Indien jy op soek is na aktiewe drag wat jy as sowel oefendrag as aanddrag kan dra, is N3YH se nuwe Plain Colour Range 2023 net die ding vir jou.
Die Plain Colour Range 2023, wat onlangs bekend gestel is, bevat drie natuurlike, eenvoudige en minimalistiese kleure: room, kaneelbruin en houtskool. Dit sluit spanbroeke, kortbroeke, 'n bra en 'n frommelhaarband in.
N3YH is 'n Suid-Afrikaanse eko-luukse handelsmerk wat aktiewe drag, sitkamerdrag en slaapklere vervaardig.
Die spanbroeke is vollengte en bied volledige dekking vir jou bene, terwyl die kortbroek 'n middel-dylengte is. Albei is ontwerp met 'n hoë, breë middellyfband wat ekstra ondersteuning en gemak rondom jou middellyf bied.
Die materiaal is vogregulerend wat verseker dat jy koel en droog bly tydens jou oefensessie.
Die spanbroeke omhels jou kurwes en bied 'n vleiende silhoeët, terwyl dit ook steeds beweging toelaat. Dis die perfekte keuse vir almal wat op soek is na gemak, styl en funksionaliteit in hul aktiewe drag.
Die bra se ontwerp beskik oor 'n lang-lyn-styl wat ekstra bedekking en ondersteuning bied. Dit het ook 'n ronde neklyn wat deur breë bande beklemtoon word en 'n lae gesnyde rug vir 'n sjiek en gemaklike pas.
Die rekstof verseker dat die bra styf teen jou lyf pas, terwyl die plat sluitnate sorgvuldig vervaardig is om irritasie en skaaf te verminder, sodat jy gemaklik en met selfvertroue op jou fiksheidsdoelwitte kan fokus.
Tanja Merlo Wobmann, stigter en eienaar van N3YH, sê sy is opgewonde om die reeks uit te brei om meer soliede kleure in te sluit, wat verbruikers in staat stel om die kwaliteit materiaal te ervaar terwyl hulle in styl en gemak oefen.
"Ons het hierdie reeks ontwerp met ons kliënte in gedagte sodat hulle die voordele van etiese materiale, sagte kleure en minimalistiese ontwerpe kan geniet wat selfversorging en welstand bevorder."
Die Plain Colour Range 2023 is ontwerp om aan die behoeftes van mense te voldoen wat volhoubaar wil leef sonder om in te boet op styl, kwaliteit en gemak.
- Besoek www.n3yh.co.za vir meer inligting.
















