Welstand

Leer kinders só beginsels van wondversorging

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Springbokspeler Eben Etzebeth help ’n leerling om sy wonde te versorg.
Die Springbokspeler Eben Etzebeth help ’n leerling om sy wonde te versorg.

Elke kind kan soms uit 'n oorlogsone van rowwe spel kom, van sy of haar fiets afval of op die speelterrein beseer word.

Selfs 'n klein sny, seer of velletsel kan tot 'n ernstige, selfs potensieel lewens­gevaarlike infeksie lei as dit nie behoorlik skoongemaak en behandel word nie, sê Carla Ebersohn, 'n apteker van Medipost Apteek.

"Die vel is die liggaam se beskermende laag, en wanneer dit beseer word, kan dit vuiligheid en bakterieë in ons liggaam laat inkom. Dit kan veroorsaak dat 'n wond besmet raak en as dit nie dadelik behandel word nie, kan die infeksie na dieper weefsel versprei wat ernstige gesondheidskwessies kan veroorsaak."

En wanneer kinders 'n skrapie of besering op die speelterrein opdoen, is daar is nie altyd 'n ouer, verpleegster of oppasser om basiese wondsorg toe te pas nie.

Elastoplast het onlangs 'n veldtog van stapel gestuur en die Springbokspelers Ox Nche en Eben Etzebeth gebruik om basiese wondsorgopvoeding na die klaskamer te neem.

Die spelers het as onderwysers opgetree om die belangrikheid van die versorging van beserings met jong leerlinge, veral dié wat algemeen voorkom wanneer jy jong kinders speel, te deel.

Stephen Richards van Medicare24 sê dis belangrik om sekere kennis met jonger leerlinge te deel, soos dat jy eers jou hande moet ontsmet voordat jy aan 'n wond, hetsy 'n skraap of 'n sny, raak.

"Jy wil nie bydra tot potensiële infeksie terwyl jy probeer om 'n sny of skraap te versorg nie. Hoe vinniger jy 'n wond skoonmaak en met 'n pleister bedek, hoe vinniger sal dit genees en kan enige infeksies voorkom word. Onmiddellike versorging en bedekking kan ook toekoms­tige littekens help voorkom."

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM