Hier is die jongste syfers in grafika:
2022-03-11 21:38:18
2022-03-11 19:29:32
Jongste syfers
Daar is die afgelope 24 uur 1 672 nuwe infeksies aangemeld. Die totaal staan tans op 3 691 962.
Die positiwiteitskoers is 7,5%.
In die afgelope 24 tot 48 uur is daar 6 sterftes aangemeld. Die sterftesyfer is nou 99 709.
Inentings
Daar is die afgelope 24 uur 91 203 inentings toegedien. Totale inentings staan op 32 421 223.
Altesame 19 168 575 individue is al ingeënt
2022-03-11 17:30:24
2022-03-11 15:56:56
Brittanje se ekonomie herstel vinniger as verwag
Brittanje se ekonomie het in Januarie vinniger kop opgetel as wat die verwagting was nadat die Omikron-variant toegeslaan het, met verbruikers wat teruggekeer het na kroeë en restaurante.
Die nasionale statistiekekantoor sê alle sektore van die ekonomie het weer begin groei en dit het gehelp om die bruto binnelandse produk in Januarie met 0,8% te verhoog teenoor die vorige maand.
Darren Morgan, 'n direkteur van ekonomiese statistieke, sê dat alle nywerhede weer groei, met sommiges wat veral in Desember swaargekry het wat nou goed vaar – dit sluit in groothandel, restaurante en wegneemetes.
Rekenaarprogrammering en rolprent- en televisieproduksie het ook vinnig uit die wegspringblokke gekom vanjaar.
Ondanks die herlewing sedert Januarie, maan kenners dat petrolpryse wat nou die hoogte inskiet sedert Oekraïne ingeval is, kan beteken dat Brittanje die gevaar loop om later vanjaar in resessie te gaan. – The Guardian
2022-03-11 15:29:28
2022-03-11 14:56:39
2022-03-11 14:34:20
China laat selftoetsing toe
China gaan die breë publiek toelaat om self Covid-19-antigeentoetse te doen sonder dat mediese werkers monsters hoef te neem.
Die land verskerp tans sy pogings om nuwe infeksies so gou as moontlik op te spoor.
Dié benadering kan groot uitdagings meebring omdat die daaglikse syfers vir gevalle wat plaaslik oorgedra is, onlangs die grootste styging in twee jaar getoon het.
Die hoogs aansteeklike Omikron-variant versprei vinnig en baie draers het geen simptome nie.
Die antigeentoetse wat individue mag gebruik, het in onder meer Singapoer en Suid-Korea gehelp om die bottelnekke by toetsings te verlig.
In China, waar die gevalle relatief laag gebly het, is staatgemaak op toetse wat professionele mediese werkers moes behartig.
Mense in kwarantyn of inperking kan hulself nou onder mediese toesig toets, terwyl ander wat hierdie toetse moet ondergaan 'n toetspakkie in winkels of aanlyn kan koop. - Reuters
2022-03-11 12:53:20
Sterftes waarskynlik 3 keer meer as amptelike syfer
Soveel as 18,2 miljoen mense – drie keer meer as die amptelike syfer – het waarskynlik reeds aan Covid-19 gesterf, sê navorsers nou.
Die verslag kom twee jaar tot die dag waarop die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) dit ’n pandemie verklaar het.
Navorsers van die Universiteit van Washington het studies in tientalle lande en gebiede gedoen om die “ware wêreldwye sterftesyfer” vas te stel.
Sommige sterftes was weens die virus self, terwyl ander met die infeksie daarvan verband hou. Dit is omdat infeksie met die koronavirus ander bestaande mediese toestande soos byvoorbeeld hart- of longsiektes kan vererger.
Die navorsing, wat in die vaktydskrif The Lancet gepubliseer is, het data van 74 lande en 266 state en gebiede tussen 1 Januarie 2020 en 31 Desember 2021 ontleed.
2022-03-11 12:53:12
United sê meer as 2 000 oningeënte werkers kan terugkeer werk toe
United Airlines sal personeellede terugbring wat verlede jaar op onbetaalde verlof geplaas is omdat hulle geweier het om teen Covid-19 ingeënt te word.
Die lugdiens het Donderdag in 'n memo aan personeel gesê dat werkers wat inenting weens mediese of godsdienstige kwytskelding vermy het, sal toegelaat word om weer op 28 Maart te begin werk.
Volgens die maatskappy word die stap gedoen omdat hy verwag dat koronavirusinfeksies, hospitalisasies en sterftes sal voortgaan om oor die volgende weke te daal.
Nuwe gevalle in Amerika het sedert middel Januarie skerp gedaal toe die hoogs aansteeklike Omikron-variant begin het om te verswak.
Meer as 2 000 werkers het mediese of godsdienstige redes aangevoer vir kwytskelding van inenting. – Al Jazeera
2022-03-11 12:30:43
Kenia skrap alle oorblywende maatreëls
Kenia het sy oorblywende Covid-19-beperkings Vrydag opgehef, insluitend ’n verbod op groot binnenshuise saamtrekke, soos godsdienstige aktiwiteite, en ’n vereiste om ’n negatiewe toets te toon vir aankomende reisigers.
Ofskoon die mense van Kenia voort moet gaan om aan openbare gesondheidsmaatreëls te voldoen, soos die was van hande en om ’n gesonde afstand te handhaaf, is gesigmaskers nie meer verpligtend in die openbaar nie en word alle kwarantynmaatreëls vir bevestigde Covid-19-gevalle dadelik gestaak, het Mutahi Kagwe, minister van gesondheid, op ’n nuuskonferensie gesê. – Reuters
2022-03-11 11:32:28
Vernietig patogene om verspreiding te voorkom, sê WGO aan Oekraïne
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het Oekraïne geadviseer om hoë-bedreigings patogene wat in die land se openbare gesondheidslaboratoriums gestoor word, te vernietig.
Dit is om "enige potensiële stortings" te voorkom wat siektes onder die bevolking kan laat versprei, het die agentskap Donderdag aan Reuters gesê.
Kundiges in biosekerheid sê Rusland se beweging van troepe en die bombardering van sy stede het die risiko daarvan laat verhoog dat die patogene wat siekte veroorsaak kan ontsnap, sou enige van daardie fasiliteite beskadig word.
Soos baie ander lande het Oekraïne openbare gesondheidslaboratoriums wat navorsing doen oor hoe om die bedrieging van gevaarlike siektes, meer onlangs Covid-19, te verminder. – Reuters
2022-03-11 11:31:34
Inentingsprogram in Hongkong fokus op seniors; kinders
Om die vlaag infeksies in onder meer ouetehuise in Hongkong te probeer stuit sal die inentingsprogram op veral bejaardes en kinders gefokus wees, het Carrie Lam, leier van Hongkong, Vrydag gesê.
Dit kom te midde van 'n skerp styging in koronavirusinfeksies wat die hospitale tans oorweldig asook 'n groot toename in sterftes.
Meer as 600 000 infeksies en meer as 3 100 sterftes is reeds in Hongkong aangemeld. Die meeste hiervan was in die afgelope twee weke. – Reuters
2022-03-11 09:37:36
China meld meeste infeksies nóg op een dag aan
China het Vrydag meer as 1 000 nuwe koronavirus-infeksies wat plaaslik oorgedra is, aangemeld.
Dit is die meeste infeksies op een dag sedert Beijing vroeg in 2020 sy eerste uitbreking gestuit het deur die stad Wuhan van die buitewêreld af te sluit.
Drakoniese maatreëls wat ingestel word, is dat kantoorgeboue, universiteit en skole onder kwarantyn geplaas word sodra ’n geval bespeur word, en niemand toegelaat word om dan die perseel te verlaat nie.
In een so ’n geval is leerlinge by ’n groot internasionale skool in Sjanghai Donderdag vir twee dae in kwarantyn geplaas nadat ’n leerling in aanraking was met iemand wat positief getoets is.
Die mees onlangse infeksies is gedryf deur ’n styging in asimptomatiese koronavirus-gevalle te midde van die verspreiding van die Omikron-variant.
Volgens data van China se gesondheidsowerheid is 703 asimptomatiese infeksies wat binnelands oordra Donderdag bespeur. Die vorige dag is 435 infeksies aangemeld. – Reuters
Ouers staan Donderdag agter ’n afsperring by ’n skool in Sjanghai om noodsaaklikhede vir hul kinders, wat in kwarantyn geplaas is, af te gee. Foto: Reuters

Lees die volledige berig hier.2022-03-10 22:09:46
2022-03-10 21:29:52
Koronavirus 'versprei soos sigaretrook', maskers buite nie nodig
Omdat die koronavirus op baie dieselfde manier as “sigaretrook” versprei, is dit baie veiliger om sonder maskers buitenshuis as binnenshuis te wees.
Oor dié punt stem kenners by navraag saam nadat dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Donderdag op ’n geleentheid uitgewei het oor moontlike wysigings aan die regering se benadering tot die Covid-19-pandemie.
Dlamini-Zuma het bekend gemaak dat die departement van gesondheid voorgestel het dat die dra van maskers buitenshuis afgeskaf word, maar nie binnenshuis nie.
Nog ’n voorstel is volgens haar dat venues toegelaat word om teen 50% van hul kapasiteit bedryf te word, mits die mense wat toegang kry ingeënt is.
“Dit beteken ’n venue met ’n kapasiteit van 10 000 kan nou 5 000 mense toelaat mits hulle ingeënt is.” – Christiaan du Plessis
Lees meer2022-03-10 19:41:43
Positiwiteitskoers is 6,5%
1 868 nuwe koronavirus-gevalle is die afgelope 24 uur in Suid-Afrika aangemeld, het Nios Donderdagaand in 'n verklaring bekend gemaak. Die positiwiteitskoers is 6,5%. Altesame 28 728 toetse is gedoen.
25 sterfgevalle, waarvan vyf in die afgelope 24 tot 48 uur aangemeld is, is ook deur die departement van gesondheid aangemeld. Dit bring die sterftesyfer nou op 99 681 te staan.
2022-03-10 18:39:50
Einde van pad vir sommige Covid-werkers in Gauteng
Die Gautengse departement van gesondheid se begroting vir personeel wat tydelik aangestel is om die Covid-19-pandemie te help bestuur is gehalveer.
Die departement het Donderdag in ’n verklaring aangekondig sy begroting is van R2,2 miljard tot R1,1 miljard gehalveer en dat hy sekere personeellede gaan moet afdank.
Lees meer2022-03-10 18:01:27
Blootstelling aan dié chemikalieë maak jou dalk meer kwesbaar
Mense wat hoë vlakke van blootstelling aan PFAS-chemikalieë gehad het, loop waarskynlik 'n groter risiko om die koronavirus op te doen, ernstige simptome te hê en te sterf.
Openbare gesondheidswerkers en navorsers vrees reeds sedert die begin van die pandemie dat PFAS, wat immunotoksies is, die liggaam se vermoë kan belemmer om die koronavirus te beveg.
Vier studies het nou die eerste bewyse gevind wat dié teorie steun.
Die skrywers van die studie sê egter meer navorsing is nodig om dit te bewys.
PFAS is chemikalieë wat gebruik word om produkte water-, vlek- en hittebestand te maak en word nie natuurlik afgebreek nie. – The Guardian

2022-03-10 17:01:33
Voordat jy na Brasilië reis . . .
Brasilië is een van die lande wat die swaarste deur die koronavirus getref is.
Die tweede hoogste getal sterftes ter wêreld is in dié land aangemeld, terwyl die president, Jair Bolsonaro, streekleiers se inperkingsmaatreëls en die dra van maskers kritiseer.
Teen Februarie 2022 was 24,73% van die bevolking ingeënt.
Reisigers kan na die land gaan, maar moet bewys kan lewer dat hulle ingeënt is en 'n negatiewe koronavirus-toets kan toon.
Die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en -voorkoming raai mense egter af om te reis na Brasilië, wat as 'n vlak 4-risiko beskou word. – CNN
Lees die hele berig hier.2022-03-10 16:25:22
Europeërs drink minder, maar toename verwag – WGO
Hoewel die verbruik van alkohol in Europa in die eerste jaar van die pandemie gedaal het, kan dié situasie weens die ekonomiese impak van Covid-19 in komende jare omgekeer word, sê die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).
Die WGO se driejaarlikse Europese gesondheidsverslag wys dat alkoholverbruik tussen 2000 en 2019 in Europa afgeneem het.
Mense se drinkgewoontes het in die pandemie verander en hulle drink nou meer tuis as in kroeë of restaurante. In die algemeen het mense in 2020 minder alkohol verbruik.
Europese lande verbruik egter steeds die meeste alkohol ter wêreld.
Die afname is meestal in huishoudings met minder geld of wat gemiddeld minder verdien, sowel as mense wat hul werk verloor het.
"Vorige ervaring toon dat die alkoholverbruik, veral onder mans en mense in swak sosio-ekonomiese omstandighede, as gevolg van finansiële probleme weens die Covid-19-pandemie waarskynlik in die komende jare gaan verhoog," lui die verslag. – Reuters

2022-03-10 15:33:22
Leerlinge help maak lugsuiweraars vir skole
Al hoe meer Walliese skole gebruik selfgemaakte lugsuiweraars om die verspreiding van die koronavirus in die klaskamers te voorkom.
Dr. Rhys Thomas van Carmarthenshire het die toestelle ontwikkel en leerlinge help nou met die vervaardiging daarvan.
"(Dis) 'n virus wat in die lug versprei en skoon lug is dus noodsaaklik," sê Thomas.
Hy het die toestel saam met kollegas in Amerika ontwerp. Dit is goedkoop maar effektief. 'n Waaier, filter en kleeflint word onder meer gebruik.
Die toestel, wat as die Corsi Rosenthal Thomas (CRT) bekend staan, verwyder virusdeeltjies uit die lug.
Verskeie skole in Carmarthenshire gebruik reeds die toestel. – BBC
Lees die hele berig hier.2022-03-10 14:27:09
Waardevolle data by rioolaanlegte ingesamel
Rioolaanlegte kan waardevolle inligting oor die koronavirus gee. Owerhede kan só weet waar groter hoeveelhede mense met die koronavirus is, sonder om mense individueel te toets.
’n Waarnemingsprogram wat vinnig plaaslike koronavirus-uitbrekings kan identifiseer, is in Noord-Ierland begin.
Toetse word op 31 aanlegte se water gedoen om uit te vind wat die hoeveelheid koronavirus-infeksies in ’n gebied is.
Dié tegnologie kan ook nuwe variante van die virus vind.
Afvalwater word daagliks na ’n laboratorium by die Queen’s University Belfast geneem, waar dit getoets word.
Die uitslae word op ’n platform gedeel waar openbare gesondheidswerkers dit kan sien en vinnige stappe kan doen indien ’n uitbreking begin. – BBC
Lees die hele berig hier.2022-03-10 13:21:22
Tydelike werkers se poste nie hernu
Die Gautengse departement van gesondheid is weens begrotingstekorte nie in staat om al die Covid-19-werkers se tydelike poste te hernu nie.
Volgens die departement sou hy graag al die tydelike werknemers wou behou, maar finansiële beperkinge laat dit nie toe nie.
Meer as 8 000 poste is vir werkers as administratiewe en ondersteuningspersoneel asook verpleegpersoneel geskep.
Die tydelike poste het vir die 12 maande in die 2020-'21-boekjaar gegeld, waarna die kontrakte vir 'n tweede jaar tot in 2022 hernu is.
Gesondheidswerkers by die Steve Biko- akademiese hospitaal in Pretoria werk tydens die koronaviruspandemie in Januarie 2021. Foto: Gallo Images

2022-03-10 13:03:53
Pandemie nog nie verby – Harries
Dr. Jenny Harries, hoof- uitvoerende beampte van die Britse sekerheidsagentskap, sê al hoe meer mense van ouer as 55 het die koronavirus onder lede.
Een uit elke 35 mense (2,88%) in Brittanje het van 8 Februarie tot 1 Maart positief vir die virus getoets, terwyl dié persentasie van 5 Januarie tot 20 Januarie 4,41% was.
Harries sê hoewel die syfer laer is, is daar 'n effense toename in infeksies by mense wat ouer as 55 is. Dit wys dat die pandemie nog nie verby is nie en dat "ons kan verwag om Covid-19 teen hoë vlakke te sien sirkuleer". – SkyNews
Dr. Jenny Harries. Foto: Reuters

Lees die hele berig hier.2022-03-10 12:16:51
Aspen wil eie entstof vir $5 tot $10 per dosis aan Afrika verkoop
Die Suid-Afrikaanse farmaseutiese maatskappy Aspen wil die J&J-entstof wat hy onder sy eie handelsnaam gaan verkoop, teen tussen $5 en $10 per dosis in Afrika verkoop.
Volgens Stephen Saad, uitvoerende hoof van Aspen, gaan Aspenovax die grootste produk tot nog toe vir die groep wees.
Hy is hoopvol dat die eerste entstof reeds teen Junie onder dié handelsnaam verkoop gaan word indien die groep binnekort ’n bestelling kry.
Daar word nog vir bestellings gewag, want teen Donderdag, toe die groep sy resultate vir die halfjaar tot einde Desember aangekondig het, is daar nog nie ’n bestelling ontvang nie. – Nellie Brand-Jonker
Pres. Cyril Ramaphosa tydens 'n besoek aan 'n Aspen-aanleg in Maart 2021 in Gqeberha in die Oos-Kaap.Foto: Gallo Images

2022-03-10 12:05:03
Studie wys dié pasiënte kry dalk weerstandige mutasie
Australiese viroloë het 'n weerstandige mutasie in die korona-virus gevind wat met die medisyne sotrovimab geassosieer word.
Hulle sê pasiënte wat met dié middel behandel word, moet deurentyd gemonitor word om te voorkom dat dié mutasie in gemeenskappe versprei.
Die bevindinge, wat Donderdag in die New England Journal of Medicine gepubliseer is, is die resultaat van 'n analise van die eerste 100 pasiënte wat in 2021 tydens die Delta-vlaag in die westelike deel van Sydney met sotrovimab behandel is.
Dié middel word in verskeie lande gebruik om kwesbare pasiënte te behandel. – The Guardian
Lees die hele berig hier.2022-03-10 12:04:29
China se getal gevalle styg
China het Woensdag 402 gevalle van Covid-19 aangemeld wat plaaslik oorgedra en simptome toon, het amptelike data Donderdag bevestig.
China beskou asimptomatiese gevalle nie as bevestigde gevalle nie, en hiervan is 435 gevalle in dieselfde tyd aangemeld – die hoogste daaglikse getal in byna twee jaar.
Mense in die stad Jilin mag in die reël nie vandeesweek uit die huis gaan nie, met uitsondering van noodsaaklike werkers en ondernemings met voortdurende produksie. – Reuters
2022-03-10 11:18:52
Hongkong wil heropen, gevalle styg skerp
Carrie Lam, leier van Hongkong, sê dit is nog nie tyd om die verbod op vlugte uit Amerika en Brittanje op te hef nie.
Daar is egter planne om die stad te heropen noudat die regering 'n vlaag nuwe koronavirusinfeksies onder beheer begin kry.
Die stad het van die wêreld se mees drakoniese inperkings om 'n styging in infeksies te beheer.
Die totale getal infeksies is byna 600 000 met meer as 2 800 sterftes, waarvan die syfers in die afgelope twee weke die hoogste was.
Teen 1 Januarie 2022 het die stad nog net 13 277 gevalle en 213 sterftes aangeteken, volgens Worldometers.
Die stad het Donderdag 31 402 nuwe infeksies en 180 nuwe sterftes bevestig.
Hongkong het 7,4 miljoen inwoners en die grense hier is sedert 2020 feitlik gesluit. – Reuters

2022-03-10 10:26:30
VSA se Covid-19-reëls hou Djokovic uit 2 groot toernooie
Novak Djokovic se terugkeer na die tennisbaan ná sy deportasie-drama in Australië was van korte duur.
Die organiseerders van die Indian Wells-toernooi in Kalifornië het aangekondig dat dié 20-malige Grand Slam-wenner nie daar in aksie sal wees nie.
Djokovic was ingeskryf vir dié prestigeryke toernooi, maar sal vanweë sy weiering om teen die koronavirus ingeënt te word nie na Amerika kan reis nie.
“Die (Amerikaanse) sentrums vir siektebeheer en -voorkoming het bevestig dat sy regulasies nie gaan verander nie, so ek sal nie in die VSA kan speel nie,” het Djokovic op Twitter gesê.
Lees die volledige berig hier.2022-03-10 08:59:45'n Seun van Manchester in Engeland toets homself vir die koronavirus voordat die skooldag begin. Foto: Reuters

2022-03-10 08:59:21
WGO gee riglyne as jy jouself vir virus toets
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het nuwe tussentydse riglyne bekend gemaak vir mense wat hulself vir die korona-virus toets.
Dit is ’n tussentydse rigsnoer vir mense wat die nCoV 2-antigeentoetstel gebruik, wat behels dat jy jou eie monster neem en die uitslae self interpreteer.
Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) het in onderskeidelik Oktober en Desember verlede jaar twee toestelle goedgekeur.
Dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die WGO, het Woensdag in ’n verklaring gesê daar is bewyse mense kan hulself betroubaar en akkuraat toets en die blitstoetse bevoordeel veral mense wat nie maklik toegang tot professionele toetsgeriewe het nie.
“Elke land moet ingevolge sy nasionale prioriteite en epidemiologie, asook die beskikbaarheid van hulpbronne, self besluit hoe hulle dit aanwend.”
Die WGO het egter die doelwit voor oë dat dit meer algemeen gebruik moet word en help om toegang tot selftoetse te verbeter.
“Dit is te duur vir baie lae-inkomste-lande, hoewel dit juis in dié lande is wat dit doeltreffend gebruik kan word omdat mense nie maklik toegang tot professionele toetsgeriewe het nie.”
Die WGO beplan befondsing om te sorg dat mense in alle lande toegang tot die goedkoper blitstoetse het. – Ilse Schoombee
2022-03-10 07:18:15
Maskers dalk nie meer buite nodig
Suid-Afrikaners kan dalk binnekort buitelugbyeenkomste geniet sonder om ’n masker te dra.
Volgens prof. Salim Abdool Karim, epidemioloog en lid van die Wêreldgesondheidsorganisasie se wetenskapsraad, het die regering nou ’n geleentheid om die verslapping van regulasies hieroor te oorweeg. Die land is tussen virusvlae en die oordrag van die virus is laag.
“Ons is nou in ’n ander situasie as twee jaar gelede (toe die pandemie in Suid-Afrika begin het). Ons verstaan die virus beter en weet dit kom in vlae. Daar is drie maande tussen die vlae, en daarom kan ons nou sekere regulasies, soos die dra van maskers in die buitelug, verslap terwyl die oordrag laag is,” sê Abdool Karim. – Arisa Janse van Rensburg
Lees die volledige berig hier.

2022-03-10 07:17:49
Entstowwe se newe-effekte ‘lig, vervaag gou’ – studie
Navorsers het bekend gemaak dat ’n nuwe studie onder miljoene mense toon dat die meeste newe-effekte van Pfizer-BioNTech- en Moderna-mRNA-entstowwe lig is en aansienlik vervaag ’n dag ná inenting.
USA Today berig die bevindings, wat Maandag in The Lancet Infectious Diseases gepubliseer is, behoort ontvangers van die entstowwe gerus te stel dat die entstowwe veilig is.
Die studie het gekyk na data van meer as 7 miljoen gevalle van negatiewe newe-effekte van mRNA-entstofdosisse wat tussen Desember 2020 en Junie 2021 toegedien is. Navorsers het bevind pyn op die plek van inenting, moegheid en hoofpyn is die meeste as negatiewe newe-effekte aangemeld.
Lees die volledige berig hier.

2022-03-10 07:16:19
‘Einde in sig vir ramptoestand’
Die regulasies ingevolge die Nasionale Gesondheidswet wat die nasionale ramptoestand moet vervang, sal “binne die volgende dae” vir openbare kommentaar in die Staatskoerant gepubliseer word.
So het dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, Woensdag in ’n vraag-en-antwoordsessie van die parlement in die Goeie Hoop-gebou in Kaapstad gesê.
Netwerk24 het egter vroeër berig dat die regulasies dalk drie maande sal neem om in werking te tree. – Christiaan du Plessis
Lees die volledige berig hier.

2022-03-10 07:08:47
Minder as 1 000 ingeëntes in hospitale
Meer as 7 uit 10 (73,45%) van die mense wat 12 jaar en ouer is wat tans in die hospitaal met Covid-19 opgeneem is, is nie ingeënt nie.
Daar is minder as 1 000 ingeëntes in hospitale landwyd.
Sien die jongste data oor die inentings hier.2022-03-10 07:03:42
Waar meeste Woensdag volledig ingeënt is
Van al die provinsies het Gauteng Woensdag die meeste mense ten volle ingeënt met 6 404, gevolg deur KwaZulu-Natal (2 945) en die Oos-Kaap (2 441).
Sien die jongste data oor die inentings hier.2022-03-10 07:03:34
Meeste inentings in Gauteng toegedien
Gauteng is die provinsie wat al die meeste inentings toegedien het met 9,102 miljoen, gevolg deur die Wes-Kaap (5,048 miljoen) en KwaZulu-Natal (4,980 miljoen).
Sien die jongste data oor die inentings hier.2022-03-10 07:03:22
Meeste nuwe gevalle in Gauteng
Van die 1 867 nuwe gevalle wat Woensdag aangemeld is, was die meeste infeksies (683) in Gauteng, gevolg deur die Wes-Kaap (483) en KwaZulu-Natal (280).
Lees die jongste oorsig hier.2022-03-10 07:03:13
Positiwiteitskoers is 6,5%
Van die 28 667 toetse wat Woensdag landwyd gedoen is, is 1 867 positief.
2022-03-10 07:03:09
Jongste syfers: 1 867 nuwe koronavirusgevalle is die afgelope 24 uur in die land aangemeld. Die kumulatiewe gevalle is 3,688 miljoen.
Sterftes: Nog 13 sterftes is aangemeld, waarvan 10 in die afgelope 24-48 uur gebeur het. Die dodetal is nou 99 656.
Herstelkoers: 3,569 miljoen mense het al van die virussiekte herstel. Die huidige herstelkoers is 96,8%.
Inentings: 89 796 inentings is in die vorige 24-uur-siklus toegedien. Altesaam 22 309 mense is in dié tydperk volledig ingeënt – 7 199 mense het Johnson & Johnson se entstof ontvang, 10 456 hul tweede dosis van die Pfizer-entstof en 4 654 kinders van 12 tot 17 jaar oud het hul eerste dosis van die Pfizer-entstof gekry. Tot dusver is 32,322 miljoen entstof-dosisse toegedien.




















