Internasionaal

Biden toets weer positief vir Covid-19

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Pres. Joe Biden het weer positief vir Covid-19 getoets .Foto: Argief
Pres. Joe Biden het weer positief vir Covid-19 getoets .Foto: Argief

Pres. Joe Biden van Amerika het Saterdag vir 'n tweede keer positief vir Covid-19 getoets.

Die nuus is in 'n verklaring deur die Withuis se dokter bekend gemaak.

Dr. Kevin O'Connor sê in die verklaring die president toon hy geen simptome nie en voel "taamlik goed".

Biden, wat nege dae gelede die eerste keer positief getoets het, bly in isolasie.

Die positiewe toets is glo net 'n "terugslag" wat ervaar word deur sommige pasiënte wat reeds Covid-19 gehad het.

Luidens die verklaring van die Withuis, het Biden Dinsdagaand, Woensdag, Donderdag en Vrydagoggend negatief getoets, maar het Saterdagoggend positief getoets.

Hy het 'n antigeentoets gedoen en toe 'n positiewe uitslag gekry.

O'Connor sê in die verklaring daar is geen rede om weer met behandeling te begin nie en hy monitor die president. - Reuters

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM