Volgens die Wêreld Gloukoomvereniging is gloukoom die grootste oorsaak van voorkombare blindheid wêreldwyd.
Soos die wêreld verouder, en die bevolking ook toeneem, word gloukoom meer en meer algemeen. Tans word gloukoom by na raming 78 miljoen mense wêreldwyd gediagnoseer. Daar word voorspel dat hierdie getal in die komende jare die hoogte sal inskiet, met meer as 111,8 miljoen mense wat teen 2040 deur gloukoom geraak sal word.
Wat is die risikofaktore?
Volgens die Suid-Afrikaanse Gloukoomvereniging kan gloukoom by enigeen gediagnoseer word.
Die risikofaktore vir gloukoom sluit in:
- Mediese siektes, soos byvoorbeeld diabetes, hoë bloeddruk, migraines;
- Tablette of oogdruppels wat kortisoon bevat;
- Familielede met gloukoom;
- Om bysiende of versiende te wees;
- Van Asiatiese of Afrika-afkoms;
- As jy ouer as 40 jaar is;
- Oogbeserings; en
- Katarakte.
Algemene vrae oor gloukoom
Kan ek aanhou bestuur?
- Die wet vereis dat jy sowel goeie sentrale visie as perifere visie moet hê. Om te bestuur wanneer jy nie aan die standaard voldoen nie, is 'n oortreding en kan jou versekering ongeldig maak. Dit is die beste om met jou oogarts te bevestig of jou visie aan die standaarde voldoen.
Sal ek heeltemal blind word as gloukoom by my gediagnoseer word?
- As jy die regte behandeling ontvang, die druppels of medikasie gebruik soos voorgeskryf en jy woon al jou opvolgafsprake by, is die risiko van blindheid laag.
Behalwe gloukoomdruppels, kan ek enigiets anders doen?
- Daaglikse oefening, 'n gesonde dieet en die vermyding van rook kan jou oogdruk verlaag en jou optiese senuwee teen skade beskerm.
GEBORG
Garden Route Eye Clinic

By Garden Route Eye Clinic werk vier oftalmoloë, die optometris en die personeel wat hulle ondersteun, fluks om Gloukoom se uitwerking op mense se oë en gesondheid te behandel. In die vroeë stadiums wys gloukoom geen simptome of waarskuwingstekens nie en kan die optiese senuwee in die oog permanent beskadig as dit nie vroegtydig gediagnoseer en behandel word nie. Daarom is dit baie belangrik om gereeld 'n oogondersoek te ondergaan. Lasertegnologie soos SLT, MLT en TLT kan help om jou gloukoom beter te beheer en jou sig te beskerm. Maak nou jou afspraak!
















