Hier is die jongste syfers in grafika:
2022-03-08 19:06:42
Meer as duisend nuwe gevalle in SA
1 436 nuwe Covid-19-gevalle is Dinsdag in die land aangemeld, dit bring die kumulatiewe syfer op 3 686 556 te staan.
16 sterftes, waarvan geen in die afgelope 24 tot 48 uur aangemeld is nie, is ook aangemeld. Die sterftesyfer in die land is 99 625.
Die positiwiteitskoers is 5,5%.
2022-03-08 17:37:19
China maan Hongkong om te hou by streng strategie
China meen Hongkong moet volhou met sy "dynamic zero"-benadering tot die huidige Covid-19-krisis in die stad.
Dit behels dat almal wat die virus vermoedelik het, in kwarantyn geplaas word, waar ander lande daarop staatmaak dat hoë inentingsyfers die virus sal hokslaan en voorsorgmaatreels soos maskers voorskryf.
'n Top- Chinese gesondheidsamptenaar meen die strategie is die enigste hoop om gesondheidsdienste te red van totale oorlading en dat die situasie so gou moontlik omgekeer moet word.
Hongkong het Dinsdag 43 100 nuwe gevalle aangemeld.
Die stad met sy 7,4 miljoen inwoners, het in die week die meeste sterftes wêreldwyd per miljoen mense aangemeld, luidens die publikasie Our World in Data. – Reuters
2022-03-08 16:45:57'n Werker in beskermende drag in 'n isolasiefasiliteit in Tsing Yi, Hongkong. Foto: Reuters

2022-03-08 15:55:05
Navorsing 'speel kernrol in China se stryd teen virus'
Wetenskaplike navorsing speel 'n kernrol in China se stryd teen Covid-19, sê Wang Zhigang, minister van wetenskap en tegnologie.
"China se sukses om die pandemie te beheer is vanweë verskeie faktore, waarvan een wetenskap en tegnologie is. Ons het van die begin af op vyf dinge gekonsentreer: entstof, medikasie, toetsing, proewe op diere en die nasporing van die oorsprong," het hy gesê.
"Wat die ontwikkeling van medikasie betref, weet ons die virus muteer heeltyd en ons werk aan breëspektrum-medikasie."
Hy het gesê hulle probeer ook om neussproei en medikasie wat ingeasem word te ontwikkel. – Reuters
2022-03-08 15:20:22
Maleisië verwelkom toeriste terug van 1 April
Maleisië heropen sy grense vir toeriste op 1 April, het owerhede Dinsdag bekend gemaak.
Mense wat die land wil besoek, moet net in besit van 'n negatiewe Covid-19-toetsuitslag wees. Hiermee sluit Maleisië, waarvan die ekonomie sterk steun op toerisme, hom nou aan by die groeiende aantal lande wat hul inperkings ophef sodat begin kan word om met die virussiekte saam te leef.
Maleisië het sy grense in Maart 2020 gesluit.
"Ons meen die besluit sal ons ekonomie 'n hupstoot gee en help om die sukkelende toerismebedryf weer aan die gang te kry," het Ismail Sabri, premier, gesê. – AFP
2022-03-08 14:49:57
Japanse entstof uiters effektief as opvolgdosis
Shionogi het aangekondig kliniese toetse wys dat sy Covid-19-entstof net so doeltreffend as dié van Pfizer is wanneer dit as derde dosis toegedien word.
Die Japanse medisynevervaardiger het in Desember begin om kliniese toetse op mense te doen. Die deelnemers is grootliks professionele persone wat voorheen twee dosisse van Pfizer se entstof ontvang het.
Hulle is in twee groepe van sowat 100 mense elk verdeel: Die een groep het 'n derde dosis van Pfizer ontvang en die ander groep is Shionogi se entstof toegedien.
Die tussentydse uitslae wys dat Shionogi se entstof net so doeltreffend as dié van Pfizer is.
Die groep wat Shionogi ontvang het, het ook vir langer aangehou om teenliggaampies te neutraliseer as die groep wat Pfizer ontvang het. – Reuters
2022-03-08 11:55:41
SA ekonomie haal byna 5% groei in 2021
Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) het in 2021 met 4,9% gegroei, het Statistieke Suid-Afrika (SSA) bekend gemaak.
Dis die beste groei in meer as 15 jaar en volg op die inkrimping van 6,4% in 2020. Die 2021-groei is meer as die 4,6% wat die Internasionale Monetêre Fonds verwag het en net effens minder as die 5,2% wat die Reserwebank verwag het.
Ondanks dié goeie nuus het die ekonomie steeds nie van die enorme insinking van 2020, die eerste jaar van die Covid-19-pandemie, herstel nie. – Hanlie Stadler
Lees die volledige berig hier.

2022-03-08 11:50:30So lyk die getalle in KwaZulu-Natal
2022-03-08 11:50:09So lyk die getalle in Noordwes
2022-03-08 11:49:33Laat jouself hier in Gauteng inent
2022-03-08 10:41:42
Meeste inentings in Gauteng toegedien
Gauteng is die provinsie wat al die meeste inentings toegedien het met 9,046 miljoen, gevolg deur die Wes-Kaap (5,019 miljoen) en KwaZulu-Natal (4,950 miljoen).
Sien die jongste data oor die inentings hier.2022-03-08 10:41:36
Meeste nuwe gevalle in Gauteng
Van die 801 nuwe gevalle wat Maandag aangemeld is, was die meeste infeksies (255) in Gauteng, gevolg deur die Wes-Kaap (157) en KwaZulu-Natal (124).
Lees die jongste oorsig hier.2022-03-08 10:41:28
Jongste syfers: 801 nuwe koronavirusgevalle is die afgelope 24 uur in die land aangemeld. Die kumulatiewe gevalle is 3,685 miljoen.
Sterftes: Nog 62 sterftes is aangemeld, waarvan ses in die afgelope 24 tot 48 uur gebeur het. Die dodetal is nou 99 609.
Herstelkoers: 3,564 miljoen mense het al van die virussiekte herstel. Die huidige herstelkoers is 96,7%.
Inentings: 92 015 inentings is in die vorige 24-uur-siklus toegedien. Altesaam 23 129 mense is in dié tydperk volledig ingeënt – 7 466 mense het Johnson & Johnson se entstof ontvang, 11 950 hul tweede dosis van die Pfizer-entstof en 3 713 kinders van 12 tot 17 jaar oud het hul eerste dosis van die Pfizer-entstof gekry. Tot dusver is 32,126 miljoen entstof-dosisse toegedien.
2022-03-08 10:41:23
Waar meeste Maandag volledig ingeënt is
Van al die provinsies het Gauteng Maandag die meeste mense ten volle ingeënt met 7 615, gevolg deur KwaZulu-Natal (3 459) en Limpopo (2 314).
Sien die jongste data oor die inentings hier.2022-03-08 10:41:12
Positiwiteitskoers is 5,5%
Van die 21 020 toetse wat Maandag landwyd gedoen is, is 801 positief.
2022-03-08 10:40:08
Hospitalisasies – ingeënt of nie?
Meer as 7 uit 10 (74,50%) van die mense wat 12 jaar en ouer is wat tans in die hospitaal met Covid-19 is, is nie ingeënt nie.
Sien die jongste data oor die inentings hier.2022-03-08 10:39:53
Skok oor Covid-‘bonusse’ by Vrystaatse Sportkonfederasie
Lede van die Vrystaatse Sportkonfederasie het Covid-19-bonusse aan hulself uitbetaal met geld wat aan die Vrystaatse departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning beskikbaar gestel is vir ’n Covid-19-verligtingsfonds.
Dit het in skriftelike antwoorde op vrae aan die Vrystaatse wetgewer aan die lig gekom dat R50 000 se Covid-19-bonusse elk aan Lucas Matobako, voormalige president van die Vrystaatse Sportkonfederasie, Vicky Ramela, tesourier en ondersteuningsassistent van die Sportkonfederasie, en Thuso Mpuang, heeltydse personeellid van die Sportkonfederasie, betaal is.
Die antwoord is deur Mario Sefo, direkteur in die kantoor van die waarnemende departementshoof, Mpheng (Zola) Thamae, verskaf. – Marietjie Gericke
Lees die volledige berig hier.
2022-03-08 10:39:46
Teenentstof-aktiviste gaan poligraaftoetse via Bolhuis doen
Schalk en Leoni van der Merwe het ingestem tot forensiese poligraaftoetse as deel van Mike Bolhuis se ondersoek na die vetes en beweringe wat glo tot die strafsaak teen hulle aanleiding gegee het.
Die egpaar, teenentstof-aktiviste wat hulle vir vryheid van keuse beywer en verpligte inenting teenstaan, is einde Februarie in ’n polisielokval op aanklag van sameswering om moord te pleeg in hegtenis geneem.
Luidens die klagstaat sou hulle saam met Dean van Coller van Justice-League Africa, wat glo ook dokumentêre programme maak en lyfwagdienste verskaf, konkel om Van der Merwe se vermeende aartsvyand, Hannes Lottering, te laat vermoor. – Hanti Otto
Lees die volledige berig hier.





















