Beet-en-sonneblom-slaai
3 medium uie, dun gesny
3 eetlepels olyfolie
12 klein, jong beet, geskil en dun gesny
1 k water
1 e meel
2 e heuning
2 e suurlemoensap
Seesout en swartpeper na smaak
1 k sonneblom-blomblare
Sauté (braai liggies en vinnig) die uieringe in die olie, voeg beet by. Roerbraai en voeg ½ k water by. Meng meel met heuning, suurlemoensap, sout en peper en roer by uie en beet. Voeg nog ½ k water en sonneblom-blomblare by. Draai die hitte af en sit deksel op. Prut vir 15 minute, verwyder en laat afkoel. Strooi bietjie gekapte pietersielie oor. Bedien as slaai saam met koue hoender.
Bron: Edible and Medicinal Flowers deur Margaret Roberts (Spearhead Press, 2000). ’n Nuwe uitgawe, Edible and Healing Flowers, verskyn later vanjaar by Struik.
















