Hier is die jongste syfers in grafika:
2021-12-26 19:35:41
2021-12-26 19:33:32
Jongste syfers
Daar is die afgelope 24 uur 5 604 nuwe infeksies aangemeld in die land. Dit bring die kumulatiewe syfer op 3 413 540 te staan. Die positiwiteitskoers is 27,2%.
Sterftesyfer
In dieselfde tydperk was daar nog 41 sterftes. Die sterftesyfer staan nou op 90 814.
Herstelsyfer
Uit die 3 413 540 mense het 3 111 857 mense reeds herstel.
Inentings
Daar is die afgelope 24 uur 698 inentings gedoen. Totale inentings staan nou op 27 802 711. 17 758 442 mense is ingeënt.
Aktiewe gevalle
Daar is 210 769 aktiewe gevalle in die land.
Só lyk die syfers per provinsie:
Gauteng: 25 874
KwaZulu-Natal: 69 656
Limpopo: 4 977
Mpumalanga: 5 593
Noord-Kaap: 7 667
Noordwes: 14 186
Oos-Kaap: 19 090
Vrystaat: 17 537
Wes-Kaap: 46 189
2021-12-26 18:50:23
Ál meer vlugte weens virus gekanselleer, vertraag
Die hoeveelheid vlugte wat wêreldwyd weens ’n skerp styging in koronavirus-infeksies gekanselleer of vertraag is, neem steeds toe.
Die BBC berig sedert Vrydag is meer as 7 000 vlugte reeds gekanselleer, volgens die nasporingswebwerf Flight Aware.
Teen Sondag om 16:40 was 2 141 vlugte vir die dag reeds gekanselleer, en 5 798 vlugte is vertraag. Dié syfers styg egter by die minuut.
Saterdag is 2 856 vlugte gekanselleer en 9 549 is vertraag.
Dit blyk Chinese en Amerikaanse lugdienste word die hardste getref, met verdere vertragings en kansellasies wat vir Maandag aangekondig is.
Lees die hele berig hier2021-12-26 16:46:01
Virus steek stokkie voor Premierliga-rugbystryd
Die Newcastle Falcons se Premierliga-rugbystryd teen Sale Sharks, wat Sondag in die Kingston Park-stadion in Newcastle upon Tyne in Engeland beslis sou word, is weens Covid-19-infeksies afgestel.
Verskeie van Sale se spelers is Saterdagaand positief vir die Omikron-variant van die virus getoets en sou dus nie Sondag in die wegwedstryd kon speel nie.
Ná beraadslaging tussen die Premierliga se amptelike toetsliggaam en die klubs, is daar besluit dat die risiko te groot is vir die kragmeting om voort te gaan met plaasvervanger-spelers vir diegene wat positief getoets is.
Volgens ’n woordvoerder van die beroepsliggaam word spelers se gesondheid eerste gestel.
Lees die hele berig hier2021-12-26 16:42:06
Gerrard moet van huis af brei nadat hy positief toets vir Covid-19
Steven Gerrard, afrigter van Aston Villa, sal nie langs die veld wees wanneer sy span vandag met Chelsea kragte meet nie nadat hy positief getoets is vir Covid-19.
Dié 41-jarige Gerrard, wat hom verlede maand by Villa aangesluit het, sou ook Dinsdag se wedstryd van Leeds United van die huis af moes dophou, maar daardie kragmeting is intussen uitgestel nadat Covid-19 in Leeds se kamp uitgebreek het.
Lees die hele berig hier2021-12-26 14:41:18
Palestina bevestig eerste Omikron-geval
Die Palestynse owerhede het Sondag aangekondig die land het sy eerste geval van die Omikron-variant van Covid-19 in die Gasa-strook bevestig.
Die persoon wat hiermee gediagnoseer is, is ’n inwoner van Gasa wat in die kusstrook aangesteek is.
Omikron versprei nou onder die bevolking van sowat 2,2 miljoen mense. – Reuters
2021-12-26 14:29:57
Reisigers na Oman moet met 2 dosisse ingeënt wees
Owerhede in Oman vereis nou reisigers ouer as 18 jaar wat die land wil binnekom, moes minstens twee dosisse Covid-19-entstof ontvang het.
Die land het ook sy vorige besluit wat reisigers uit Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Zimbabwe, Lesotho, Eswatini en Mosambiek verbied, opgeskort. – Reuters
2021-12-26 14:18:47
3 K-pop-sterre positief vir Covid-19
Suga (28), liedjieskrywer en rapper van die K-pop-sensasie BTS, is Vrydag positief getoets vir die koronavirus nadat die groep van Amerika teruggekeer het na Seoel.
Die groep het pas teruggekeer ná konserte in Amerika.
Suga, wie se regte naam eintlik Min Djoon-gi is, is Vrydag positief getoets tydens sy selfisolasie tuis nadat hy Donderdag by die huis aangekom het.
Intussen is nog twee lede van die groep ook positief getoets. Rapper M (27) en sanger Jin (29) is ’n dag ná Suga positief getoets.
Al drie het twee dosisse entstof ontvang.
RM, wie se regte naam Kim Nam-djoon is, en Jin, wie se naam eintlik Kim Seok-djin is, is aanvanklik negatief getoets toe hulle die land binnegekom het.
Die groep gaan ’n blaaskans neem oor die feestyd en nuwe jaar terwyl hulle voorberei op ’n nuwe konsert en album. – Reuters
2021-12-26 13:44:09
Wes-Kaap, KwaZulu-Natal teken nou meeste gevalle aan
Die Wes-Kaap het die meeste nuwe Covid-19-gevalle, oftewel 25% van die land se gevalle, op Kersdag aangeteken.
Hoewel Suid-Afrika se vierde vlaag van Covid-19-infeksies in Gauteng begin het, neem die gevalle in dié provinsie nou af.
Die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal se getalle styg egter nou.
Die Wes-Kaap het 3 749 van land se 14 828 nuwe gevalle aangemeld, terwyl KwaZulu-Natal 3 601 gevalle aangemeld het, Gauteng 2 769 en die Oos-Kaap 1 720.
KwaZulu-Natal het 24% van die land se gevalle bevestig, Gauteng 19%, die Oos-Kaap 12%, die Vrystaat 5%, Mpumalanga 4%, Noordwes 4%, Limpopo 3% en die Noord-Kaap ook 3%. – News24
2021-12-26 07:59:59
Gevalle in China styg skerp
China het Sondag 206 nuwe koronavirusgevalle aangemeld vir 25 Desember teenoor 140 die dag vantevore, het owerhede Sondag bekendgemaak.
Van die infeksies is 158 plaaslik oorgedra teenoor 87 die vorige dag. Die meeste van die nuwe plaaslike gevalle is in die noordwestelike provinsie Shaanxi aangeteken.
China het 29 nuwe asimptomatiese gevalle bevestig, wat apart van bevestigde gevalle aangeteken word. Dit het van 24 die vorige dag gestyg.
Daar is nie nuwe sterftes weens die virus aangemeld nie en die dodetal is steeds 4 636. China het 101 077 bevestigde gevalle op 25 Desember gehad. – Reuters
2021-12-26 06:37:55
Jongste syfers: 14 828 nuwe koronavirusgevalle is die afgelope 24 uur in die land aangemeld. Die kumulatiewe gevalle is 3,408 miljoen.
Sterftes: Nog 30 sterftes is aangemeld. Die dodetal is nou 90 773.
Herstelkoers: 3,103 miljoen mense het al van die virussiekte herstel. Die huidige herstelkoers is 91,0%.
Inentings: 698 inentings is in die vorige 24-uur-siklus toegedien. Tot dusver is 27 802 711 miljoen entstof-dosisse toegedien.
2021-12-26 06:32:44















