Welstand

Bring só einde aan vaginale droogheid

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: VERSKAF
Foto: VERSKAF

Vir daardie plooitjies rondom jou oë gebruik jy Botox en jy belê in 'n anti-veroudering­serum om jou nek te verjong, maar wat doen jy vir jou vagina?

As hierdie vraag vreemd klink, is dit net omdat ons nie genoeg daaroor praat nie, en daarom verduur so baie vroue vaginale droogheid in stilte.

Volgens die Vrouegesondheidsorganisasie ervaar 58% van post-menopousale vroue 'n gebrek aan natuurlike smering, die kenmerk van vaginale atrofie - die verdunning en inflammasie van die vaginale wande, dikwels as gevolg van 'n afname in estrogeen.

Tog is dit 'n mite dat hierdie "verborge" toestand eksklusief by ouer vroue voorkom en die uitwerking daarvan sluit in ongemak tydens intimiteit, die verlies aan begeerte en selfs urinêre simptome soos aanhoudende urienweginfeksies (UWI).

Wanneer vroue in hul perimenopousale en postmenopousale jare is, is vaginale droogheid 'n tipiese simptoom.

Vaginale droogheid is 'n kenmerkende simptoom van vaginale atrofie (atrofiese vaginitis), die verswakking en ontsteking van die vaginale wande wat veroorsaak word deur 'n daling in estrogeen.

Hoewel onvoldoende vaginale smering op enige ouderdom kan voorkom, is dit die algemeenste by vroue ouer as 40. Vroue kan ook steekpyne en 'n gejeuk in die onderste deel van die vagina ervaar, asook droogheid in die vaginale area.

Vroue wat simptome ervaar wat met vaginale droogheid geassosieer word, is steeds huiwerig om hul simptome met hul maats, vriende en selfs hul dokters te deel weens die stigma wat met die toestand geassosieer word.

Uiteindelik, 'n deurbraak

AQ Skin Solutions Vaginal Rejuvenation System (VRS) is 'n klinies bewese oplossing vir vaginale verjonging. Die baanbrekende formule benut die krag van die nuutste groei-faktor-tegnologie om vaginale droogheid te verlig, irritasie te verminder en elastisiteit te verbeter, verduidelik Amy Knoetze, die nasionale verspreider vir AQ Skin Solutions in Suid-Afrika.

"Laasgenoemde kan help om die vaginale wande te vernou op 'n manier wat intimiteit asook vroulike opwinding kan verbeter."

Elke stel bestaan uit ses buisies serum wat maklik in die gerief van jou eie huis toegedien kan word en die resultate kan binne so min as twee tot vier weke verwag word.

Wat is groei-faktor-tegnologie en hoe werk dit?

Volgens Knoetze is groei-faktore hoogs gespesialiseerde proteïene wat natuurlik deur jou liggaam geproduseer word. Hulle is ook "boodskapdraers" met 'n belangrike taak om te doen - om ander selle te vertel om te vermenigvuldig, regenereer en te reguleer.

"Dit is hoekom hulle so nuttig is in velsorg. Hulle kan jou liggaam opdrag gee om spesifieke voordelige dinge te doen, soos om sy kollageenproduksie te verhoog om jou vel se elastisiteit te beskerm en te verbeter.

"Wat VRS betref, het AQ Skin Solutions 'n hoogs gespesialiseerde eliksir van heeltemal natuurlike groeifaktore gebruik om 'n revolusionêre oplossing te skep wat nie net nog 'n smeermiddel is nie.

"In plaas daarvan help dit om jou vagina se natuurlike smeervermoë te herstel, terwyl die kollageen en elastien verhoog word, streng volgens jou genetiese potensiaal."

Knoetze sê verder dat hulle goeie terugvoering ontvang oor VRS.

"Ek het gesien hoe hierdie wonderlike produk letterlik die lewe van soveel mense verander.

"Dit sluit onkologiepasiënte in wat so droog en seer was dat hulle nie kon afvee nadat hulle badkamer toe gegaan het nie, asook vroue wat jare lank nie intiem met hul maats was nie, wat uiteindelik gemaklike en vervullende ervaring geniet wat hulle net nader aan mekaar gebring het.

"Seks is 'n groot deel van wat ons met ons maat bind en moet gevier en geniet word, maar so baie vroue ly in stilte en vind dit so ongemaklik dat hulle letterlik opgee," sê Knoetze.

"Baie vroue wil nie hormoonvervangingsterapie hê nie, aangesien dit 'n risiko vir hartsiektes en borskanker kan inhou, so hulle berus by die idee dat 'n bepaalde deel van hul lewe verby is. Maar dit hoef nie te wees nie - VRS verander letterlik lewens."

  • Vir meer inligting kontak Amy Knoetze 021 914 0447 of 021 203 3445 of stuur e-pos na amy@aqskinsolutionssa.com

GEBORG

Vacuhealth

Daar word dikwelsna erektiele disfunksie (ED) verwys as die sogenaamde "couple's disease", 'nbaie toepaslike term, aangesien ED meer as een persoon beïnvloed.

Spanning in 'npaartjie se liefdeslewe kan maklik oorspoel na ander fasette van hul verhouding. Aangesien mansdikwels ook skaam is om oor hul ereksieprobleme te praat, is dit belangrik ommet jou lewensmaat daaroor te praat. Deur die gebruik van 'n vakuumereksie-apparaat soos Vacuhealth se Vacurect, word die gesonde sirkulasie van bloed na die penis verhoog.

Die apparaat kanmet veiligheid en vertroue gebruik word. Vir meer inligting oor dieVacurect, skakel 0726880795.

Gesond-Redaksie

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM