Ai, sooibrand!
Oftewel, suur en maagsap wat in jou slukderm beland. Dit veroorsaak daardie branderigheid en ongemak in die middel van jou borskas.
- Moenie jou maag te vol stop nie.
- Eet klein, gereelde etes, kou kos goed, moenie te veel praat nie en sit regop terwyl jy eet. Dit keer dat jy te veel lug sluk.
- Ryk, vetterige kos kan sooibrand veroorsaak of vererger. As jy móét, skep kleiner porsies in.
- Drink minder vloeistof saam met etes, dra klere wat nie styf sit nie en vermy inspannende oefening ná ete.













