Welstand

Kliniese proewe: Dís wat dit behels

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: ISTOCK
Foto: ISTOCK

Deur aan kliniese navorsing deel te neem, kan jy wetenskaplikes help om nuwe medikasie en ander strategieë te ontwikkel om siektes te behandel en te voorkom.

Baie effektiewe behandelings wat vandag gebruik word, soos chemoterapie en entstowwe sou nie sonder navorsingsdeelnemers bestaan nie. Maar wat behels dit alles?

Wat is kliniese proewe?

'n Kliniese proef is 'n eksperiment waar intervensie plaasvind met 'n kliniese uitkoms op 'n gedefinieerde groep mense. Dit kan óf gekontroleerd óf ongekontroleerd wees. Dit word uitgevoer ten einde inligting wat wetenskaplik geldig is, in te win oor bv. die doeltreffendheid en veiligheid van 'n nuwe geneesmiddel, entstof, prosedure, en meer.

Die proewe kan uitgevoer word met behulp van gesonde vrywilligers of mense wat siek is, afhangende van die tipe produk en die stadium van ontwikkeling.

Watter tipes kliniese proewe is daar?

Die ewekansige gekontroleerde proef vergelyk 'n groep wat die terapie (behandelingsgroep) gegee is met 'n soortgelyke groep mense wat nie die terapie ontvang nie.

Die resultate vir albei groepe word dan vergelyk om te sien of een groep beter as die ander vaar.

'n Blinde proefis 'n ewekansige beheerde proef waar die behandeling en plasebo-groepe nie weet of hulle die terapie kry of nie.

'n Dubbelblinde proef is wanneer die behandelings- en plasebo-groepe en die dokters of verpleegsters wat die proefmedisyne uitdeel nie weet watter pasiënte die behandeling of die plasebo kry nie.

Dit is om seker te maak dat daar geen onbewustelike vooroordeel aan die kant van klinici is wanneer hulle die proef uitvoer of proefresultate rapporteer nie.

Die dubbelblinde verewekansigde beheerde proef is die goue standaard in kliniese proewe.

'n Enkelarm-voornemende studie (single arm prospective study) beteken dat almal wat by die proef ingeskryf is, op dieselfde manier behandel sal word.

Hoeveel proeffases is daar?

Nuwe behandelings ondergaan gewoonlik drie fases van kliniese proewe voordat dit na die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte­beheerraad (Sahpra) gestuur word vir goedkeuring en nog 'n fase van toetsing nadat dit goedgekeur is.

Fase I word uitgevoer op normale, ingeligte vrywilligers waartydens die biologiese uitwerking, toksisiteit en ongunstige newe-effekte van die proef gepeil word.

Fase II word uitgevoer op 'n klein groep ingeligte pasiënte om die doeltreffendheid van die middel vir daardie spesifieke siektetoestand te bepaal.

Fase III word uitgevoer op 'n groot groep pasiënte om die siekteverloop en morbiditeit onder die nuwe behandeling te vergelyk met 'n onbehandelde groep, asook met 'n groep wat met beskikbare standaardterapie behandel word.

Dit is die inligting wat die Medisynebeheerraad (MBR) gebruik voordat dit goedgekeur en gemerk word.

Fase IV-proewe volg die veiligheid, effekte en beste gebruik van 'n geneesmiddel nadat dit goedgekeur en aan die publiek beskikbaar gestel is. - Saamgestel deur Denique Smith

  • Ekstra bronne: Die Nasionale Register vir Kliniese Studies Suid-Afrika, TTC Trials, WGO.

GEBORG

Tiervlei Trial Centre (TTC)

Tiervlei Trial Centre (TTC) is 'n gevestigde privaat kliniese navorsingsentrum wat spesialiseer in nasionale en internasionale navorsing van medikasie in verskeie terapeutiese areas, in beide volwassenes en kinders. Sedert 2000 het TTC al meer as 500 navorsings projekte suksesvol uitgevoer en was onlangs betrokke 'n by die suksesvolle registrasie van Pfizer Covid-19 entstowwe.

TTC doen tans middelproewe in die volgende terapeutiese areas: COPD (Kroniese Obstruktiewe Longsiektes), asma in volwassenes en kinders, hoë cholesterol, hartvatsiekte, lewervervetting, diabetes, enstowwe in volwassenes en kinders, osteoartritis, kroniese niersiekte, hoë bloeddruk, gastroenterologie

Indien pasiënte belangstel om aan TTC se navorsingsprojekte deel te neem, kan hulle TTC se verwingspan kontak op een van die volgende:

Skakel 021 957 9400, stuur 'n Whatsapp-boodskap na 079 578 4731, of 'n e-pos na admin@ttctrials.co.za, of besoek ons by ons nuwe perseel geleë op die 7de vloer, The View, Tygervalley Health Centre, Old Oak Straat 43, Bellville.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM