Covid-19

COVID-19 | Só lyk die jongste syfers

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Hier is die jongste syfers in grafika:

2022-04-08 18:36:11

Jongste syfers

Daar is die afgelope 24 uur 1 377 nuwe gevalle aangemeld, wat die totaal opstoot tot 3 730 066.

Die positiwiteitskoers is 5,9%.

In d ie afgelope 24 tot 48 uur was daar 3 sterftes. Die sterftesyfer staan nou op 100 084.

Inentings

Daar is die afgelope 24 uur 57 375 inentings toegedien.

Totale inentings staan op 34 054 426.

Altesame 19 464 978 individue is al ingeënt.

2022-04-08 15:39:41

2022-04-08 14:40:16

1 uit 13 in Engeland het Covid

Sowat een uit 13 mense in Engeland, Wallis en Skotland het verlede week Covid-19 gehad. Die verhouding is soortgelyk aan die vorige week, het amptelike skattings Vrydag gewys.

In Noord-Ierland was die geskatte verhouding een uit 16.

Die Omikron-variant van die virus is die oorheersende stam in alle streke in die Verenigde Koninkryk, het die kantoor vir nasionale statistieke gesê. – Reuters

2022-04-08 13:51:43

W-Kaap wil meer as 26 000 inent met naweek-veldtog

Die Wes-Kaap wil dié naweek meer as 26 000 mense in die provinsie teen Covid-19 inent as deel van sy Vooma-inentingsveldtog.

Die departement van gesondheid sê in ’n verklaring die veldtog duur van Vrydag tot Sondag. ’n Lys van plekke waar mense hulle kan gaan laat inent, is hier beskikbaar.

Mense kan hul eerste, tweede of opvolgdosis hier kry.

Lees die hele berig hier.2022-04-08 11:46:44

‘Beste dokter’ het as jong seun geweet wat sy roeping is

Dr. Nicholas Pearce (43), hoof van die Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein se Covid-19-taakspan, het onlangs ’n gedeelde prys vir beste dokter van die jaar verower. Marita Herselman het gaan uitvind wie die man agter die prys is.

LEES DIE VOLLEDIGE BERIG HIER2022-04-08 11:42:44

Ruik aan en vóél weer kuns

Kunsliefhebbers word genooi om twee kunsuitstallings in die Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum in Gqeberha te besoek.

Ná ’n hele paar maande van aanlyn kunsuitstallings het dit tyd geword om weer kuns van naderby te bekyk en te geniet.

Hoewel aanlyn kunsuitstallings van groot waarde was gedurende die inperkingstydperk, is die ware Jakob eenvoudig nie te versmaai nie.

LEES DIE VOLLEDIGE BERIG HIER2022-04-08 11:22:35

Vrou in hof nadat sy R1 m. van WVF eis

’n Sakevrou van Durban wat nagenoeg R1 miljoen van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) ontvang het, is dié week in hegtenis geneem weens beweerde bedrog.

Phathiswa Bodlani (37) word daarvan verdink dat sy onregmatig geld geëis het van die tydelike Covid-19-hulpskema vir werknemers wat weens die inperkings tydelik afgelê moes word.

LEES DIE VOLLEDIGE BERIG HIER2022-04-08 05:38:53

2022-04-08 05:37:48

2022-04-08 05:37:43

Aktiewe gevalle

Suid-Afrika het 13 083 aktiewe gevalle.

So lyk die aktiewe gevalle per provinsie:

Gauteng: 5 561

KwaZulu Natal: 3 782

Limpopo: 111

Mpumalanga: 377

Noord-Kaap: 189

Noordwes: 518

Oos-Kaap: 739

Vrystaat: 1 408

Wes-Kaap: 398

2022-04-08 05:37:38

Jongste syfers in Suid-Afrika

Nuwe infeksies

Oor die afgelope 24 uur is 1 481 nuwe gevalle aangemeld. In totaal is 3 728 689 gevalle tot nou oor die land heen aangemeld.

Sterftesyfer

Nóg 5 sterftes is weens die virus aangemeld, wat die Covid-19-dodetal opstoot tot 100 075, volgens die nasionale gesondheidsdepartement.

Herstelsyfer

Uit die totale 3 728 689 infeksies het 3 615 531 mense al van die virus herstel. Dit verteenwoordig ‘n herstelkoers van 97%.

Inentings

Altesaam 33 991 918 inentings teen die koronavirus is tot dusver in die land toegedien.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM