Welstand

Pasop vir ’n avokado

Het jy al van “avokado-hand” gehoor? Hierdie besering word weekliks by hospitale aangemeld. Lees hier hoe jy dit kan vermy:

“Avokado-hand” is ’n term wat dokters deesdae gebruik om handbeserings te beskryf wat opgedoen is terwyl mense avokados sny. Hierdie besering klink dalk vreemd, maar dit is baie meer algemeen as wat ons sou kon raai.

Die Britse raad vir plastiese chirurge stel nou voor dat veiligheidsetikette gebruik word op avokados, aangesien soveel as 4 pasiënte per week by ongevalle aanmeld.

En só ’n besering kan baie ernstig wees – is sommige gevalle is die skade aan die ligamente permanent, selfs ná intensiewe chirurgie.

Volgens die Mirrorgebeur hierdie besering meestal wanneer tuiskokke die avokado se vel probeer deursny, en ook wanneer mense die pit probeer verwyder. Selfs Meryl Streep moes al weens ’n avokado mediese aandag kry.

Embed from Getty Images

Wil jy hierdie besering vermy? Kyk dan na hierdie video en geniet avokado deur die herfsseisoen:

Weet jy nou hoe om ’n avokado veilig te hanteer? Probeer dan hierdie vinnige nacho-resep:

Nacho’s

genoeg vir 4

Verhit oond se roosterelement. Verdeel 250 g nacho-tortillatjips tussen vier oondvaste borde. Skep 400 g gebottelde salsa in gelyke dele op tjips, gevolg deur ’n kwart van 500 g krummelmaaskaas. Rasper 150 g cheddarkaas en sprinkel ’n kwart op elke maaskaasstapel.Skep die vleis van 4 avokado’s in ’n bak. Voeg 2 fyngedrukte knoffelhuisies en sap van 1 suurlemoen by. Druk fyn met vurk en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Plaas borde onder roosterelement en oondrooster tot cheddarkaas gesmelt het. Haal uit en skep van die avokado bo-op.

HET JY GEWEET? ’n Enkele avokadoboom kan tot 500 vrugte per jaar lewer.

Pieter Hugo

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM