Internasionaal

OORSIG | Die wêreld in ’n neutedop

NETWERK24 Die wêreld in 'n neutedop
NETWERK24 Die wêreld in 'n neutedop (Netwerk24)

2025-09-29 03:27:22

4 dood toe man kerk in Michigan aanval

Minstens vier mense is dood en agt gewond nadat ’n man Sondag met sy voertuig deur die voordeure van ’n kerk in Michigan gery het voordat hy met ’n aanvalsgeweer losgebrand en die kerk aan die brand gesteek het.

Die oortreder is as Thomas Jacob Sanford (40) geïdentifiseer. Hy is in ’n skietgeveg met die polisie dood.

Twee van die skietslagoffers is dood en agt ander is in die hospitaal opgeneem.

Nog twee lyke is ure daarna in die verkoolde oorblyfsels van die kerk gevind. – Reuters

Multiple Victims Reported After Shooting And Fire At LDS Church In Grand Blanc, Michigan GRAND BLANC, MICHIGAN - SEPTEMBER 28: A firefighter walks down the street where emergency services are responding to a shooting and fire at the Church of Jesus Christ of Latter-day Saints on September 28, 2025 in Grand Blanc, Michigan. According to police reports there are multiple victims and the shooter is down. (Photo by Emily Elconin/Getty Images) (Emily Elconin/Getty Images)

Nooddienste op die toneel in Grand Blanc, Michigan. Foto: Getty Images


2025-09-29 03:37:10

1 dood toe tifoon Bualoi Viëtnam tref

Een persoon is dood en 12 vissermanne word vermis nadat die tifoon Bualoi Maandagoggend vroeg dele van Viëtnam getref het.

Die tifoon was teen 08:00 plaaslike tyd oor die Nghe An-provinsie, met 'n maksimum windspoed wat verswak het tot 88 km/h vanaf 117 km/h toe dit ure tevore die land getref het, volgens die nasionale weervoorspellingsagentskap.

Voordat die tifoon Viëtnam getref het, het hy etlike ure langs die land se kuslyn beweeg en golwe van so hoog as 8 m veroorsaak. – Reuters


2025-09-29 03:46:36

Taliban laat nog 'n Amerikaner vry

Die Taliban in Afganistan het Sondag nog ’n Amerikaanse burger uit aanhouding vrygelaat ná ’n besoek deur Adam Boehler, ’n amptenaar van Washington wat vir Amerikaners se vrylating onderhandel, en Katar se bemiddeling.

Amir Amiri, wat sedert Desember in Afganistan aangehou is, was Sondagaand op pad na Doha.

Amiri is die vyfde Amerikaanse burger wat vanjaar deur die Taliban vrygelaat is danksy bemiddeling deur Katar. – Reuters


2025-09-29 04:04:34

Trump hoop om vandag vredesplan vir Gasastrook te finaliseer

Pres. Donald Trump hoop om ’n voorstel vir ’n vredesplan vir die Gasastrook te finaliseer op ’n vergadering Maandag met Benjamin Netanyahu, Israeliese premier.

Trump het Sondag in ’n telefoniese onderhoud aan Reuters gesê dat hy “baie goeie reaksie” van Israel en Arabiese leiers op die voorstel vir die Gasastrook ontvang en dat “almal ’n ooreenkoms wil bereik”.

Hamas sê die groep het nog geen voorstel van Trump of van bemiddelaars ontvang nie. – Reuters


2025-09-29 04:16:13

Bad Bunny volgende jaar se Super Bowl-rustydkunstenaar

Die Grammy-bekroonde Puerto Ricaanse rapper Bad Bunny sal in volgende jaar se rustydvertoning van die Super Bowl op 8 Februarie optree.

Die aankondiging deur die nasionale voetballiga beëindig die bespiegeling dat Taylor Swift dalk daar sou optree.

Bad Bunny het vroeër vandeesmaand gesê hy sal nie in sy wêreldtoer, wat in November begin, in Amerika optree nie weens kommer oor Amerikaanse immigrasieklopjagte by sy konserte. – AFP


2025-09-29 04:30:13

Hamas ‘verloor kontak’ met 2 gyselaars in Gasa

Hamas se gewapende vleuel het die Israeliese weermag versoek om lugaanvalle tydelik te staak en Sondag uit ’n deel van die stad Gasa te onttrek terwyl hulle glo probeer om twee Israeliese gyselaars op te spoor.

Hamas het na bewering kontak met die gyselaars verloor tydens Israeliese aanvalle op twee woonbuurte in die stad.

“Die lewe van die twee gevangenes is in werklike gevaar,” sê Hamas in ’n verklaring. – Reuters


2025-09-29 05:17:20

Adams laat vaar bod om herverkiesing as NY-burgemeester

Eric Adams, burgemeester van die stad New York, het Sondag sy kandidaatskap vir ’n tweede termyn laat vaar.

Sy onttreking aan die wedloop kom ’n bietjie meer as ’n maand voor verkiesingsdag.

Die wedloop sal nou vir alle praktiese doeleindes tussen die voorloper, die Demokraat Zohran Mamdani, en Andrew Cuomo, voormalige goewerneur van die deelstaat New York en ook 'n Demokraat, wees.

Adams het gesukkel om geld in te samel en is ver agter Mamdani en Cuomo in openbare meningspeilings. – Reuters


2025-09-29 05:24:00

Regerende party wen Moldowiese verkiesing

Moldowa se regerende party het die parlementêre verkiesing nouliks gewen.

Die Party van Aksie en Solidariteit (PAS) het 50,03% van die stemme gekry met 99,5% van die stemme wat getel is.

Die klein landjie, wat aan Oekraïne grens en ’n pro-Rusland-wegbreek streek het, is lank reeds verdeeld oor of hy nader aan die Europese Unie moet beweeg of Sowjet-era-betrekkinge met Moskou moet handhaaf.

Sondag se verkiesing is as noodsaaklik beskou vir die land om sy strewe na integrasie met die Europese Unie te handhaaf. – AFP


2025-09-29 06:09:20

Dodetal in Viëtnam styg weens tifoon Bualoi

Die dodetal weens die tifoon Bualoi in Viëtnam het tot 11 gestyg.

Die getal vermiste vissermanne het ook tot 17 gestyg.

Minstens nege mense is dood toe ’n warrelwind deur die Ninh Binh-provinsie gewaai het.

Een persoon is dood nadat hy in vloedwater in die stad Hue vasgevang is en ’n ander is deur ’n vallende boom in die Thanh Hóa-provinsie gedood.

Sewentien vissers word vermis nadat groot golwe twee vissersbote naby die Quang Tri-provinsie getref het, terwyl ’n ander vissersboot kontak in die storm verloor het. – Reuters


2025-09-29 06:41:57

‘Topspioen’ van Israel in Iran tereggestel

Iran sê hy het een van Israel se topspioene tereggestel.

“Een van die voorste spioene van die Sionistiese regime in Iran, Bahman Choubi Asl, is vanoggend gehang,” het die regbank se Mizan Online-webwerf berig.

Iran en Israel het in Junie ’n 12 dae lange oorlog gevoer ná ongekende Israeliese lugaanvalle op militêre, regerings- en kernaanlegte in Iran. – AFP


2025-09-29 06:49:54

Familielede van gyselaars in Gasa pleit by Trump

Familielede van die Israeliese gyselaars in Gasa het pres. Donald Trump aangespoor om sy voorgestelde ooreenkoms om die oorlog in Gasa te beëindig, te handhaaf.

Trump vergader Maandag met Benjamin Netanyahu, Israeliese premier.

“Ons vra u met respek om vas te staan teen enige pogings om die ooreenkoms wat u gebring het, te saboteer,” het die hooforganisasie wat familielede van die gyselaars wat in Gasa aangehou word, verteenwoordig, in ’n ope brief aan Trump geskryf. – AFP

Israelis stage demonstration on the 722nd day of Gaza war, calling for an end TEL AVIV, ISRAEL - SEPTEMBER 27: Thousands gather to demand an end to the war in Gaza and the return of Israeli hostages on the 722nd day since Oct. 7 attacks, in Tel Aviv, Israel on September 27, 2025. Demonstrators carried placards calling for the resignation of Prime Minister Benjamin Netanyahu and his government. (Photo by Yair Palti/Anadolu via Getty Images) (Anadolu/Anadolu via Getty Images)

Duisende mense betoog Saterdag in Tel Aviv om ’n einde aan die oorlog in die Gasastrook en die terugbesorging van Israeliese gyselaars te eis op die 722ste dag sedert Hamas se aanvalle op Israel op 7 Oktober 2023. Foto: Getty Images/Anadolu


2025-09-29 07:18:49

Amerika oorweeg langafstandmissiele vir Oekraïne

Amerika oorweeg Oekraïne se versoek om langafstand-Tomahawk-missiele te bekom, het visepresident JD Vance Sondag gesê.

Pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne het Amerika gevra om Tomahawks aan Europese nasies te verkoop, wat hulle dan na Oekraïne sal stuur.

Vance het gesê pres. Donald Trump sal die “finale besluit” hieroor neem.

“Ons kyk beslis na ’n aantal versoeke van die Europeërs.”

Tomahawk-missiele het ’n reikafstand van 2 500 km, wat Moskou binne die reikafstand van Oekraïne se arsenaal plaas as Kijif dit sou kry. – Reuters


2025-09-29 07:56:51

Dodetal verdubbel weens tifoon in Filippyne

Die dodetal in die Filippyne weens die tifoon Bualoi het meer as verdubbel tot 24.

Die tifoon het die land verlede week getref.

Rafaelito Alejandro, adjunk-administrateur van die kantoor van burgerlike verdediging, sê Bualoi het 10 mense in die Biliran-provinsie, nege in Masbate, vier in Samar en een in die provinsie Suid-Leyte dood gelaat.

Die meeste van die slagoffers het óf verdrink óf is deur puin getref. – AFP


2025-09-29 08:14:12

Kind, ouma sterf in Oekraïense aanval op Rusland

’n Kind (6) en ouma (76) is oornag in ’n dorp buite Moskou dood weens ’n huisbrand wat deur ’n Oekraïense hommeltuigaanval veroorsaak is.

“Lugverdedigingsmagte het vier hommeltuie in Woskresensk en Kolomna afgeskiet,” twee stede suidoos van Rusland se hoofstad, het Andrei Worobiow, streekgoewerneur, op Telegram gesê.

Rusland se ministerie van verdediging het gesê 84 Oekraïense hommeltuie is “gedurende die nag deur lugverdedigingswaarskuwingstelsels onderskep en vernietig”.

Vier is oor die Moskou-streek afgeskiet. – AFP


2025-09-29 08:41:33

12 dood in aanval in Nigerië

Minstens 12 lede van ’n plaaslike boswageenheid is dood toe gewapende mans die dorp Oke-Ode in die deelstaat Kwara in Nigerië aangeval het.

Die polisie sê die mans het Sondagoggend ’n plaaslike regeringsgebou bestorm en wild geskiet.

Vier mense is ook in die aanval gewond en ontvang behandeling in die hospitaal.

Die aanval beklemtoon die toenemende onsekerheid in die noordwestelike en sentrale dele van Nigerië, waar gewapende bendes wat plaaslik as bandiete bekend staan, massamoorde, ontvoerings en klopjagte op landelike gemeenskappe uitvoer. – Reuters


2025-09-29 08:46:44

Guinee kondig verkiesing vir Desember aan

Guinee sal op 28 Desember sy eerste presidentsverkiesing sedert ’n staatsgreep in 2021 hou.

Die aankondiging is Saterdag gedoen, een dag nadat die hooggeregshof die uitslae van ’n referendum bekragtig het wat ’n nuwe grondwet goedgekeur het wat Mamady Doumbouya, leier van die staatsgreep, kan toelaat om aan die verkiesing deel te neem.

Guinee is van internasionale finansiële belang as die tuiste van die wêreld se grootste reserwes van aluminiumerts. – Reuters


2025-09-29 09:06:27

Rusland waarskynlik agter hommeltuie oor Skandinawiese lughawens

Ulf Kristersson, premier van Swede, sê Rusland is waarskynlik agter die geheimsinnige hommeltuigvlugte oor verskeie Skandinawiese lughawens.

Hommeltuigwaarnemings oor Noorweë en Denemarke heen, in die besonder sedert 22 September, het die sluiting van verskeie lughawens genoodsaak.

Kristersson sê “die waarskynlikheid dat dit gaan oor Rusland wat ’n boodskap wil stuur aan lande wat Oekraïne ondersteun, is redelik hoog”, maar het beklemtoon dat “niemand regtig, regtig weet nie”.

Hy sê daar is bevestig dat hommeltuie wat vroeër in September die Poolse lugruim binnegekom het, aan Rusland behoort. – AFP


2025-09-29 09:12:04

EU stel weer sanksies in teen Iran oor kernwapenprogram

Die Europese Unie (EU) het weer sanksies teen Iran ingestel ná ’n soortgelyke stap teen Iran deur die Verenigde Nasies.

Dit is in reaksie op Iran se voortgesette nienakoming van ’n ooreenkoms oor kernwapens.

“Die deur vir diplomatieke onderhandelinge bly oop,” het die EU-presidensie in ’n verklaring gesê.

Die EU sê die sanksies sluit onder meer die bevriesing van die bates van die Irannese sentrale bank en ander banke in, sowel as 'n reisverbod op sekere Irannese amptenare. – Reuters


2025-09-29 09:24:53

Shinawatra vra koninklike kwytskelding

Thaksin Shinawatra (76), voormalige premier van Thailand, het ’n petisie vir koninklike kwytskelding ingedien.

Hy is aanvanklik tot agt jaar tronkstraf gevonnis vir belangebotsings en magsmisbruik terwyl hy vanaf 2001 tot 2006 premier was.

Sy vonnis is later deur die koning tot een jaar verminder.

Shinawatra is vroeër vandeesmaand een jaar tronkstraf opgelê nadat die hooggeregshof beslis het dat hy nie sy aanvanklike tronkstraf uitgedien het nie omdat hy ses maande in ’n BBP-vleuel van ’n hospitaal deurgebring het.

Hy moes sy vonnis uitdien nadat hy in Augustus 2023 ná ballingskap na die land teruggekeer het. – Reuters


2025-09-29 10:17:04

Kirk se vermeende moordenaar na verwagting vandag in hof

Die man wat beskuldig word van die moord op die bekende aktivis Charlie Kirk verskyn na verwagting Maandag in die hof om die aanstelling van sy regspan te formaliseer.

Tyler Robinson word daarvan aangekla dat hy die enkele geweerskoot afgevuur het wat Kirk se lewe op 10 September geëis het. Kirk was besig om ’n skare op ’n universiteitskampus in Orem, Utah, toe te spreek.

Aanklaers het gesê hulle sal die doodstraf eis as hy skuldig bevind word. – Reuters


2025-09-29 10:22:40

Hongarye verhoed toegang tot Oekraïense nuuswebwerwe

Hongarye het toegang tot 12 Oekraïense nuuswebwerwe verhoed in reaksie op ’n soortgelyke stap deur Oekraïne, het premier Viktor Orban se stafhoof Maandag gesê.

Voorheen het Oekraïne verskeie nuuswebwerwe verbied, insluitend twee van Hongarye vroeër vandeesmaand vir die beweerde verspreiding van Russiese propaganda, het die Hongaarse pro-regeringsnuuswebwerf mandiner.hu vroeër vandeesmaand berig. – AFP


2025-09-29 10:44:16

Byna 400 migrante gered wat Engelse Kanaal wou oorsteek

Veiligheidsmagte in Frankryk het oor die afgelope naweek byna 400 migrante gered wat probeer het om die Engelse Kanaal na Engeland oor te steek.

Hierdie pogings gaan voort ondanks intense pogings deur Franse en Britse owerhede om dit stop te sit.

Die aantal sterftes tydens hierdie pogings staan op minstens 27 tot dusver vanjaar. – AFP


2025-09-29 11:13:39

Hommeltuie: Franse, Duitsers, Swede wil Dene beveilig

Frankryk, Duitsland en Swede sê hulle sal troepe en stelsels teen hommeltuie na Denemarke stuur om die veiligheid by hierdie week se Europese Beraad in Kopenhagen te versterk.

Dit volg ná hommeltuig-invalle wat Denemarke gedwing het om verskeie lughawens te sluit. Denemarke sal Woensdag leiers van die Europese Unie (EU) verwelkom, gevolg deur 'n beraad Donderdag van die breër Europese Politieke Gemeenskap met 47 lede.

Hommeltuie het verlede week lugverkeer by ses Deense lughawens ontwrig, insluitend by Kopenhagen, die Nordiese streek se besigste lughawe, in wat Mette Frederiksen, die premier, as 'n hibriede aanval op haar land bestempel het. 

Rusland ontken dit dat hy betrokke is by die instuur van hommeltuie in ander lande se lugruim. – Reuters


2025-09-29 11:34:46

Oproer breek in Madagaskar uit

Veiligheidsmagte moes Maandag traangas gebruik om oproeriges uiteen te jaag wat saamgedrom het in die hoofstad, Antananarivo, en ander stede in Madagaskar om teen die regering te betoog.

Betogers eis pres. Andry Rajoelina en sy regering se bedanking weens ontevredenheid oor voortdurende water- en kragonderbrekings.

Rajoelina het die eerste keer aan bewind gekom ná 'n groot opstand in 2009. Hy is in 2018 herkies en het ook in 2023 by die stembus gewen – 'n uitslag wat betwis word. – AFP


2025-09-29 11:39:53

Laat ons hande klap...

Britain's Labour Party's annual conference in Liverpool British Prime Minister Keir Starmer claps as Chancellor of the Exchequer Rachel Reeves delivers her keynote speech at Britain's Labour Party's annual conference in Liverpool, Britain, September 29, 2025. REUTERS/Hannah McKay (Hannah McKay/REUTERS)

Keir Starmer, Britse premier, klap hande terwyl sy minister van finansies, Rachel Reeves, haar hooftoespraak lewer op die Britse Arbeidersparty se jaarlikse konferensie in Liverpool. Foto: Reuters


2025-09-29 11:48:31

Brittanje beplan strenger reëls vir migrante

Shabana Mahmood, Brittanje se minister van binnelandse sake, het Maandag streng nuwe reëls voorgestel vir migrante wat hulle in Brittanje wil vestig.

Migrante wat vir 'n onbepaalde tyd wil bly, sal 'n werk moet hê, nie voordele van die staat kan eis nie, en sal gemeenskapswerk moet doen, volgens planne wat deur die regerende Arbeidersparty ontwerp is om steun onder kiesers te wen.

Tans kwalifiseer migrante met families in Brittanje en wat al vyf jaar daar woon vir "onbepaalde verlof om te bly" – permanente verblyf – net soos diegene wat vir 10 jaar wettig in Brittanje gewoon het op enige soort visum.

Kwalifiserende aansoekers wat aan hierdie kriteria voldoen, verdien ook die reg om in Brittanje te woon, te werk, te studeer en aansoek te doen vir Britse burgerskap. – AFP


2025-09-29 12:06:02

Britse minister waarsku oor besteding

Rachel Reeves, Britse minister van finansies, het Maandag mede-regeringsamptenare gewaarsku dat markvertroue onmiddellik verlore sal gaan as staatsbesteding handuit ruk.

Sy het op die jaarlikse kongres van die Arbeidersparty in Liverpool beklemtoon dat sy nié sal toegee aan druk om meer te bestee nie, terwyl sy voorberei op 'n begroting in November waarin belastingverhogings en streng bestedingsperke waarskynlik is.

"Wanneer besteding buite beheer raak en markvertroue verlore gaan, word dit onmiddellik gevoel in stygende lewenskoste en rentekoerse," sê sy. 

Reeves het verdere uitdagings voorspel weens wêreldwye ekonomiese terugslae en die land se behoefte aan investering. – Reuters


2025-09-29 12:12:41

Air France, Airbus weer onder loep ná 2009-vlugramp

'n Appèlsaak teen Air France en Airbus het Maandag in Parys begin ná 'n 2009-vlugramp waarin 228 mense omgekom het. Dié vliegongeluk bly die grootste tragedie in Air France se geskiedenis.

Vlug AF447 was in Junie 2009 van Rio de Janeiro na Parys onderweg toe dit in die Atlantiese Oseaan neergestort het. Al 228 insittendes is dood, insluitend 72 Franse burgers en 58 Brasiliane.

’n Hof het die twee ondernemings in 'n vorige hofsaak vrygespreek van strafregtelike skuld. Aanklaers hoop nou die volle appèlproses sal opnuut geregtigheid bring.

Indien Air France en Airbus skuldig bevind word, sal hulle boetes moet betaal en groter reputasieskade ly. Die saak duur tot 27 November. – AFP


2025-09-29 12:32:58

Klimaatsverandering: 'Europa moet vinniger optree'

Europa lei wel wêreldwyd in die stryd teen klimaatsverandering, maar moet dringend weerbaarder word teen die impak daarvan, waarsku die Europese Omgewingsagentskap (EEA).

Die jongste verslag toon dat ondanks ’n 37%-daling in kweekhuisgasvrystellings sedert 1990 die vasteland se omgewingsgesondheid steeds kommerwekkend is: Agteruitgang van die natuur, watertekorte en 'n verlies aan biodiversiteit hou ernstige risiko’s in.

Sowat 81% van beskermde habitat is in 'n swak toestand, terwyl 62% van waterbronne nie in 'n goeie ekologiese toestand is nie. 240 000 sterftes is tussen 1980 en 2023 as gevolg van uiterste klimaatgebeure aangeteken.

Die EEA het Europese lande versoek om vinniger met bestaande volhoubaarheidsbeleid op te tree. “Die koste van niks doen nie sal geweldig wees,” lui die verslag. – AFP


2025-09-29 12:47:46

Waterskaarste...

Water crisis forces families into long queues and threatens children's education in Kabul A girl carries empty barrels to fetch water, amid serious water crisis in Kabul, Afghanistan, August 28, 2025. REUTERS/Sayed Hassib (SAYED HASSIB/REUTERS)

'n Jong vrou dra leë houers  om water te gaan haal te midde van 'n ernstige waterkrisis in Kaboel in Afganistan. Foto: Reuters


2025-09-29 13:15:14

Dolly Parton stel string konserte uit

Die Amerikaanse countrymusiek-legende Dolly Parton (79) het aangekondig dat haar gewilde Las Vegas-vertonings, wat vir Desember geskeduleer was, tot September 2026 uitgestel word weens gesondheidsuitdagings.

Parton het op sosiale media laat weet haar dokters beveel verskeie prosedures aan, maar sy het nie besonderhede bekend gemaak nie.

“Dit lyk of ek my 100 000-myl-onderhoud moet kry!” spot sy, “maar dis nie net ’n kuier by die plastiese chirurg nie!”

Parton sê sy het nie genoeg tyd om voor te berei of om die konserte volgens haar standaarde aan te bied nie.

Sy het haar aanhangers verseker dat sy sal aanhou om te werk. Parton is bekend vir treffers soos “Jolene” en “9 to 5”. – AFP


2025-09-29 13:22:00

Brittanje stel sanksies in oor Iran se kernprogram

Die Britse regering het Maandag streng sanksies ingestel teen 71 individue en entiteite wat met Iran verbind word. Dit is deel van Brittanje se poging om Iran se beweerde kernwapenontwikkeling hok te slaan.

Die stap volg op soortgelyke maatreëls deur die Verenigde Nasies (VN) en die Europese Unie (EU), nadat Brittanje, Frankryk en Duitsland klagtes teen Iran by die VN se Veiligheidsraad ingedien het.

Die lande beweer Iran oortree ’n 2015-ooreenkoms wat ontwerp is om die ontwikkeling van kernwapens te verhinder – ’n aanklag wat Iran ontken.

Diegene onder Britse sanksies word nou deur die bevriesing van bates, finansiële beperkinge en ’n reisverbod in die gesig gestaar. – Reuters


2025-09-29 13:34:06

Deelstaat daag Trump uit oor troepe

Die Pentagon het Maandag aangekondig dat 200 troepe van die Nasionale Garde na Portland in Oregon ontplooi sal word, ten spyte van ’n regsgeding deur dié Amerikaanse deelstaat om die stap te keer.

Volgens die Trump-administrasie sal die troepe onmiddellik vir 60 dae van ontplooiing opgeroep word om Amerikaanse immigrasie- en regeringspersoneel te beskerm wat federale funksies verrig.

Die ontplooiing volg op soortgelyke optredes deur pres. Donald Trump in Demokraties-geleide stede soos Los Angeles en Washington, waar hy troepe ontplooi het om misdaad en protesoptogte teen sy omstrede uitsettingsbeleid te bekamp.

Die deelstaat het egter Sondag ’n hofaansoek gebring om die ontplooiing te stop, en beweer dat Trump poog om die gebruik van die weermag vir gewone wetstoepassing te normaliseer, veral in stede wat deur sy politieke teenstanders beheer word. – AFP

Armed members of the National Guard are seen outside the Edward Roybal Federal Building, with graffiti visible after recent protests against immigration raids, in Los Angeles on June 23, 2025. (Photo by Frederic J. BROWN / AFP) (Photo by FREDERIC J. BROWN/AFP via Getty Images) (FREDERIC J. BROWN/AFP via Getty Images)

Troepe van die Nasionale Garde gaan in Portland, Oregan ontplooi word. Foto: Getty Images


2025-09-29 14:00:42

Brand woed steeds in Etosha

This handout photograph taken on September 28, 2025 and released on September 29, 2025 by Namstrong shows a fire in the Etosha National Park in Namibia. Namibia deployed 500 soldiers on September 28, 2025 to help to fight a fire that has burned through a third of the vast Etosha National Park, one of Africa's largest game reserves, officials said. The park in the north of the largely desert nation is home to 114 species of mammals, notably the critically endangered black rhinoceros, and is a major tourist attraction. The fire started on September 22 and spread rapidly because of strong winds and dry vegetation, causing extensive ecological damage, the environment ministry and presidency said. (Photo by Namstrong / AFP) / RESTRICTED TO EDITORIAL USE - MANDATORY CREDIT "AFP PHOTO / NAMSTRONG / HANDOUT / " - NO MARKETING NO ADVERTISING CAMPAIGNS - DISTRIBUTED AS A SERVICE TO CLIENTS (-/AFP)

Namibië het Sondag 500 soldate ontplooi om te help om ’n brand te bestry wat reeds meer as ’n derde van die Etosha Nasionale Park in die noorde van Namibië afgebrand het. Die brand het ’n week gelede in die suidwestelike deel van die park begin as gevolg van vermoedelike houtskoolproduksie op aangrensende plase. Dié foto is Sondag geneem en is Maandag uitgereik. Foto: Namstrong/AFP


2025-09-29 14:18:04

Trump dreig weer met tariewe op buitelandse flieks

Pres. Donald Trump het Maandag sy dreigement herhaal om groot tariewe op rolprente op te lê wat buite Amerika vervaardig word, en beweer dat sy land se rolprentbedryf deur ander lande “gesteel” is.

Hy het in ’n plasing op Truth Social beweer dat ander lande besigheid van Amerika weggeneem het, en gesê: “Om hierdie ou, nimmereindigende probleem op te los, sal ek ’n 100%-tarief oplê op enige en alle rolprente wat buite Amerika vervaardig word.”

Hy het geen verdere besonderhede oor sy planne of ’n tydlyn vir wanneer hierdie tariewe ingestel kan word, verskaf nie. – AFP


2025-09-29 14:36:30

Tifoon eis tientalle lewens in Viëtnam en Filippyne

Die tifoon Boealoi het tot die dood van tientalle mense in Viëtnam en die Filippyne gelei, het amptenare van die onderskeie lande Maandag gesê.

Die tifoon het verlede week die Filippyne getref en bome en kragpale in die slag laat bly, vloede veroorsaak en 400 000 mense gedwing om te ontruim.

’n Amptenaar van die Filippynse burgerlike beskermingsdiens het Maandag gesê die dodetal daar staan op 27, met die meeste slagoffers wat óf verdrink het óf deur puin getref is.

Minstens 13 mense is in Viëtnam dood, terwyl daar nog na 20 mense gesoek word, het die rampbestuursowerhede daar gesê.

Meer as 44 200 huise is in Viëtnam beskadig, en minstens 800 huise en byna 6 000 hektaar se gewasse is oorstroom. – AFP


2025-09-29 15:09:04

Kinders, moenie in die water mors nie

A boy plays with water as he bathes in the river Ganges in Kolkata A boy plays with water as he bathes in the river Ganges in Kolkata, India, September 29, 2025. REUTERS/Sahiba Chawdhary TPX IMAGES OF THE DAY (Sahiba Chawdhary/REUTERS)

’n Seun speel Maandag in die Gangesrivier in Kolkata, Indië. Foto: Reuters


2025-09-29 15:12:58

Tifoon se skade

Typhoon Bualoi makes landfall in Vietnam A worker removes a fallen tree from a local shop after Typhoon Bualoi makes landfall in Nghe An province, Vietnam, September 29, 2025. REUTERS/Thinh Nguyen (Thinh Nguyen/REUTERS)

'n Werker verwyder 'n boom wat op 'n winkel geval het nadat tifoon Bualoi die Nghe An-provinsie van Viëtnam getref het.


2025-09-29 15:13:48

Poetin beveel grootste herfs-konskripsie sedert 2016

Pres. Wladimir Poetin het Maandag 135 000 mans opgeroep vir roetine- militêre diens in die land se grootste herfs-konskripsie sedert 2016.

Rusland roep elke lente en herfs mans tussen die ouderdom van 18 en 30 jaar op vir diensplig.

Dienspligtiges moet ’n jaar by ’n militêre basis in Rusland diens doen, nie noodwendig om in Oekraïne te veg nie.

Dié jaarlikse konskripsie is nie mobilisasie nie, waartydens Russiese mans opgeroep word om in oorlogstyd te veg.

Maar dienspligtiges wat militêre opleiding voltooi het se kanse in groter om in die toekoms opgeroep te word om te veg. – Reuters


2025-09-29 15:39:55

Trump “baie seker” oor Gasa-ooreenkoms voor Netanyahu-vergadering

Pres. Donald Trump van Amerika het Maandag voor samesprekings met premier Benjamin Netanyahu van Israel oor ’n Amerikaans geleide vredesplan by die Withuis gesê hy is “baie seker” oor ’n Gasa-ooreenkoms.

“Ek is, ek is baie seker,” het Trump aan verslaggewers gesê toe hy gevra is of hy oortuig is dat daar vrede in die Gasastrook sal wees.

Hy het herhaal “Baie seker” toe hy gevra is of alle partye ingestem het tot sy 21-puntplan. – AFP

Donald Trump meets Israeli PM Benjamin Netanyahu US President Donald Trump greets Israeli Prime Minister Benjamin Netanyahu as he arrives at the West Wing of the White House in Washington, DC on September 29, 2025. US President Donald Trump will push Israeli Prime Minister Benjamin Netanyahu to agree to an elusive Gaza peace plan on Monday in high-stakes talks at the White House. (Photo by SAUL LOEB / AFP) (SAUL LOEB/AFP)

Pres. Donald Trump (links) verwelkom Benjamin Netanyahu, premier van Israel, by die Withuis voor samesprekings oor ’n Amerikaans geleide vredesplan. Foto: AFP


2025-09-29 16:04:08

Pasop vir Pinocchio …

A drone view shows an installation depicting Netanyahu and Trump A drone view shows an installation depicting Israeli Prime Minister Benjamin Netanyahu with a long nose and U.S. President Donald Trump, including the words "don't be fooled again", on a beach in Tel Aviv, Israel, September 29, 2025. REUTERS/Aviv Atlas TPX IMAGES OF THE DAY (Aviv Atlas/REUTERS)

’n Lugfoto wat Maandag geneem is van uitbeeldings op ’n strand in Tel Aviv, Israel, van Benjamin Netanyahu, Israel se premier, met ’n lang neus, pres. Donald Trump, en die woorde “Don’t be fooled again”. Die twee leiers voer Maandag samesprekings by die Withuis oor ’n Amerikaans geleide vredesplan vir die Gasastrook. Foto: Reuters


2025-09-29 16:09:32

Brand in Etosha is onder beheer, sê minister

’n Reusebrand wat meer as ’n derde van die Etosha Nasionale Park in Namibië verskroei het, is grootliks onder beheer, het die land se omgewingsminister Maandag gesê.

“Die brand is nou onder beheer,” het Indileni Daniel, minister van omgewingsake, aan die Namibiese staatsuitsaaier gesê.

Sy het bygevoeg dat daar nog wel sporadiese opvlammings voorkom.

Die omvang van skade en die totale aantal dierevrektes was nie onmiddellik duidelik nie. – AFP

This handout photograph taken on September 28, 2025 and released on September 29, 2025 by Namstrong shows an aerial view smoke billowing from the landscape in the Etosha National Park in Namibia. Namibia deployed 500 soldiers on September 28, 2025 to help to fight a fire that has burned through a third of the vast Etosha National Park, one of Africa's largest game reserves, officials said. The park in the north of the largely desert nation is home to 114 species of mammals, notably the critically endangered black rhinoceros, and is a major tourist attraction. The fire started on September 22 and spread rapidly because of strong winds and dry vegetation, causing extensive ecological damage, the environment ministry and presidency said. (Photo by Frank Stein / Namstrong / AFP) / RESTRICTED TO EDITORIAL USE - MANDATORY CREDIT "AFP PHOTO / FRANK STEIN / NAMSTRONG / HANDOUT / " - NO MARKETING NO ADVERTISING CAMPAIGNS - DISTRIBUTED AS A SERVICE TO CLIENTS (FRANK STEIN/AFP)

Dié foto van die brand in die Etosha Nasionale Park is Sondag geneem en Maandag uitgereik. Foto: Namstrong/AFP


2025-09-29 16:28:46

Rusland onttrek aan Europese konvensie oor marteling

Pres. Wladimir Poetin het Maandag ’n wet onderteken wat Rusland aan ’n Europese konvensie oor marteling onttrek.

Dit is Rusland se jongste verwerping van Westerse instellings en regtebeskerming te midde van sy offensief in Oekraïne.

Die Europese Konvensie vir die Voorkoming van Marteling is ’n ooreenkoms wat ten doel het om die regte van mense wat hul vryheid ontneem is, soos gevangenes, te versterk. – AFP


2025-09-29 16:38:07

Varkkoppe by Franse moskees: Serwië trek 11 vas

Die Serwiese polisie het 11 mense in hegtenis geneem wat daarvan beskuldig word dat hulle “haat aangewakker” het in Frankryk en Duitsland, onder meer deur varkkoppe naby moskees te plaas en ’n museum oor die Joodse volksmoord met verf te bestook, het owerhede Maandag gesê.

Die groep Serwiese burgers is na bewering opgelei deur ’n ander verdagte, “wat onder die instruksies van ’n buitelandse intelligensiediens opgetree het”, en wat “tans ’n voortvlugtige is”, het die ministerie van binnelandse sake in ’n verklaring gesê, sonder om sy nasionaliteit te spesifiseer. – AFP


2025-09-29 17:13:34

Sluipmoord op Charlie Kirk: Beskuldigde verskyn virtueel in hof

Tyler Robinson (22) het Maandag vlugtig via ’n virtuele videoverbinding in die hof verskyn op aanklag van die moord op die konserwatiewe aktivis Charlie Kirk.

Kirk, bondgenoot van pres. Donald Trump, is op 10 September doodgeskiet terwyl hy ’n universiteitskampus in Orem in die Amerikaanse deelstaat Utah besoek het. Robinson is ná ’n soektog van 33 uur in hegtenis geneem. Hy bly sonder borgtog in aanhouding.

Aanklaers wil die doodstraf eis indien hy skuldig bevind word. Die verdediging het tyd gevra om die omvangryke bewyse te bestudeer.

Die saak is tot 30 Oktober uitgestel wanneer Robinson waarskynlik persoonlik in die hof teenwoordig sal wees. – Reuters


2025-09-29 17:20:37

Minstens 22 sterf tydens onluste in Madagaskar

Minstens 22 mense is binne minder as ’n week dood tydens gewelddadige onluste in Madagaskar, het die Verenigde Nasies (VN) Maandag bevestig.

Duisende betogers het die strate ingevaar en die polisie moes traangas gebruik om die groeiende onrus te onderdruk.

Die jongste betogings, wat veral deur “Gen Z” op sosiale media aangeblaas is, het ontstaan uit woede oor aanhoudende water- en kragonderbrekings. Die VN het die hardhandige wyse veroordeel waarop die betogers gehanteer word.

Volgens Volker Türk, VN- hoë kommissaris vir menseregte, is meer as 100 mense in die jongste onluste beseer. – AFP


2025-09-29 17:30:42

Weg met Netanyahu!

WASHINGTON, DC - SEPTEMBER 29: Anti-Zionist Orthodox Jews protest against Israeli Prime Minister Benjamin Netanyahu at the large anti-scale fencing in Lafayette Park on September 29, 2025 in Washington, DC. In what will be their fourth meeting in Washington, President Donald Trump and Netanyahu are expected to discuss the latest U.S. backed plans to end the war in Gaza and free the remaining hostages held by Hamas. (Photo by Tasos Katopodis/Getty Images) (Tasos Katopodis/Getty Images)

Anti-Sionistiese Ortodokse Jode betoog teen die besoek van Benjamin Netanyahu, premier van Israel, aan die Withuis in Washington. Foto: Getty Images


2025-09-29 17:34:31

Netanyahu sê jammer aan Katar oor aanvalle

Benjamin Netanyahu, premier van Israel, het Maandag in ’n oproep vanaf die Withuis Katar amptelik om verskoning gevra ná aanvalle op Hamas-teikens in die Golfstaat vroeër vanjaar.

’n Bron het bevestig dat Netanyahu sy spyt uitgespreek het oor die oortreding van Katar se soewereiniteit en die dood van ’n Katariese veiligheidswag tydens die aanvalle in September.

Die voorval het plaasgevind te midde van voortgesette spanning tussen Israel en Hamas, met Katar wat dikwels as bemiddelaar in die konflik optree.

Israel se optrede het wyd veroordeling uitgelok, aangesien Katar nie net as ’n gasheer vir besprekings oor vrede dien nie, maar ook diplomatieke betrekkinge met Israel en Palestynse groepe handhaaf. – AFP


2025-09-29 18:02:21

Madagaskar se regering ontbind nadat 22 sterf tydens betogings

Pres. Andry Rajoelina van Madagaskar het Maandag sy regering ontbind nadat 22 mense dood en meer as 100 beseer is tydens betogings oor water- en kragonderbrekings.

Die betogings, geïnspireer deur die "Gen Z"-betogings in Kenia en Nepal, is die grootste wat dié Indiese Oseaan-eiland in jare gesien het en die ernstigste uitdaging wat Rajoelina in die gesig gestaar het sedert sy herverkiesing in 2023.

“Ons erken en vra om verskoning as lede van die regering nie die take uitgevoer het wat aan hulle opgedra is nie,” sê Rajoelina in ’n TV-toespraak. – Reuters


2025-09-29 18:03:37

Trump hef streng beperkings op uitvoer van dié wapens op

Pres. Donald Trump se administrasie het Maandag alle beperkings opgehef wat oudpres. Joe Biden op die uitvoer van selfverdedigingswapens ingestel het.

Dit het die verkoop van vuurwapens aan 36 hoërisiko-lande, waar wapens maklik in die hande van misdadigers en terroriste beland, weer moontlik gemaak.

Die departement van handel het aangekondig dat dié stap die uitvoerreëls tot dié van Trump se vorige termyn herstel en aan Amerikaanse vervaardigers nuwe geleenthede van honderdmiljoene dollars sal bied. Dit sluit gunstelingvervaardigers soos Sturm, Ruger & Co en Smith & Wesson Brands in. – Reuters

Close-up of a black metal 9mm automatic pistol with bullets all placed on a concrete table (SimpleImages/Getty Images)

Vervaardigers van vuurwapens in Amerika juig nadat pres. Donald Trump Maandag alle beperkings op die uitvoer van selfverdedigingswapens opgehef het. Foto: Getty Images


2025-09-29 18:24:17

Withuis maak vredesplan vir Gasa bekend

Die inwoners van Gasa sal nie met geweld verplaas word nie en pres. Donald Trump sal aan die hoof staan van ’n oorgangsliggaam ingevolge ’n vredesplan wat Maandag by die Withuis bekend gemaak is op ’n vergadering tussen Trump en Benjamin Netanyahu, premier van Israel.

Die plan, wat Trump aan Arabiese leiers gestuur het, is uitgereik terwyl Trump met Netanyahu vergader het. Daar was geen onmiddellike teken dat Netanyahu daartoe ingestem het nie. – AFP


2025-09-29 18:28:23

Vredesplan vir Gasa stel voor hoe oorlog beëindig word, terugkeer van gyselaars

’n Withuis-vredesplan vir Gasa wat Maandag bekend gemaak is, stel ’n einde aan die konflik tussen Israel en Hamas voor en die terugkeer van alle gyselaars, lewend en dood, binne 72 uur nadat Israel die ooreenkoms in die openbaar aanvaar het.

As albei kante tot die voorstel instem, "sal die oorlog onmiddellik eindig", lui die plan. Israeliese magte sal na ooreengekome gebiede onttrek om voor te berei vir die vrylating van gyselaars.

Sodra alle gyselaars vrygelaat is, sal Israel 250 Palestyne vrylaat wat lewenslange vonnisse uitdien en 1 700 inwoners van Gasa wat ná die begin van die oorlog op 7 Oktober 2023 aangehou is, lui die plan. – Reuters


2025-09-29 18:32:59

Vredesplan vir Gasa

Donald Trump meets Israeli PM Benjamin Netanyahu US President Donald Trump and Israeli Prime Minister Benjamin Netanyahu (L) participate in a press conference in the State Dining Room of the White House in Washington, DC on September 29, 2025. Gaza residents would not be forcibly displaced and President Donald Trump would head a transitional body under a peace plan released publicly Monday by the White House. (Photo by Jim WATSON / AFP) (JIM WATSON/AFP)

Pres. Donald Trump en Benjamin Netanyahu, premier van Israel, hou ’n mediakonferensie oor ’n vredesplan vir die oorlog in Gasa. Foto: AFP


2025-09-29 18:49:21

Trump belowe volle steun aan Israel indien Hamas vredesplan verwerp

Pres. Donald Trump het Maandag belowe dat Israel sy “volle steun” sal hê om Hamas heeltemal te vernietig indien die gewapende Palestynse groep ’n 20-punt-vredesvoorstel sou verwerp.

“Israel sal my volle ondersteuning hê om die werk klaar te maak en die bedreiging van Hamas uit te wis, maar ek hoop regtig ons gaan ’n vredesooreenkoms hê.

"As Hamas die ooreenkoms sou verwerp – wat beslis moontlik is – is hulle die enigste wat oorgebly het. Al die ander betrokke partye het reeds ingestem, maar ek het ’n gevoel ons gaan ’n positiewe antwoord kry,” sê Trump. – AFP


2025-09-29 18:54:30

Vredesplan: Trump bedank Netanyahu

Pres. Donald Trump het Maandag Benjamin Netanyahu, premier van Israel, bedank dat hy ingestem het tot ’n vredesplan wat die oorlog in Gasa sal beëindig.

“Ek wil ook premier Netanyahu bedank dat hy tot die plan ingestem het en vertrou het dat as ons saamwerk, ons ’n einde kan bring aan die dood en vernietiging wat ons al soveel jare gesien het,” het Trump op  ’n mediakonferensie met Netanyahu gesê. – AFP


2025-09-29 19:01:07

Gasa-vredesplan: Israel sal in 'fases' onttrek

Pres. Donald Trump het Maandag gesê Amerika se vredesplan vir die Gasastrook sal die opstel van ’n tydlyn insluit vir Israel se magte om hulle in fases aan dié Palestynse gebied te onttrek.

"Deur saam te werk met die nuwe oorgangsowerheid in Gasa sal alle partye ooreenkom oor ’n tydlyn vir Israel se magte om in fases te onttrek," het Trump aan verslaggewers by die Withuis gesê, met verwysing na ’n nuwe liggaam wat in die Gasastrook sal regeer.

"Ek hoop dat ons ’n ooreenkoms vir vrede gaan hê, en as Hamas die ooreenkoms verwerp, wat altyd moontlik is, sal hulle die enigste een wees wat dit nie aanvaar nie – almal anders het dit aanvaar. Maar ek het ’n gevoel dat ons 'n positiewe antwoord gaan kry." – AFP

Donald Trump meets Israeli PM Benjamin Netanyahu US President Donald Trump and Israeli Prime Minister Benjamin Netanyahu (L) arrive for a press conference in the State Dining Room of the White House in Washington, DC on September 29, 2025. Gaza residents would not be forcibly displaced and President Donald Trump would head a transitional body under a peace plan released publicly Monday by the White House. (Photo by ANDREW CABALLERO-REYNOLDS / AFP) (ANDREW CABALLERO-REYNOLDS/AFP)

Pres. Donald Trump en Benjamin Netanyahu, premier van Israel, Maandag kort voor die aanvang van ’n nuuskonferensie oor ’n voorgestelde vredesplan vir die Gasastrook. Foto: AFP


2025-09-29 19:12:10

Netanyahu sê hy ondersteun Trump se Gasa-plan

Benjamin Netanyahu, premier van Israel, het Maandag gesê hy ondersteun pres. Donald Trump se 20-punt-plan om die oorlog in die Gasastrook te beëindig.

"… Dit sal al ons gyselaars na Israel terugbring, Hamas se militêre vermoëns ontmantel, sy politieke bewind beëindig en verseker dat Gasa nooit weer ’n bedreiging vir Israel inhou nie," het Netanyahu gesê op ’n gesamentlike perskonferensie met Trump by die Withuis.

Netanyahu het ook gewaarsku Israel “sal die werk klaarmaak” as Hamas nie die plan aanvaar nie. Hy het verder gesê Israel sal ná die oorlog "veiligheidsverantwoordelikheid" in die Gasastrook behou. – AFP


2025-09-29 19:38:48

Venezuela verklaar noodtoestand oor Amerikaanse 'aggressie'

Pres. Nicolas Maduro van Venezuela het ’n noodtoestand verklaar weens die bedreiging van Amerikaanse "aggressie" ná ’n reeks dodelike Amerikaanse aanvalle op vermoedelik Venezolaanse dwelmbote, het visepres. Delcy Rodríguez Maandag gesê.

Rodríguez het aan buitelandse diplomate gesê dat Maduro ’n dekreet onderteken het wat hom "spesiale magte" as staatshoof gee om op te tree in sake van verdediging en veiligheid te midde van die "eksterne skok". – AFP


2025-09-29 20:10:17

Dis nou ons huis hierdie

Children sit in a tent at camp for displaced Palestinians in Khan Yunis in the southern Gaza Strip, on September 29, 2025, amid the ongoing conflict between Israel and the Palestinian militant group Hamas. US President Donald Trump said on September 29 that he was "very confident" of a Gaza deal as he welcomed Israeli Prime Minister Benjamin Netanyahu to the White House for talks on a US-led peace plan. (Photo by Omar AL-QATTAA / AFP) (OMAR AL-QATTAA/AFP)

Kinders sit Maandag in ’n tent in ’n kamp vir ontwortelde Palestyne in Chan Joenis in die suide van die Gasastrook te midde van die voortslepende konflik tussen Israel en die militante Palestynse groep Hamas. Benjamin Netanyahu, premier van Israel, het Maandag ingestem om ’n Amerikaanse vredesplan vir die Gasastrook te ondersteun wat daarop gemik is om die bykans twee jaar lange oorlog in dié Palestynse gebied te beëindig. Foto: AFP


2025-09-29 20:37:37

Tony Blair prys Trump se 'dapper' Gasa-vredesplan

Tony Blair, voormalige Britse premier, het Maandag pres. Donald Trump se plan vir die beëindiging van die oorlog in die Gasastrook – waarin hy waarskynlik ’n sleutelrol sal speel – as "dapper en intelligent" geloof.

"Pres. Trump het ’n dapper en intelligente plan voorgehou wat, indien dit aanvaar word, die oorlog kan beëindig, onmiddellike verligting vir die Gasastrook kan bring, en die kans op ’n helderder en beter toekoms vir sy mense kan bied terwyl dit Israel se absolute en blywende veiligheid en die vrylating van alle gyselaars verseker," het Blair in ’n verklaring gesê.

Volgens die plan word Blair geoormerk om deel te wees van die "Vredesraad"-oorgangsliggaam in die Gasastrook, waarvan Trump die voorsitter sal wees. – AFP


2025-09-30 03:40:59

Betogings in Marokko gekortwiek

’n Swaar sekuriteitsteenwoordigheid het Maandagaand ’n derde dag van betogings in verskeie Marokkaanse stede gekortwiek.

Die betogings is vir verbeterings aan die openbare gesondheid- en onderwysstelsel.

Tientalle mense is vroeër Maandag in hegtenis geneem.

Die betogings is aanlyn georganiseer deur ’n anonieme jeuggroep wat homself “GenZ 212” noem, met behulp van platforms soos TikTok, Instagram en die speletjie-app Discord.

Die regering en geregtelike owerhede het nog nie oor die voorvalle en inhegtenisnemings kommentaar gelewer nie. – Reuters, AFP

A member of Morocco's security forces disperces protesters during a youth-led demonstration for social justice and demanding improvements in the public health and education sectors, in front of the parliament building in Rabat, on September 28, 2025. (Photo by Abdel Majid BZIOUAT / AFP) (ABDEL MAJID BZIOUAT/AFP)

’n Lid van Marokko se veiligheidsmagte jaag betogers Sondag voor die parlementsgebou in Rabat. Foto: AFP


2025-09-30 03:48:47

Nederlandse skip in Golf van Aden aangeval

Die Nederlandse vragskip Minervagracht is aan die brand en dryf in die Golf van Aden ná ’n aanval met ’n ploftoestel.

Die skip was ongeveer 128 seemyl suidoos van die hawe van Aden, Jemen, toe die ontploffing plaasgevind het.

Reddingswerkers het die vaartuig se 19 bemanningslede, wat Russies, Oekraïens, Filippyns en Sri Lankaans is, per helikopter gered.

Een is gewond en in ’n stabiele toestand en ’n ander is ernstig beseer en word na Djiboeti vervoer. – Reuters


2025-09-30 03:52:22

Russiese magte seëvier in ‘geregverdigde stryd’ in Oekraïne, sê Poetin

Pres. Wladimir Poetin het Maandag gesê dat Russiese magte in die “geregverdigde stryd” in Oekraïne seëvier.

“Ons vegters en bevelvoerders gaan voort, en die hele land, die hele Rusland, voer hierdie geregverdigde stryd en werk hard,” het Poetin in ’n video wat op die Kremlin se webwerf gepubliseer is, gesê.

“Saam verdedig ons ons liefde vir die Moederland en die eenheid van ons historiese bestemming, ons veg en ons seëvier.” – Reuters


2025-09-30 04:06:32

Europa ‘nie in oorlog, maar leef ook nie in vrede’ met Rusland

Friedrich Merz, bondskanselier van Duitsland, het Maandag gesê dat Europa “nie in oorlog is nie, maar ook nie meer in vrede” met Rusland leef nie.

“Laat ek dit in ’n sin stel wat dalk met die eerste oogopslag ’n bietjie skokkend is... ons is nie in oorlog nie, maar ons leef ook nie meer in vrede nie,” het Merz gesê.

Rusland se oorlog is “ ’n oorlog teen ons demokrasie en ’n oorlog teen ons vryheid”. – Reuters


2025-09-30 04:24:18

1 dood, tientalle beseer toe skoolgebou ineenstort

Minstens een persoon is dood en tientalle beseer nadat ’n Islamitiese skoolgebou Maandag in Java ineengestort het.

Meer as 100 leerlinge het bymekaar gekom vir middaggebede toe die gebou skielik ineengestort het, het die staatsnuusagentskap Antara berig.

Reddingswerkers het 79 slagoffers ná die voorval by die Al Khoziny- Islamitiese kosskool in die dorp Sidoarjo, gered.

Die owerhede werk daaraan om vas te stel hoeveel slagoffers nog op die toneel is. – AFP

Rescue personnel inspect the site after a building collapsed at an Islamic boarding school in Sidoarjo, East Java province on September 29, 2025, injuring a number of students and trapping several others under the rubble. (Photo by Juni KRISWANTO / AFP) (JUNI KRISWANTO/AFP)

Reddingswerkers Maandag op die toneel in Sidoarjo, Oos-Java. Foto: AFP


2025-09-30 05:09:42

Aanklaers vra 11 jaar tronkstraf vir Sean (Diddy) Combs

Amerikaanse federale aanklaers het Dinsdag ’n regter versoek om Sean (Diddy) Combs (55) tot meer as 11 jaar tronkstraf te vonnis.

Die aanklaers het “minstens 135 maande tronkstraf” geëis en die hof gevra om Combs met $500 000 te beboet.

Combs kan tot 20 jaar agter tralies deurbring nadat ’n jurie hom op 2 Julie skuldig bevind het op twee aanklagte van die vervoer van manlike prostitute oor staatsgrense heen om dwelmgedrewe seksuele dade met sy vriendinne te pleeg terwyl hy gekyk, video’s opgeneem en gemasturbeer het.

Combs word Vrydag gevonnis. – Reuters

Sean 'Diddy' Combs due back in court for hearing over bid to overturn conviction Sean "Diddy" Combs listens as lawyer Alexandra Shapiro argues during a hearing over his bid to overturn his conviction on charges of transportation to engage in prostitution, at a courtroom in New York, U.S., September 25, 2025 in this courtroom sketch. REUTERS/Jane Rosenberg (Jane Rosenberg/REUTERS)

’n Skets van Sean (Diddy) Combs Donderdag in ’n hof in New York. Foto: Reuters


2025-09-30 05:56:01

Gesin van 4 dood in aanval op Oekraïne

’n Gesin van vier is oornag in ’n Russiese hommeltuigaanval op die Soemi-streek in Oekraïne dood.

Oleg Grigorof, hoof van die streek se militêre administrasie, sê Russiese magte het ’n residensiële gebou in die dorpie Tsjernetsjtsjina getref.

“ ’n Paartjie met twee jong kinders van vier en ses het in hierdie huis gewoon. Ongelukkig het niemand daarin geslaag om te ontsnap nie.” – AFP


2025-09-30 05:59:01

Amerika deporteer sowat 100 Iraniërs

Amerika het sowat 100 Iraniërs terug na Iran gedeporteer, het The New York Times berig, met verwysing na twee senior Irannese amptenare wat by die onderhandelinge betrokke was en ’n Amerikaanse amptenaar met kennis van die planne.

Irannese amptenare sê ’n Amerikaanse vlug het Maandag vanaf Louisiana opgestyg en sal Dinsdag via Katar in Iran aankom.

Die identiteite van die Iraniërs en die redes vir hul poging om na Amerika te immigreer, was nie onmiddellik duidelik nie. – Reuters


2025-09-30 06:21:23

Internettoegang, foondienste landwyd onderbreek in Afganistan

Afganistan se internet- en mobiele telefoondienste was Dinsdag landwyd af.

Die Taliban-administrasie het geen onmiddellike verduideliking gebied nie.

In die verlede het die Taliban sy kommer uitgespreek oor pornografie aanlyn, met owerhede wat oor die afgelope weke optiesevesel-verbindings na sommige provinsies hieroor afgesny het.

NetBlocks, ’n internasionale organisasie wat internettoegang monitor, sê die internet is in fases afgeskakel en dit is nou landwyd heeltemal onderbreek. – Reuters


2025-09-30 06:41:52

VSA stuur dalk op regeringsluiting af

Pres. Donald Trump en sy Demokratiese teenstanders het min vordering gemaak op ’n vergadering in die Withuis wat daarop gemik was om ’n regeringsluiting af te weer wat ’n wye reeks dienste reeds Woensdag kan ontwrig.

Albei kante sê dat die ander een skuldig sal wees as die kongres nie daarin slaag om regeringsfinansiering ná die sperdatum van Dinsdag om middernag te verleng nie.

“Ek dink ons is op pad na ’n sluiting,” het JD Vance, visepresident, gesê. – Reuters


2025-09-30 06:46:21

Von der Leyen verwelkom Trump se vredesplan vir Gasastrook

Ursula von der Leyen, president van die Europese Kommissie, sê sy verwelkom pres. Donald Trump se vredesvoorstel om die oorlog in die Gasastrook te beëindig.

“Ek moedig alle partye aan om nou hierdie geleentheid aan te gryp. Die EU is gereed om by te dra,” sê sy.

“Die vyandelikhede moet eindig met die verskaffing van onmiddellike humanitêre hulp aan die bevolking in die Gasastrook en met die onmiddellike vrylating van alle gyselaars.” – Reuters


2025-09-30 07:25:04

Trump spreek Dinsdag honderde senior militêre amptenare toe

Pres. Donald Trump sal Dinsdag praat by ’n seldsame byeenkoms van honderde senior Amerikaanse militêre amptenare wat oor die wêreld heen ontbied is om op ’n basis naby Washington te vergader.

Geen amptelike rede is gegee vir die hoogs ongewone vergadering by Quantico nie.

Dit kom terwyl die weermag omstredenheid tuis en in die buiteland ervaar.

Trump het troepe in twee Amerikaanse stede ontplooi en dodelike aanvalle gelas op klein bote in die Karibiese Eilande wat na bewering dwelms vervoer. – AFP


2025-09-30 07:40:07

Trump se vredesplan vir Gasa ‘diplomatieke mislukking’

Bezalel Smotrich, Israeliese minister van finansies, het ’n vredesplan wat deur pres. Donald Trump onthul is om die oorlog in die Gasastrook te beëindig, gekritiseer.

Smotrich beskryf die plan as ’n “klinkende diplomatieke mislukking, ’n toemaak van oë en die weggooi van al die lesse van 7 Oktober”, met verwysing na Hamas se aanval op Israel in 2023 wat die oorlog ontketen het.

“Na my mening sal dit ook in trane eindig. Ons kinders sal gedwing word om weer in die Gasastrook te veg.” – AFP


2025-09-30 07:53:34

Dodetal styg ná skoolgebou in Java ineenstort

Die dodetal weens die ineenstorting van ’n Islamitiese skoolgebou Maandag in Java, Indonesië, het tot drie gestyg.

Vroeër is berig meer as 100 leerlinge het bymekaar gekom vir middaggebede toe die gebou skielik ineengestort het.

Reddingswerkers het Dinsdag gejaag om ten minste 38 mense te red wat steeds vermoedelik vasgekeer is.

Die owerhede het gesê 99 mense is tot dusver gered. – AFP


2025-09-30 08:23:27

Tifoon Bualoi oorstroom steeds Viëtnam

Die langdurige tifoon Bualoi het Dinsdag dele van Viëtnam oorstroom.

Die storm het reeds die lewe van 19 mense geëis en verwoesting gesaai aan huise, infrastruktuur en landbougrond.

Bualoi het Sondag Sentraal-Viëtnam getref met wind van 130 km/h en het byna 12 uur oor die land gewoed.

Die duur is “baie skaars” in vergelyking met ander tifone, het Mai Van Khiem, hoof van die nasionale sentrum vir hidro-meteorologiese voorspelling, Dinsdag gesê. – AFP


2025-09-30 08:32:55

Hamas reageer nog nie op Trump se plan vir Gasastrook

Hamas het Dinsdag nog nie op pres. Donald Trump se vredesplan vir die Gasastrook gereageer nie.

’n Senior Hamas-amptenaar het Maandag gesê die groep het nog nie die plan ontvang nie. Maar ’n amptenaar wat oor die saak ingelig is, het later aan AFP gesê dat Katarrese en Egiptiese bemiddelaars met Hamas vergader het om hulle van die dokument te voorsien.

Die plan vereis onder meer ’n skietstilstand, die vrylating van gyselaars deur Hamas binne 72 uur en die ontwapening van Hamas. – AFP

Smoke rises from Gaza after an explosion, as seen from the Israeli side of the border Smoke rises from Gaza after an explosion, as seen from the Israeli side of the border, September 30, 2025. REUTERS/Amir Cohen TPX IMAGES OF THE DAY (Amir Cohen/REUTERS)

Rook borrel Dinsdag in die Gasastrook die lug in ná ’n ontploffing, soos gesien vanaf die Israeliese kant van die grens. Foto: Reuters


2025-09-30 08:54:34

Meer betogings in Madagaskar beplan, ondanks afdanking van kabinet

Betogers in Madagaskar het Dinsdag ’n oproep vir nuwe betogings gemaak 'n dag nadat pres. Andry Rajoelina sy hele kabinet afgedank het in ’n poging om die toenemende onrus te onderdruk wat reeds 22 mense dood gelaat het.

Die betogings, wat geïnspireer is deur die “Generasie Z”-betogings in Indonesië en Nepal, het diepgewortelde wanbestuur in die regering geteiken, wat aangevuur is deur woede oor herhaalde water- en kragonderbrekings in die land.

Rajoelina het beloof om ’n oplossing vir die land se probleme te vind. – AFP


2025-09-30 09:07:28

Voormalige assistent van AfD-lid skuldig aan spioenasie vir China

’n Voormalige assistent van Maximilian Krah, ’n wetgewer in die Europese parlement vir die verregse party Alternatief vir Duitsland (AfD), is Dinsdag tronkstraf van vier jaar en nege maande opgelê op aanklagte van spioenasie vir China.

Die hof in Dresden het bevind dat Jian Guo daaraan skuldig is dat hy as 'n agent vir 'n Chinese intelligensiediens opgetree het terwyl hy vir Krah gewerk het.

’n Medepligtige van Guo, wat slegs as Yaqi X geïdentifiseer is, is ’n opgeskorte vonnis van een jaar en nege maande opgelê. – AFP


2025-09-30 09:20:31

Staking deur oliewerkersvakbond in Nigerië kan groot gevolge hê

’n Landwye staking deur Nigerië se oliewerkersvakbond het die kantore van die land se oliereguleerder en staatsoliemaatskappy gesluit.

Die staking het begin toe die Dangote-raffinadery meer as 800 vakbondlede ontslaan het.

Die staking, wat Maandag begin het, het spanning in Afrika se grootste olieproduserende land verhoog.

Ontleders waarsku as die geskil na ander vakbonde versprei, kan dit bedrywighede in olievelde ontwrig, die vloei van olie stopsit en brandstoftekorte by vulstasies veroorsaak. – AFP


2025-09-30 09:57:34

Franse fietsryer se aanhouding in Rusland verleng

’n Hof in Rusland het die aanhouding van die verhoorafwagtende Franse fietsryer Sofiane Sehili tot 3 November verleng.

Sehili is in September in hegtenis geneem nadat hy twee keer probeer het om die grens van China onwettig oor te steek terwyl hy probeer het om die wêreldrekord vir die vinnigste oorsteek van die Eurasiese landmassa per fiets, van Lissabon na Wladiwostok, te oortref. 

Rusland se betrekkinge met Frankryk het skerp versleg sedert die begin van die oorlog teen Oekraïne. – Reuters


2025-09-30 10:04:24

'Hamas bestudeer Trump se voorstel vir Gasa'

Hamas bestudeer pres. Donald Trump se voorstel vir die beëindiging van die oorlog in die Gasastrook, het ’n bron na aan die groep gesê.

“Hamas het ’n reeks konsultasies  met sy politieke en militêre leiers begin, binne Palestina en in die buiteland,” het die bron op voorwaarde van anonimiteit gesê.

“Die besprekings kan etlike dae duur weens die kompleksiteit van die kommunikasie tussen die leiers, veral ná die Israeliese aggressie in Doha, Katar.” – AFP


2025-09-30 10:10:11

Kremlin ondersteun Trump se vredesplan vir Gasa

Die Kremlin ondersteun pres. Donald Trump se vredesplan om die oorlog in Gasa te beëindig.

“Rusland ondersteun en verwelkom altyd enige pogings deur pres. Trump wat daarop gemik is om hierdie tragedie te beëindig,” het Dmitri Peskof, Kremlin-woordvoerder, aan verslaggewers gesê.

“Natuurlik wil ons hê dat die plan geïmplementeer word, en hoop dat dit sal help om die gebeure in die Midde-Ooste tot ’n vreedsame einde te bring,” het hy bygevoeg. – AFP


2025-09-30 10:44:18

Minstens 10 dood in selfmoordbomaanval in Pakistan

Minstens 10 burgerlikes en soldate is Dinsdag in ’n selfmoordbomaanval buite die hoofkwartier van ’n paramilitêre mag in die stad Quetta in die suidweste van Pakistan dood.

Nog minstens 33 mense is beseer.

Gewapende mans het die hoofkwartier ná die bomaanval bestorm, wat tot ’n skietgeveg met die paramilitêre mag gelei het, het Sarfraz Bugti, ’n regeringsamptenaar, gesê.

Die veiligheidsmagte het vier aanvallers doodgeskiet.

Bugti het die aanval as “lafhartig” beskryf. – Reuters


2025-09-30 11:13:39

Katar lei vergadering oor Gasa-vredesplan

Katar gaan Dinsdag met Hamas-onderhandelaars en Turkye in gesprek tree oor pres. Donald Trump se vredesplan vir die Gasastrook.

Volgens Majed Al-Ansari, woordvoerder van Katar se departement van buitelandse sake, het Hamas belowe om die plan verantwoordelik te bestudeer.

Volgens Al-Ansari is nog ’n vergadering vir Dinsdag beplan waaraan die Turkse verteenwoordigers gaan deelneem.

Die vergadering fokus op moontlike uitkomste en die betrokkenheid van streekspelers in vredesonderhandelinge om die oorlog in die Gasastrook te beëindig.

Internasionale pogings om vrede in Gasa te bewerkstellig het in die verlede misluk weens diepgewortelde politieke en godsdienstige verskille oor grond, selfbeskikking en veiligheid. – AFP


2025-09-30 11:24:46

Lufthansa-vlieëniers wil staak

Lufthansa, een van Europa se grootste lugdienste, is gewikkel in ’n loondispuut nadat die vakbond wat vlieëniers verteenwoordig, die Vereinigung Cockpit, ten gunste van ’n staking gestem het.

Dit kom nadat Lufthansa onlangs planne bekend gemaak het om doeltreffender te werk en 4 000 administratiewe poste teen 2030 te besnoei.

Lufthansa het ook gedreig om meer werkgeleenthede na die goedkoper onderskikkende maatskappye Discover en City Airlines te skuif.

Hoewel die vakbond nog nie ’n datum vir ’n staking aangekondig het nie, hang die vooruitsig daarvan oor die lugdiens se kop.

Lufthansa is die afgelope paar jaar deur verskeie arbeidsgeskille geraak in sy strewe om koste te besnoei en winsgewendheid te verhoog. – Reuters


2025-09-30 11:35:36

Wat maak oom Arnie daar?

US actor Arnold Schwarzenegger attends a press conference about 'Raising Hope for Climate Justice" in The Vatican on September 30, 2025. (Photo by Filippo MONTEFORTE / AFP) (FILIPPO MONTEFORTE/AFP)

Die akteur Arnold Schwarzenegger woon Dinsdag ’n mediakonferensie by oor die Raising Hope for Climate Justice-byeenkoms by die Vatikaan. Die doel van die byeenkoms is om internasionale reaksie te bevorder op die klimaat- en ekologiese krisis, met bydraes uit verskeie sektore. Foto: AFP


2025-09-30 11:40:38

Oekraïne wil Denemarke touwys maak in verdediging teen hommeltuie

Pres. Wolodimir Zelenski het Dinsdag aangekondig dat Oekraïne ’n span spesialiste na Denemarke stuur om aan gesamentlike oefeninge teen hommeltuie deel te neem. Dit volg op ’n reeks lugruim-skendings in Europa waarvoor Rusland verantwoordelik gehou word.

“Ons groep spesialiste is na Denemarke gestuur om Oekraïne se ervaring in hommeltuigbestryding te deel,” het Zelenski op sosiale media gesê.

Die span en hul Deense bondgenote gaan aan gesamentlike oefeninge deelneem. Hommeltuie speel ’n groot rol in moderne oorlogvoering sedert die uitbreek van die oorlog tussen Rusland en Oekraïne in 2022, veral om vyandelike teikens op te spoor en lugverdediging te toets. – AFP


2025-09-30 12:08:46

Xi nie te vinde vir Taiwan se onafhanklikheid

Pres. Xi Jinping van China het Dinsdag sy landsgenote versoek om Taiwan se strewe na onafhanklikheid en eksterne inmenging ferm teen te staan.

Xi het die opmerkings gemaak tydens 'n onthaal in Beijing ter viering van die 76ste herdenking van die stigting van die Volksrepubliek China.

Xi het onderneem om die nasionale soewereiniteit en territoriale integriteit van China te beskerm. China beskou Taiwan as ’n afvallige provinsie wat uiteindelik gereintegreer moet word, met of sonder geweld.

Die meerderheid van Taiwan se bevolking beskou hulself egter as Taiwannees, nie Chinees nie, en daar is groeiende steun vir formele onafhanklikheid. – Reuters

China's president Xi hosts reception on the eve of National Day China’s President Xi Jinping toasts during the National Day reception on the eve of the 76th founding anniversary of the People's Republic of China, at the Great Hall of the People in Beijing, China September 30, 2025. REUTERS/Maxim Shemetov (Maxim Shemetov/REUTERS)

Pres. Xi Jinping van China stel 'n heildronk in op 'n onthaal in Beijing ter viering van die 76ste herdenking van die stigting van die Volksrepubliek China. Foto: Reuters


2025-09-30 12:18:32

Betogings duur voort in Madagaskar

Betogers in Madagaskar het Dinsdag weer die strate ingevaar ’n dag nadat pres. Andry Rajoelina sy regering ontbind het in ’n poging om die dae lange onrus in bedwang te bring wat volgens die Verenigde Nasies tot die dood van 22 mense gelei het.

Jong mense van Madagaskar, geïnspireer deur “Generasie Z”-protesoptogte in Indonesië en Nepal, het teen aanhoudende water- en kragonderbrekings betoog. Rajoelina het Maandag sy hele regering ontbind.

Betogings het egter Dinsdag weer voorgekom. Betogers wil hê dat Rajoelina moet bedank. Hy het in 2009 aan die bewind gekom ná ’n staatsgreep wat deur ’n opstand veroorsaak is. – AFP


2025-09-30 12:25:58

Trump roep generaals byeen vir ongewone vergadering

Pres. Donald Trump en sy minister van verdediging, Pete Hegseth, sal Dinsdag ’n buitengewone vergadering by Quantico in Virginië hou. Amerika se topgeneraals en -admiraals van oor die wêreld heen is verlede week sonder verduideliking ontbied.

Die vergadering kom ná maande van ingrypende veranderinge in die Pentagon, wat onder meer die afdanking van senior offisiere en dodelike aanvalle buite Amerika se grense insluit.

Hoewel Trump sê hy wil die leiers bloot bemoedig, is daar bespiegelings oor ingrypende aanpassings aan die weermag se prioriteite en die moontlike vermindering van senior offisiere. Die vergadering vind ook plaas te midde van omstredenheid oor die ontplooiing van troepe in Amerikaanse stede. – Reuters


2025-09-30 12:38:24

’n Wakende oog...

QUANTICO, VIRGINIA - SEPTEMBER 30: A member of the U.S. Secret Service counter-assault team prepares as world leaders gather at Marine Corps Base Quantico on September 30, 2025 in Quantico, Virginia. In an unprecedented gathering, almost 800 generals, admirals and their senior enlisted leaders have been ordered into one location from around the world on short notice. (Photo by Alex Wong/Getty Images) (Alex Wong/Getty Images)

’n Lid van die Amerikaanse geheimediens se teenaanvalspan berei voor vir ’n vergadering by die seesoldate se basis in Quantico, Virginië, waar pres. Donald Trump en Pete Hegseth, minister van verdediging, met senior generaals en admiraals vergader. Foto: Getty Images


2025-09-30 13:27:11

Gasastrook-vredesplan: Hamas kry ‘3 tot 4 dae’ – Trump

Pres. Donald Trump het Dinsdag gesê hy gee Hamas “drie tot vier dae” om te reageer op sy skietstilstandsplan vir die Gasastrook waarvolgens dié Palestynse militante groep ten volle moet ontwapen en van toekomstige rolle in die regering uitgesluit word.

“Omtrent drie tot vier dae,” het Trump aan verslaggewers gesê toe hy oor ’n spesifieke spertyd gevra is. “Ons wag net vir Hamas, en Hamas gaan óf dit doen óf nie. En as dit nie gebeur nie, gaan dit ’n baie hartseer einde wees.”

Trump het Maandag met Benjamin Netanyahu, Israeliese premier, by die Withuis vergader om sy vredesplan vir die Gasastrook te bespreek. – AFP


2025-09-30 13:35:28

Hegseth praat oor drastiese hervormings in weermag

Pete Hegseth, Amerika se minister van oorlog, het Dinsdag op ’n seldsame byeenkoms van honderde senior offisiere gesê die land se weermag moet “dekades van verval herstel”.

Hegseth het ook in sy toespraak hervormings beklemtoon. Hy het politieke inmenging en “ideologiese nonsens” soos “woke”-praktyke en klimaatskwessies gekritiseer, en gesê daar’s nou ’n einde aan aanstellings op grond van ras, geslag of “giftige leierskap”.

Grootskaalse besnoeiings onder generaals en burgerlike personeel is reeds aangekondig. Hegseth het die afdankings verdedig en benadruk dat “ ’n kultuur nie kan verander word deur dieselfde mense wat dit geskep het nie”.

Pres. Donald Trump sal later die dag ook die groep weermagoffisiere toespreek. – AFP


2025-09-30 13:43:53

Finland ‘skrik nie vir hommeltuie’ – minister

Antti Häkkänen, Finland se minister van verdediging, sê Finland sal nie terugdeins vir pogings om hom of Europa te destabiliseer deur hommeltuie en ander “hibriede” aanvalle nie.

Dit volg ná verskeie onverklaarde voorvalle van hommeltuie in die lugruim van Finland en sy buurlande Noorweë en Denemarke. Rusland het die skuld hiervoor gekry, maar ontken enige betrokkenheid.

Häkkänen sê daar is geen direkte bewyse van Russiese betrokkenheid by die voorvalle nie, maar waarsku dat Rusland toenemend ’n hibriede taktiek gebruik.

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie het intussen paraatheid in die Baltiese lande verhoog, terwyl die Europese Unie aan ’n “muur teen hommeltuie” werk om grense beter te beskerm. – AFP


2025-09-30 14:03:19

Trump sê aan militêre leiers Poetin, Zelenski moet vergader

Pres. Donald Trump het Dinsdag in ’n toespraak aan militêre personeel sy vredemakende vermoëns besing, maar gesê dat konflikte steeds in die Gasastrook en Oekraïne woed ondanks sy administrasie se bemiddeling.

In ’n toespraak aan militêre bevelvoerders in Quantico, Virginia, het Trump gesê press. Wladimir Poetin van Rusland en Wolodimir Zelenski van Oekraïne moet vergader om die oorlog in Oekraïne te besleg. – Reuters

US President Donald Trump speaks to the press before boarding Marine One as he departs from the South Lawn of the White House in Washington, DC, on September 30, 2025. Trump is headed to Quantico, Virginia, to attend a meeting with senior military officers. (Photo by Brendan SMIALOWSKI / AFP) (BRENDAN SMIALOWSKI/AFP)

Pres. Donald Trump praat Dinsdag met die media buite die Withuis voordat hy ’n vergadering met senior militêre amptenare in Quantico, Virginia, sou toespreek. Foto: AFP


2025-09-30 14:17:24

Om nie Nobelprys te wen sal ‘belediging’ vir VSA wees – Trump

Dit sal ’n “belediging” vir Amerika wees as hy nie die Nobelprys vir vrede ontvang vir sy selfverklaarde rol in die oplossing van verskeie oorloë nie, het pres. Donald Trump Dinsdag gesê.

“... Hulle sal dit gee aan iemand wat absoluut niks gedoen het nie,” het Trump op ’n vergadering met senior Amerikaanse militêre offisiere gesê. “Dit sal ’n groot belediging vir ons land wees.”

Trump het ook gesê dat Hamas deur ernstige gevolge in die gesig gestaar sal word as hulle nie ’n Gasastrook-vredesplan aanvaar nie.

“Ons het een handtekening nodig, en die hel sal neerdaal as hulle nie teken nie. Ek hoop hulle teken vir hul eie beswil en skep iets werklik wonderlik.” – AFP


2025-09-30 14:43:44

‘Oorlog van binne’ staar VSA in gesig – Trump

Amerika word deur ’n “oorlog van binne” in die gesig gestaar as gevolg van misdaad en immigrasie, het pres. Donald Trump Dinsdag in ’n toespraak aan senior Amerikaanse militêre offisiere gesê.

Hy het binnelandse bedreigings vergelyk met buitelandse vyande en gesê dat hulle moeiliker is om te identifiseer omdat hulle nie uniforms dra nie.

Trump het ook gesê dat klopjagte deur die Nasionale Garde in verskeie Amerikaanse stede deel is van militêre personeel se pligte, want “dit is ook ’n oorlog – dit is ’n oorlog van binne”. – AFP, Reuters

Senior US military officers meet at a base in Virginia Military members look on before US President Donald Trump addresses senior military officers gathered at Marine Corps Base Quantico in Quantico, Virginia, on September 30, 2025. Defense Secretary Pete Hegseth said Tuesday the US military must fix "decades of decay" as he addressed a rare gathering of hundreds of senior officers summoned from around the world to hear him speak near Washington. (Photo by Jim WATSON / AFP) (JIM WATSON/AFP)

Senior Amerikaanse militêre offisiere kort voordat pres. Donald Trump hulle Dinsdag in Quantico, Virginië, toegespreek het. Foto: AFP


2025-09-30 15:03:18

Water, water, net waar jy kyk

An aerial photo shows flood waters surrounding homes after typhoon Bualoi passed over Lam Thanh commune in Nghe An province on September 30, 2025. A severe storm that ripped roofs off homes has killed dozens of people across Vietnam and the Philippines, officials from both countries said on September 29, as weakened Bualoi crossed into neighbouring Laos. (Photo by Phan Duy / AFP) (PHAN DUY/AFP)

’n Lugfoto wat Dinsdag geneem is, wys vloedwater om huise in Viëtnam se Nghe An-provinsie ná die tifoon Bualoi. Die tifoon het die lewe van tientalle mense in Viëtnam en die Filippyne geëis. Foto: AFP


2025-09-30 15:24:22

IDF sal in grootste deel van Gasastrook agterbly – Netanyahu

Die Israeliese weermag (IDF) sal in die grootste deel van die Gasastrook aanbly, het Benjamin Netanyahu, Israel se premier, gesê nadat hy sy steun toegesê het aan ’n Amerikaanse vredesplan vir die Palestynse gebied.

“Ons sal al ons gyselaars terugkry, lewend en gesond, terwyl die weermag in die grootste deel van die Gasastrook sal agterbly,” het Netanyahu Dinsdag in ’n videoboodskap op sy Telegram-kanaal gesê.

Hy het verder gesê dat hy nie ingestem het tot ’n Palestynse staat in sy samesprekings Maandag met pres. Donald Trump nie.

“Dit staan nie in die ooreenkoms nie. Een ding is duidelik gemaak: Ons sal sterk gekant wees teen ’n Palestynse staat.” – AFP


2025-09-30 15:42:14

Aanvaller in Wesoewer geskiet ná 2 raak gery is

Die Israeliese weermag het gesê hy het ’n aanvaller in die besette Wesoewer doodgeskiet nadat die man opsetlik twee tieners by Gush Etzion, suid van Betlehem, raak gery het.

Die aanvaller wou ook glo ’n mesaanval uitvoer voordat hy doodgeskiet is. Die twee tieners is gehospitaliseer.

Volgens die weermag is “die terroris wat die aanval … uitgevoer het, uit die weg geruim”.

Kort daarna het die Palestynse gesondheidsministerie die dood van Mahdi Mohammad Awad Dirieh (32) aangekondig.

Volgens die ministerie is hy deur Israeliese magte suid van Bethlehem doodgeskiet, maar verdere besonderhede is nie verskaf nie. – AFP

Scene of a suspected attack in Gush Etzion in the Israeli-occupied West Bank Israeli police work at the scene of what Israel's ambulance service described as a ramming attack in Gush Etzion, near Bethlehem, in the Israeli-occupied West Bank, September 30, 2025. REUTERS/Ammar Awad TPX IMAGES OF THE DAY (Ammar Awad/REUTERS)

Israeliese polisie op die toneel waar ’n man Dinsdag glo opsetlik twee tieners by Gush Etzion, suid van Betlehem, raak gery het. Foto: Reuters


2025-09-30 16:03:14

Die vrolike koning

King Charles III Charitable Fund reception Britain's King Charles III attends a reception for King Charles III Charitable Fund (KCCF), at Clarence House, London, on September 30, 2025, for representatives from charities and organisations that have benefited from the fund via its partnership with Waitrose Duchy Organic. (Photo by Yui Mok / POOL / AFP) (YUI MOK/AFP)

Koning Charles van Brittanje woon Dinsdag ’n onthaal by Clarence House in Londen vir verteenwoordigers van liefdadigheidsorganisasies en organisasies by wat deur die King Charles III Charitable Fund (KCCF) gefinansier word. Foto: AFP


2025-09-30 16:15:41

VSA wil Venezuela-dwelmkartelle op land ook aanval

Sy administrasie oorweeg dit om dwelmkartelle van Venezuela "wat oor land kom" aan te val, het pres. Donald Trump Dinsdag gesê.

Dit kom nadat die Amerikaanse weermag verskeie bote aangeval het wat na bewering onwettige dwelms uit daardie land vervoer het.

"Nou sal ons na kartelle kyk," het Trump aan verslaggewers by die Withuis gesê. "Ons gaan baie ernstig kyk na kartelle wat oor land kom." – Reuters


2025-09-30 16:41:36

Gasa-plan: Israel ‘sal dán gyselaars huis toe bring, terreur beëindig’

As Hamas Amerika se Gasa-vredesplan verwerp, sal Israel “die werk klaarmaak” en al die oorblywende gyselaars huis toe bring, het Danny Danon, Israel se ambassadeur by die Verenigde Nasies (VN), Dinsdag gesê.

“As Hamas die plan verwerp, sal Israel die werk klaarmaak; dus  óf die maklike manier óf die moeilike manier. Hul (die gyselaars se) terugkeer kan nie wag nie.

“Dis nie net ’n plan om hulle terug te bring nie, maar ook om die tirannie van terreur te beëindig wat op 7 Oktober ontketen is,” het Danon by ’n VN-geleentheid gesê kort voor die komende tweejaar-herdenking van die Hamas-aanval op7 Oktober 2023. – Reuters


2025-09-30 17:16:03

Stryd om Brittanje se siel staar ons in gesig, sê Starmer

Britain's Labour Party holds annual conference in Liverpool British Prime Minister Keir Starmer delivers his keynote speech at Britain's Labour Party's annual conference in Liverpool, Britain, September 30, 2025. REUTERS/Hannah McKay TPX IMAGES OF THE DAY (Hannah McKay/REUTERS)

’n “Stryd om die siel van Brittanje” staar dié land in die gesig, het Keir Starmer, Britse premier, Dinsdag gewaarsku te midde van die groeiende gewildheid van die regse Reform-party.

Starmer het hom op die Arbeidersparty se jaarlikse konferensie in Liverpool sterk teen rassisme uitgespreek en gevra om ’n hernude, inklusiewe Brittanje.

Hy beskuldig Nigel Farage, leier van die Reform-party, daarvan dat hy verdeeldheid saai en sê: “As jy sê mense kan nie Britte wees weens hul velkleur nie, is jy ’n vyand van nasionale vernuwing.”

Starmer belowe om “vir elke Brit te veg” en Brittanje se toekoms meer regverdig en samehorig te maak. – AFP


2025-09-30 17:24:39

Oudminister van Algerië sewe jaar opgelê weens bedrog

’n Algerynse hof het Tijani Hassan Haddam, voormalige minister van arbeid, tot sewe jaar tronkstraf gevonnis weens die verduistering van byna $45 miljoen (byna R777 miljoen).

Haddam, wat tussen 2015 en 2019 die nasionale maatskaplike veiligheidsfonds gelei het en daarna arbeidsminister was, is skuldig bevind aan bedrog weens die aankoop van eiendom. Die eiendomsontwikkelaar wat die gebou verkoop het, is ook ’n vonnis van sewe jaar tronkstraf opgelê.

Twee voormalige burgemeesters in Algiers is elk vier jaar opgelê, terwyl die ouddirekteur van staatsbates en nog ’n amptenaar elk drie jaar opgelê is. Die aanklagte sluit in die misbruik van hul amp, onregverdige bevoordeling en die verkwisting van staatsgeld. – AFP


2025-09-30 17:34:33

Onlustebeheer

Madagascar protesters return to streets despite move to dissolve government A Malagasy riot police officer fires a teargas canister to disperse protesters during a demonstration against frequent power outages and water shortages, within Antaninandro neighbourhood, in Antananarivo, Madagascar, September 30, 2025. REUTERS/Zo Andrianjafy (Zo Andrianjafy/REUTERS)

’n Lid van Madagaskar se onlustepolisie skiet traanrook om oproeriges uiteen te jaag by ’n betoging teen kragonderbrekings en watertekorte in Antananarivo, Madagaskar. Foto: Reuters


2025-09-30 17:39:58

Oudpresident van DRK kry doodsvonnis weens oorlogsmisdade, verraad

Oudpres. Joseph Kabila van die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) is Dinsdag in sy afwesigheid deur ’n militêre hof in Kinshasa die doodstraf opgelê.

Hy is skuldig bevind aan oorlogsmisdade, hoogverraad en misdade teen die mensdom weens sy beweerde rol in die ondersteuning van die Rwandees ondersteunde M23-rebelle in die onstuimige ooste van die land.

Kabila, wat van 2001 tot 2019 geregeer het, het skuld ontken en die verrigtinge as polities gedrewe afgemaak. Die hof het hom ook beveel om $50 miljard (sowat R863 miljard) se skadevergoeding aan die staat en die slagoffers te betaal.

Kabila het nie die verhoor bygewoon nie en sy huidige woonplek is onbekend. Waarnemers vrees die vonnis kan verdere spanning in die DRK veroorsaak. – Reuters


2025-09-30 18:23:55

Rusland wil EU se aandag só van oorlog in Oekraïne aflei, sê Estland

Rusland se onlangse lugruimoortredings is ’n doelbewuste poging om Europa se aandag van hulp aan Oekraïne af te lei, waarsku Kristen Michal, premier van Estland.

“Pres. Wladimir Poetin wil hê ons moet oor onsself praat, nie oor Oekraïne of die hulp aan Oekraïne nie, en nie Rusland in Oekraïne teenstaan nie,” sê Michal.

Die waarskuwing kom kort voor ’n beraad met leiers van die Europese Unie (EU) waar steun aan Oekraïne weer hoog op die agenda is.

Sedert Rusland se volskaalse inval in Oekraïne in 2022 het die Baltiese lande, soos Estland, hul verdediging begin opskerp teen moontlike Russiese bedreigings. – AFP


2025-09-30 18:31:50

Hulpflottielje na Gasa moet onmiddellik ophou, sê Italië se premier

Giorgia Meloni, premier van Italië, het Dinsdag die internasionale hulpflottielje wat probeer om hulp aan Gasa te lewer, versoek om onmiddellik daarmee op te hou.

’n Konfrontasie met Israel kan die huidige “brose balans” ontwrig wat andersins tot vrede kan lei, sê Meloni. Sy het verwys na die plan wat pres. Donald Trump voorgestel het. “Baie sal dié plan wil ontwrig.”

“Ek vrees dat die flottielje se poging om deur die Israeliese vlootversperring te breek, as ’n verskoning daarvoor gebruik kan word. Ook om dié rede glo ek die flottielje moet nou ophou.” – Reuters

BAKU, AZERBAIJAN - NOVEMBER 13: Italian Prime Minister Giorgia Meloni delivers a national statement during the high level segment on day three of the UNFCCC COP29 Climate Conference at Baku Stadium on November 13, 2024 in Baku, Azerbaijan. The COP29, which is running from November 11 through 22, is bringing together stakeholders, including international heads of state and other leaders, scientists, environmentalists, indigenous peoples representatives, activists and others to discuss and agree on the implementation of global measures towards mitigating the effects of climate change. According to the United Nations, countries made no progress over the last year in reducing global emissions from the burning of fossil fuels. (Photo by Sean Gallup/Getty Images) (Sean Gallup/Getty Images)

Giorgia Meloni, premier van Italië. Foto: Getty Images


2025-09-30 18:40:47

Vyf sterf in aardbewing in Filippyne

Minstens vyf mense is Dinsdag dood toe ’n aardbewing met ’n sterkte van 6.9 die sentrale dele van die Filippyne getref het, sê die plaaslike polisie.

“Ons het vyf bevestigde sterftes,” sê Felipe Cabague, polisiewoordvoerder van San Remigio.

Nog geen besonderhede oor die slagoffers is beskikbaar nie, voeg hy by. Die aardbewing het noord van die eiland Cebu plaasgevind.

Die aardbewing het geboue en paaie beskadig en tot wydverspreide kragonderbrekings gelei. Die Filippyne lê op die Pasifiese Vuurkring, ’n gebied in die Stille Oseaan wat bekend is om gereelde aardbewings en vulkaniese aktiwiteit weens botsende tektoniese plate. – AFP


2025-09-30 19:02:30

Werp jou sondes in die water

Ultra-Orthodox Jewish men and children gather in Israel's coastal city of Netanya, on September 30, 2025, to perform the "Tashlich" ritual during which "sins are cast into the water to the fish", ahead of the Day of Atonement, or Yom Kippur, the most important day in the Jewish religious calendar, which starts at sunset on October 1. (Photo by Jack GUEZ / AFP) (JACK GUEZ/AFP)

Ultra-Ortodokse Joodse mans en seuns vergader Dinsdag in die Israeliese kusstad Netanya om die Tashlich-ritueel uit te voer waartydens “sondes in die water na die visse gewerp word” voor Yom Kippur, die dag van versoening, die belangrikste dag op die Joodse godsdienskalender, wat op 1 Oktober met sonsondergang begin. Foto: AFP


2025-09-30 19:16:35

Amerikaanse regeringsluiting ‘waarskynlik’ – Trump

Pres. Donald Trump het Dinsdag gesê daar sal waarskynlik ’n regeringsluiting in Amerika wees. Hy het die skuld vir die onsuksesvolle onderhandelinge met die Republikeine oor ’n finansieringsooreenkoms op die Demokrate gepak.

“Ons sal waarskynlik ’n sluiting hê,” het Trump aan verslaggewers in die Oval Office gesê, net ure voor die middernag-sperdatum vir ’n ooreenkoms.

“Niks is onvermydelik nie, maar ek sou sê dit is waarskynlik.” – AFP


2025-09-30 19:38:36

34ste Amerikaner vanjaar tereggestel

Victor Jones (64) word later Dinsdag in Florida met ’n dodelike inspuiting tereggestel weens die moord op sy werkgewers, Jacob (67) en Matilda Nestor (66), in 1990.

Jones het die egpaar doodgesteek in ’n rooftog net dae nadat hy by hul maatskappy in Miami, Florida, begin werk het.

Die hooggeregshof in Florida het verlede week geweier om Jones se teregstelling stop te sit nadat betoë aangehoor is dat hy intellektueel gestremd is en as tiener mishandeling in ’n berugte verbeteringskool verduur het.

Jones se teregstelling sal die 34ste vanjaar in Amerika wees. – AFP

This handout photo obtained on September 30, 2025, from the Florida Department of Corrections shows death row inmate Victor Jones. Jones, a 64-year-old man, is to be put to death by lethal injection in Florida on Tuesday for the 1990 murders of his employers, the 34th execution in the United States this year. (Photo by HANDOUT / Florida Department of Corrections / AFP) / RESTRICTED TO EDITORIAL USE - MANDATORY CREDIT "AFP PHOTO / FLORIDA DEPARTMENT OF CORRECTIONS / HANDOUT" - HANDOUT - NO MARKETING NO ADVERTISING CAMPAIGNS - DISTRIBUTED AS A SERVICE TO CLIENTS (HANDOUT/AFP)

Victor Jones (64) word Dinsdag in Florida met ’n dodelike inspuiting tereggestel weens die dubbele moord op sy werkgewers in 1990. Foto: Florida departement of corrections/AFP


2025-09-30 20:01:36

Die ‘kinderoppasser’ kry ’n ster

Actor Fran Drescher unveils her star on the Hollywood Walk of Fame in Los Angeles Actor Fran Drescher poses next to her newly unveiled star on the Hollywood Walk of Fame in Los Angeles, California, U.S., September 30, 2025. REUTERS/Mario Anzuoni TPX IMAGES OF THE DAY (Mario Anzuoni/REUTERS)

Die aktrise Fran Drescher (68), veral bekend om haar rol in die sitkom ‘The Nanny’, poseer Dinsdag langs haar ster waarmee sy op die Hollywood Walk of Fame in Los Angeles vereer is. Foto: Reuters


2025-09-30 20:08:35

Groter mag gaan Haïti se gewapende bendes pak

Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het Dinsdag ooreengekom om die grootte van ’n 15 maande oue  internasionale veiligheidsending wat teen gewapende bendes in Haïti veg, meer as te verdubbel en dit tot ’n “bende-onderdrukkingsmag” te hernoem.

Die sending is tans ondergefinansier en onderbeman.

Rusland, China en Pakistan het buite stemming gebly oor die maatreël wat deur Amerika en Panama voorgestel is. Die oorblywende 13 lede het ten gunste daarvan gestem. – Reuters


2025-09-30 20:34:51

Inhegtenisneming van pro-Palestynse studente in VSA onwettig – regter

Die Trump-administrasie se beleid om internasionale studente in hegtenis te neem en te probeer deporteer oor hul protes ter ondersteuning van die Palestyne, is ’n blatante en onwettige onderdrukking van vryheid van spraak, het ’n regter Dinsdag bevind.

Regter William Young van die streekhof in Massachusetts het gesê dit kom neer op 'n “waarlik skandalige en ongrondwetlike onderdrukking van vryheid van spraak” en die doel daarvan is om pro-Palestynse studentebetogings te onderdruk en ander internasionale studente te “terroriseer”. – AFP


2025-10-01 03:32:58

Minstens 60 dood in aardbewing in Filippyne

Die dodetal weens ’n aardbewing wat die Filippyne Dinsdag getref het, het tot minstens 60 gestyg.

“Ons ontvang bykomende getalle van aangemelde ongevalle, so hierdie ding verander baie. Ons ontvang berigte dat soveel as 60 individue in hierdie aardbewing omgekom het,” het Rafaelito Alejandro, ’n regeringsamptenaar, gesê.

Die aardbewing van 6,9 het Bogo, ’n stad van 90 000 inwoners naby die bevolkte eiland Cebu, laat Dinsdag getref, geboue laat ineenstort en paaie verwoes. – AFP

Motorists pass a crack in the road along a major highway in Tabogon town, Cebu province, central Philippines on October 1, 2025, after a 6.9-magnitude quake struck off the coast of the central Philippines. The earthquake jolted the central Philippines, collapsing buildings and killing at least 31 people on the island of Cebu, authorities said on October 1, with fears the toll could rise as rescuers searched for survivors. (Photo by Ted ALJIBE / AFP) (TED ALJIBE/AFP)

Motoriste ry Woensdag verby ’n bars in die pad langs ’n hoofweg in die dorp Tabogon, Cebu-provinsie, in die sentrale deel van die Filippyne nadat ’n aardbewing getref het. Foto: AFP


2025-10-01 03:39:36

Combs se aansoek misluk om skuldigbevinding tersyde te stel

’n Amerikaanse regter het Dinsdag ’n poging van Sean (Diddy) Combs verwerp om sy skuldigbevinding op prostitusieverwante aanklagte tersyde te stel.

Arun Subramanian, distriksregter in Manhattan, het “oorweldigende bewyse van Combs se skuld” gevind met betrekking tot sy behandeling van twee voormalige meisies.

“Die regering het sy saak verskeie kere bewys.”

Aanklaers het gesê Combs het gereël dat manlike prostitute oor staatsgrense heen reis om deel te neem aan dwelmgedrewe seksuele dade met sy meisies. – Reuters


2025-10-01 03:53:42

Betogings duur voort in Marokko

Betogings vir beter onderwys en gesondheidsorg in Marokko het Dinsdagaand in gewelddadige botsings met veiligheidsmagte ontaard.

Dit was die vierde agtereenvolgende dag van betogings in verskeie stede.

Die betogings is aanlyn georganiseer deur ’n anonieme jeuggroep wat homself “GenZ 212” noem, met behulp van platforms soos TikTok, Instagram en die speletjie-app Discord.

Honderde jong betogers het klippe na veiligheidsmagte in verskeie stede gegooi. – Reuters

Members of the security forces detain a protester as others scuffle during a youth-led demonstration in Rabat on September 29, 2025, calling for reforms in the public health and education sectors. Dozens of youths were detained on September 29 in Morocco on the third day of protests calling for education and public health reforms, according to a local rights group and AFP reporters. (Photo by Abdel Majid BZIOUAT / AFP) (ABDEL MAJID BZIOUAT/AFP)

Lede van die veiligheidsmagte hou Maandag ’n betoger aan terwyl ander hulle probeer keer gedurende ’n betoging in Rabat, Marokko. Foto: AFP


2025-10-01 04:12:04

Amerikaanse regering staak talle bedrywighede

Die Amerikaanse regering het Woensdag baie van sy bedrywighede gestaak nadat diep verdeeldheid die kongres en die Withuis verhinder het om ’n ooreenkoms oor finansiering te bereik.

Daar was geen duidelike pad uit die impasse nie.

Agentskappe het gewaarsku dat die regeringsluiting die uitreiking van ’n noukeurig dopgehoude indiensnemingsverslag van September sal verhoed, lugreise sal vertraag, wetenskaplike navorsing sal opskort, betaling van Amerikaanse troepe sal weerhou en sal lei tot die verlof van 750 000 federale werkers teen ’n daaglikse koste van $400 miljoen. – Reuters


2025-10-01 04:29:51

Amerikaanse regeringsluiting: Noodsaaklike bedrywe nie geraak

Die Amerikaanse regeringsluiting sal nie noodsaaklike bedrywe soos die posdienste, die weermag en welsynsprogramme soos maatskaplike sekerheid en koskoepons beïnvloed nie.

Maar tot 750 000 werkers kan elke dag huis toe gestuur word en sal nie betaal word totdat die sluiting verby is nie, volgens die kongres se begrotingskantoor. – AFP


2025-10-01 04:34:59

Dís waaroor Amerikaanse regeringsluiting gaan

Die Amerikaanse regeringsluiting het begin ure nadat die senaat ’n korttermyn-bestedingsmaatreël verwerp het wat die regering se bedrywighede tot 21 November aan die gang sou hou.

Die Demokrate het die wetgewing teengestaan weens die Republikeine se weiering om ’n verlenging van gesondheidsvoordele vir miljoene Amerikaners wat aan die einde van die jaar verval, aan te heg.

Die Republikeine sê die kwessie moet afsonderlik gepak word. – Reuters


2025-10-01 05:37:09

Demokrate blameer Republikeine vir regeringsluiting

Demokratiese politieke figure het begin om hul mening te lug oor die regeringsluiting en blameer hoofsaaklik die Republikeine.

Kamala Harris, voormalige visepresident, het in ’n plasing op X gesê: “Laat ek dit duidelik stel: Die Republikeine is in beheer van die Withuis, huis (van verteenwoordigers) en senaat. Dit is hul sluiting.” – CNN

https://x.com/KamalaHarris/status/1973238949868150868


2025-10-01 05:42:56

Langste regeringsluiting was 35 dae in 1ste Trump-termyn

Die Amerikaanse federale regering het al 21 keer gesluit sedert 1976, toe die kongres die moderne begrotingsproses ingestel het.

Sommige sluitings het slegs ’n paar uur geduur, nie lank genoeg om regeringsbedrywighede te beïnvloed nie.

Die langste het op 22 Desember 2018 begin toe die Demokrate en pres. Donald Trump ’n dooiepunt bereik het oor die $5,7 miljard wat die president vir ’n grensmuur geëis het in sy eerste termyn.

Die sluiting in 2018 het 35 dae geduur.

Ongeveer 380 000 federale werknemers is op verlof geplaas en nog 420 000 het sonder betaling gewerk. – AFP


2025-10-01 05:49:37

Hoethi-militante aanvaar verantwoordelikheid vir aanval op skip

Die Hoethi-militante in Jemen het Woensdag verantwoordelikheid aanvaar vir ’n aanval op die Nederlandse vragskip Minervagracht, wat in die Golf van Aden aan die brand geslaan het.

Die Hoethi’s se militêre woordvoerder sê Maandag se aanval is met ’n kruismissiel uitgevoer.

Twee bemanningslede is beseer en die 19 bemanningslede moes per helikopter gered word.

Die Hoethi’s voer sedert 2023  in solidariteit met Palestyne in die Gasastrook aanvalle op skepe in die Rooisee uit, met die doel om skepe te teiken van lande wat bande met Israel het. – Reuters


2025-10-01 05:54:00

9 dood weens vloede in Odesa

Nege mense is dood weens gure weer en vloede in die stad Odesa in die suide van Oekraïne.

Reddingswerkers het deur die nag gewerk en 362 mense is gered.

Die werkers het ook gehelp om motors te skuif, water uit geboue te pomp en ’n vermiste meisie op te spoor.

“Byna twee maande se reën het in net sewe uur in Odesa geval,” het Hennadi Troechanof, burgemeester, op Telegram gesê. – Reuters


2025-10-01 06:00:42

91 vermoedelik steeds onder ineengestorte skool in Java vasgekeer

Sowat 91 mense is vermoedelik steeds vasgekeer onder die puin van ’n ineengestorte skoolgebou in Java.

Die Islamitiese kosskool in die dorp Sidoarjo het Maandag skielik ineengestort terwyl leerlinge vir middaggebede bymekaargekom het.

Die syfer van 91 is gegrond op data oor die leerlinge se bywoning.

Daar is vroeër gesê drie mense is dood en 38 mense word steeds vermis.

Amptenare het Woensdag gesê hulle probeer steeds die getal vermistes bevestig. Reddingspogings duur voort. – AFP


2025-10-01 06:31:44

Voormalige Russiese president spot Trump oor duikbote

Dmitri Medwedef, voormalige president van Rusland, het pres. Donald Trump gespot en gesê Amerika het nie kernduikbote na die Russiese kus gestuur nie.

Trump het Dinsdag Medwedef as “ ’n dom persoon” afgemaak en gesê dat hy ’n “duikboot of twee” na die kus van Rusland gestuur het.

Hy het in Augustus gesê die opdrag is gegee in reaksie op dreigemente van Medwedef.

“Nuwe episode van die rillerreeks. Trump het weer eens die duikbote wat hy na bewering ‘na die Russiese kus gestuur het’, geopper en daarop aangedring dat hulle ‘baie goed versteek’ is,” sê Medwedef. – Reuters


2025-10-01 07:05:27

Oliewerkersvakbond in Nigerië gaan staking halt roep

Nigerië se oliewerkersvakbond het ingestem om die proses te begin om ’n staking halt te roep wat brandstofverskaffing en -handel oor Wes-Afrika heen bedreig het, het die land se ministerie van arbeid gesê.

Die staking is uitgeroep nadat die Dangote-raffinadery meer as 800 vakbondlede afgedank het.

Amptenare van die Dangote-raffinadery het gesê dat die ontslag deel was van ’n herorganisasie van personeel. – Reuters


2025-10-01 08:14:41

Pous kritiseer Trump se immigrasiebeleid

Pous Leo het Dinsdag sy skerpste kritiek tot nog toe teen pres. Donald Trump se streng immigrasiebeleid uitgespreek en bevraagteken of dit in ooreenstemming is met die Katolieke Kerk se pro-lewe-leerstellings.

“Iemand wat sê: 'Ek is teen aborsie gekant, maar ek stem saam met die onmenslike behandeling van immigrante in die Verenigde State,' ek weet nie of dit pro-lewe is nie.”

Die Katolieke Kerk se standpunt is dat die lewe heilig is van bevrugting tot natuurlike dood. – Reuters


2025-10-01 08:44:18

Chaos in Afganistan weens onderbreking in internet-, selfoondienste

Minstens 14 vlugte wat Woensdag vanaf die Kaboel-lughawe bedryf sou word, is gekanselleer en die status van ander vlugte is onduidelik weens ’n onderbreking in die internettoegang in Afganistan.

Toenemende chaos weens die Taliban-regering se bevel Maandag om internet- en selfoonverbindings af te sny, het banke, hulpwerk, sakeondernemings en die vermoë van burgerlikes om met familie en vriende te skakel, getref.

Dit het ook baie mense in Afganistan gestrand gelaat.

Die Taliban het nie die rede vir die onderbreking verduidelik nie. – Reuters


2025-10-01 09:11:49

Namibië-brand: Toerisme gaan geraak word

Namibië se toerismebedryf sal na verwagting oor die volgende drie jaar swaarkry weens ’n week lange veldbrand in die Etosha Nasionale Park.

Etosha is een van die top-toeriste-aantreklikhede in die land.

’n Onbekende aantal diere is dood en meer as ’n derde van die park is verbrand.

“Dit is ’n knou wat ons gekry het ten opsigte van skade aan sowel fauna as flora,” het Sikongo Haihambo, uitvoerende direkteur van Namibië se ministerie van omgewing, bosbou en toerisme, gesê.

“Wat toerisme betref, dink ek nie dat ons ’n langdurige daling gaan hê nie, maar eerder ’n herstel binne ’n tydperk van twee tot drie jaar.” – Reuters


2025-10-01 09:23:15

Meer as 9 000 skoolkinders kry voedselvergifting in Indonesië

Meer as 9 000 kinders in Indonesië het vanjaar voedselvergiftiging weens gratis skoolmaaltye opgedoen, het die land se voedsel-en-medisyne-agentskap Woensdag gesê.

Daar was vanaf Januarie tot September 103 uitbrekings van voedselvergiftiging, wat 9 089 kinders geraak het.

Gesondheidsorganisasies het intussen die opskorting van pres. Prabowo Subianto se gratis-skoolmaaltyd-program versoek.

Prabowo het die program verdedig en gesê die persentasie van diegene wat geraak word, is klein. – Reuters


2025-10-01 09:46:24

Oorlewende uit puin gered 2 dae ná kosskool ineenstort

Reddingswerkers het Woensdag ’n oorlewende uit die puin van ’n skool wat in Java ineengestort het, gehaal.

Reddingswerkers sê hulle het ’n oorlewende en ’n vierde lyk uit die verwoeste gebou gehaal, maar het geen verdere besonderhede gegee nie.

Desperate ouers eis dat reddingspogings bespoedig word.

Vroeër is berig dat sowat 91 mense vermoedelik steeds vasgekeer is.

Die Islamitiese kosskool in die dorp Sidoarjo het Maandag ineengestort terwyl leerlinge vir middaggebede bymekaargekom het. – AFP

Aftermath of hall collapsing at the Al-Khoziny Islamic boarding school in Sidoarjo Search and rescue operations search for victims in the rubble of a collapsed building after a hall collapsed while students were praying at the Al-Khoziny Islamic boarding school, in Sidoarjo, East Java province, Indonesia, October 1, 2025. REUTERS/Dipta Wahyu (Dipta Wahyu/REUTERS)

Reddingswerkers Woensdag op die toneel. Foto: Reuters


2025-10-01 10:06:37

Amerikaanse minister vaar uit teen ‘vet generaals’

Pete Hegseth, Amerikaanse minister van verdediging, het “vet generaals” en diversiteitsinisiatiewe wat volgens hom tot dekades van verval in die weermag gelei het, gekritiseer.

Hy het die opmerkings Dinsdag gemaak op ’n byeenkoms van militêre bevelvoerders en gesê diegene wat nie sy agenda ondersteun nie, moet bedank.

“Dit is heeltemal onaanvaarbaar om vet generaals en admiraals in die gange van die Pentagon te sien.” – Reuters


2025-10-01 10:16:47

Hamas wil wysigings maak aan Trump se plan vir Gasastrook

Hamas-amptenare wil wysigings hê aan onder meer klousules oor ontwapening in pres. Donald Trump se vredesplan vir die Gasastrook.

Hamas-onderhandelaars het Dinsdag samesprekings gevoer met Turkse, Egiptiese en Katarrese amptenare in Doha, Katar.

Trump se plan eis onder meer dat die groep ontwapen.

“Hamas wil sommige van die klousules wysig, soos die een oor ontwapening en die uitsetting van Hamas en kaders,” het ’n Palestynse bron na aan Hamas se leierskorps, wat anoniem wil bly, gesê. – AFP


2025-10-01 10:38:22

Rusland waarsku Europa oor sy bates

Die Kremlin waarsku Europese leiers dat Rusland enige individu of land wat sy geld “steel”, sal vervolg.

Die Europese Unie oorweeg ’n voorstel om Russiese bates wat in Europa bevries is, te gebruik om ’n lening van 140 miljard euro aan Oekraïne te finansier.

“Ons praat van planne vir die onwettige beslaglegging op Russiese eiendom. In Russies noem ons dit bloot diefstal,” het Dmitri Peskof, Kremlin-woordvoerder, aan verslaggewers gesê. – Reuters


2025-10-01 11:15:53

Italië, Griekeland rig versoek aan Israel oor aktiviste

Italië en Griekeland het Israel Woensdag versoek om nie die aktiviste aan boord van 'n internasionale flottielje leed aan te doen nie. Die aktvisite is op pad om hulp aan die Gasastrook te lewer.

"Ons doen 'n beroep op die Israeliese owerhede om die bemanning se veiligheid te verseker," sê die twee lande in 'n gesamentlike verklaring.

Die aktiviste is ook versoek om 'n kompromis-voorstel te aanvaar om die hulpmiddele op hul bote aan die Katolieke Kerk oor te dra sodat dit in die Gasastrook versprei kan word, en om sodoende 'n direkte konfrontasie met Israeliese magte te vermy.

Flottieljelede sê 'n sleuteldeel van hul sending is om Israel se seeblokkade uit te daag. – Reuters


2025-10-01 11:29:40

Gasa: Rooi Kruis skort bedrywighede op

Die Rooi Kruis sê dat verskerpte militêre operasies in die stad Gasa hulle gedwing het om hul aktiwiteite daar tydelik op te skort. Die humanitêre organisasie waarsku dat "tienduisende mense in Gasa haglike omstandighede trotseer".

"Die intensivering van militêre operasies in die stad Gasa het die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis gedwing om hul bedrywighede by hul kantoor tydelik op te skort en personeel na ander kantore in die suide van die Gasastrook te verskuif om die personeel se veiligheid en operasionele kontinuïteit te verseker," sê die Rooi Kruis in ‘n verklaring.

Die Rooi Kruis se werk sluit in die verskaffing van noodverligting, bystand aan vlugtelinge en mediese sorg. – AFP

Israeli Military Drops Warning Leaflets in Gaza Children collect leaflets scattered on the ground in Gaza City, Gaza, on September 30, 2025. Israeli forces drop the papers to warn civilians to evacuate toward the southern part of the Gaza Strip amid the military�s ground operation. (Photo by Saeed Jaras / Middle East Images via AFP) (SAEED JARAS/Middle East Images via AFP)

Palestynse kinders tel pamflette op wat deur die Israeliese weermag versprei word wat Palestyne beveel om die stad Gasa te verlaat. Foto: AFP


2025-10-01 11:37:18

Duisende betoog oor werksure in Griekeland

Die dienste van treine, veerbote en taxi's is Woensdag in Griekeland onderbreek toe duisende werkers na die parlement in Athene opgeruk het in 'n eendaagse algemene staking teen arbeidshervormings en die regering se plan om werkgewers toe te laat om werknemers se werksure te verleng.

Die staking is georganiseer deur Griekeland se grootste private en openbare vakbonde wat sê dat die regering se wetsontwerp wat werkgewers in staat sal stel om tot 13 uur se werk per dag van hul personeel te eis teenoor die huidige agt, selfs die regte van werkers in die private sektor benadeel.

Die konsepwet sal na verwagting vandeesmaand aan die parlement voorgelê word vir goedkeuring. – Reuters


2025-10-01 12:12:14

Israel waarsku Gasa finaal: As jy bly, is jy ’n terroris of makker

Israel Katz, Israeliese minister van verdediging, sê die weermag is besig om sy omsingeling van die stad Gasa te verskerp en het ’n finale waarskuwing aan inwoners daar uitgereik om na die suide te vlug.

“Dit is die laaste geleentheid vir inwoners van Gasa om suid te trek,” het Katz Woensdag in ’n verklaring gesê wat met die Israeliese media gedeel is.

“Diegene wat oorbly, sal as terroriste en die ondersteuners van terroriste beskou word.”

Hamas-amptenare het intussen glo gesê hulle wil wysigings hê aan klousules in pres. Donald Trump se vredesplan vir die Gasastrook, waaronder die ontwapening van Hamas-vegters. – Reuters, AFP


2025-10-01 12:18:19

Duitsland wil KI gebruik om ekonomie te laat herleef

Friedrich Merz, Duitse bondskanselier, het Woensdag belowe om Europa se grootste ekonomie weer mededingend te maak nadat die kabinet maatreëls goedgekeur het wat daarop gemik is om burokrasie te verminder en dit vinniger en makliker te maak om sake te doen deur middel van kunsmatige intelligensie (KI) en digitalisering.

“Ons is natuurlik bewus van die probleme waarmee die Duitse ekonomie tans te kampe het, maar ons streef daarna om na die kruin terug te keer,” het Merz op ’n mediakonferensie by die Borsig-paleis aan die buitewyke van Berlyn gesê.

Duitsland het onder Merz wegbeweeg van dekades van fiskale dissipline om ’n infrastruktuur-en-verdedigingspakket van €500 miljard deur te voer wat daarop gemik is om groei aan te wakker. – Reuters


2025-10-01 12:34:27

22 sterf by kerk in Ethiopië

Minstens 22 mense is Woensdag dood en 55 beseer toe tydelike steierwerk by ’n kerk in Ethiopië ineengestort het, berig staatsmedia.

Die voorval in die dorp Arerti, ongeveer 70 km oos van die hoofstad, Addis Abeba, het “baie pelgrims” se dood veroorsaak.

Daar is glo talle ander wat steeds ná die ongeluk onder die puin vasgekeer is, berig die Ethiopiese Uitsaaikorporasie (EBC).

Reddingswerkers is besig om diegene wat vermoedelik onder die puin vasgekeer is, te probeer bevry.

Die owerheid ondersoek die oorsaak van die ineenstorting. – AFP


2025-10-01 12:41:16

Paryse parade

PARIS, FRANCE - OCTOBER 01: (EDITORIAL USE ONLY - For Non-Editorial use please seek approval from Fashion House) Models walk the runway during the ALAINPAUL Womenswear Spring/Summer 2026 show as part of Paris Fashion Week on October 01, 2025 in Paris, France. (Photo by Richard Bord/Getty Images) (Richard Bord/Getty Images)

Modelle vertoon die jongste uitrustings vir die Lente/Somer 2026-modeskou in Parys, Frankryk. Foto: Getty Images


2025-10-01 13:07:09

Telekommunikasie keer terug in Afganistan

Selfoonnetwerke was Woensdag weer in verskeie provinsies oor Afganistan heen in bedryf asook die hoofstad, Kaboel, 48 uur nadat die Taliban-regering telekommunikasie landwyd afgesny het. 

Verwarring het Maandagaand in die land geheers toe selfoonnetwerke en internetverbindings sonder waarskuwing afgeskakel is.

Die meeste sakeondernemings het tot stilstand gekom, insluitend banke, poskantore en markte, terwyl hospitale sonder toegang tot pasiënte se rekords moes klaarkom.

Die massiewe sluiting is deur die Taliban se opperleier, Hibatoellah Achoendzada, beveel om “onsedelikheid” te voorkom. – AFP


2025-10-01 13:19:56

Britse hof straf 7 mans wat meisies seksueel uitbuit

Sewe mans wat twee kwesbare meisies in die noorde van Engeland seksueel uitgebuit het, is Woensdag vir altesaam 174 jaar tronk toe gestuur.

Volgens Rossano Scamardella, aanklaer, is die mans in Junie skuldig bevind ná ’n verhoor wat altesaam 50 oortredings behels het, insluitend 30 aanklagte van verkragting, wat tussen 2001 en 2006 gepleeg is.

Die mans het aanvanklik almal die aanklagte ontken, maar is Woensdag skuldig bevind en vonnisse, wat wissel tussen 12 en 35 jaar tronkstraf, opgelê.

Scamardella sê die mans het die twee slagoffers “rondgestuur vir seks, hulle mishandel, verneder en toe weggegooi”. – Reuters


2025-10-01 13:27:08

Dodetal styg ná ongeluk by kerk in Ethiopië

Altesaam 36 mense is dood en meer as 200 beseer toe tydelike steierwerk Woensdag by ’n kerk in Ethiopië ineengestort het.

Daar is vroeër berig dat 22 mense dood is. Ahmed Gebeyehoe, distrikspolisiehoof, sê 36 mense het gesterf en meer as 200 mense is beseer in ’n voorval by ’n kerk in Arerti, ’n dorp ongeveer 70 km oos van die hoofstad, Addis Abeba.

Reddingswerkers is ontbied om beseerdes wat onder die puin vasgekeer is, te bevry. Owerhede ondersoek die oorsaak van die ineenstorting. – AFP


2025-10-01 13:33:17

Een werk is genoeg, sê Grieke

General strike to protest a labour reform extending a 13-hours workday, in Athens Protesters gather behind banners during a demonstration marking a 24-hour general strike against a labour reform extending a 13-hour workday to workers with one job, in Athens, Greece, October 1, 2025. REUTERS/Louisa Gouliamaki (Louisa Gouliamaki/REUTERS)

Griekse betogers het Woensdag in Athene die strate ingevaar om hul stem dik te maak teen arbeidshervormings. Foto: Reuters


2025-10-01 14:01:14

26 mense sterf in Nigeriese bootongeluk

’n Bootongeluk op die Nigerrivier in die suide van Nigerië het die lewe van minstens 26 mense geëis, het die owerhede in die deelstaat Kogi Woensdag gesê.

Die boot was op pad na ’n mark aan die oorkant van die rivier. Dit is nie bekend hoeveel mense aan boord was ten tyde van die ongeluk nie, ook nie wat die ongeluk veroorsaak het nie.

Bootongelukke is algemeen op Nigerië se besige riviere en word dikwels veroorsaak deur oorlaaide bote, swak instandhouding of die versuim om aan veiligheidsregulasies te voldoen.

Verlede maand het ’n oorvol veerboot in die deelstaat Niger omgeslaan nadat dit glo ’n boomstomp getref het. Minstens 32 mense het verdrink. – AFP


2025-10-01 14:20:10

Vlamme verteer Oekraïense mark

Ukrainian firefighters struggle to extinguish a fire ravaging the Barabashovo market following an airstrike in Kharkiv on October 1, 2025 amid the Russian invasion of Ukraine. (Photo by SERGEY BOBOK / AFP) (SERGEY BOBOK/AFP)

Oekraïense brandweermanne sukkel om ’n vuur te blus wat die Barabasjowo-mark verwoes het ná ’n Russiese lugaanval Woensdag op Charkif.  Foto: AFP


2025-10-01 14:40:11

Europa sal nie toelaat dat Rusland verdeeldheid, angs saai – EU-hoof

Ursula von der Leyen, president van die Europese Kommissie, het Woensdag belowe dat Rusland nie sal slaag in sy pogings om “verdeeldheid en angs” in die blok te saai nie.

“Rusland probeer ons toets, maar Rusland probeer ook verdeeldheid en angs in ons samelewings saai. Ons sal nie toelaat dat dit gebeur nie,” het Von der Leyen aan verslaggewers gesê by ’n beraad in Denemarke, wat deur ’n reeks misterieuse hommeltuigvlugte geruk is. – AFP


2025-10-01 15:00:12

Nagevolge van Filippynse aardbewing

Aftermath of magnitude 6.9 quake in central Philippines A drone view of rescue workers conducting a rescue operation at a collapsed building in the aftermath of a magnitude 6.9 quake in Bogo, Cebu, Philippines, October 1, 2025. REUTERS/ Adrian Portugal TPX IMAGES OF THE DAY (ADRIAN PORTUGAL/Reuters)

Filippynse reddingswerkers Woensdag by ’n ineengestorte gebou nadat ’n aardbewing van 6,9 die stad Bogo Dinsdag laat getref het. Die stad op die eiland Cebu het 90 000 inwoners. Geboue het ineengestort en paaie is verwoes. Die voorlopige dodetal staan op 60. Foto: Reuters


2025-10-01 15:06:45

Macron duld nie Russiese vliegtuie in Europese lugruim

Pres. Emmanuel Macron van Frankryk sê hy sluit dit nie uit om Russiese vegvliegtuie neer te skiet indien die Europese lugruim geskend word nie.

Die Duitse dagblad Frankfurter Allgemeine Zeitung het hom in ’n onderhoud Woensdag gevra of hy "ten gunste van die neerskiet van ’n Russiese vegvliegtuig is indien dit sonder toestemming Europese lugruim betree".

Waarop Macron toe antwoord: “Ek kan jou sê dat niks uitgesluit word nie." – AFP


2025-10-01 15:21:44

3 ‘Hamas-agente’ in Berlyn vas

Duitse owerhede het drie vermeende Hamas-agente in hegtenis geneem wat na bewering besig was om vir ’n “ernstige daad van geweld” in Duitsland voor te berei.

Aanklaers het Woensdag gesê hulle vermoed die drie mans was by die verkryging van vuurwapens en ammunisie vir Hamas betrokke, wat bedoel was vir sluipmoorde en aanvalle op Israeliese of Joodse instellings in Duitsland. Daar is beslag gelê op talle vuurwapens, onder meer ’n AK-47 en verskeie pistole, sowel as ’n “aansienlike hoeveelheid” ammunisie.

Die drie mans, twee Duitse burgers en ’n Lebanese burger, is in Berlyn in hegtenis geneem. – Reuters


2025-10-01 15:48:03

286 beseer in jeugbetogings in Marokko

Marokko se ministerie van binnelandse sake het gesê 263 lede van die land se veiligheidsmagte en 23 burgerlikes is beseer in gewelddadige betogings wat die naweek in verskeie stede uitgebreek het oor beter onderwys en gesondheidsorg.

Betogers het onder meer messe gebruik en brandbomme en klippe gegooi, het die ministerie gesê, en bygevoeg dat 409 mense in aanhouding geneem is.

Meer as 140 veiligheidsmagte-voertuie en 20 private voertuie is ook aan die brand gesteek. – Reuters

Police make detentions as people protest demanding reforms in education and health, in Rabat Members of the security forces detain a man as they prevent a protest demanding reforms in education and health from taking place, in Rabat, Morocco, September 29, 2025. REUTERS/Ahmed El Jechtimi (Ahmed El Jechtimi/REUTERS)

Lede van Marokko se veiligheidsmagte neem mans in hegtenis ten tyde van betogings in Rabat, Marokko. Foto: Reuters


2025-10-01 16:01:36

Op pad suide toe

A Palestinian youth carries cats and belongings while walking a coastal path northwest of Nuseirat refugee camp, as people are displaced southward from Wadi Gaza following an Israeli announcement of closing Al-Rashid road towards the north of the besieged Gaza Strip on October 1, 2025. Israel's defence minister issued a final warning for Gaza City residents to flee south on October 1, as the Palestinian Hamas movement weighed the latest US plan to end nearly two years of war in the Palestinian territory. (Photo by Bashar TALEB / AFP) (BASHAR TALEB/AFP)

’n Palestynse jong man dra Dinsdag katte en sy besittings op ’n kuspaadjie noordwes van die Noeseirat-vlugtelingkamp in die Gasastrook. Israel se minister van verdediging het Woensdag ’n finale waarskuwing aan inwoners van die stad Gasa gerig om suidwaarts te vlug. Foto: AFP


2025-10-01 16:16:27

Jongste Ebola-uitbreking in DRK eis 42 – WGO

’n Ebola-uitbreking wat vroeg in September in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) verklaar is, het 42 sterftes uit 64 bevestigde gevalle tot gevolg gehad, maar die risiko dat dit in die streek versprei, is matig, het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) Woensdag gesê.

Gesondheidsowerhede in die DRK het twee weke gelede met ’n inentingsprogram teen die dikwels dodelike virus begin.

Ebola het oor die afgelope 50 jaar sowat 15 000 lewens in Afrika geëis. Die dodelikste Ebola-uitbreking in die DRK, tussen 2018 en 2020, het byna 2 300 lewens geëis. – AFP


2025-10-01 16:40:29

Switserse gletsers krimp in dekade met bykans 25% – studie

Switserland se gletsers, wat buite verhouding deur klimaatsverandering beïnvloed word, het in die afgelope dekade bykans ’n kwart van hul volume verloor, het ’n studie Woensdag gewaarsku, en kommer oor hul versnelde smelting laat toeneem.

Vanjaar het ’n winter met min sneeu, gekombineer met somerhittegolwe, veroorsaak dat Switserse gletsers nog 3% van hul volume verloor het, die vierde grootste vlak van krimping sedert metings begin is, luidens ’n verslag deur die organisasie Glacier Monitoring in Switzerland. – AFP


2025-10-01 17:12:33

Onder verdenking

This aerial picture taken on October 1, 2025 off the coast of the western France port of Saint-Nazaire shows the tanker Boracay from Russia's so-called "shadow fleet" suspected of being involved in drone flights over Denmark which sailed off the Danish coast between September 22 and 25. Named the Pushpa or Boracay, the Benin-flagged vessel, which is blacklisted by the European Union for being part of Russia's sanction-busting "shadow fleet", has been immobilised for several days off the French coast. (Photo by Damien MEYER / AFP) (DAMIEN MEYER/AFP)

’n Lugfoto van die skip ‘Boracay’ van Rusland se ‘skaduvloot’, wat gebruik word om beperkings op die uitvoer van olie te omseil, naby die Saint-Nazaire-hawe in Frankryk. Die skip word daarvan verdink dat hy betrokke was by onlangse hommeltuigvlugte oor Denemarke. Foto: AFP


2025-10-01 17:21:34

Rusland: ‘Ons erken g’n herinstelling van VN-sanksies teen Iran’

Rusland erken nie die herinstelling van sanksies deur die Verenigde Nasies (VN) teen Iran nie, het Wassili Nebenzia, Rusland se ambassadeur by die VN, Woensdag aan verslaggewers gesê toe hulle hom gevra het of Rusland die maatreëls sou toepas.

“Ons gaan in twee parallelle werklikhede leef, want vir sommige is die sanksies heringestel, vir ons nie,” het Nebenzia gesê op ’n mediakonferensie om die begin van Rusland se voorsitterskap van die VN se Veiligheidsraad vir Oktober aan te dui.

Die meganisme vir die herinstelling van sanksies verwys na die proses waardeur VN-sanksies teen Iran outomaties heringestel word as Iran nie voldoen aan die bepalings van die kernooreenkoms wat in 2015 tussen Iran en Amerika, Rusland, China, Brittanje, Frankryk en Duitsland gesluit is nie. – Reuters


2025-10-01 17:32:19

Hof keer dat Trump Fed-goewerneur onmiddellik kan afdank

Amerika se hoogste hof het Woensdag verhoed dat pres. Donald Trump die goewerneur van die Federale Reserweraad (Fed), Lisa Cook, onmiddellik kan afdank.

Die hof het In ’n bevel aangedui dat die aansoek “uitgestel word hangende mondelinge argumente in Januarie 2026”, wat verseker dat die Fed-goewerneur ten minste in haar pos sal bly totdat die saak aangehoor is.

Trump het probeer om Cook af te dank te midde van bewerings dat sy vals verklarings rakende haar verbandooreenkomste gemaak het.

Cook het ’n regsgeding ingestel om haar afdanking te betwis en voer aan sy is nie die geleentheid gegun om die bewerings teen haar behoorlik te betwis nie. – AFP

US President Donald Trump speaks at the 68th annual National Prayer Breakfast on February 6, 2020 in Washington,DC. - President Donald Trump said Thursday that he suffered a "terrible ordeal" during his impeachment. In his first public comments since being acquitted by the Senate of abuse of office, he said he had been "put through a terrible ordeal by some very dishonest and corrupt people." "They have done everything possible to destroy us and by so doing very badly hurt our nation," he said at a televised prayer breakfast with a Who's Who of Washington power brokers. (Photo by Nicholas Kamm / AFP) (Photo by NICHOLAS KAMM/AFP via Getty Images) (NICHOLAS KAMM/AFP via Getty Images)

Pres. Donald Trump. Amerika se hoogste hof het hom Woensdag verhoed om Lisa Cook, goewerneur van die Federale Reserweraad, onmiddellik af te dank.

Foto: Getty Images


2025-10-01 17:45:04

Duitse Oktoberfees vir sewe uur gesluit weens gesinstragedie

’n Duitse man (57) het Woensdag in München paniek gesaai toe hy sy ouers geskiet, hul huis aan die brand gesteek en later homself om die lewe gebring het.

Sy 90-jarige pa is in die brand dood en sy ma (81) is gewond. ’n 21-jarige dogter is gered nadat sy daarin geslaag het om van die eerste vloer van die brandende gebou te ontsnap.

Die man het drie voertuie aan die brand gesteek voordat hy homself in ’n nabygeleë park doodgeskiet het. In ’n brief verwys die man ook na die Oktoberfees, wat daartoe gelei het dat die wêreldbekende bierfees vir sewe uur gesluit is.

Die fees is uiteindelik ná ’n deeglike polisieondersoek weer geopen. Volgens die Duitse owerhede is geen politieke of godsdienstige motief gevind nie. Die motief blyk ’n gesinskrisis te wees. – AFP


2025-10-01 17:51:10

Rassie wys sy slag

TEDDINGTON, ENGLAND - OCTOBER 01: Rassie Erasmus, the South Africa head coach, looks on during South Africa Springboks training session held at The Lensbury on October 01, 2025 in Teddington, England. (Photo by David Rogers/Getty Images) (David Rogers/Getty Images)

Rassie Erasmus, Springbok-hoofafrigter, skop rugbyballe tydens ’n Springbok-oefensessie in Teddington, Engeland, voor Saterdag se toets teen Argentinië in Londen. Foto: Getty Images


2025-10-01 18:06:11

Rusland wag op Trump se antwoord oor kernwapens

Rusland wag steeds op ’n reaksie van pres. Donald Trump op ’n aanbod om vrywillig die beperkings op die ontplooiing van strategiese kernwapens te handhaaf wanneer ’n belangrike wapenbeheerverdrag verval, sê Wassili Nebenzia, Rusland se ambassadeur by die Verenigde Nasies.

Pres. Wladimir Poetin het verlede maand aangebied om vrywillig die beperkings te handhaaf wat die grootte van die wêreld se twee grootste kernarsenale beperk, soos vasgestel in 2010 se New Start-ooreenkoms, wat in Februarie verval – mits Amerika dieselfde doen.

“Na my wete, is nog niks ampteliks van die Amerikaanse regering ontvang nie,” sê Nebenzia. – Reuters


2025-10-01 18:21:10

Dr. Jane Goodall (91) sterf

Dr. Jane Goodall, Britse primatoloog, etoloog en antropoloog, is Woensdag in die ouderdom van 91 dood.

Sy is aan natuurlike oorsake dood, het die Jane Goodall-Instituut bevestig.

Goodall het wêreldbekend geword vir haar baanbrekerswerk oor sjimpansees, wat sy nie net in detail bestudeer het nie, maar ook as individue met name, persoonlikhede en gesinsbande beskryf het – ’n groot afwyking van die gebruiklike praktyke destyds.

Haar navorsing het die grense tussen mense en diere hersien en getoon dat sjimpansees, soos mense, gereedskap kan gebruik. – Reuters

Dr. Jane Goodall  Foto: AFP


2025-10-01 18:28:48

Hamas ontken enige bande met terreurverdagtes in Duitsland

Die militante Palestynse groep Hamas het Woensdag ontken dat hy enige bande het met drie mans wat in Duitsland in hegtenis geneem is omdat hulle vermoedelik aanvalle op Joodse en Israeliese teikens beplan het.

“Hamas het geen verbintenis met die individue wat vandag in Duitsland in hegtenis geneem is nie,” lui ’n verklaring van die groep.

Die bewerings dat die aangehoudenes bande met Hamas het, is heeltemal ongegrond, lui die verklaring verder.

Die inhegtenisneming van die drie mans het aanvanklik kommer oor die veiligheid van die Joodse gemeenskap en Israeliese belange in Europa laat toeneem. – AFP


2025-10-01 19:00:44

Meer as 90 nog by skool vermis

A relative of an unaccounted student sits next to a list of names displayed on a board as search and rescue operations continue at the Al Khoziny Islamic boarding school in Sidoarjo, East Java province on October 1, 2025, after a multistorey building at the school collapsed. A second survivor was pulled on October 1, from the rubble of a school that collapsed in Indonesia two days earlier, authorities said. (Photo by Juni KRISWANTO / AFP) (JUNI KRISWANTO/AFP)

’n Familielid van ’n vermiste leerling sit Woensdag onder ’n lys van name van vermistes terwyl soek-en-reddingsoperasies voortgaan by die Al Khoziny Islamitiese kosskool in Sidoarjo, Java. Die meerverdiepinggebou het Maandag ineengestort terwyl leerlinge vir middaggebede byeengekom het. Reddingswerkers het Woensdag ’n tweede oorlewende uit die puin gehaal, maar na raming 91 mense is steeds onder die puin vasgekeer. Foto: AFP


2025-10-01 19:10:18

Afdankings op hande weens regeringsluiting – Withuis

Die Withuis het Woensdag gesê afdankings van federale werknemers is “op hande” weens ’n regeringsluiting wat veroorsaak is deur diepe verdeeldheid oor finansiering tussen pres. Donald Trump en Demokrate in die Amerikaanse kongres.

Karoline Leavitt, die Withuis-woordvoerder, het gesê die Withuis “werk saam met agentskappe oor die volledige spektrum om te identifiseer waar besnoeiings gemaak kan word... en ons glo dat afdankings op hande is.” – AFP


2025-10-01 19:35:50

Israeliese vloot konfronteer Gasa-hulpflottielje

Die Global Sumud-hulpflottielje onderweg na die Gasastrook met noodleniging en aktiviste het Woensdagaand gesê hul vaartuie word onwettig onderskep en Israeliese militêre personeel gaan aan boord van die sowat 45 vaartuie.

Israel se ministerie van buitelandse sake het vroeër Woensdag in ’n verklaring gesê die Israeliese vloot het die flottielje genader en gevra om van koers te verander.

Die vloot het die konvooi ingelig dat hulle ’n aktiewe gevegsone nader en ’n wettige vlootblokkade oortree, en het weer die aanbod gemaak om enige hulp vreedsaam deur veilige kanale na die Gasastrook oor te dra, het die verklaring gelui.

Onder die aktiviste aan boord van die flottielje se vaartuie is die Sweedse klimaataktivis Greta Thunberg en die Suid-Afrikaanse LP Mandla Mandela. – Reuters

People sit in a circle aboard the Alma, a vessel which is part of of the Global Sumud Flotilla A screengrab from a live video footage shows crew members sitting in a circle aboard the Gaza-bound Alma vessel, part of the Global Sumud Flotilla, in this screengrab from a video released on October 1, 2025. Global Sumud Flotilla/Handout via REUTERS THIS IMAGE HAS BEEN SUPPLIED BY A THIRD PARTY. MANDATORY CREDIT. NO RESALES. NO ARCHIVES. TPX IMAGES OF THE DAY (GLOBAL SUMUD FLOTILLA/via REUTERS)

'n Skermgreep van ’n regstreekse uitsending wys hoe bemanningslede in ’n sirkel sit op ’n vaartuig wat deel is van die Global Sumud-flottielje. Foto: Reuters


2025-10-01 20:01:35

Waar is my pappa?

Federal immigration officers at U.S. Immigration Court in New York City A child weeps and calls for his father who was detained by Federal immigration officers in a targeted detainment at U.S. immigration court in Manhattan, in New York City, U.S., October 1, 2025. REUTERS/David 'Dee' Delgado TPX IMAGES OF THE DAY (David Dee Delgado/REUTERS)

’n Huilende kind roep na sy pa in ’n immigrasiehof in Manhattan, New York, nadat die pa Woensdag deur federale immigrasiebeamptes in hegtenis geneem is. Foto: Reuters


2025-10-01 20:17:49

Nuwe ondersoek na Hunter S. Thompson se dood in 2005

Amerikaanse ondersoekers het ’n nuwe ondersoek begin na die dood van die “gonzo-joernalis” Hunter S. Thompson – onder meer bekend om sy boek Fear and Loathing in Las Vegas – 20 jaar nadat hy gesterf het aan ’n oënskynlik selftoegediende skietwond.

Luidens ’n verklaring van die Colorado-ondersoekburo word die saak rakende Thompson se dood hersien ná ’n versoek van sy weduwee, Anita Thompson.

Volgens die buro is daar geen nuwe bewyse wat moontlik op ’n misdaad dui nie, maar dat hy daarop fokus om “enige oorblywende twyfel uit die weg te ruim”. – AFP


2025-10-01 20:40:18

Talle vaartuie in Gasa-flottielje ‘veilig gestop’ – Israel

Israel se ministerie van buitelandse sake het Woensdagaand gesê die land het talle vaartuie van die Global Sumud-hulpflottielje onderweg na die Gasastrook met noodleniging en aktiviste om Israel se blokkade van dié Palestynse gebied te probeer breek, veilig gestop. 

“Talle vaartuie van die ... flottielje is veilig gestop en hul passasiers word na ’n Israeliese hawe oorgeplaas. Greta en haar vriende is veilig en gesond,” het die ministerie op sosiale media gesê, verwysende na die Sweedse klimaatsaktivis Greta Thunberg, wat aan boord van een van die vaartuie in die flottielje was. – AFP


2025-10-02 03:21:59

Dodetal weens aardbewing in Filippyne styg tot 72

Die dodetal weens ’n aardbewing van 6,9 wat die sentrale dele van die Filippyne laat Dinsdag getref het, het tot 72 gestyg. Nog 294 mense is beseer, het die burgerlike verdedigingsagentskap gesê.

Al die sterftes is in die sentrale Visayas-streek aangeteken.

Die vlak aardbewing het die waters naby die sentrale eiland Cebu laat in die nag getref en kraglyne, brûe en verskeie geboue beskadig, insluitend ’n kerk wat meer as 100 jaar oud was. – Reuters


2025-10-02 03:34:03

2 dood weens betogings in Marokko

Twee mense is in Lqliaa naby Agadir in Marokko dood toe veiligheidsmagte Woensdagaand vuurwapens gebruik het om te verhoed dat ’n groep individue gedurende betogings hul wapens steel.

Die betogings, wat Saterdag begin het met eise vir beter onderwys en gesondheidsorg, is aanlyn georganiseer deur ’n anonieme jeuggroep wat homself “GenZ 212” noem.

Veiligheidsmagte moes vuurwapens uit selfverdediging gebruik nadat hulle nie met traangas die groep kon keer om die kantore van die veiligheidsmagte te bestorm nie, het die plaaslike owerhede gesê. – Reuters

Members of the security forces detain a protester during a youth-led demonstration in Rabat on September 29, 2025, calling for reforms in the public health and education sectors. Dozens of youths were detained on September 29 in Morocco on the third day of protests calling for education and public health reforms, according to a local rights group and AFP reporters. (Photo by Abdel Majid BZIOUAT / AFP) (ABDEL MAJID BZIOUAT/AFP)

Lede van die veiligheidsmagte neem Maandag ’n betoger in Rabat, Marokko, in hegtenis. Foto: AFP


2025-10-02 03:52:04

Tientalle bote van hulpflottielje steeds op pad na Gasastrook

’n Flottielje wat hulpverlening aan die Gasastrook wil lewer, sê dat tientalle van sy vaartuie Donderdag steeds “sterk voortvaar” ten spyte van ’n onderskepping deur Israeliese vlootmagte.

Die Global Sumud-hulpflottielje, wat ongeveer 45 bote behels wat politici en aktiviste, insluitend die Sweedse klimaataktivis Greta Thunberg, vervoer, is Woensdag deur die Israeliese vloot onderskep en verhoed om verder te gaan.

Maar die flottielje sê dat die meeste van sy vaartuie hul reis teen vroeg Donderdagoggend voortgesit het en die kus van die Gasastrook nader ten spyte van die onderbrekings. – AFP

Protest to condemn the interception of the vessels of the Global Sumud Flotilla, in Rome Pro-Palestinian demonstrators take part in a protest to condemn the interception of the vessels of the Global Sumud Flotilla, in Rome, Italy, October 1, 2025 REUTERS/Yara Nardi TPX IMAGES OF THE DAY (Yara Nardi/REUTERS)

Pro-Palestynse betogers neem deel aan ’n betoging in Rome, Italië, om die onderskepping van die skepe van die Global Sumud-hulpflottielje te veroordeel. Foto: Reutershttps://www.youtube.com/watch?v=0OOWptcSxkg


2025-10-02 04:16:32

Inwoners kry laaste waarskuwing om Gasa te verlaat

Israel het Woensdag ’n laaste waarskuwing uitgereik aan mense om uit die stad Gasa te vlug. Israel Katz, Israeliese minister van verdediging, sê dat die weermag sy omsingeling van die stad verskerp.

“Dit is die laaste geleentheid vir inwoners van Gasa wat dit wil doen om suid te trek en Hamas-agente in die stad geïsoleerd te laat,” het Katz gesê.

Hy het gewaarsku dat diegene wat oorbly “as terroriste en ondersteuners van terroriste beskou sal word”. – AFP


2025-10-02 04:59:15

Ongeveer 59 steeds vasgekeer nadat kosskool ineenstort

Reddingswerkers wat Donderdag soek na mense wat onder ’n ineengestorte skool in Indonesië vasgekeer is, hoop om ’n tonnel te grawe om na raming 59 mense wat steeds vermis word, te bereik.

’n Deel van die kosskool op die hoofeiland Java het Maandag skielik meegegee terwyl leerlinge vir middaggebede bymekaargekom het.

Skoolrekords het getoon dat 91 mense onder die puin begrawe is en minstens vyf sterftes is bevestig.

Ongeveer 59 mense was teen Woensdagaand nog vasgekeer. – AFP


2025-10-02 05:07:13

Zelenski vergader met 50 Europese leiers

Pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne sal Donderdag met Europese leiers in Kopenhagen vergader, het Mette Frederiksen, premier van Denemarke, in ’n verklaring gesê.

Zelenski sal die Europese Politieke Gemeenskap, ’n samekoms van sowat 50 staatshoofde en regeringshoofde en leiers van die Europese Unie, toespreek en sal ook ’n mediakonferensie met Frederiksen hou. – Reuters


2025-10-02 05:26:56

Twee vliegtuie bots op aanloopbaan in New York

Twee vliegtuie wat deur ’n filiaal van die Delta-lugdiens bedryf word, het Woensdag op die aanloopbaan by die LaGuardia-lughawe in New York gebots.

Die voorval tussen twee Endeavor Air-stralers het om 21:58 plaaslike tyd plaasgevind toe een geland het en die ander op die punt was om op te styg, luidens ’n verklaring van die haweowerheid van New York en New Jersey.

Een persoon is hospitaal toe geneem nadat hy beserings opgedoen het wat nie lewensbedreigend is nie.

’n Vlugkelner het matige beserings opgedoen. – AFP


2025-10-02 05:40:41

‘Geen tekens van lewe’ van 59 vasgekeer onder puin van kosskool

Reddingswerkers het “geen meer tekens van lewe” onder die puin van ’n ineengestorte Indonesiese skool waar 59 mense vermis word, opgespoor nie.

Dit het vrese laat ontstaan dat geen oorlewendes meer gevind sal word nie.

“Ons het tegnologies gevorderde toerusting soos termiese hommeltuie gebruik en wetenskaplik was daar geen tekens van lewe meer nie,” het lt. genl. Suharyanto, die hoof van die land se rampbestuursagentskap, op die terrein van Maandag se ineenstorting in die ooste van Java gesê.

Die dodetal staan tans op vyf. – AFP

Relatives of missing students mourn as search and rescue operations continue at the Al Khoziny Islamic boarding school in Sidoarjo, East Java province on October 1, 2025, after a multi-storey building at the school collapsed. A second survivor was pulled on October 1, from the rubble of a school that collapsed in Indonesia two days earlier, authorities said. (Photo by Juni KRISWANTO / AFP) (JUNI KRISWANTO/AFP)

Familielede van vermiste studente treur Dinsdag terwyl soek-en-reddingsoperasies voortduur by die Al Khoziny- Islamitiese kosskool in Sidoarjo, Oos-Java. Foto: AFP


2025-10-02 06:23:44

2 dood in Israeliese aanval op Libanon

Libanon sê twee mense is Donderdag in ’n Israeliese aanval op die suide van die land dood.

Dit is die jongste dodelike aanval ten spyte van ’n skietstilstand in November tussen Israel en Hezbollah.

“Die Israeliese vyandelike aanval wat ’n voertuig op die Djarmak-Chardali-pad geteiken het, het gelei tot ’n voorlopige dodetal van twee en nog ’n persoon wat gewond is,” het Libanon se ministerie van gesondheid in ’n verklaring gesê.

Die gebied is ongeveer 10 km van die Israeliese grens geleë. – AFP


2025-10-02 06:47:29

Flottielje-passasiers sal na Europa gedeporteer word

Die Israeliese ministerie van buitelandse sake sê dat hy die pro-Palestynse aktiviste aan boord van vaartuie van die Global Sumud-flottielje, wat deur Israeliese vlootmagte onderskep is, na Europa sal deporteer.

“Die Hamas-Sumud-passasiers op hul seiljagte is veilig en vreedsaam op pad na Israel, waar hul deportasie-prosedures na Europa sal begin. Die passasiers is veilig en verkeer in goeie gesondheid,” het die ministerie gesê. – AFP


2025-10-02 07:05:24

Meer as 12 sonskerms om veiligheidsredes in Australië verwyder

Die vervaardigers van meer as 12 sonskerms het verkope in Australië gestaak nadat ’n ontleding deur ’n verbruikersvoorspraakgroep bevind het dat baie van hulle nie die sonbeskermingsfaktor (SPF) bied wat hul vervaardigers beweer hulle bied nie.

Die ondersoek in Junie deur die verbruikersgroep Choice het bevind dat van 20 gewilde handelsmerke van sonskerm wat getoets is, slegs vier akkuraat ooreengestem het met hul SPF soos aangedui.

Die land het die hoogste koers van velkanker ter wêreld. – AFP


2025-10-02 08:18:36

Turkye ondersoek onderskepping van flottielje

Die hoofaanklaer se kantoor in Istanboel het Donderdag aangekondig dat hulle ’n ondersoek van stapel gestuur het nadat Israeliese magte Turkse burgers aan boord van ’n flottielje wat na die Gasastrook op pad is met aktiviste en humanitêre hulp, in hegtenis geneem het.

Die kantoor het die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Seereg aangehaal en gesê hulle sal ondersoek instel na “misdade van vryheidsontneming, kaping of aanhouding van vervoermiddels, ernstige plundering, materiële skade en marteling”. – AFP


2025-10-02 08:27:59

Nederlandse owerhede waarsku maatskappye oor kletsbotte

Die owerhede in Nederland het Donderdag aan maatskappye en organisasies gesê dat hulle nie slegs op kletsbotte moet staatmaak om met verbruikers te kommunikeer nie en het hul gebruik beskryf as “een van die grootste irritasies” vir kliënte.

“Organisasies wat kletsbotte in hul dienste gebruik, moet mense altyd die opsie bied om met ’n verteenwoordiger te praat,” het die Nederlandse Databeskermingsowerheid (AP) gesê.

Firmas moet ook verseker dat verbruikers bewus is dat hulle met kletsbotte interaksie het en dat die masjiene nie ontwykende of verkeerde antwoorde verskaf nie. – AFP


2025-10-02 08:40:58

Kanada waarsku oor reis van persone met X-paspoorte

Die Kanadese regering het ’n waarskuwing uitgereik aan burgers met paspoorte met die nie-binêre “X”-geslagsaanduiding en gesê dat hulle probleme kan ondervind wanneer hulle Amerika probeer binnekom.

Die term "nie-binêr" verwys na persone wat nie as manlik of vroulik identifiseer nie.

“Terwyl die regering van Kanada paspoorte met ’n ‘X’-geslagsidentifiseerder uitreik, kan dit nie jou toegang of deurgang deur ander lande waarborg nie,” lui ’n verklaring deur die regering. – AFP


2025-10-02 09:00:55

Sampioen-moorde: Skuldige gaan appèl aanteken

Die Australiese vrou wat daaraan skuldig bevind is dat sy drie lede van haar vervreemde man se familie met giftige sampioene in bief-wellington vermoor het, gaan appèl teen haar skuldigbevinding aanteken.

Erin Patterson (33) is vroeg verlede maand lewenslange tronkstraf opgelê met die moontlikheid van parool ná 33 jaar.

Patterson se prokureurs het nog nie die redes vir die appèl aangedui nie.

Haar regspan het in die verhoor aangevoer dat sy ná 30 jaar die kans op vrylating gegee moet word. – AFP

Convicted killer Erin Patterson (L) leaves the Supreme Court of Victoria in Melbourne on September 8, 2025. An Australian judge sentenced Patterson on September 8 to life in prison with parole after 33 years for killing three people with toxic mushrooms, capping a trial that sparked a global media frenzy. (Photo by William WEST / AFP) (WILLIAM WEST/AFP)

Erin Patterson verlaat verlede maand die hooggeregshof in Victoria. Foto: AFP


2025-10-02 09:09:13

Zelenski waarsku oor Rusland op leiersberaad

Pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne het op ’n Europese leiersberaad gewaarsku dat Rusland die vermoë het om die lugruim op enige plek op die vasteland te skend.

“As die Russe dit waag om hommeltuie teen Pole te lanseer, of die lugruim van Noord-Europese lande te skend, beteken dit dat dit enige plek kan gebeur.

“In Wes-Europa, in die suide, het ons vinnige en effektiewe reaksie- en verdedigingsmagte nodig wat weet hoe om hommeltuie te hanteer.” – AFP


2025-10-02 09:37:17

Soek- en reddingsoperasies in Filippyne afgelas

Die Filippynse owerhede het Donderdag soek- en reddingsoperasies in die provinsie Cebu beëindig nadat ’n aardbewing van 6,9 laat Dinsdag naby die gebied getref het.

Die soektog is afgelas omdat die huidige dodetal van 72 na verwagting nie veel hoër sal styg nie en alle vermiste persone opgespoor is.

Die aandag sal nou toegespits word op die lewering van hulp aan oorlewendes.

Meer as 20 000 mense is ontheem en meer as 300 beseer. – Reuters


2025-10-02 10:06:46

4 beseer in aanval by sinagoge in Manchester

Die Britse polisie sê vier mense is beseer in 'n aanval naby ’n sinagoge in Manchester, Noordwes-Engeland.

Drie mense is blykbaar deur 'n voertuig raakgery en 'n vierde man is gesteek.

Die polisie het die aanvaller geskiet. Dit is nie bekend of hy oorleef het nie. 

Dit het by die Heaton Park Hebrew Congregation-sinagoge in Crumpsall gebeur. – Reuters

Police officers work at the scene following an incident outside a synagogue, in Manchester Emergency personnel work at the scene, after a reported attack in which a car was driven at pedestrians and one person was stabbed near a synagogue in north Manchester, Britain, October 2, 2025. REUTERS/Phil Noble (Phil Noble/REUTERS)

Nooddienste en polisiebeamptes op die toneel. Foto: Reuters


2025-10-02 10:37:15

Rusland vaar uit teen VN-sanksies teen Iran

Maria Zacharowa, woordvoerder van die Russiese ministerie van buitelandse sake, sê dat die oplê van die Verenigde Nasies se sanksies teen Iran ’n onwettige daad is, wat deur die Weste gedryf is en die krisis oor die land se kernprogram verdiep het.

Die Verenigde Nasies het op 27 September sanksies teen Iran oor sy kernprogram heropgelê, ná ’n proses wat deur Europese moondhede aangevoor is.

Teheran het gewaarsku dat hierdie stap met ’n kwaai reaksie begroet sal word. – Reuters


2025-10-02 10:53:19

Meer as 16 000 dood weens geweld in Haïti

Meer as 16 000 mense is sedert die begin van 2022 in gewapende geweld in Haïti dood, het die Verenigde Nasies Donderdag gesê en gewaarsku dat “die ergste dalk nog gaan kom”.

Geweld het sedert Maart toegeneem en verskerp, het Volker Türk, hoof van menseregte by die VN, aan die Menseregteraad gesê.

“Ons kan en moet hierdie situasie vir die mense van Haïti omdraai.” – AFP


2025-10-02 11:19:27

Starmer sê sekuriteit by sinagoges opgeskerp ná aanval

Keir Starmer, Britse premier, sê dat sekuriteit by sinagoges oor Brittanje heen verskerp word ná ’n aanval Donderdag in Manchester waarin vier mense beseer is.

"Ek kan bevestig dat bykomende polisiepersoneel na sinagoges oor die land heen ontplooi word en ons sal alles doen om ons Joodse gemeenskap veilig te hou," het Starmer gesê terwyl hy voorberei het om 'n vlug terug na Brittanje te haal vanaf Denemarke waar hy ’n spitsberaad van Europese leiers bygewoon het.

Die polisie sê ‘n verdagte is Donderdag geskiet nadat vier mense beseer is naby ’n sinagoge in Manchester in die noordweste van Engeland. – AFP


2025-10-02 11:25:58

8 sterf tydens protesoptogte in Pakistan se Kasjmir

Minstens agt mense is dood in gewelddadige protesoptogte in die Pakistan-beheerde deel van Kasjmir.

Shehbaz Sharif, Pakistanse premier, het intussen 'n komitee van senior amptenare saamgestel om die voortdurende konflik op te los.

Beperkte besonderhede is bekend oor die volle omvang van die protesoptogte, wat uitgebreek het toe mense van nabygeleë dorpe Maandag by die streekhoofstad Muzaffarabad saamgedrom het.

Owerhede het sedertdien telefoonverbindings en toegang tot die internet in die streek afgesny, waar die beheer verdeel is tussen Pakistan en Indië. – Reuters


2025-10-02 11:33:37

Sinagoge-aanval in Manchester: 2 dood

Twee mense is dood, volgens die jongste inligting oor ’n aanval Donderdag by ’n sinagoge in Manchester, het die polisie gesê.

" 'n Man wat vermoedelik die oortreder is, is deur die polisie geskiet," het die polisie op X geskryf en bygevoeg dat sy dood nog nie bevestig kon word nie weens "verdagte items aan sy lyf".

'n Bom-opruimingseenheid is na die toneel ontbied. Die polisie het bygevoeg dat nog drie mense ernstig beseer is. 

Koning Charles III het intussen gesê hy is “diep geskok, bedroef” oor die aanval by die sinagoge. – AFP


2025-10-02 11:39:30

In solidariteit met die Palestyne...

Students hold a strike in support of Palestinians in Madrid A demonstrator holds a Palestinian flag, as students march during a student strike to support Palestinians in Gaza and to condemn the Israeli force's interception of vessels from the Global Sumud Flotilla, in Madrid, Spain, October 2, 2025. REUTERS/Susana Vera (Susana Vera/REUTERS)

’n Betoger hou ’n Palestynse vlag vas terwyl studente deelneem aan ’n betoging in Madrid in Spanje om die Palestyne in die Gasastrook te ondersteun en Israel se onderskepping van vaartuie van die Global Sumud-flottielje te veroordeel.

Foto: Reuters


2025-10-02 12:00:41

36 dood, 200 beseer by kerk in Ethiopië

Minstens 36 mense is dood en meer as 200 ander beseer by 'n godsdienstige fees in Ethiopië toe houtsteierwerk onder hulle in 'n halfgeboude kerk ineengestort het, sê die polisie.

Die tydelike houtstruktuur het Woensdag meegegee onder die gewig van aanbidders wat die Arerti St. Mary-kerk in Minjar Shenkora Woreda in die Noord-Shewa-sone van die Amhara-streek besoek het, sê Ahmed Gebeyehu, die plaaslike polisiehoof.

Die dodetal kan styg aangesien sommige van die beseerdes in 'n kritieke toestand is, het Gebeyehu bygevoeg. – Reuters


2025-10-02 12:01:49

Hou verby, meneer...

MANCHESTER, ENGLAND - OCTOBER 2: Members of the public and congregants seen as Police and other emergency responders attend the Heaton Park Hebrew Congregation Synagogue, where multiple were injured after stabbing and car attack on Yom Kippur, on October 2, 2025 in the Crumpsall suburb of Manchester, England. Greater Manchester Police said they were called to the scene shortly after 9:30 AM, when a witness said the assailant drove a car at people and then stabbed someone. Police then shot the suspected attacker. (Photo by Christopher Furlong/Getty Images) (Christopher Furlong/Getty Images)

Britse polisiebeamptes keer 'n lid van die publiek voor by 'n misdaadtoneel by 'n sinagoge in Crumpsall, 'n voorstad van Manchester in Engeland.Twee mense is dood en drie gewond in 'n aanval op die Joodse sinagoge waar mense aanbid het tydens Jom Kippoer, die heiligste dag op die Joodse kalender.

Foto: Getty Images


2025-10-02 12:10:40

Kaptein van Russiese tenkskip aangehou

Die Chinese kaptein van 'n tenkskip van Rusland se "skaduvloot" sal vroeg volgende jaar in 'n Franse hof verhoor word omdat hy weier om bevele van die Franse owerhede te gehoorsaam, het aanklaers Donderdag gesê.

Die kaptein en eerste stuurman van die Boracay, 'n vaartuig wat deur die Europese Unie (EU) op die swartlys geplaas is, is Dinsdag aangehou omdat hulle weier om bewyse van hul nasionaliteit te lewer of met die Franse owerhede saam te werk.

Die kaptein moet in Februarie in die hof verskyn. Die eerste stuurman is vrygelaat, het die staatsaanklaer se kantoor in die noordwestelike stad Brest gesê. – AFP


2025-10-02 12:19:19

Aardbewing skud Istanbul

‘n Aardbewing met ‘n sterkte van 5,0  het Donderdagoggend geboue in Istanbul, Turkye se hoofstad, laat skud en daartoe gelei dat talle inwoners paniekerig na buite moes vlug.

Die Turkse ramp-agentskap, AFAD, het bevestig die aardbewing se episentrum was in die Marmara-see, suidwes van Istanboel, waar ‘n bekende geologiese foutlyn loop.

Volgens die agentskap is daar geen groot skade of beserings aangemeld nie, hoewel  vrese vir 'n  moontlike groter aardbewing onder inwoners posgevat het. 

Seismoloë waarsku al die afgelope paar jaar dat die breuklyn onder die Marmara-see ‘n groot aardbewing in die toekoms sou veroorsaak. – Reuters


2025-10-02 12:31:23

Gereed vir enigiets…

Police officers stand next to protestors as they take part in a demonstration in Nantes, western France, on October 2, 2025, as part of a nation-wide day of strike called by France's eight biggest workers unions for "social justice" measures. (Photo by Loic VENANCE / AFP) (LOIC VENANCE/AFP)

Lede van die Franse onlustepolisie monitor betogers wat deelneem aan ’n teenregeringsbetoging in reaksie op voorgestelde besparingsmaatreëls, bestedingsbesnoeiings en vermeende inbreuke op burgerlike vrygheid in Nantes in die weste van Frankryk. Foto: AFP


2025-10-02 13:03:56

Indonesië wil omvang van radioaktiewe besoedeling bepaal

Indonesië se kernagentskap werk steeds daaraan om die omvang van 'n gebied te bepaal wat deur radioaktiewe besoedeling geraak word. Die ondersoek hou verband met 'n skrootmetaalaanleg in 'n nywerheidsgebied naby Djakarta waar hoë vlakke van radioaktiwiteit gevind is.

Die besoedeling is die eerste keer in bevrore garnale opgespoor wat in Augustus na Amerika vir verbruik gestuur is. Die besending is deur 'n plaaslike maatskappy versend wat in die einste nywerheidsgebied geleë is.

"Hopelik sal ons teen vroeg volgende week die totale omvang van die besoedelde gebied weet," sê 'n woordvoerder van die kernagentskap. – Reuters


2025-10-02 13:12:50

Rusland en Oekraïne ruil weer krygsgevangenes uit

Rusland en Oekraïne het Donderdag elk 185 krygsgevangenes uitgeruil as deel van die jongste in 'n reeks uitruilings wat voortduur ondanks die oorlog wat steeds woed. Gesprekke rakende die beëindiging van die oorlog loop gereeld op 'n dooiepunt uit.

Die Russiese ministerie van verdediging sê "185 Russiese dienspligtiges is deur Oekraïne terugbesorg" en dat 20 burgerlikes ook as deel van die uitruiling vrygelaat is.

Pres. Wolodimir Poetin van Rusland het die uitruiling bevestig en op sy beurt foto's van die vrygelate Oekraïners geplaas, toegedraai in nasionale vlae, glimlaggend met nuutgeskeerde koppe. – AFP


2025-10-02 13:14:29

'Ek wil saam oorlog voer!'

A visitor walks next to the painting "The Sons of the Motherland" by Kim Yeong Chan during North Korean arts exhibition in Moscow on October 2, 2025. North Korean soldiers and their Russian "comrades" facing the Ukrainian army, portraits of leader Kim Jong Un, or the preparation of kimchi: an exhibition of North Korean paintings in Moscow illustrates the increasingly close ties with Pyongyang. With astonishing realism, the oil painting "For a Brother in Arms" captures the visitor with its Pyongyang soldiers in the heat of battle, machine guns in hand and enthusiasm evident. Further on, a canvas depicts the brotherhood between Russian and North Korean soldiers with flags flying. Other artists depict missile launchers or fighter jets striking an island. (Photo by Alexander NEMENOV / AFP) / RESTRICTED TO EDITORIAL USE - MANDATORY MENTION OF THE ARTIST UPON PUBLICATION - TO ILLUSTRATE THE EVENT AS SPECIFIED IN THE CAPTION (ALEXANDER NEMENOV/AFP)

’n Besoeker besigtig Donderdag ’n kunsuitstalling in Moskou deur Noord-Koreaanse kunstenaars wat Noord-Korea se betrokkenheid by die oorlog tussen Oekraïne en Rusland uitbeeld. Foto: AFP


2025-10-02 13:30:23

Britse polisie bevestig dood van aanvaller by sinagoge

Die Britse polisie het bevestig dat drie mense Donderdag dood is ná ’n aanval by ’n sinagoge in Manchester, Engeland.

Die voorval het by die Heaton Park Hebrew Congregation-sinagoge in die Crumpsall-distrik gebeur. Die aanvaller het volgens ooggetuies voetgangers omgery en ’n sekuriteitswag by die sinagoge gesteek op Jom Kippoer, die heiligste dag op die Joodse kalender.

Die verdagte, wat glo ’n bom by hom gehad het, is doodgeskiet nadat die polisie op die toneel aangekom het. – Reuters


2025-10-02 14:01:54

Een, twee, drie … lig daai arms!

Rashtriya Swayamsevak Sangh (RSS) volunteers take part in the Hindu nationalist organisation�s centenary celebrations at Reshimbagh Ground in Nagpur on October 2, 2025. (Photo by Idrees MOHAMMED / AFP) (IDREES MOHAMMED/AFP)

Vrywilligers van die Rashtriya Swayamsevak Sangh (RSS) neem Donderdag aan dié Hindoe- nasionalistiese organisasie se eeufeesvieringe in Nagpur, Indië, deel. Foto: AFP


2025-10-02 14:09:18

Hitteverwante sterftes in Spanje 88% meer as laas jaar

Die getal hitteverwante sterftes in Spanje tussen 16 Mei en 30 September het 3 832 bereik, ’n toename van 87,6% vergeleke met dieselfde tydperk in 2024, het die gesondheidsministerie Donderdag gesê.

Mense ouer as 85 maak byna tweederdes van die sterftes uit, en amper 96% was ouer as 65, het die ministerie in ’n verklaring gesê.

Spanje het vanjaar deur sy warmste somer geworstel sedert rekordhouding in 1961 begin is, met ’n gemiddelde temperatuur van 24,2 °C. – AFP


2025-10-02 14:36:54

2 vas ná ‘terreur-aanval’ op Manchester-sinagoge

Die Britse polisie sê die aanval Donderdag op ’n sinagoge naby Manchester word as ’n terreurvoorval beskou, en glo hulle weet wie die aanvaller is, het die land se senior teen-terreurbeampte Donderdag gesê.

Laurence Taylor het aan verslaggewers gesê twee arrestasies is gemaak, en dat patrollies landwyd verskerp is. 

Die aanvaller het volgens ooggetuies voetgangers omgery en ’n sekuriteitswag by die sinagoge gesteek op Jom Kippoer, die heiligste dag op die Joodse kalender.

Die verdagte, wat glo ’n bom by hom gehad het, is doodgeskiet nadat die polisie op die toneel aangekom het. – Reuters

People near the scene following an incident outside a synagogue, in Manchester People react near the scene, after an attack in which a car was driven at pedestrians and stabbings were reported near a synagogue in north Manchester, Britain, October 2, 2025. REUTERS/Phil Noble TPX IMAGES OF THE DAY (Phil Noble/REUTERS)

Mense Donderdag naby die toneel ná ’n aanval op die Heaton Park Hebrew Congregation-sinagoge in die Crumpsall-distrik van Manchester waarin drie mense dood is. Foto: Reuters


2025-10-02 15:15:27

Tomahawks vir Oekraïne ‘sal spanning eskaleer’, maan Russe

Indien Amerika Tomahawk-missiele aan Oekraïne verskaf vir aanvalle diep in Rusland, sal dit ’n eskalasie in spanning tussen Rusland en die Weste beteken, het die Russiese regering Donderdag gewaarsku.

Dmitri Peskof, woordvoerder, het gesê Rusland is bewus van berigte dat Amerika so ’n stap oorweeg, en dat indien dit gebeur, dit Rusland sal noop om te reageer.

“As dit gebeur, sal dit nuwe, ernstige spanning veroorsaak wat ’n gepaste reaksie van die Russiese kant sal vereis,” het Peskof gesê. – Reuters


2025-10-02 15:30:43

Die dag ná Ethiopiese kerktragedie

Aftermath of a wooden scaffolding collapse at the St. Mary Orthodox Church in Arerti A blood-stained shoe lies at the scene of a wooden scaffolding collapse that killed faithful, at the St. Mary Orthodox Church in Arerti, Ethiopia, October 2, 2025. REUTERS/ Tiksa Negeri TPX IMAGES OF THE DAY (Tiksa Negeri/REUTERS)

’n Bloedbevlekte skoen lê op die toneel waar minstens 36 mense dood en meer as 200 Woensdag beseer is tydens ’n godsdiensfees by die St. Mary- Ortodokse Kerk in Arerti, Ethiopië. Houtsteierwerk het onder hulle ineengestort in die halfgeboude kerk. Foto: AFP


2025-10-02 15:34:10

Aanval op Britse sinagoge: ‘Geen plek’ vir anti-Semitisme, sê EU

Die Europese Unie (EU) het ’n dodelike aanval buite ’n sinagoge in Brittanje as “afstootlik” veroordeel, met die blok se hoof wat belowe het om haat en anti-Semitisme te bly beveg.

“Die doelbewuste aanval in Manchester op onskuldige aanbidders by ’n sinagoge op Jom Kippoer is skokkend afstootlik. Haat, anti-Semitisme en geweld het geen plek in ons samelewing nie,” het Kaja Kallas, die EU se hoof van buitelandse beleid, op X gesê.

“Ons moet voortgaan om anti-Semitisme in al sy vorme te beveg,” het Ursula von der Leyen, president van die Europese Kommissie, gesê. – AFP

Emergency personnel work at the scene following an incident outside a synagogue, in Manchester Emergency personnel work at the scene, after an attack in which a car was driven at pedestrians and stabbings were reported near a synagogue in north Manchester, Britain, October 2, 2025. REUTERS/Phil Noble (Phil Noble/REUTERS)

Noodreddingswerkers en polisielede op die toneel van 'n aanval by 'n sinagoge in Manchester, Brittanje. Foto: Reuters


2025-10-02 15:53:18

Wêreld niks nader aan vrede ná die Alaska-beraad – Kremlin

Die wêreld is ’n maand en ’n half ná die beraad in Alaska tussen presidente Donald Trump en Wladimir Poetin nie nader aan vrede nie, het Dmitri Peskof, die Kremlin-woordvoerder, Donderdag gesê.

Volgens Peskof moedig Europa Oekraïne aan om onderhandelings te laat vaar om die oorlog met Rusland voort te sit. – Reuters


2025-10-02 16:03:00

Geen begrotingbesnoeiings nie!

Protesters take part in a demonstration in Lyon, central eastern France, on October 2, 2025, as part of a nation-wide day of strike called by France's eight biggest workers unions for "social justice" measures. (Photo by JEFF PACHOUD / AFP) (JEFF PACHOUD/AFP)

Betogers neem Donderdag deel aan ’n optog in Lyon, Frankryk, as deel van ’n landwye dag van stakings wat deur Frankryk se agt grootste vakbonde uitgeroep is oor planne vir skerp besnoeiings in volgende jaar se nasionale begroting. Tienduisende betogers het aan optogte in stede oor Frankryk heen deelgeneem. Foto: AFP


2025-10-02 16:15:39

3 dood in betogings oor hervorming in Marokko

Drie mense is in betogings in Marokko dood waarin hervormings van die openbare gesondheid- en onderwyssektor geëis word, het Aziz Achannoetsj, die land se eerste minister, Donderdag gesê in sy eerste openbare toespraak sedert die onrus byna ’n week gelede begin het.

’n Woordvoerder van die ministerie van binnelandse sake het aan AFP gesê die drie betogers is dood nadat hulle Woensdagaand probeer het om ’n wetstoepassingskantoor te bestorm. – AFP


2025-10-02 16:35:50

Poetin beloof ‘beduidende’ reaksie op ‘Europa se militarisasie’

Rusland sal vinnig optree as Europa hom uittart, te midde van die die vasteland se militarisering “wat deur histerie gedryf word”. Maar, het pres. Wladimir Poetin Donderdag benadruk, hy het geen voorneme om die Amerikaans geleide Navo-alliansie aan te val nie.

“Ons hou die groeiende militarisasie van Europa fyn dop. As iemand steeds die begeerte het om in die militêre sfeer met ons mee te ding, voel vry, laat hulle probeer,” het Poetin aan ’n buitelandse beleidsforum gesê.

“Rusland se teenreaksie sal blitsig wees, en die reaksie op sulke bedreigings sal beduidend wees.”

Poetin het verder gesê Rusland het deur die eeue bewys dat hy vinnig sal reageer indien hy uitgelok word, en spesifiek verwys na Duitsland se ambisie om die magtigste leër in Europa te hê. – Reuters, AFP


2025-10-02 17:12:14

Egipte ‘sal geen verskuiwing van mense uit Gasastrook toelaat’

Egipte sal onder geen omstandighede die verskuiwing van Palestyne uit die Gasastrook toelaat nie, sê Badr Abdelatti, Egiptiese minister van buitelandse sake.

“Niemand gaan verskuif word nie. Dit gaan nie gebeur nie, want verskuiwing beteken die einde van die Palestynse saak. Ons sal onder geen omstandighede toelaat dat dit gebeur nie,” het Abdelatti Donderdag gesê op ’n byeenkoms by die Franse Instituut vir Internasionale Betrekkinge in Parys, Frankryk.

Die kwessie van die moontlike verskuiwing van inwoners uit die Gasastrook het onlangs groot internasionale kommer ontlok, veral sedert die verskerpte konflik tussen Israel en Palestynse groepe sedert Oktober 2023.

Sommige kenners vrees dat druk op Egipte om Palestyne oor sy grense toe te laat, kan lei tot ’n massa-ontheemding, wat die maatskaplike, ekonomiese en politieke struktuur van die streek wesenlik sal verander. – Reuters


2025-10-02 17:19:40

Brittanje moet haat teenoor Jode weer verslaan, sê Starmer

Haat teenoor Jode neem toe en Brittanje moet daaraan werk om dit te verslaan, het Keir Starmer, Britse premier, Donderdag gewaarsku nadat twee mense dood is in ’n aanval op ’n sinagoge in Manchester.

“Hoewel dit nie ’n nuwe haat is nie, is dit iets waarmee Jode nog altyd saamgeleef het,” sê Starmer in ’n videotoespraak waarin hy na die aanval verwys.

“Ons moet duidelik wees, dis ’n haat wat weer eens toeneem en Brittanje moet dit weer eens verslaan.” – AFP

LONDON, ENGLAND - SEPTEMBER 16: UK Prime Minister Keir Starmer seen during a meeting with some of the Hillsborough families in 10 Downing Street on September 16, 2025 in London, England. Prime Minister meets some of the Hillsborough families in Downing Street, as the Government introduces the Public Office (Accountability) Bill – to be known as the Hillsborough Law. (Photo by Leon Neal/Getty Images) (Leon Neal/Getty Images)

Keir Starmer Foto: Getty Images


2025-10-02 17:28:27

Poetin: ‘Ek is g’n tsaar, ek is deur die volk verkies’

Pres. Wladimir Poetin het Donderdag sterk gereageer teen bewerings dat hy soos ’n tsaar regeer. Poetin het dit op  ’n konferensie in die suide van Rusland duidelik gestel: “Nee, ek voel nie so nie. Alexander I was ’n keiser. Ek is ’n president wat deur die volk verkies is vir ’n spesifieke termyn.”

Poetin, wie se politieke loopbaan in 1999 begin het toe Boris Jeltsin hom as waarnemende president aangewys het, het dekades lank die mag in Rusland behou. Sedertdien het hy verskeie verkiesings gewen, met ’n onderbreking van ’n termyn as premier onder Dmitri Medwedef.

Hy het daarna herhaaldelik teruggekeer na die Kremlin. Sy jongste herverkiesing was in 2024. Hoewel Westerse leiers hom dikwels as ’n diktator en oorlogsmisdadiger bestempel, hou hy vol sy amp is wettig en grondwetlik verkry. Kritici, veral vanuit die buiteland, beskuldig Poetin egter daarvan dat hy Rusland verander het in ’n korrupte outokrasie wat op ’n ramp afstuur. – Reuters


2025-10-02 17:34:39

Minstens vyf mense sterf toe vlamme hotel verswelg in Costa Rica

Minstens vyf mense is Donderdag dood toe ’n brand ’n hotel in die hoofstad van Costa Rica, ’n belangrike Karibiese toeristebestemming, verswelg het.

Reddingswerkers sê die brand het by dagbreek op die derde verdieping van die Oriente-hotel in San José ontstaan.

Volgens brandbestryders is ’n bejaarde egpaar onder die slagoffers wat in die brand omgekom het.

Die oorsaak van die voorval word ondersoek. – AFP


2025-10-02 17:42:50

‘En wat doen dié knoppie?’

CONINGSBY, ENGLAND - OCTOBER 2: Catherine, Princess of Wales, Royal Honorary Air Commodore, is shown a Typhoon aircraft as she is given a tour of the new Typhoon Future Synthetic Training facility at RAF Coningsby in Lincolnshire during her first official engagement at the station, on October 2, 2025 in Coningsby, England. During the visit, Her Royal Highness learned about the station's operational role, met Quick Reaction Alert personnel, viewed a Typhoon aircraft, and toured the new Typhoon Future Synthetic Training facility, and also met families of personnel serving at the base. (Photo by James Glossop - WPA Pool/Getty Images) (WPA Pool/Getty Images)

Catherine, prinses van Wallis, besigtig die kajuit van ’n Typhoon-vliegtuig van die Britse lugmag tydens ’n besoek aan ’n opleidingsentrum in Lincolnshire, Engeland. Foto: Getty Images


2025-10-02 18:00:37

Netanyahu prys vloot vir onderskepping van hulpflottielje

Benjamin Netanyahu, premier van Israel, het Donderdag die Israeliese vloot geprys vir die onderskepping van ’n hulpflottielje met aktiviste wat op pad was na die Gasastrook.

“Ek prys die soldate en bevelvoerders van die vloot wat hul sending op Jom Kippoer (die heiligste dag op die Joodse kalender) op die mees professionele en doeltreffende wyse uitgevoer het,” sê Netanyahu in ’n verklaring.

“Hul belangrike optrede het verhinder dat tientalle skepe die oorlogsone binnegaan. Hulle het ’n veldtog van delegitimisering teen Israel afgeweer,” sê Netanyahu. – AFP


2025-10-02 18:16:42

Amerikaanse vegvliegtuie nader glo Venezuela se kus

Vyf Amerikaanse vegvliegtuie is naby sy kuslyn opgemerk, het Venezuela Donderdag gesê, wat die spanning met Amerika verder laat oplaai.

Vladimir Padrino López, Venezuela se minister van verdediging, sê Venezuela se lugverdedigingstelsels en die land se grootste lughawe het “meer as vyf vegvliegtuie” waargeneem wat “dit gewaag het om die Venezolaanse kus te nader”.

Die betrekkinge tussen Venezuela en Amerika is die afgelope dekade uiters gespanne. Amerika het verskeie sanksies teen Venezuela ingestel en steun openlik die opposisie teen pres. Nicolás Maduro. Venezuela beskou ook die Amerikaanse militêre teenwoordigheid in die Karibiese gebied as ’n direkte bedreiging vir sy soewereiniteit. – AFP


2025-10-02 18:31:40

Gereed vir ’n bekgeveg

Russian President Putin attends Valdai forum in Sochi Russia's President Vladimir Putin delivers a speech during the Valdai Discussion Club annual international conference in Sochi, Russia, October 2, 2025. Sputnik/Mikhail Metzel/Pool via REUTERS ATTENTION EDITORS - THIS IMAGE WAS PROVIDED BY A THIRD PARTY. (Mikhail Metzel/via REUTERS)

Pres. Wladimir Poetin lewer ’n toespraak op die Waldai-dinkskrum se jaarlikse internasionale konferensie in Sotsji, Rusland. Foto: Reuters


2025-10-02 18:38:16

Hulpflottielje na Gasa: Meer as 400 aktiviste deur Israeliese vloot aangehou

Meer as 400 pro-Palestynse aktiviste wat aan boord was van 41 skepe in ’n hulpflottielje op pad na die Gasastrook, word deur die Israeliese vloot aangehou.

“In ’n operasie wat sowat 12 uur geduur het, het Israeliese vlootsoldate ’n grootskaalse invalpoging deur honderde individue aan boord van 41 skepe gefnuik wat hul voorneme verklaar het om die wettige maritieme veiligheidsversperring op die Gasastrook te oortree,” sê ’n Israeliese staatsamptenaar.

“Aan die einde van die operasie is meer as sowat 400 deelnemers veilig na die Ashdod-hawe oorgeplaas vir verwerking deur die Israeliese polisie.” – AFP


2025-10-02 19:04:34

Los die Gasa-hulpflottielje uit!

Pro-Palestinian protest to condemn the interception of some of the Global Sumud Flotilla, in Rome Pro-Palestinian demonstrators take part in a protest outside the Colosseum to condemn the Israeli forces' interception of some of the vessels of the Global Sumud Flotilla aiming to reach Gaza and break Israel's naval blockade, in Rome, Italy, October 2, 2025. REUTERS/Vincenzo Livieri TPX IMAGES OF THE DAY (Vincenzo Livieri/REUTERS)

Pro-Palestynse betogers neem Dinsdag deel aan ’n betoging buite die Kolosseum in Rome, Italië, om Israel se onderskepping van vaartuie van die Global Sumud-hulpflottielje te veroordeel.  Foto: Reuters


2025-10-02 19:13:56

Aanval op Britse sinagoge: Israel ‘met afgryse vervul’

Gideon Sa’ar, Israel se minister van buitelandse sake, het Donderdag gesê hy is met afgryse vervul oor die aanval buite ’n sinagoge in Manchester. Hy het die Britse owerhede daarvan beskuldig dat hulle versuim om “die toenemende antisemitisme” in Brittanje hok te slaan.

“Ek is met afgryse vervul deur die moorddadige aanval...  op die oggend van die heiligste dag vir die Joodse volk: Jom Kippoer,” het  Sa’ar op X gesê.

“Die waarheid moet gepraat word: Blatante en wydverspreide antisemitiese en anti-Israeliese opsweping... het ’n algemene verskynsel geword in ... Brittanje.” – AFP


2025-10-02 19:40:06

Musk skaar hom by ‘kanselleer Netflix’-veldtog

Elon Musk het Donderdag sy 227 miljoen volgelinge op sosiale media aangespoor om hul Netflix-intekening te kanselleer.

Hy beskuldig die stromingsplatform daarvan dat hy sogenaamde transgender-propaganda bevorder.

Die veldtog het begin nadat die skepper van ’n Netflix-reeks beskuldig is van oneerbiedige opmerkings oor die sluipmoord op Charlie Kirk.

Netflix se aandele het Woensdag met 2% geval en Donderdag op Wall Street met nog sowat 2%.

“Kanselleer Netflix,” het Musk in ’n plasing op X, die platform wat hy besit, geskryf.

In ’n latere plasing het Musk sy volgelinge aangemoedig om “Netflix te kanselleer ter wille van die gesondheid van jul kinders”. – AFP


2025-10-02 20:03:43

Feestyd in Kulasekharapatnam

Devotees take part in the Kulasai Dasara festival in Kulasekharapatnam A Hindu devotee dressed as Goddess Kali performs a ritual during the Kulasai Dasara festival in Kulasekharapatnam, Tamil Nadu, India, October 2, 2025. REUTERS/Priyanshu Singh TPX IMAGES OF THE DAY (Priyanshu Singh/REUTERS)

’n Hindoe-toegewyde, opgemaak as die godin Kali, voer Donderdag ’n ritueel uit by die Kulasai Dasara-fees in die dorp Kulasekharapatnam in Indië. Foto: Reuters


2025-10-02 20:05:33

Geen rol vir Hamas in Gasastrook se toekoms, sê Egipte

Daar kan geen toekomstige rol vir Hamas in die Gasastrook wees nie, het Badr Abdelatti, Egipte se minister van buitelandse sake, Donderdag gesê.

Die militante Palestynse groep oorweeg tans sy reaksie op die Amerikaanse vredesplan vir die Gasastrook.

"Hamas het geen rol op die dag daarna nie," het Abdelatti gesê. "Hulle verstaan baie goed dat hulle geen rol daarna het nie, en dit is ’n feit." – AFP


2025-10-02 20:30:04

Sinagoge-aanvaller Britse burger van Siriese afkoms – polisie

Die Britse polisie het Donderdag gesê hulle glo die verdagte in die dodelike aanval buite ’n sinagoge in Manchester is Jihad al-Shamie, ’n 35-jarige Britse burger van Siriese afkoms.

Die polisie het bygevoeg drie verdagtes – twee mans in hul 30’s en ’n vrou in haar 60’s – is tans in aanhouding en word “aangehou op vermoede van die pleeg, voorbereiding en aanhitsing van terreurdade”.

Al-Shamie is deur gewapende beamptes doodgeskiet nadat hy met ’n motor in voetgangers ingery het en minstens een persoon buite ’n sinagoge gesteek het op Jom Kippoer, die heiligste dag op die Joodse kalender. – Reuters

People gather near the scene following an incident outside a synagogue, in Manchester People react near the scene, after a report of an incident in which a car was driven at pedestrians and a stabbing attack outside a synagogue, in north Manchester, Britain, October 2, 2025. REUTERS/Temilade Adelaja TPX IMAGES OF THE DAY (Temilade Adelaja/REUTERS)

Mense Donderdag naby die toneel ná ’n aanval waarin drie mense by die Heaton Park Hebrew Congregation-sinagoge in die Crumpsall-distrik van Manchester dood is.  Foto: Reuters


2025-10-03 03:29:08

Bedrywighede by München-lughawe opgeskort weens hommeltuie

Die München-lughawe in Duitsland het vroeg Vrydag gesê dat waarnemings van hommeltuie Donderdagaand lugverkeerbeheer gedwing het om bedrywighede op te skort.

Dit het gelei tot die kansellasie van 17 vlugte en die ontwrigting van byna 3 000 passasiers se reise.

Nog 15 aankomende vlugte is na ander lughawens herlei.

Dit is die jongste ontwrigting deur hommeltuie in Europese lugvaart nadat hommeltuig-waarnemings verlede week tot die tydelike sluiting van lughawens in Denemarke en Noorweë gelei het. – Reuters

Drone sightings at Munich Airport dpatop - 03 October 2025, Bavaria, Munich: People wait on cots after drone sightings and flight cancellations at Munich Airport. Around 20 flights were canceled at Munich Airport on Thursday evening due to drone sightings. Photo: Jason Tschepljakow/dpa (Photo by Jason Tschepljakow/picture alliance via Getty Images) (picture alliance/dpa/picture alliance via Getty I)

Mense wag Donderdagaand in die München-lughawe ná vlugkansellasies. Foto: Getty Images/Picture Alliance


2025-10-03 03:33:50

Vrou gevonnis wat erken sy wou 3-jarige verdrink

’n Vrou van Texas is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis nadat sy gepoog het om ’n driejarige Palestyns-Amerikaanse Moslemmeisie te verdrink.

Die voorval het in Mei 2024 plaasgevind en is volgens die polisie deur rassevooroordeel gemotiveer.

Hofrekords en verrigtinge het getoon dat Elizabeth Wolf (43) skuld beken het aan poging tot moord en die besering van ’n kind.

Die aanval is deur voormalige president Joe Biden veroordeel. – Reuters


2025-10-03 03:38:47

Trump-administrasie gee $230 miljoen aan Libanon vir ontwapening van Hezbollah

Pres. Donald Trump se administrasie het vandeesweek $230 miljoen vir Libanon se veiligheidsmagte goedgekeur in hul pogings om Hezbollah te ontwapen, het bronne in Washington en Beiroet gesê. 

’n Libanese bron wat vertroud is met die besluit, sê die finansiering sluit in $190 miljoen vir die Libanese gewapende magte en $40 miljoen vir die interne veiligheidsmagte.

Die fondse is beskikbaar gestel net voordat Washington se fiskale jaar op 30 September geëindig het. – Reuters


2025-10-03 04:02:31

Poetin grap oor hommeltuie oor Denemarke

Pres. Wladimir Poetin het Donderdag gegrap dat hy nie meer hommeltuie oor Denemarke sal laat vlieg nie, met verwysing na voorvalle verlede week wat die sluiting van Deense lughawens veroorsaak het.

Rusland het verantwoordelikheid vir die voorvalle ontken.

Pole en sy Navo-bondgenote het verlede maand Russiese hommeltuie in die Poolse lugruim afgeskiet.

Poetin sê die “histerie” oor Russiese hommeltuie oor Europa is versin om aandag af te lei van die probleme in die Weste. – Reuters


2025-10-03 04:24:26

Enigste oorblywende boot van hulp-flottielje op pad na Gasastrook

Die enigste oorblywende boot in ’n flottielje wat hulp na die Gasastrook vervoer, vaar Vrydag na die oorloggeteisterde Palestynse gebied.

Dit volg nadat die Israeliese vloot die ander bote onderskep het wat wêreldwye betogings ontketen het.

Die Global Sumud Flotilla, bestaande uit tientalle bote met hulp, aktiviste en politici is vanaf Woensdag deur die Israeliese vloot onderskep.

Meer as 400 mense is aangekeer. – AFP

Protest to condemn the interception of some of the Global Sumud Flotilla vessels, in Athens Protesters hold a large Palestinian flag during a demonstration, after Israel intercepted some of the vessels of the Global Sumud Flotilla aiming to reach Gaza and break Israel's naval blockade, near the Israeli embassy in Athens, Greece, October 2, 2025. REUTERS/Louisa Gouliamaki TPX IMAGES OF THE DAY (Louisa Gouliamaki/REUTERS)

Betogers hou Dinsdag ’n groot Palestynse vlag vas gedurende ’n betoging in Athene, Griekeland, nadat Israel bote van die Global Sumud Flotilla onderskep het. Foto: Reuters


2025-10-03 04:29:40

Dodetal weens ineenstorting van kosskool styg tot 7

Die dodetal weens die ineenstorting van ’n kosskool in Java het Vrydag tot sewe gestyg nadat twee lyke uit die puin verwyder is.

’n Deel van die kosskool in die dorp Sidoarjo het Maandag skielik ineengestort terwyl leerlinge vir middaggebede bymekaar gekom het.

Twee seuns wat deur puin getref is, is Vrydag in die gebied waar die badkamers was, ontdek.

Amptenare het voorheen gesê 59 mense is onder die puin vasgekeer voordat die twee lyke Vrydag gevind is. – AFP


2025-10-03 05:01:50

München-lughawe heropen

Die München-lughawe in Duitsland het Vrydag heropen nadat dit laat Donderdagaand gesluit was weens waarnemings van hommeltuie.

Toe bedrywighede vroeg Vrydagoggend hervat is, het ’n Reuters-getuie passasiers sien inboek vir ’n vlug na Warna in Bulgarye, en die vertrekbord het getoon dat slegs ’n paar vlugte gekanselleer is.

Die opskorting van bedrywighede het gelei tot die kansellasie van 17 vlugte en die ontwrigting van byna 3 000 passasiers se reise. – AFP


2025-10-03 05:42:02

Dodetal weens tifoon Boealoi in Viëtnam styg steeds

Die dodetal in Viëtnam weens die tifoon Boealoi en die vloede wat dit meegebring het, het tot 51 gestyg.

Boealoi het Maandag in die noordelike dele van Sentraal-Viëtnam aan land gekom en sterk seestrome, sterk winde en swaar reën veroorsaak.

Minstens 14 mense word vermis en 164 is beseer, volgens ’n verslag van die regering se rampbestuursagentskap.

Meer as 230 000 huise is beskadig of oorstroom, en byna 89 000 hektaar rys en ander gewasse is vernietig. – Reuters


2025-10-03 05:47:09

Brand breek uit by Chevron se raffinadery in Los Angeles

’n Brand het by Chevron se El Segundo-raffinadery in die Los Angeles-distrik uitgebreek.

Die oorsaak van die voorval is onduidelik.

Beamptes en brandbestryders het hulle na die raffinadery gehaas ná berigte van ’n ontploffing.

Die polisie in El Segundo was nie bewus van enige onmiddellike beserings of ontruimings nie.

Die raffinadery se gegradeerde kapasiteit is 290 000 vate per dag, en die hoofprodukte is petrol, vliegtuigbrandstof en diesel, sê Chevron op sy webwerf. – Reuters


2025-10-03 06:13:40

Combs hoor Vrydag sy lot

Die hip-hop-ster Sean (Diddy) Combs (55) sal Vrydag gevonnis word ná sy skuldigbevinding op twee aanklagte verwant aan prostitusie.

Aanklaers het ’n regter versoek om Combs tot meer as 11 jaar tronkstraf te vonnis.

Combs se prokureurs het gevra dat die regter hom 14 maande tronkstraf oplê, wat effektiewelik die tydperk is wat hy reeds uitgedien het.

Combs kan tot 20 jaar agter tralies deurbring nadat ’n jurie hom op 2 Julie skuldig bevind het op twee aanklagte van die vervoer van manlike prostitute oor staatsgrense heen om dwelmgedrewe seksuele dade met sy vriendinne te pleeg terwyl hy gekyk, video’s opgeneem en gemasturbeer het. – AFP

Invest Fest 2023 ATLANTA, GEORGIA - AUGUST 26: Sean "Diddy" Combs attends Day 1 of 2023 Invest Fest at Georgia World Congress Center on August 26, 2023 in Atlanta, Georgia. (Photo by Paras Griffin/Getty Images) (Paras Griffin/Getty Images)

Sean (Diddy) Combs op ’n geleentheid in Atlanta, Georgia, op 26 Augustus 2023. Foto: Getty Images


2025-10-03 06:45:39

Britse minister kritiseer pro-Palestynse betogings ná aanval

Shabana Mahmood, Britse minister van binnelandse sake, het Vrydag gesê dat sy teleurgesteld was om te sien dat pro-Palestynse betogings Donderdagaand plaasgevind het net ure ná ’n dodelike aanval op ’n sinagoge in Manchester.

“Ek dink daardie gedrag is fundamenteel nie-Brits... Ek dink dis oneervol.”

Minstens twee mense is Donderdag gedurende Jom Kippoer-vieringe by ’n sinagoge in Engeland dood toe ’n motor tussen voetgangers ingejaag en die bestuurder ’n veiligheidswag gesteek het. – Reuters


2025-10-03 07:24:18

Hamas het meer tyd nodig om oor vredesplan te besluit

’n Hamas-amptenaar het Vrydag aan AFP gesê die groep het meer tyd nodig om ’n vredesplan vir die Gasastrook te bestudeer wat deur pres. Donald Trump voorgelê is.

“Hamas gaan steeds voort met konsultasies rakende Trump se plan... en het die bemiddelaars in kennis gestel dat die konsultasies aan die gang is en ons ’n rukkie nodig het,” het die amptenaar op voorwaarde van anonimiteit gesê.

Trump het Dinsdag vir Hamas ’n ultimatum van “drie of vier dae” gegee om sy plan te aanvaar. – AFP


2025-10-03 07:47:56

‘Hoë risiko van sabotasie teen Denemarke se gewapende magte’

Daar is ’n hoë risiko van sabotasie teen Denemarke se gewapende magte, sê Thomas Ahrenkiel, die direkteur van die Deense Verdedigingsintelligensiediens.

Hommeltuig-invalle verlede week het gelei tot die tydelike sluiting van ses Deense militêre en burgerlike lughawens.

Denemarke se intelligensiediens het bepaal dat Rusland tans ’n hibriede oorlog teen die Nordiese land sowel as teen die Weste voer, volgens Ahrenkiel.

“Dit beteken dat Rusland militêre middele gebruik, insluitend op ’n aggressiewe manier, om druk op ons te plaas sonder om die lyn in gewapende konflik oor te steek.” – Reuters


2025-10-03 08:33:26

5 polisiebeamptes beseer in betogings in Switserland

Die polisie in Switserland sê vyf van hul beamptes is in skermutselings in Genève beseer waartydens die polisie traangas en waterkanonne op betogers afgevuur het.

Die betogings het gehandel oor Israel se onderskepping van ’n hulp-flottielje wat na die Gasastrook op pad is.

Die aanvanklik vreedsame betoging deur ongeveer 3 000 mense, wat verkeer in die middestad tot stilstand gebring het, het laat Donderdag ontaard toe die betogers ’n brug genader het.

Sulke konfrontasies is skaars in Switserland, hoewel pro-Gasa-betogings momentum kry. – Reuters


2025-10-03 08:38:16

Londense polisie vra vir uitstel of kansellasie van pro-Palestynse betoging

Die Londense polisie het Vrydag die organiseerders van ’n beplande pro-Palestynse betoging in Londen wat Saterdag plaasvind, versoek om die geleentheid te kanselleer of uit te stel.

Dit volg na aanleiding van die dodelike aanval op ’n sinagoge in Manchester. Twee mense is in die aanval dood.

“Die verskriklike terroriste-aanval wat gister in Manchester plaasgevind het, sou aansienlike vrees en kommer in gemeenskappe oor Brittanje heen veroorsaak het, insluitend hier in Londen,” het die Metropolitaanse Polisie gesê. – Reuters


2025-10-03 08:42:32

Laaste oorblywende boot van flottielje na Gasastrook onderskep

Die organiseerders van ’n hulp-flottielje op pad na die Gasastrook sê Israel het Vrydag sy laaste oorblywende boot onderskep.

“Die Marinette, die laaste oorblywende boot van die Global Sumud Flotilla, is om 10:29 plaaslike tyd onderskep, ongeveer 42.5 seemyl van Gasa af,” het die organisasie gesê.

Hy het bygevoeg dat Israeliese vlootmagte “al 42 van ons vaartuie onwettig onderskep het, elk met humanitêre hulp, vrywilligers en die vasberadenheid om Israel se onwettige beleg van die Gasastrook te verbreek”. – AFP


2025-10-03 09:04:12

Verbeterde ekonomiese groei vir Zimbabwe verwag

Zimbabwe se ekonomiese groei sal na verwagting vanjaar tot ’n koers van 6% herstel, het die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) gesê.

Dit is vanweë verbeterende landbouproduksie, rekordhoë goudpryse en robuuste oorbetalings van sy burgers wat in die buiteland woon.

Ekonomiese groei in die land, wat met krediteure onderhandel om agterstallige skuld te delg en sy skuld te herstruktureer, het verlede jaar tot 1,7% gedaal.

“Ten spyte van volgehoue beleidsuitdagings, ervaar Zimbabwe ’n mate van makro-ekonomiese stabiliteit,” het die IMF gesê. – Reuters


2025-10-03 09:29:31

Kerk van Engeland stel eerste vroulike leier aan

Brittanje het Sarah Mullally Vrydag as die nuwe Aartsbiskop van Kantelberg aangestel, die eerste keer wat ’n vrou as leier van die Kerk van Engeland in sy 1 400-jarige geskiedenis aangewys is.

Mullally word ook die seremoniële hoof van sowat 85 miljoen Anglikane wêreldwyd.

Die Kerk van Engeland is sedert verlede November sonder ’n leier toe Justin Welby bedank het weens ’n skandaal oor kindermishandeling. – Reuters

Annual Lord Mayor's Banquet at Guildhall in London Bishop of London Sarah Mullally speaks during the annual Lord Mayor's Banquet at Guildhall in London, Britain, December 2, 2024. REUTERS/Mina Kim (Mina Kim/REUTERS)

Sarah Mullally Foto: Reuters


2025-10-03 09:54:28

Spanje wil aborsieregte in grondwet vaslê

Spanje se regering beplan om die reg op aborsie in die grondwet vas te lê, te midde van wat beskou word as ’n wêreldwye aanslag op reproduktiewe vryheid.

Indien dit goedgekeur word, sal die nasie die tweede land ter wêreld word wat aborsieregte grondwetlik maak nadat Frankryk dit verlede jaar gedoen het.

Spanje herdenk vier dekades sedert die wet in 1985 opgehou het om ’n misdaad te wees. – Reuters


2025-10-03 10:07:13

Amerikaanse Senaat stem weer oor begroting wat regeringsluiting bepaal

Die Amerikaanse Senaat sal Vrydag weer stem oor die begroting om ’n regeringsluiting te beëindig wat nou sy derde dag binnegaan.

Wetgewers blyk geen vordering te maak met ’n ooreenkoms wat hulle in staat sal stel om regeringsfinansiering te hervat nie.

Demokrate en Republikeine het oor die afgelope paar dae mekaar blameer vir hul mislukking om die regering ná 1 Oktober, die begin van die fiskale jaar, te finansier. – Reuters


2025-10-03 10:11:44

4 Italianers van hulp-flottielje deur Israel gedeporteer

Israel se ministerie van buitelandse sake sê vier Italiaanse aktiviste van ’n hulp-flottielje wat op pad na die Gasastrook was, is gedeporteer.

Dit volg nadat die Global Sumud-flottielje gesê het Israel het sy laaste boot onderskep. “Prosedures is aan die gang om die Hamas-Sumud-provokasie af te handel en die deportasie van die deelnemers aan hierdie slenter af te handel,” het die ministerie gesê.

“Vier Italiaanse burgers is reeds gedeporteer. Die res is in die proses om gedeporteer te word.” – AFP


2025-10-03 10:27:15

Een van sinagoge-slagoffers glo deur polisie doodgeskiet

Een van die slagoffers wat Donderdag in ’n aanval by ’n sinagoge in Manchester dood is, is na verneem word deur die polisie geskiet tydens hul pogings om die ongewapende aanvaller onder beheer te bring, het beamptes Vrydag in ’n verklaring gesê.

“Daar word tans geglo dat die verdagte, Jihad Al Shamie, nie in besit van ’n vuurwapen was nie en die enigste skote wat afgevuur is, was van beamptes,” lui die verklaring.

“Dit volg dus, onderhewig aan verdere forensiese ondersoek, dat hierdie besering ongelukkig moontlik opgedoen kon gewees het as ’n tragiese en onvoorsiene gevolg van die dringend vereiste stappe wat deur die beamptes gedoen is om ’n einde aan hierdie wrede aanval te maak.” – Reuters


2025-10-03 11:12:29

Hulppakket vir Spanje om te herstel ná vloede

Die Europese Kommissie sê 'n hulppakket van 945 miljoen euro (sowat $1,1 miljard) is opsy gesit om Spanje te help herstel ná die dodelikste kitsvloede in die land se moderne geskiedenis.

240 mense is dood nadat stortreën verlede Oktober tot oorstromings gelei het in die oostelike en suidoostelike dele van Spanje.

Die gebied wat die ergste getref is was Valencia se suidelike voorstede, waar meer as 220 mense gesterf het. Spanje het 2,3 miljard euro aan hulp toegeken om gebiede wat deur die vloede getref is, te herbou. – Reuters


2025-10-03 11:21:58

Europese Unie vra vir kalmte te midde van Marokko-onluste

Die Europese Unie (EU) het Vrydag 'n beroep op “alle belanghebbendes” in Marokko gedoen om kalmte te handhaaf te midde van die voortgaande betogings teen korrupsie, waartydens drie mense reeds dood is.

“Ons besef die belangrikheid van jeugdeelname aan die openbare lewe en doen 'n beroep op alle betrokke partye tot kalmte,” sê Anouar El Anouni, EU-woordvoerder oor buitelandse sake.

Die onrus in Marokko is deels aangewakker deur klagtes oor korrupsie en ’n gebrek aan ekonomiese geleenthede, veral onder jong mense. Die betogings het die laaste paar dae op verskeie plekke in die land uitgebreek, wat tot botsings tussen betogers en veiligheidsmagte gelei het.

Die EU se oproep kom te midde van toenemende internasionale kommer oor die situasie in Marokko en die impak daarvan op stabiliteit in Noord-Afrika. – AFP


2025-10-03 11:27:44

Op soek na ’n bietjie lafenis

Continued Munich Oktoberfest 03 October 2025, Bavaria, Munich: Numerous Oktoberfest visitors cross a bridge to Theresienwiese for the 190th Munich Oktoberfest. The towers of Munich's Frauenkirche, which stands in the center of the city, can be seen in the background. Photo: Peter Kneffel/dpa (Photo by PETER KNEFFEL / dpa Picture-Alliance via AFP) (PETER KNEFFEL/dpa Picture-Alliance via AFP)

Besoekers aan Duitsland se Oktober-bierfees steek ’n brug oor in München. Foto: AFP


2025-10-03 11:37:17

Oekraïne se energie-infrastruktuur deur Rusland aangeval

Rusland het Donderdagaand sy grootste aanval op Oekraïne se gasproduksie-infrastruktuur geloods sedert die uitbreking van die oorlog in 2022.

Sergi Koretski, voorsitter van Naftogaz, ’n staatsonderneming, sê talle aanlegte is beskadig. Rusland het sowat 35 missiele en 60 hommeltuie in die aanvalle op installasies in die Charkiv- en Poltawa-streek gebruik. Van dié aanvalle is afgeweer, maar nie almal nie.

Plaaslike kragonderbrekings is intussen aangemeld. Rusland beweer die teikens was militêre nywerhede, terwyl Oekraïne wraakaanvalle op Russiese olieraffinaderye uitgevoer het.

Die Internasionale Strafhof het reeds lasbriewe uitgereik teen Russiese militêre leiers oor aanvalle op Oekraïne se energie-infrastruktuur, wat as ’n oorlogsmisdaad beskou word. – AFP


2025-10-03 12:08:41

Duisende varke vrek weens Russiese hommeltuigaanval

Sowat 13 000 varke het gevrek in 'n brand wat veroorsaak is deur 'n Russiese hommeltuigaanval op 'n plaas in die noordooste van Oekraïne.

"Ongeveer 13 000 varke het gevrek as gevolg van die aanval op 'n boerderyonderneming in die Nowowodolazka-gemeenskap in die Charkif-streek, sê Oekraïne se staatsnooddiens. 'n Werker van die plaas is in die aanval Donderdagaand beseer.

Foto's op sosiale media wys die karkasse van varke wat opgestapel is in beknopte skure wat gedeeltelik afgebrand is. Die varke is in stalle aangehou wat weens die aanval afgebrand het. – AFP


2025-10-03 12:23:21

Duisende vlug na Kameroen toe Boko Haram Nigeriese grensdorp oorneem

Meer as 5 000 mense het uit die noordooste van Nigerië na hul buurland Kameroen gevlug toe vegters van die militante groep Boko Haram die grensdorp Kirawa in die deelstaat Borno ingeneem het.

Die deelstaat Borno, die brandpunt van ’n 16 jaar lange konflik wat deur Boko Haram en die splintergroep Islamic State West Africa Province (Iswap) aangevuur word, het vanjaar ’n toename in aanvalle teen burgerlikes en veiligheidsmagte beleef.

Sedert die begin van die jaar het die militante verskeie leërbasisse en gemeenskappe in Borno oorgeneem, maar hulle is later deur die Nigeriese weermag teruggedryf nadat  versterkings ingeroep is. – Reuters


2025-10-03 13:23:52

Hongkong gaan kameras met KI-gesigsherkenning installeer

Hongkong beplan om tienduisende kameras met kunsmatige intelligensie (KI)-gedrewe gesigsherkenning te installeer, sê Chris Tang, die stad se sekuriteitshoof.

Die Chinese finansiële sentrum beskik reeds oor 4 000 kringtelevisiekameras wat deel uitmaak van sy polisie-misdaadbestrydingsprogram. Daardie getal sal teen 2028 toeneem tot 60 000, luidens dokumente wat by die wetgewer ingedien is.

KI word reeds gebruik om skares te monitor en die nommerplate van voertuie te lees. Volgens Tang sal die tegnologie ook “op mense toegepas word, soos om ’n verdagte op te spoor”. – AFP


2025-10-03 13:30:46

Datasentrums in die ruimte? Jeff Bezos dink dis moontlik

Jeff Bezos, stigter en uitvoerende voorsitter van Amazon, het Vrydag gesê dat gigawatt-skaal-datasentrums binne die volgende 10 tot 20 jaar in die ruimte gebou sal word.

Hy het ook voorspel dat hulle beter as die aarde se datasentrums sal presteer danksy die oorvloed ononderbroke sonenergie.

Die getal van hierdie enorme sentrums, wat rekenaarinfrastruktuur stoor, groei eksponensieel namate die wêreld toenemend kunsmatige intelligensie en wolkrekenaarkunde gebruik, wat ’n toename in die vraag na elektrisiteit en water dryf om hul bedieners af te koel.

“Dit is een van die dinge wat in die volgende paar jaar gaan gebeur. Dit is moeilik om presies te weet wanneer, dis meer as 10 jaar, en ek wed dis nie meer as 20 jaar nie. Ons gaan hierdie reuse-gigawatt-datasentrums in die ruimte begin bou,” het Bezos gesê tydens ’n gesprek by die Italiaanse Tegnologieweek in Turyn. – Reuters


2025-10-03 13:38:32

VN sê geen veilige plek in Gasastrook

Die Verenigde Nasies (VN) het Vrydag daarop aangedring dat daar geen veilige plek is vir Palestyne wat beveel is om die stad Gasa te verlaat nie.

Volgens die VN is die Israelies-aangewese sones in die suidelike Gasastrook “plekke van die dood”.

Sedert die Israeliese weermag sy lugaanval op die stad Gasa in Augustus van stapel gestuur het voor sy grondoffensief daar, het hy Palestyne herhaaldelik beveel om suidwaarts te ontruim.

“Die idee van ’n veilige sone in die suide is belaglik,” sê James Elder, ’n woordvoerder van die VN se Kinderfonds Unicef. Volgens Elder is daar geen veilige sones nie. – AFP


2025-10-03 14:00:43

Swifties ruk mal oor nuwe album

Taylor Swift fans dance during a listening event for Swift's new album 'The Life of a Showgirl' at the Astor Theatre in Melbourne on October 3, 2025. Swift on October 3 dropped her 12th studio album, "The Life of a Showgirl," a collection of bouncy pop songs about love, marriage, success -- and score-settling. For the hotly anticipated album, the 35-year-old artist reunited with Swedish hitmakers Max Martin and Shellback, and their influence is clear in the driving beats and catchy hooks. (Photo by William WEST / AFP) (WILLIAM WEST/AFP)

Taylor Swift-aanhangers dans Vrydag by ’n luistergeleentheid vir die bekendstelling van Swift se nuwe album, The Life of a Showgirl, by die Astor-teater in Melbourne. The Life of a Showgirl, ’n versameling energieke popliedjies oor liefde, die huwelik, sukses en wraak, is Swift se 12de studio-album. Foto: AFP


2025-10-03 14:14:27

Tunisiër ter dood veroordeel oor kritiese FB-plasings

’n Tunisiese man is ter dood veroordeel op aanklagte dat hy die president beledig en staatsveiligheid in die gedrang gebring het deur plasings op sosiale media, het die hoof van die Tunisiese Liga vir Menseregte en sy prokureur Vrydag gesê.

Die veroordeelde is ’n dagarbeider, Saber Chouchane (56), met beperkte opvoeding, wat bloot plasings op Facebook gemaak het wat krities was oor die president, het sy prokureur, Oussama Bouthalja, aan Reuters gesê. – Reuters


2025-10-03 14:28:35

Trump gee Hamas tot Sondagaand om Gasa-plan te aanvaar

Pres. Donald Trump het Hamas tot Sondag om middernag (Suid-Afrikaanse tyd) tyd gegee om ’n ooreenkoms te bereik oor sy plan vir die toekoms van die Gasastrook, en dit beskryf as ’n laaste kans vir die Palestynse militante groep.

“ ’n Ooreenkoms moet teen Sondagaand om SES (6) namiddag, Washington DC-tyd, met Hamas bereik word,” het Trump Vrydag op sy Truth Social-platform geskryf.

“Elke land het ingestem! As hierdie LAASTE KANS-ooreenkoms nie bereik word nie, sal totale HEL, soos niemand nog ooit gesien het nie, oor Hamas neerdaal.” – Reuters


2025-10-03 15:03:16

‘Bloquons tout’!

A protester holds a smoke flare and waves a pirate flag during a demonstration part of the "Bloquons tout" ("Let's block everything") protest movement, in Montpellier, southern France, on September 10, 2025. The broad anti-government campaign, dubbed "Bloquons tout" ("Let's block everything"), calls for a a shutdown of France on September 10 with a string of protest actions and civil disobedience around the country, while the handover of power between the new Prime Minister and his predecessor, who suffered a crushing loss in a confidence vote on September 8, is scheduled for the same day at noon. (Photo by Gabriel BOUYS / AFP) (GABRIEL BOUYS/AFP)

’n Betoger met ’n rookfakkel en ’n vlag by ’n betoging Vrydag in Montpellier, Frankryk, as deel van die protesbeweging “Bloquons tout” (“Laat ons alles blokkeer”). Dié breë anti-regeringsveldtog wil Frankryk op 10 Oktober met ’n reeks protesoptredes en burgerlike ongehoorsaamheid tot stilstand bring weens kommer oor volgende jaar se nasionale begroting. Foto: AFP


2025-10-03 15:05:30

Carney, Trump vergader Dinsdag in Washington oor tariewe

Mark Carney, die Kanadese premier, sal volgende week met pres. Donald Trump in Washington samesprekings voer oor ’n handelsoorlog wat Kanada se ekonomie strem, het Carney se kantoor Vrydag gesê.

Carney sal Maandag na Washington vlieg voor die vergadering Dinsdag met Trump, het sy kantoor gesê, en die gesprekke beskryf as gefokus “op gedeelde prioriteite in ’n nuwe ekonomiese en veiligheidsverhouding tussen Kanada en Amerika.” – AFP


2025-10-03 15:38:43

België doen ondersoek na hommeltuigvlugte by militêre basis

België se ministerie van verdediging het ’n ondersoek begin na verskeie hommeltuie wat oornag oor die militêre basis by Elsenborn aan die Duitse grens gevlieg het.

“Dit is die eerste voorval in sy soort waarvan ons bewus is,” het ’n woordvoerder van die ministerie Vrydag gesê.

’n Onbekende aantal hommeltuie het oor die militêre basis gevlieg voordat dit in die rigting van Duitsland verdwyn het.

Hommeltuie is ook oornag gesien by Duitsland se München-lughawe, sowat 600 km suidoos van Elsenborn, wat gelei het tot die kansellasie en verskuiwing van tientalle vlugte. – Reuters


2025-10-03 16:01:17

Vat so!

USB union holds nationwide strike in solidarity with Gaza after Sumud flotilla interception, in Milan A pro-Palestinian protester throws an object at riot police at Milan's ring road as clashes broke out during a nationwide strike called by the USB union to condemn the Israeli forces' interception of the Global Sumud Flotilla vessels aiming to reach Gaza and break Israel's naval blockade, in Milan Italy, October 3, 2025. REUTERS/Claudia Greco TPX IMAGES OF THE DAY (Claudia Greco/REUTERS)

’n Pro-Palestynse betoger gooi Vrydag ’n voorwerp na die polisie in Milaan, Italië, tydens ’n landswye staking wat deur die USB-vakbond uitgeroep is om die Israeliese magte se onderskepping van die Global Sumud-hulpflottielje te veroordeel. Foto: Reuters


2025-10-03 16:12:39

Tsjad-parlement stem vir onbeperkte presidensiële termyne

Tsjad se parlementslede het Vrydag ’n grondwetlike wysiging goedgekeur wat presidensiële termyne van vyf tot sewe jaar verleng én die getal termyne onbeperk maak.

Die wysiging is gesteun deur 236 van die 257 parlementslede, met geen teenstemme nie. Lede van die opposisie het die parlementêre saal verlaat net voor die stemming. – AFP


2025-10-03 16:40:51

Eerste Joodse kandidaat sedert 1947 staan vir Siriese parlement

Henry Hamra, ’n Siries-Amerikaanse Jood, staan Sondag as ’n kandidaat vir ’n setel in Sirië se eerste parlement sedert die afsetting van pres. Basjar al-Assad in Desember 2024.

Indien verkies, sal Hamra, wie se pa glo die laaste rabbi was wat Sirië verlaat het, die eerste Joodse verteenwoordiger sedert die 1940's wees.

Volgens die historikus Sami Moubayed is ’n lid van Sirië se Joodse gemeenskap laas in 1947 tot die parlement verkies. – AFP


2025-10-03 16:57:40

4 sterf toe VSA ‘dwelmskip’ naby Venezuela aanval

Vier mense is dood in ’n aanval op ’n skip wat na bewering onwettige dwelms vervoer het, het Pete Hegseth, die Amerikaanse minister van verdediging, Vrydag gesê.

Dis minstens die vierde soortgelyke aanval in die afgelope weke.

Hegseth het op X gesê die aanval is in internasionale waters uitgevoer, net langs die kus van Venezuela.

"Hierdie aanvalle sal voortduur totdat die aanvalle op die Amerikaanse volk verby is!!!!" het Hegseth gesê. – Reuters


2025-10-03 17:02:41

Franse fotojoernalis deur hommeltuig doodgeskiet

'n Franse fotojoernalis is Vrydag deur 'n hommeltuig in die Donbas-streek in die ooste van Oekraïne doodgeskiet.

Die Franse fotojoernalis Antoni Lallican is dood, het die Europese en internasionale federasies van joernaliste en die Franse nasionale unie vir joernaliste gesê.

Die Oekraïense joernalis Heorgi Iwantsjenko is in dieselfde aanval gewond. Daar is gesê albei het beskermende baadjies aangehad wat met die woord "Pers" gemerk is. – AFP


2025-10-03 17:13:10

Amerikaners slaan toe op 'dwelmboot' naby Venezuela

Amerikaanse magte het Vrydag ’n vermeende dwelmsmokkelboot net buite die kus van Venezuela aangeval en vier mense is ten tyde van die operasie dood.

Pete Hegseth, Amerikaanse minister van oorlog, sê die aanval is op die vaartuig in internasionale waters uitgevoer terwyl dit glo ’n groot hoeveelheid dwelms na Amerika vervoer het.

Volgens Hegseth was die vier oorledenes almal mans wat as “narko-terroriste” bestempel word. Die Amerikaanse owerhede beskuldig hulle daarvan dat hulle betrokke is by die smokkel van dwelms wat na Amerika op pad was en beweer die dwelms “vergiftig ons mense”. – AFP


2025-10-03 17:18:47

'DRK, Rwanda gaan nie nou ekonomiese ooreenkoms onderteken'

Die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) en Rwanda gaan nie vandeesweek, soos verwag, ’n ekonomiese raamwerkooreenkoms onderteken nie, sê vier bronne wat met die saak vertroud is.

Dit beteken nóg ’n struikelblok vir pres. Donald Trump se administrasie se pogings om ’n vredesooreenkoms te sluit en Westerse beleggings in die streek aan te moedig.

Die Rwanda-ondersteunde M23-rebelle het in Januarie en Februarie twee groot stede in die oostelike deel van die DRK ingeneem. Dis die grootste bedreiging vir die regering in Kinshasa in twee dekades.

Trump het probeer om vrede te bewerkstellig en miljarde dollars se Westerse beleggings in die streek, ryk aan goud, kobalt, koper, litium en ander minerale, te lok. – Reuters


2025-10-03 17:26:26

Vasgetrek

Law enforcement officers detain a man as hundreds of protesters gather near an Immigration and Customs Enforcement (ICE) facility opposing the detention of undocumented immigrants following President Donald Trump's order to increase federal presence and step up immigration enforcement through the Department of Homeland Security in Broadview, Illinois, on October 3, 2025. US President Donald Trump, who campaigned on a pledge to deport large numbers of migrants, has encouraged authorities to be more aggressive as he seeks to hit his widely reported target of one million deportations annually. (Photo by OCTAVIO JONES / AFP) (Photo by OCTAVIO JONES/AFP via Getty Images) (OCTAVIO JONES/AFP via Getty Images)

Polisiebeamptes neem ’n betoger in hegtenis tydens ’n optog teen die aanhouding van ongedokumenteerde immigrante buite die Amerikaanse agentskap vir immigrasie en doeane-afdwinging (Ice) se kantore in Broadview, Illinois. Foto: Getty Images


2025-10-03 17:58:18

Diddy Combs se kinders pleit om genade by sy vonnisoplegging

Die kinders van die musiekmagnaat Sean (Diddy) Combs het Vrydag by hul pa se vonnisoplegging in New York gepleit om genade.

Hulle het aan regter Arun Subramanian gesê hy het ’n beter mens geword in die jaar sedert sy inhegtenisneming weens seksuele misdrywe. "Ons is nie hier om enige van sy foute te verskoon nie. Maar hy is steeds ons pa en ons het hom nog nodig in ons lewe," het Combs se 18-jarige dogter, Jessie, gesê.

Jessie se tweelingsuster, D’Lila, het ook om genade gepleit.

’n Jurie het Diddy (55) op 2 Julie skuldig bevind op twee aanklagte: hy het betaalde manlike geselskap gereël om oor Amerikaanse staatsgrense te reis om aan dwelm-gedrewe seksuele orgies, soms bekend as “Freak Offs,” deel te neem saam met Diddy se meisies terwyl hy dit op video opgeneem en homself bevredig het. – Reuters


2025-10-03 18:00:31

Gevolge van protes

Protesters run away after security forces shot teargas at them during an anti-government demonstration in Antananarivo on October 3, 2025. Riot police locked down the centre of Madagascar's capital on october 3 ahead of planned fresh protests against President Andry Rajoelina, the political elite and years of misrule. The near-daily rallies, which began on September 25 in Antananarivo, have since spread to other parts of the Indian Ocean island, posing the most significant challenge yet to Rajoelina's tenure since his 2023 re-election. The 51-year-old leader, a former mayor of Antananarivo, on September 29 sacked his government to placate the anger but protests have gained ground, including in the city of Sambava, known as the world's vanilla capital and a major foreign exchange earner for the country. (Photo by RIJASOLO / AFP) (RIJASOLO/AFP)

Betogers vlug van die traangas wat veiligheidsmagte op hulle gebruik het tydens ’n betoging teen die regering in Antananarivo, Madagaskar. Foto: AFP


2025-10-03 18:09:19

'Withuis neem uitlokking deur die Russiese vloot ernstig op'

Die Withuis neem berigte oor uitlokking deur die Russiese vloot baie ernstig op, sê Karoline Leavitt, Withuis-woordvoerder, nadat Denemarke se intelligensiediens vroeër gesê het Russiese oorlogskepe word herhaaldelik in die gebied gewaar wat die Baltiese See met die Noordsee verbind.

"Dis iets wat die administrasie baie ernstig opneem en ons monitor dit deurlopend. Die Withuis se Nasionale Veiligheidsraad is aanhoudend in kontak met ons bondgenote van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo). Die president praat ook met baie van hulle," sê Leavitt.

Denemarke, as ’n lid van Navo, speel ’n belangrike rol om veiligheid in die gebied tussen die Baltiese See en die Noordsee te verseker en deel gereeld intelligensie met ander Navo-lidlande. – Reuters


2025-10-03 18:29:52

FBI verbreek bande met organisasie wat ekstremistiese groepe monitor

Die FBI het bande met die Southern Poverty Law Center (SPLC), ’n burgerregteorganisasie wat ekstremistiese groepe monitor, verbreek nadat konserwatiewes die niewinsgewende organisasie gekritiseer het omdat hy die vermoorde aktivis Charlie Kirk se organisasie op sy lys van haatgroepe ingesluit het.

Kash Patel, direkteur van die FBI, sê die SPLC het verander in ’n “partydige masjien wat beswadder” en aangekondig dat die FBI alle bande met die organisasie verbreek.

“Sy ‘haatkaart’ is gebruik om gewone Amerikaners te belaster en selfs geweld aan te hits,” sê Patel sonder om verdere besonderhede te gee. – Reuters


2025-10-03 19:01:54

‘Ons pa is nou ’n beter mens’

Sentencing hearing of Sean "Diddy" Combs over charges of transporting prostitutes to engage in drug-fueled sexual performances, in New York City Sean "Diddy" Combs becomes emotional as his children go to the podium to make impact statements during a court sentencing, after the music mogul was convicted on charges of transporting prostitutes to engage in drug-fueled sexual performances, in New York City, U.S., October 3, 2025 in this courtroom sketch. REUTERS/Jane Rosenberg TPX IMAGES OF THE DAY (Jane Rosenberg/REUTERS)

’n Hofskets van die musiekmagnaat Sean (Diddy) Combs, wat Vrydag emosioneel was terwyl sy kinders impakverklarings gelewer het voor sy vonnisoplegging in New York. Hy is vroeër skuldig bevind op twee prostitusie-verwante aanklagte. Sy kinders het gepleit om genade en aan die regter gesê hy het sedert sy inhegtenisneming ’n beter mens geword. Die vonnisverrigtinge is steeds aan die gang. Hofskets: Reuters/Jane Rosenberg


2025-10-03 19:20:20

VSA-regeringsluiting duur voort ná 4de stemming in senaat

Amerikaanse senatore het Vrydag vir die vierde keer gestem teen ’n tussentydse Republikeinse befondsingvoorstel om die Amerikaanse regeringsluiting te beëindig.

Dit beteken die federale sluiting sal tot volgende week voortduur.

Federale agentskappe is sedert Woensdag sonder geld – met ’n wye reeks openbare dienste wat verlam is – weens mislukte gesprekke in die Amerikaanse kongres oor hoe om regeringsbedrywighede aan die gang te hou. – AFP


2025-10-03 19:38:32

Kubaanse opposisieleier kondig ballingskap aan ná 'marteling'

José Daniel Ferrer, leier van Kuba se pro-demokrasiebeweging, het Vrydag aangekondig dat hy gekies het om in ballingskap te gaan ná "marteling" en "vernedering" in die tronk.

"In die lig van die konstante druk van die politieke polisie om Kuba te verlaat, het ek uiteindelik ballingskap aanvaar," het die 55-jarige in ’n brief vanuit die tronk geskryf.

Die brief het nie aangedui waarheen hy verwag om te gaan nie.

Hy sê hy het die besluit oor ballingskap geneem te midde van dreigemente dat sy vrou ook in die tronk gestop sal word en sy jong seun na ’n inrigting vir jong oortreders gestuur sal word. – AFP


2025-10-03 19:51:03

Hamas stem in om Israeliese gyselaars vry te laat

Hamas het Vrydag gesê hy het ingestem om alle Israeliese gyselaars, lewend of dood, vry te laat onder die bepalings van pres. Donald Trump se Gasastrook-vredesvoorstel. Hamas het sy gereedheid aangedui om onmiddellik in bemiddelde onderhandelinge te tree om die besonderhede te bespreek. – Reuters


2025-10-03 20:14:35

Jy kan nie hier betoog nie!

Protest outside the U.S. Immigration and Customs Enforcement (ICE) Broadview facility in Chicago A demonstrator is detained as people protest outside the U.S. Immigration and Customs Enforcement (ICE) Broadview facility in Chicago, Illinois, U.S., October 3, 2025. REUTERS/Jim Vondruska TPX IMAGES OF THE DAY (Jim Vondruska/REUTERS)

’n Betoger word Vrydag in hegtenis geneem by ’n protes buite die Broadview-gerief van die Amerikaanse agentskap vir immigrasie- en doeane-afdwinging (ICE) in Chicago, Illinois. Foto: Reuters


2025-10-03 20:28:01

Sean (Diddy) Combs vra eksmeisie om verskoning

Die hip-hop-ster Sean (Diddy) Combs (55) het Vrydag sy gewese vriendin Casandra Ventura met sy vonnisoplegging op prostitusie-verwante aanklagte om verskoning gevra.

"Ek wil persoonlik weer om verskoning vra aan Cassie Ventura vir enige skade of pyn wat ek vir haar veroorsaak het, emosioneel of fisiek," het Combs gesê.

"My optrede was walglik, skaamteloos en siek." – Reuters


2025-10-03 20:39:26

‘Hamas nie ontwapen voor Israeliese besetting eindig’

’n Senior Hamas-amptenaar het Vrydag aan Al Jazeera gesê die groep sal nie ontwapen voordat die Israeliese "besetting" eindig nie.

Hy het bygevoeg dat kwessies oor die Gasastrook se toekoms binne ’n omvattende Palestynse nasionale raamwerk bespreek moet word, waarvan Hamas deel sal wees.

Die amptenaar het gesê Hamas sal onderhandel oor alle kwessies wat met die groep en sy wapens verband hou. – Reuters


2025-10-03 20:54:04

Sean 'Diddy' Combs tot meer as 4 jaar tronkstraf gevonnis

Die hip-hop-ster Sean (Diddy) Combs (55) is Vrydag tot 50 maande tronkstraf gevonnis nadat hy op 2 Julie skuldig bevind is op twee prostitusie-verwante aanklagte.

’n Jurie het hom skuldig bevind daaraan dat hy betaalde manlike geselskap gereël het om oor Amerikaanse staatsgrense te reis om aan dwelm-gedrewe seksuele orgies, bekend as “Freak Offs,” deel te neem saam met sy meisies terwyl hy dit op video opgeneem en homself bevredig het. – Reuters

Invest Fest 2023 ATLANTA, GEORGIA - AUGUST 26: Sean "Diddy" Combs attends Day 1 of 2023 Invest Fest at Georgia World Congress Center on August 26, 2023 in Atlanta, Georgia. (Photo by Paras Griffin/Getty Images) (Paras Griffin/Getty Images)

Sean (Diddy) Combs  Foto: Getty Images

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM