Die aktrise Kelly Preston het op 57 jaar haar stryd teen borskanker verloor. Sy laat haar akteur-man, John Travolta, en twee kinders, Ella en Benjamin, agter.
John het die hartseer nuus op sy Instagram-blad gedeel:
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) is borskanker steeds die kanker wat die meeste by vroue gediagnoseer word en ook die meeste sterftes veroorsaak. Sowat 2,1 miljoen vroue word jaarliks daardeur geraak.
Daar is belangrike simptome waarvoor vroue moet uitkyk.
5 simptome van borskanker
EPEL-AFSKEIDINGEPEL-AFSKEIDING
1. Tepel-afskeiding
Dis normaal as jy swanger is of borsvoed. Gebeur dit andersins en die afskeiding is bloederig of helder, selfs al druk jy dit nie, gaan dokter toe. Dis egter nie outomaties 'n teken van kanker nie. Nie-kankeragtige gewasse, genoem papillomas, kan ook 'n bloederige afskeiding veroorsaak. So ook geboortebeperkings-middels, borsinfeksies en fibrosistiese (knopperige) borste.
2. Plat tepels
Die meeste vroue se tepels reageer op die koue of as dit gestimuleer word. "Plat" tepels - dit maak nie 'n punt op die oppervlak nie - is egter nie so buitengewoon nie en kom by 1 uit 10 vroue voor. Dit kan ook ná borsvoeding gebeur weens 'n verlies aan borsweefsel. Maar as dit eensklaps gebeur, besoek 'n dokter. 'n Gewas kan 'n melkaar verkort en die tepel "terugtrek".
Die meeste vroue se tepels reageer op die koue of as dit gestimuleer word. "Plat" tepels - dit maak nie 'n punt op die oppervlak nie - is egter nie so buitengewoon nie en kom by 1 uit 10 vroue voor. Dit kan ook ná borsvoeding gebeur weens 'n verlies aan borsweefsel. Maar as dit eensklaps gebeur, besoek 'n dokter. 'n Gewas kan 'n melkaar verkort en die tepel "terugtrek"
3. Duikies in die vel
Dit kan soms 'n teken van inflammatoriese borskanker wees. Kankerselle kan veroorsaak dat limfvloeistof opbou, wat tot swelling sowel as "kuiltjies" of "duikies" in die vel kan lei. Dokters noem dit "peau d'orange" omdat die vel nes lemoenskil lyk. Dis duideliker as jy jou arms lig.

4. Bors-asimmetrie
Niemand se borste is perfek simmetries nie. Maar as een van jou borste skielik groter as die ander een word, of die vorm verander op een of ander manier, gaan vir 'n doktersondersoek. Tubulêre of lobulêre borskanker kan bors-asimmetrie veroorsaak, maar gewigsverlies of -toename óók.

5. Rooiheid of uitslag
Dit kan jou bra, seep of room wees. Gaan tog maar dokter toe as jy 'n rooiheid of sproetagtige uitslag het wat warm voel en nie weggaan nie. In seldsame gevalle kan dit 'n teken van inflammatoriese borskanker wees. Bors- of tepelpyn kan ook 'n simptoom van dié aggressiewe soort borskanker wees.