Welstand

Refraktiewe laserbehandeling: Alles wat jy moet weet

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Girl Comparing Contacts to Eyeglasses for Vision Correction Woman choosing between contact lenses and glasses in optic store. Woman Thinking to Choose Contact Lenses Over Eyeglasses
Girl Comparing Contacts to Eyeglasses for Vision Correction Woman choosing between contact lenses and glasses in optic store. Woman Thinking to Choose Contact Lenses Over Eyeglasses

Indien jy van jou bril of kontaklense wil ontslae raak, oorweeg dan gerus refraktiewe­laserbehandeling. Dr. Frikkie Hartog, 'n oftalmoloog in Bellville, verduidelik hoe die prosedure werk.

Wat is refraktiewe laserbehandeling?

Daar word verskeie lasers gebruik in oogheelkunde. Refraktiewe lasers word gebruik om 'n pasiënt se brilfout te behandel, met die gevolg dat hulle sonder die hulp van 'n bril of kontaklense oor die weg kan kom.

Hoe lank hou die effek van die prosedure?

Die meeste brilfoute kan suksesvol met laser behandel word, maar die mees geskikte pasiënte is dié wat bysiende is. Die laser verander die vorm van die kornea, die "venster" aan die voorkant van die oog, baie akkuraat.

Astigmatisme kan ook uiters akkuraat behandel word. Met astigmatisme is die kornea nie rond nie, maar stem die vorm meer ooreen met dié van 'n rugbybal.

Die laserbehandeling herstel jou vermoë om ver te kan sien. Om nader te kan sien, moet die lens van vorm verander. Hierdie akkommodatiewe uitwerking van die lens verander die fokus van ver na naby vir lees. Versiende persone maak gebruik van hierdie akkommodasie van die lens om 'n gedeelte van hul brilfout weg te steek. Die uitwerking van die oog se lens moet dus in ag geneem word wanneer 'n laserprosedure oorweeg word.

In jou 40's begin die lens van jou oog harder word, en die gevolg is dat jou "arms te kort word" om gemaklik te kan lees. Dit staan bekend as disfunksionele-lenssindroom.

Indien jy dus vroeër laserbehandeling ontvang het, sal jy nou begin sukkel om te lees sonder 'n bril. Dit is 'n progressiewe probleem waar jy al hoe meer afhanklik raak van 'n leesbril. Die laserbehandeling kan hierdie probleem ook takel met 'n gebalanseerde behandeling waar die balans tussen die twee oë aangepas word.

Sodoende kan ‘n persoon gehelp word om ver te sien en te lees sonder hulp. Aangesien die lensverharding progressief is, sal laserbehandeling later nie meer toepaslik wees nie. 'n Lensgebaseerde prosedure is dan aangewese om bril­onafhanklikheid te herstel, en dit bied 'n blywende oplossing.

Wat is die soorte laserbehandeling?

Daar bestaan verskillende tipes laserbehandeling, met die gevolg dat die tipe behandeling aangepas kan word by elke individu. Doelgerigte laserbehandeling stel ons in staat om nie net die brilfout te behandel nie, maar ook ander tekortkominge soos onreëlmatighede uniek tot elke oog.

Behandeling gegrond op die golffront optimaliseer die fokus van die lig wat die oog binnegaan, met die gevolg dat al die lig tot 'n skerp fokus agter in die oog gebring word. Die uiteinde is dat jou sig moontlik beter kan wees as toe jy bril gedra het.

Topografies-gebaseerde behandeling is gegrond op akkurate mates wat die oppervlak van die oog meet en enige onreëlmatighede regstel. Net soos 'n geografiese kaart word alle bulte glad gemaak om 'n gladde, reëlmatige kornea te skep wat die inkomende lig skerp fokus.

Die laserbehandeling kan ook op verskillende maniere gedoen word. Die besluit oor die optimale behandelingsmetode word bepaal deur 'n menigte faktore wat deur jou oftalmoloog geïdentifiseer word.

Die laserbehandeling word dikwels onder 'n dun flappie gedoen, 'n prosedure wat bekend staan as LASIK. Onder ander omstandighede word die behandeling op die oppervlak gedoen bekend as PRK.

Wat is die voor- en nadele?

Die groot voordeel van 'n refraktiewe-laserprosedure is die onafhanklikheid wat dit bied van 'n bril of kontaklense.

Die genesing vind baie vinnig plaas. Ná 'n LASIK-prosedure kan jy binne 'n dag 'n groot verbetering in jou sig ervaar. Dit is verder ook pynloos.

Die feit dat jy na 'n hospitaal moet gaan vir 'n prosedure kan vir sommige mense baie intimiderend wees. Die feit dat laserprosedures op gesonde oë gedoen word, is te danke aan die veiligheid van die prosedure.

Hoe verbeter dit jou leefstyl?

Beide kontaklense en brille het baie nadele en newe-effekte, waarvan baie mense wat daarvan afhanklik is, deeglik bewus is. Die feit dat mense afhanklik is van 'n hulpmiddel om al hul daaglikse take te verrig, is veral problematies onder sekere omstandighede.

Brille is ontoepaslik in swak weersomstandighede en vir aktiewe persone wat aan sport deelneem. Kontaklense het baie voordele bo brille, maar hulle sukses is natuurlik afhanklik van 'n gesonde oog wat byvoorbeeld nie tot droogheid geneig is nie. Van kardinale belang met kontaklense, Higiëne is van kardinale belang by die gebruik van kontaklense. Baie van die komplikasies geassosieer met kontaklense kan toegeskryf word aan onvoldoende skoonmaak en ontoepaslike gebruik.

'n Laser-prosedure bevry mens nie net van al die nadele nie, maar ook die finansiële besparing.

GEBORG

Dr. Frikkie Hartog se refraktiewe lasbehandeling word gebruik om jou brilfout te behanddel en gee jou ook die keuse om ontslae te raak van jou bril of kontaklense. Vir meer inligting oor hierdie prosedure of om 'n afspraak te maak, tree gerus met dr. Hartog in verbinding.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM