Boris Johnson het as Tory-LP bedank en voer aan hy is "uit die Britse parlement gedwing" oor die Partygate-sage.
Die BBCberig Johnson het vooraf 'n verslag onder oë gehad van die Laerhuis-voorregte-komitee wat ondersoek instel of hy die Laerhuis mislei het oor inperking-partytjies in Downing Street.
Johnson het in 'n lang verklaring gesê die komitee is 'n "boendoehof" met die doel om hom skuldig te bevind, "ongeag die feite". Volgens die komitee is die korrekte prosedures en die mandaat gevolg.

Sky News berig dat Johnson in Maart vanjaar in 'n sessie van meer as drie ure vrae beantwoord het oor wat hy geweet het van die Downing Street-byeenkomste.
Volgens Daily Sun het die 58-jarige Johnson se bedanking (wat dadelik van krag is) 'n tussenverkiesing tot gevolg wat meer druk plaas op sy opvolger, Rishi Sunak.
Washington Post berig die ondersoek het bevind dat Johnson, voormalige Britse eerste minister, wetmakers mislei het oor "drankpartytjies" wat tydens die inperking weens die Covid 19-pandemie by 10 Downing Street in Londen gehou is.
















