ANC-kongres

Mpumalanga-twis: Regter prys ANC-lede wat mekaar ‘vind’

Sewe ANC-lede van Mpumalanga wat 'n dringende aansoek in die hooggeregshof in Johannesburg sou bring oor beweerde bedrog tydens benoemingsvergaderings in aanloop tot die ANC-konferensie, en die ANC het mekaar Maandagmiddag "gevind," het adv. Dali Mpofu Dinsdag in die hooggeregshof gesê.

Dié aansoek oor beweerde bedrog in benoemingsvergaderings kom net dae voordat die ANC-konferensie om die party se nuwe leiers te verkies, Saterdag in Johannesburg begin.

Mathews Phosa
Mathews Phosa

"Die partye het gistermiddag vergader en mekaar gevind," het Mpofu, Caiphus Ronalo Malomane gesê. Malomane is Matthews Phosa, ANC-presidentskandidaat, se veldtogwoordvoerder.

"Die partye het ingestem om die konflik deur interne strukture op te los. Die dringendheid van die aansoek word dus onttrek," het Mpofu gesê.

Regter Edwin Molahlehi het gesê die ANC-grondwet is 'n private ooreenkoms en behoort nie in die hof betwis te word nie. "Ek hou baie van die sokker-analogie. As 'n sokkerspeler 'n ander een pootjie, gaan die een wat gepootjie is nie onmiddellik en sê: ‘Waar is my prokureur?' nie. Hulle gebruik 'n interne grondwet om die dispuut uit te klaar.

"Net so moet landsburgers poog om 'n alternatiewe oplossing te kry en intern te onderhandel. Kinders moet op die skoolgronde al leer die beste manier om 'n dispuut uit te klaar, is deur te onderhandel," het Molahleni gesê.

Die mense in die hofgalery het hierop gejuig.

Voor die verrigtinge het 'n groep ANC-lede voor die hof saamgedrom en gedreunsing.

Volgens hulle is lede van die benoemingsvergaderings uitgesluit, kworums is telkens nie gehaal nie en lede is om die bos gelei oor die doel van die vergaderings.

Die Mpumalanga-afgevaardigdes wil 'n oop stemming vir die leierskap hê en hulle het die hof gevra dat die 223 takke in Mpumalanga (en 56 in KwaZulu-Natal) wat "eenheid" op hul benoemingsbriewe geskryf het, verbied word om vir 'n individu te stem.

Caiphus Malomane van Hazyview en sy medeaansoekers sê die benoemings vir "eenheid" in plaas van 'n kandidaat is strydig met die ANC se grondwet, het Rapport berig.

"Dit is deel van 'n doelbewuste veldtog om takke te keer om 'n persoon te benoem," sê die aansoekers.

Volgens hulle is lede van die benoemingsvergaderings uitgesluit, kworums is telkens nie gehaal nie en lede is om die bos gelei oor die doel van die vergaderings.

'n Benoemingsvergadering by die Magewu Primary School is byvoorbeeld voorgehou as 'n byeenkoms van die ANC-vroueliga.

Jeanelle Greyling

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM