Welstand

Beurtkrag ontwrig ook SA’ners se eetgewoontes

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Tweeplaatgasstoof is ’n goeie belegging om te verseker dat jy en jou gesin steeds gesonde gekookte kos inkry. Foto: ISTOCK
’n Tweeplaatgasstoof is ’n goeie belegging om te verseker dat jy en jou gesin steeds gesonde gekookte kos inkry. Foto: ISTOCK

Beurtkrag veroorsaak 'n wye verskeidenheid van ongerief en frustrasies, maar dit kan heel moontlik baie ernstiger gevolge hê wanneer dit by ons eetgewoontes kom. Daar is toenemende kommer dat uitgebreide en volgehoue kragonderbrekings tot 'n toename in kitskosverbruik kan lei aangesien Suid-Afrikaners minder geleenthede het om vars maaltye tuis voor te berei.

Kitskos sal waarskynlik 'n tol eis op jou gesondheid en dié van jou geliefdes.

Zitandile Mfono, 'n geregistreerde dieetkundige, sê dit is jammer dat die positiewe kook-tendens wat tydens die Covid-19-inperkings gesien is, nou omgekeer word weens die frekwensie van beurtkrag tydens maaltyd-voorbereidingstye.

"Dit is reeds 'n uitdaging vir werkende ouers om gesonde, tuisgekookte maaltye op die tafel te sit weens hul besige lewe en nou moet hulle met kragonderbrekings worstel wanneer hulle by die huis kom van die werk af en begin fokus op die berei van aandete.

"Dit is nie verbasend dat mense in hierdie moeilike omstandighede meer geriefskosse kies nie. Dit beteken egter 'n toename in kosse ryk aan vet, sout en suiker in die gesin se dieet.

"Met die land se hoë vlakke van vetsug en tipe 2-diabetes, is dit die soort dieetveranderings wat ons land nie kan bekostig nie.

"Boonop, op huishoudelike vlak, lei verhoogde verbruik van wegneemkos tot hoër maandelikse voedselkoste."

Mfono beveel aan om te belê in 'n Wonderbag (kooksak), of selfs jou eie te maak wat hitte­behoudtegnologie gebruik om kos stadig te kook sonder dat elektrisiteit of gas nodig is.

Dit werk soos 'n stadige kookplaat, maar benodig geen elektrisiteit of gas nie. Dit kan gebruik word om enige resep voor te berei wat kos kook, rooster, prut of stoom. Dit kan ook gebruik word om kos vir ure warm te hou, soos 'n termosfles.

Volgens Chanelle Retief, ook 'n geregistreerde dieetkundige, is daar 'n paar wenke wat jou kan help om jou fokus op jou gesin se gesonde leefstyl te hou ondanks beurtkrag. Chanelle beveel aan:

1. Belê in 'n goedkoop gasstoof

Jy hoef nie uit te gaan en jou oond met 'n gas-alternatief te vervang nie. Belê eerder in 'n klein tweeplaatgasstoof om te gebruik wanneer jy moet kook terwyl daar beurtkrag is. Die bykomende voordeel van gas is dat dit baie vinniger verhit word as 'n elektriese stoof, so jy bespaar op sowel kooktyd as energiekoste.

2. Fokus meer op slaai-gebaseerde maaltye

Voeg nog 'n paar smaaklike slaai­resepte by jou repertoire sodat jy heerlike en vullende maaltye kan saamstel wanneer die krag af is. Wanneer jy 'n slaai vir middagete of aandete maak, probeer altyd om 'n proteïenbron daarby te voeg deur oorskiet- gekookte hoender of vleis, lensies of bone, eiers of kase in te sluit. Geblikte tuna is ook 'n goeie beurtkrag-alternatief aangesien dit nie kook of verhitting nodig het nie.

3. Beplan vooruit

Dit maak dit makliker om die impak van beurtkrag op maaltye te bestuur as jy maaltydvoorbereiding beplan asook die besonderhede van elk van die komende week se maaltye. Integreer jou skedule en die beurtkragskedule, sodat wanneer jy kos koop, jy net koop wat jy weet jy nodig het en kan voorberei.

4. Maak gesonder keuses as jy kos bestel

As jy regtig geen keuse het nie en jy moet wegneemetes koop - hou die bord-model in gedagte.

50% van jou bord moet groente wees, 25% moet gesonde koolhidrate wees en 25% moet maer proteïene wees. Probeer om weg te bly van enigiets wat gebraai of romerig is. Moet nooit kies vir die groot of koop een kry een gratis-opsies nie.

5. Wees bewus van verhoogde kosvermorsing

As jou kosmaak gereeld onderbreek word, of beurtkrag dikwels inskop voordat jy begin, kan jy vind dat jy groter hoeveelhede kos weggooi. Onthou dat kosvermorsing 'n voorkombare uitgawe is. Om bewus te wees daarvan om kosvermorsing te vermy, sal jou help om op te gebruik wat jy in jou yskas het voordat dit bederf word.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM