Welstand

Woord van die week: Priapisme

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Priapisme is 'n baie ernstige toestand wat 'n langdurige en pynlike ereksie veroorsaak wat van 'n paar uur tot 'n paar dae kan duur, in die afwesigheid van enige seksuele stimulasie.

Die toestand is vernoem na die Griekse god van vrugbaarheid, Priapus, wat besonder goed bedeel was.

Wat veroorsaak priapisme?

Die toestand is meestal die gevolg van penisinspuitings wat gebruik word om impotensie te behandel of een van die simptome van sekelselanemie. Die langdurige ereksie word veroorsaak deur bloed wat in die penis vloei, maar nie daaruit dreineer soos gewoonlik nie. Die ereksie neem nie af ná ejakulasie nie.

Daar is twee tipes priapisme, genoem laevloei- en hoëvloei-priapisme. Hoëvloei-priapisme is relatief skaars en in hoëvloei-priapisme is daar 'n voortdurende hoë vloei van suurstofryke bloed deur die penis.

Hoëvloei-priapisme veroorsaak nie langtermynskade aan die penis nie en in laevloei-priapisme word die dreinering van bloed uit die penis benadeel.

Die glans (kop) van die penis bly tipies sag en onbetrokke by die proses, terwyl die skag van die penis gevul is met bloed wat van suurstof uitgehonger is. Langdurige laevloei-priapisme lei tot littekens en fibrose van die erektiele weefsel en permanente erektiele disfunksie.

Persone met die toestand moet onmiddellik mediese behandeling kry, aangesien permanente skade aan die penis aangerig kan word met langdurige ereksies.

  • Bron: Mediclinic Infohub

Het jy 'n interessante mediese term/woord wat jy met ons wil deel of dalk die verduideliking van wil hê? Stuur 'n e-pos na gesond@dieburger.com.

Ons kan 'n mediese kenner kry om daaroor uit te wei en dit in ons volgende uitgawe onder ons Woord van die week-rubriek plaas.

GEBORG

Vacuhealth

Vacuhealth se Vacurect is 'n natuurlike apparaat om jou intieme verhouding weer ‘n hupstoot te gee. Erektiele Disfunksie (ED) is 'n algemene kondisie onder mans, veral dié met siektes soos diabetes, cholesterol, hoë bloeddruk en prostaatkanker. Hierdie apparaat vorm ‘n vakuum in ‘n silinder om bloed na die are in die penis te trek en só ‘n ereksie te skep. Hiers jou kans om op ‘n natuurlike manier beheer te neem.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM