Covid-19

COVID-19 | Jongste syfers in SA

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Hier is die jongste syfers in grafika:

2022-05-16 21:58:03

2022-05-16 21:43:54

Jongste syfers in SA

16 Covid-19-sterftes, waarvan agt in die afgelope 24 tot 48 uur, is Maandagaand in die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se verklaring bekend gemaak.

Die totale sterftesyfer is 100 771.

Daar is ook 2 952 nuwe infeksies in die afgelope 24 uur aangemeld, wat die kumulatiewe syfer op 3 894 745 te staan bring.

Die positiwiteitskoers is 16,8%. 24 903 051 toetse is reeds gedoen, waarvan 17 540 sedert die vorige verslag gedoen is.

Daar is tans 80 177 aktiewe gevalle in die land.

3 713 797 mense het herstel.

2022-05-16 14:56:28

WGO sê virus sal vinnig in N-Korea versprei

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Maandag gewaarsku dat Covid-19 baie vinnig in Noord-Korea sal versprei.

Inentingsprogramme het nog nie hier begin nie.

Die WGO moet nog inligting direk van die plaaslike owerhede oor die pandemie ontvang. – Reuters

2022-05-16 11:58:06

Shanghai wil volgende maand terugkeer na normaal

Shanghai beplan om vanaf 1 Junie grootliks te heropen en om na "normaal" terug te keer, het ’n amptenaar van die stad Maandag gesê.

Dié stap volg nadat 15 van sy 16 distrikte die siekte buite kwarantyngebiede geëlimineer het. Zong Ming, onderburgemeester, het op 'n daaglikse aanlyn nuuskonferensie die duidelikste tydrooster nog gegee vir die terugkeer na normaal vir die stad se 25 miljoen inwoners wat gefrustreerd is weens meer as ses weke van inperkings en teenstrydige boodskappe oor wanneer hulle hul lewe soos gewoonlik kan hervat.

Amptenare van Shanghai het die pandemie in die stad onder beheer verklaar, maar ook gesê hul doelwit tot 21 Mei is om ‘n terugslag in infeksies te voorkom wat beteken dat baie van die inperkings van krag sal bly. –Reuters

2022-05-16 11:43:32

Noord-Korea deur tekortkominge gekortwiek in Covid-uitbreking

Meer as ’n miljoen mense in Noord-Korea is nou siek weens “koors”, het die staatsmedia berig.

Sowat 50 mense is dood, maar dit is onduidelik hoeveel van daardie gevalle positief getoets is vir Covid-19.

LEES DIE VOLLEDIGE BERIG HIER2022-05-16 07:29:53

Noord-Korea wil verspreiding van medikasie stabiliseer

Die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-oen, het die weermag beveel om die uitdeel van Covid-19-medikasie in die hoofstad, Pjongjang, te stabiliseer in die land se stryd teen sy eerste bevestigde uitbreking van die siekte, het die staatsmedia gesê.

Noord-Korea het verlede week vir die eerste keer erken dat hy ’n “plofbare” Covid-19-uitbreking bestry en kenners waarsku dit kan verwoesting aanrig in ’n land met beperkte mediese voorraad en geen inentingsprogram nie.

Medikasie wat deur die staat aangeskaf word, bereik nie mense op ’n tydige en akkurate wyse nie, het Kim Sondag op ’n politburo-noodvergadering gesê voordat hy apteke naby die hoofstad se Taedong-rivier besoek het, het die staatsnuusagentskap KCNA gesê.

Die getal mense met koors staan op 1 213 550 met 50 sterftes teen Sondag nadat KCNA ’n verdere 392 920 gevalle van koors en ’n verdere agt sterftes aangemeld het. Dit het nie gesê hoeveel vermoedelike gevalle positief vir Covid-19 getoets is nie. – Reuters

2022-05-16 05:47:41

2022-05-16 05:47:36

Aktiewe gevalle

Daar is altesame 80 342 aktiewe gevalle landwyd.

So lyk die syfers per provinsie:

Gauteng: 18 354

KwaZulu-Natal: 33 095

Limpopo: 545

Mpumalanga: 1 881

Noord-Kaap: 2 537

Noordwes: 2 553

Oos-Kaap: 4 026

Vrystaat: 4 746

Wes-Kaap: 12 605

2022-05-16 05:47:33

2022-05-16 05:47:30

Jongste syfers

Nuwe infeksies

Altesame 4 344 nuwe infeksies in die afgelope 24 uur aangemeld, wat die kumulatiewe syfer tot 3 891 793 laat styg het.

Sterftesyfer

Nog 2 sterftes is in die land aangemeld, het die departement van gesondheid Sondagaand in ’n verklaring bekend gemaak.

Herstelsyfer

Uit die 3 891 793 infeksies het 3 710 696 mense al herstel. Dit verteenwoordig 'n herstelkoers van 95,3%.

Inentings

Altesame 35 441 299 inentings is reeds toegedien.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM