglyne vir die behandeling van die siekte.

Volgens prof. Ismail Kalla, 'n pulmonoloog en departementshoof van interne geneeskunde aan die Universiteit van die Witwatersrand, is die aansienlike oorbenutting van die blou Saba-inhaleerder 'n ernstige probleem vir Suid-Afrikaanse asmapasiënte.

Prof. Kalla voeg by dat asmatiese pasiënte al dekades lank hul blou inhaleerder (wat vinnige en tydelike verligting bied) te veel gebruik en hul anti-inflammatoriese instandhoudingsmedikasie te min gebruik. Baie pasiënte voel afhanklik van hul Saba-inhaleerder en glo verkeerdelik dat dit die beste manier is om hul simptome te beheer.

"In ooreenstemming met die nuwe wêreldwye en plaaslik onderskryfde asma-behandelingsriglyne, skryf ons nie meer Saba-inhaleerders alleen voor as die voorkeur terapie vir ligte asma nie. Ons beveel eerder die gebruik van 'n lae-dosis ingeasemde kortikosteroïed (ICS) formoterolterapie aan soos nodig, ongeag die erns van die asma-siekte. Hierdie kombinasie-inhaleerder bevat 'n anti-inflammatoriese middel wat inflammasie van die lugweë verminder en beheerde verligting verskaf."

Ten spyte van die nuwe manier om asma te behandel, dui die SABINA III-resultate op 'n stadige opname van die nuwe riglyne.

Byna 75% van die pasiënte wat aan die studie deelgeneem het, het meer as drie Saba-inhaleerders in die vorige 12 maande gebruik en meer as 55% is meer as tien inhaleerders voorgeskryf.

"Hierdie syfers is uiters kommerwekkend, aangesien daar toenemende bewyse is dat daar 'n oorgebruik van pompe is en veral die gebruik van meer as drie pompe per jaar geassosieer word met 'n verhoogde risiko van asma-aanvalle, hospitalisasies en dood," sê Kalla. "Pasiënte wat soveel blou pompe in 'n jaar gebruik, moet dadelik met hul dokter praat om hul asma-behandelingsplan te hersien."

Kalla verduidelik verder dat chroniese beheer op anti-inflammatoriese instandhouding staatmaak en dit geld vir alle asma-pasiënte - of hul siekte as lig, matig of ernstig geklassifiseer is. Hy voeg by dat die benadering tot behandeling en bestuur van asma byna identies is en die vermindering van inflammasie is die kern daarvan.

"Pasiënte met ligte asma moet erken dat die erns van hul siekte hulle nie uitsluit om 'n asma-aanval te kry nie. Die risiko is ewe hoog ongeag die erns van die siekte, nakoming van behandeling, of vlak van beheer," waarsku Kalla.

Terselfdertyd het die SABINA III-studie bevind dat meer as 50% van ligte asmatiese pasiënte onbeheerde simptome het. Byna 50% van die 501 pasiënte wat ontleed is, het meer as een ernstige asma-aanval in die 12 maande voor die studie ervaar.

Om mense wat met asma leef op te voed en hulle te help om hul risiko van aanvalle te verminder, voer AstraZeneca die Break Over-Reliance-veldtog. Asmatiese pasiënte kan hul vlakke van oorafhanklikheid assesseer deur 'n digitale assesserings­instrument bekend as die Reliev­er Reliance Test.

  • Vir meer inligting oor die Break Over-Reliance-veldtog en om die Reliever Reliance-toets af te lê, besoek: https://bit.ly/CheckSABAOveruse

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM