Die ondersoek na die ineenstorting van die tydelike voetgangersbrug oor die M1 by die Grayston-afrit in Sandton is weer eens uitgestel.
Met die ineenstorting in Oktober 2015 is twee mense dood en 19 beseer.
Mokgadi Pela, woordvoerder van die departement van arbeid, sê nie alle betrokkenes het kundige verslae betyds (die spertyd was 29 Maart) ingedien nie.
Die ondersoek is uitgestel tot ná 7 Julie.














