Die hooggeregshof in Pietermaritzburg het 'n aansoek om verlof tot appèl deur die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) van die ANC, gelei deur die voorsitter, Sihle Zikalala, toegestaan.
Regter Rishi Seegobin sê die ANC in KwaZulu-Natal se PUK sal ontbind bly, soos in die vorige uitspraak beslis is, totdat die appèl geliasseer is.

Dit beteken die NUK, wat die ANC se presidensiële kandidaat dr. Nkosazana Dlamini-Zuma steun, sal sy 27 stemregte verloor wat aan elke provinsie vir die ANC se nasionale konferensie toegeken word.
Hulle kan as waarnemers of takafgevaardiges bywoon as die takke hulle gekies het om hulle by die konferensie te verteenwoordig.
Ontevrede ANC-lede in KwaZulu-Natal het die uitslae van die party se provinsiale konferensie in 2015 in die hof beveg en gewen.
Die NUK het die uitspraak teengestaan.
Die ANC-lid Lawrence Dube en vier ander lede het die hofsaak in Mei 2016 teen die ANC begin.
Die lede het die uitslae van die konferensie beveg waarvolgens Zikalala die voormalige premier, Senzo Mchunu, as voorsitter vervang.
Duisende mense het die hoë-profielsaak bygewoon om strydende faksies te ondersteun.
Die Moerane-kommissie oor politieke moorde het getuienis van verskeie kenners, politici en sosiale aktiviste aangehoor dat faksievorming tot baie sterftes gelei het.
Gedurende die verkiesingkonferensie het Zikalala 780 stemme ontvang en Mchuni 675. Altesaam 1 459 afgevaardigdes het gestem.
Na aanleiding van die konferensie en Mchunu wat uit sy pos verwyder is, het ontevrede lede, wat glo sy ondersteuners is, appèlle begin om die konferensie ongeldig te laat verklaar, want hulle glo dit is geknoei.
Respondente in die saak het Zikalala, sy adjunk, Willies Mchunu, die ANC, Verkiesingsinstituut van Suider-Afrika, en ander top-ANC-figure.
Meer inligting volg.














