As jy al ooit kroniese pyn in jou lewe ervaar het, is jy nie alleen nie. Trouens, een uit vyf Suid-Afrikaners ly tot 'n mate aan kroniese pyn, met vroue meer aangetas as mans. Kroniese rugpyn kan veral jou algehele lewenskwaliteit ernstig beïnvloed.Kenners van diePain Collective verduidelik hoe jy die pyn kan bestuur en behandel.
Wat veroorsaak rugpyn en hoekom keer dit terug ná behandeling?
Dr. Elze-Mari Greyling, 'n pyn-praktisyn, verduidelik dat 'n groot deel van die bevolking van Suid-Afrika 'n ingebore genetiese neiging het om artritis van die gewrigte van die ruggraat op 'n vroeër ouderdom as wat verwag is, te ontwikkel.
"Dit is omdat die genetiese neiging van hierdie mense swakker kraakbeen in hul gewrigte produseer. Die swakker kraakbeen verweer vinniger as normale kraakbeen wat inflammasie en artritis van die gewrigte veroorsaak. Hierdie tipe artritis, genoem osteoartritis, is 'n progressiewe siekte wat mettertyd stadig erger word.
"Die siekte veroorsaak periodes van sikliese inflammasie wat vir dae of weke kom en dan weer verdwyn en die inflammasie veroorsaak ook rugpyn."
As die onderliggende toestand nie bestuur word nie, maar slegs die simptoom van pyn, dan gaan die siekte voort om mettertyd te versnel.
Is daar iets wat ek kan doen?
Linda Hiemstra, 'n arbeidsterapeut, Nika Bester, 'n fisioterapeut, en Tessa Hille, 'n dieetkundige, verduidelik dat beweging en dieet deurslaggewend is om die onderliggende osteoartritis te bestuur.
"Daar is sekere bewegings wat jy moet ophou doen en sekere bewegings waarvan jy meer moet doen. Net so is daar sekere kosse waarvan jy meer moet eet en sekere waarvan jy minder moet eet."
Besoek 'n terapeut om seker te maak dat jy die alledaagse bewegings optimaliseer om jou ruggraat te beskerm, stap elke dag 'n uur, volg 'n anti-inflammatoriese, Mediterreense dieet en doen so gereeld as moontlik rotasie-oefeninge soos joga, Pilates en dans - verkieslik daagliks.
Hoekom moet ek beweeg as ek pyn het, beskadig ek nie iets nie?
Dr. Henno Schutte, 'n pyn-praktisyn, verduidelik rugpyn is as gevolg van inflammasie in beskadigde gewrigte van die ruggraat. Om die gewrigte te beweeg deur te loop en sagte oefening te doen, bekamp die inflammasie en skade in die gewrig. "Die beweging is beskermend, en jy moet aanhou beweeg, al verminder dit nie altyd die simptome nie en kan dit soms selfs die simptome vererger."
Maar my rugpyn is sekerlik as gevolg van die bultende skyf wat ek op my MRB-skandering sien en nie artritis nie?
Soos ons ouer word, begin die tussenwerwelskyfies wat as buffers tussen die werwels dien, bult, en hul rande raak onegalig en kan soms skeur. Die sagte vloeistof waaruit die middel van die skyf bestaan kan selfs uitlek en kan drukking op 'n senuwee plaas. Mense verwys hierna as 'n skyf-herniasie.
"Dit kan pyn wat langs die been af beweeg veroorsaak en 'n verwysing vir verdere ondersoek met 'n skandering mag nodig wees," verduidelik dr. Izelle Taljaard, 'n pyn-praktisyn. "Uitbultende skyfies, veroorsaak nie noodwendig rugpyn nie, dit is bloot 'n aanduiding van toenemende ouderdom en baie mense in hul 20's en 30's het reeds bultende skyfies sonder om daarvan bewus te wees."
My vriend het spinale fusie ondergaan en nou is sy rugpyn genees. Hoekom moet ek nie 'n operasie ondergaan nie?
Daar is drie hoofindikasies vir spinale fusie, en rugpyn is nie een van hulle nie, sê dr. Hans Relling, 'n pyn-praktisyn.
"As 'n pasiënt simptome toon wat rugpyn insluit en gediagnoseer word met 'n letsel wat verlamming sal veroorsaak, of met kanker of met gebreekte bene wat nie saambind nie, kan chirurgie aanbeveel word.
"Rugpyn wat deur osteoartritis veroorsaak word, kan nie met chirurgie genees word nie."
GEBORG

PAIN Collective
Rugpyn en nekpyn is byna altyd as gevolg van artritis en vereis langtermyn bestuursplanne. Die PAIN Collective is kundiges in die opstel van bestuursplanne en die behandeling van pyn sonder chirurgie. Hul span sluit neurochirurge, pyndokters, pynterapeute en 'n verskeidenheid ander spesialisdienste in. Die PAIN Collective bedryf 'n netwerk van pynklinieke in die Wes-Kaap en binnekort regoor Suid-Afrika. Hoe kan ons jou help met jou pyn? Skakel ons by 021 300 0770 of stuur 'n e-pos na info@healthcollectiveheal.com vir 'n afspraak by enige kliniek.
















