Covid-19

COVID-19 | Jongste syfers in SA

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Hier is die jongste syfers in grafika:

2022-06-21 21:52:08

2022-06-21 21:51:49

Jongste syfers in SA

20 Covid-19-sterftes waarvan drie in die afgelope 24 tot 48 uur is Dinsdagaand in die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se verklaring bekend gemaak.

Die totale sterftesyfer is 101 640.

Daar is ook 1 087 nuwe infeksies in die afgelope 24 uur aangemeld, wat die kumulatiewe syfer op 3 987 979 te staan bring.

Die positiwiteitskoers is 7,8%. 25 618 427 toetse is reeds gedoen, waarvan 14 018 sedert die vorige verslag gedoen is.

Daar is tans 13 571 aktiewe gevalle in die land.

3 872 768 mense het herstel.

2022-06-21 20:14:06

Koronavirusgevalle in Singapoer styg skerp

Singapoer het ’n weeklikse styging van 23% in Covid-19-infeksies aangeteken, sê die land se ministerie van gesondheid.

“Die styging word grootliks aangedryf deur die verspreiding van die nuwe Omikron-variante BA.4 en BA.5,” sê die ministerie van gesondheid in ’n verklaring.

Hoewel die BA.2-subvariant steeds verantwoordelik is vir die meerderheid van Singapoer se gevalle, is die BA.4- en BA.5-variante vinnig besig om toe te neem.

Sowat 30% van nuwe gevalle die afgelope week was die BA.4- en BA.5-variante, teenoor 17%, 8% en 3% vir die voorafgaande drie weke. – Channel News Asia

2022-06-21 18:35:43

Van 6 maande tot 5 j. oue kinders nou in VSA ingeënt

Koronavirus-inentings vir kinders jonger as vyf jaar oud word Dinsdag (Amerikaanse tyd) begin. Sowat 17 miljoen kinders in Amerika kom vir hierdie inenting in aanmerking.

“Dit is ’n groot dag. Ons het lank gewag dat kinders toegang tot die entstowwe moet kry. Elke ouderdomsgroep ouer as ses maande kan nou ingeënt word,” het die Amerikaanse geneesheer-generaal, dr. Vivek Murthy, gesê. – CNN

2022-06-21 17:13:55

Hou op sloer oor maskers, inentingsertifikate, pleit toerisme

Die reis- en gasvryheidsbedryf vra dat daar nie nóg langer voetegesleep word om die oorblywende Covid-19-regulasies te skrap nie.

“Die gasvryheidsektor is van die swaarste getref deurCovid-regulasies, wat steeds voortgaan om normale bedrywighede te belemmer,” sêRosemary Anderson, nasionale voorsitter van die bedryfsliggaam Fedhasa.

Sy sê die afskaffing van die regulasies kan nie langer uitgestelword nie. – Liana Mocke

Lees die volledige berig hier.2022-06-21 16:19:19

700 binne Chinese hotel, casino vas nadat Covid-19 daar uitbreek

'n Hotel en dobbelhuis in die wêreld se grootste dobbelgebied in die Chinese stad Macau naby Hongkong is Dinsdag deur owerhede gesluit met 700 honderd mense daarin weens 'n koronavirusuitbreking op die eiendom.

Die plaaslike uitsaaier TDM berig die inperking kom terwyl die Chinese spesiale administrasiestreek 'n tweedaagse toetsing van sy meer as 600 000 inwoners doen ná dosyne plaaslike oordragings van koronavirus-gevalle oor die afgelope naweek.

Die uitsaaier wys videomateriaal waarop polisielede in beskermende klere gesien word waar hulle die kompleks afsper om mense te keer om dit binne te gaan of te verlaat.

Amptenare het ook voorberei om die honderde mense in die gebou vir die koronavirus te toets. Die hotel en regering het nie dadelik op versoeke vir kommentaar gereageer nie. – Reuters

2022-06-21 16:18:20

Baba's in Amerika kan van 6 maande af ingeënt word

Amerika se sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (CDC) het inentings vir kinders so jonk as ses maande goedgekeur.

2022-06-21 16:09:56

2022-06-21 16:09:06

2022-06-21 14:18:23

SA nog nie buite gevaar, waarsku Ramaphosa

Suid-Afrika is nog nie buite gevaar wat die Covid-19-pandemie betref nie.

Pres. Cyril Ramaphosa het dit Dinsdag beklemtoon toe hy die lofrede op die amptelike begrafnis van koning Zanozuko Tyelovuyo Sigcau van die Mpondo-koninkryk in Flagstaff in die Oos-Kaap gelewer het.

“Ons moet elkeen verantwoordelikheid vir ons eie gesondheid en dié van ander neem.

“As iemand nog nie teen die Covid-19-pandemie ingeënt is nie, moedig ek hulle aan om dit te doen en om daarna ook soos aangedui 'n opvolgdosis te neem sodat ons die pandemie kan oorwin en die hulpbronne na ontwikkelingsprojekte kan herlei,” het Ramaphosa verder gesê.

Sy waarskuwing hieroor kom nadat dit Dinsdag aan die lig gekom het dat dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, vandeesweek met die kabinet sal vergadering om onder meer verpligte maskers en sekere regulasies wat met byeenkomste verband hou, af te skaf.

*Volg Netwerk24 vir meer hieroor. – Llewellyn Prince

2022-06-21 12:03:23

Wes-Kaapse premier: Hoekom het dit so lank geneem?

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, is bly oor die nuus dat alle Covid-19-regulasies moontlik geskrap sal word op ’n beoogde vergadering Woensdag van pres. Cyril Ramaphosa se presidensiële koördinerende raad, wat die kabinet en die Covid-19-bevelsraad insluit.

“Uiteindelik kan ons dalk nou die einde van die regulasies sien, soos ons aanhoudend gevra het. Dit is egter teleurstellend dat dit so lank geneem het.”

Hy meen die regulasies moet onmiddellik opgeskort omdat data duidelik toon dat dit nie meer nodig is om die land se gesondheidstelsel te beskerm nie.

“Dit sluit in alle beperkings op saamtrekke en die dra van maskers."

2022-06-21 11:38:49

Is Covid-regulasies se dae getel?

As dit van sommige kenners afgehang het, was maskers al iets van die verlede en sportstadions stampvol.

Solidariteit daag nou die departement van gesondheid voor die hof daag oor hierdie en ander Covid-19-regulasies.

Die dra van maskers binnenshuis is steeds verpligtend en slegs 50% van buitelugvenues mag gevul word.

Prof. Tulio de Oliveira en prof. Susan Goldstein sê dit is tyd dat Covid-19-regulasies opgehef word, insluitend dié oor die dra van maskers en die vul van stadions. – Arisa Janse van Rensburg

Lees die volledige berig hier.2022-06-21 11:38:37

Verpligte maskers dalk vandeesweek afgeskaf

Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, vergader vandeesweek met die kabinet om verpligte maskers en sekere regulasies wat met byeenkomste verband hou af te skaf.

Die ministerie bevestig in ’n verklaring dat hulle reeds vroeg in Mei vergader het om te oorweeg of sekere regulasies nie meer nodig sal wees om die verspreiding van Covid-19 te voorkom nie.

Lees die volledige berig hier.2022-06-21 11:29:53

291 nuwe gevalle, 16 sterftes

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare siektes se jongste inligting is 291 nuwe Covid-19-gevalle Maandag in Suid-Afrika aangemeld.

7 167 toetse is op die dag gedoen, dus is die positiwiteitskoers 6,6%.

Nog 16 sterftes is aangemeld, luidens die nasionale departement van gesondheid.

Kumulatiewe gevalle: 3 986 892

Dodetal: 101 620

Herstelkoers: 97,1%

Lees NIOS se verklaring hier.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM