Soos jy ouer word, word jou vel gewoonlik losser en kan jy behandeling oorweeg om dit weer te verferm en jonger te lyk.
Dr. Ean Smit, kosmetiese dermatoloog van Cosmetic Dermatology Centre, in Century City, in Kaapstad, verduidelik wat hierdie behandelings wat die vel lig en verferm alles behels.
Waarom word jou vel los of lyk dit asof dit sak?
Die algemeenste oorsaak is solare elastose, met ander woorde die vel verloor elastisiteit. Hierdie verlies aan elastisiteit vind plaas tydens veroudering (intrinsiek), maar meer algemeen weens vrye radikaal-skade (ekstrinsiek), dit wil sê weens eksterne faktore, waarvan sonskade die belangrikste is.
As jy gewig verloor, hoe kan los vel en die tonus daarvan in die gesig en liggaam verbeter word?
Gewigsverlies gaan ongelukkig dikwels gepaard met vel wat uiteindelik verferming benodig. Dermale versterking is dikwels van waarde in so 'n geval.
Wat behels die proses waartydens die vel oor jou gesig en liggaam gelig en verferm word?
Dit is belangrik om te onderskei tussen lig en verferming aangesien die einddoelwitte en prosesse verskil. Dermale versterking beteken nie noodwendig dat die vel gelig word nie en vel wat gelig word, beteken nie noodwendig dat die vel versterk word nie.
Kan enigiemand vir behandelings wat vel lig en verferm gaan?
Die belangrikste beginsel van laser- en soortgelyke tegnologie is om heel eerste te bepaal wat die einddoel is voordat 'n behandelingsmetode gekies word. Dit is dus absoluut noodsaaklik dat jou vel noukeurig evalueer word om te besluit wat die beste behandeling sal wees.
Wat is die voordele van behandelings wat vel lig en verferm?
Die groot voordeel van behandelings wat vel lig en verferm, is dat dit natuurlike prosesse is wat deur die liggaam self gedoen word en dus 'n langtermynuitwerking het sonder om onnatuurlik te lyk.
In die praktyk waar ek praktiseer gebruik ons laser, radiofrekwensie (Morpheus 8) en gefokusde ultraklank (Ulthera) of soms 'n kombinasie om die doel optimaal te bereik.
GEBORG
Cosmetic Dermatology Centre
Cosmetic Dermatology Centre, in Century in Century City, in Kaapstad, spesialiseer in kosmetiese dermatologie en laserprosedures deur dokters Izolda Heydenrych en Ean Smit. Hulle word ondersteun deur 'n ongelooflike span uitstekende laserterapeute met jare se ondervinding. Met vandag se tegnologie, van die wêreld se beste lasertegnologie, kan hulle jou vel baie doeltreffend behandel om jou jeugdige vel te beskerm.
















