Welstand

Is jou heuning die ware Jakob?

’n Vinnige en gebruikersvriendelike metode kan die plaaslike heuningmark help toets of die produkte wat hulle koop en verkoop, die ware Jakob is.Voedselwetenskaplikes en navorsers van die Universiteit Stellenbosch (US) en die Universiteit van Rome La Sapienza het die metode spesifiek vir ons mark ontwikkel. Die sowat 1 500 ton heuning wat jaarliks plaaslik geproduseer word, is nie genoeg om in die aanvraag te voorsien nie. Daarom word sowat dieselfde hoeveelheid jaarliks ingevoer – dikwels teen ’n prys wat heelwat laer as die plaaslike produk s’n is.Heuning is egter dikwels die teiken van onderduimshede. Goedkoop suikerstroop word byvoorbeeld soms bygevoeg. Of hoëgehalte-heuning word vermeng met dié van ’n laer gehalte. Soms word dit geëtiketteer asof dit Suid-Afrikaans is, maar in werklikheid is dit ’n minderwaardige buitelandse produk of met ’n buitelandse produk verdun.

https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6322/ebddb27aae2b4e819c27a210a0c00258.jpg“Alle egte Suid-Afrikaanse heuning deel sekere spesifieke spektroskopiese eienskappe. Dis ongeag van die streek waarvandaan dit kom, of die soort blom wat die bye as bron gebruik,” verduidelik prof. Marena Manley van die US se departement voedselwetenskap, wat deel van die navorsingspan was. Naby-infrarooi- (NIR) spektroskopiese tegnologie word nou ingespan om dié streeksgebonde eienskappe te help onderskei.Volgens haar sal die tegniek weldra ook gebruik kan word om tussen verskillende soorte Suid-Afrikaanse heuningsoorte te onderskei, soos byvoorbeeld fynbosheuning of bloekomheuning.

Lees ook

10 redes waarom heuning jou lewe sal verander

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM