Internasionaal

OORSIG | Die wêreld in ’n neutedop: Zelenski ontmoet Trump weer by Withuis

Pres. Donald Trump groet pres. Wolodimir Zelenski met sy aankoms by die Withuis in Washington vir gesprekke oor ‘n moontlike vredesooreenkoms tussen Rusland en Oekraïne.
Pres. Donald Trump groet pres. Wolodimir Zelenski met sy aankoms by die Withuis in Washington vir gesprekke oor ‘n moontlike vredesooreenkoms tussen Rusland en Oekraïne. (Getty Images)

2025-10-13 03:35:13

Gyselaars in Gasastrook na verwagting binne ure vrygelaat

Die vrylating van Israeliese gyselaars wat in die Gasastrook aangehou word, sal na verwagting om 08:00 (Suid-Afrikaanse tyd) vanaf die Netzarim-deurgang begin en om 10:00 in Chan Joenis voortduur, het die Israeliese media Maandag berig.

Hamas gaan tientalle gyselaars vrylaat wat hy oor die afgelope twee jaar aangehou het in ruil vir byna 2 000 Palestynse aangehoudenes en gevangenes, onder die voorwaardes van ’n skietstilstand tussen Israel en Hamas. – Reuters

Israeli President Isaac Herzog visits "Hostages Square", in Tel Aviv Einav Zangauker, mother of Israeli hostage Matan Zangauker reacts as Israeli President Isaac Herzog visits a site next to "Hostages Square" amid a ceasefire between Israel and Hamas in Gaza and ahead of the expected return of hostages held in Gaza, in Tel Aviv, Israel, October 12, 2025. REUTERS/Stoyan Nenov TPX IMAGES OF THE DAY (Stoyan Nenov/REUTERS)

Einav Zangauker, ma van die Israeliese gyselaar Matan Zangauker, Sondag terwyl Israel se pres. Isaac Herzog ’n terrein langs die “Gyselaarsplein” in Tel Aviv, Israel, besoek. Foto: Reuters


2025-10-13 03:47:25

Trump spreek Maandag Israeliese parlement toe

Pres. Donald Trump sal Maandag ’n heldeontvangs in Israel se parlement ontvang namate ’n brose skietstilstand in die Gasastrook, wat hy gehelp bemiddel het, ’n vierde dag binnegaan.

Trump se toespraak aan die parlement kom ná twee jaar van oorlog wat veroorsaak is deur Hamas se aanval op Israel op 7 Oktober 2023.

“Die oorlog is verby,” het Trump aan verslaggewers aan boord van Air Force One gesê toe hy sy vlug van Washington na Israel onderneem het. – Reuters


2025-10-13 04:00:27

Trump sal dalk Tomahawk-missiele aan Oekraïne verskaf indien oorlog voortduur

Pres. Donald Trump het Sondag gesê hy sal dalk langafstand-Tomahawk-missiele aan Oekraïne verskaf indien Rusland nie die oorlog daar beëindig nie.

Trump het aan verslaggewers gesê hy en pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne het Zelenski se versoek bespreek. Tomahawk-missiele het ’n lang reikafstand van 2 500 km.

Die Kremlin het gewaarsku teen enige verskaffing van Tomahawks aan Oekraïne en Trump het gesê dit sal ’n “nuwe stap van aggressie” wees as dit by die oorlog ingebring word. – Reuters


2025-10-13 04:08:18

Brittanje kondig nuwe hulppakket vir Gasastrook aan

Brittanje sal ’n hulppakket van 20 miljoen pond verskaf om water-, sanitasie- en higiënedienste in die Gasastrook te lewer, het premier Keir Starmer Sondag gesê met sy aankoms in Egipte vir ’n wêreldleiersberaad oor die beëindiging van die konflik.

Brittanje sê die finansiering sal deur die Verenigde Nasies se kinderfonds (Unicef), die Wêreldvoedselprogram en die Noorse Vlugtelingraad gelewer word en is ontwerp om diegene te bereik wat deur hongersnood, wanvoeding en siektes in die gesig gestaar word. – Reuters


2025-10-13 04:29:10

Regstreeks: Voorbereidings begin vir vrylating van gyselaars in Gasastrook

https://www.youtube.com/watch?v=6hfugBVGGj8


2025-10-13 04:32:42

Hostages-prisoners swap deal between Hamas and Israel A man, wearing an Israeli flag with a yellow ribbon in the center, looks at posters of hostages as people gather at "Hostages Square" to await the expected return of Israeli hostages, who have been held in Gaza since the deadly October 7, 2023 attack by Hamas, as part of a prisoner-hostage swap and a ceasefire deal between Israel and Hamas, in Tel Aviv, Israel, October 13, 2025. REUTERS/Ronen Zvulun TPX IMAGES OF THE DAY (Ronen Zvulun/REUTERS)

’n Man met ’n Israeliese vlag met ’n geel lint in die middel kyk na plakkate van gyselaars terwyl mense op die “Gyselaarsplein” in Tel Aviv, Israel, bymekaarkom om te wag vir die verwagte terugkeer van Israeliese gyselaars wat sedert die dodelike aanval op 7 Oktober 2023 deur Hamas in die Gasastrook aangehou word. Foto: Reuters


2025-10-13 04:39:15

Trump gaan Israel se hoogste burgerlike eerbewys ontvang

Pres. Isaac Herzog van Israel gaan die land se hoogste burgerlike eerbewys aan sy Amerikaanse ampsgenoot, pres. Donald Trump, oorhandig vir sy rol in die versekering van die vrylating van gyselaars uit die Gasastrook en om die oorlog te beëindig.

“Deur sy onvermoeide pogings het pres. Trump nie net gehelp om ons geliefdes huis toe te bring nie, maar ook die grondslag gelê vir ’n nuwe era in die Midde-Ooste, gebou op veiligheid, samewerking en ware hoop vir ’n vreedsame toekoms,” het Herzog gesê.

“Dit sal vir my ’n groot eer wees om aan hom die Israeliese Presidensiële Medalje van Eer te oorhandig.” – Reuters


2025-10-13 04:49:05

Iran wys uitnodiging na Gasastrook-beraad van die hand

Iran het Maandag gesê dat nóg sy president, Masoed Pezesjkian, nóg sy minister van buitelandse sake, Abbas Araghtsji, die Gasastrook-beraad in Egipte sal bywoon nadat hulle ’n uitnodiging van die gasheerland bevestig het.

Die staatsnuusagentskap IRNA het berig dat Egipte Iran Sondagaand genooi het om deel te neem aan Maandag se beraad.

“Nóg president Pezesjkian nóg ek kan met ampsgenote skakel wat die Irannese volk aangeval het en ons steeds dreig en sanksioneer,” het Araghtsji gesê met verwysing na Amerika. – AFP


2025-10-13 05:09:37

Rooi Kruis op pad om 1ste groep gyselaars op te laai

’n Rooi Kruis-konvooi is op pad om ’n eerste groep Israeliese gyselaars op te laai wat deur Hamas vrygelaat sal word.

Die Israeliese weermag sê in ’n verklaring die oorhandiging sal plaasvind by “ ’n ontmoetingspunt in die noorde van die Gasastrook waar verskeie gyselaars oorgeplaas sal word”.

“Die weermag is bereid om bykomende gyselaars te ontvang wat na verwagting later na die Rooi Kruis oorgeplaas sal word.”

Hamas het ’n lys van 20 lewende gyselaars gepubliseer wat hy van voorneme is om vry te laat. – AFP


2025-10-13 05:38:40

7 gyselaars aan Rooi Kruis oorhandig

Hamas het Maandag sewe Israeliese gyselaars aan die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis in die Gasastrook oorhandig, het ’n amptenaar wat by die operasie betrokke was, gesê.

Dit is deel van die eerste fase van ’n skietstilstand met Israel, wat in ruil daarvoor honderde Palestyne uit sy tronke sal vrylaat. – Reuters

Hostages-prisoners swap deal between Hamas and Israel A drone view shows a depiction of U.S. President Donald Trump and the words "Thank You", on the day Israeli hostages, held in Gaza since the deadly October 7, 2023 attack by Hamas, are expected to be released as part of a U.S.-brokered hostages-prisoners swap and a ceasefire deal in Gaza between Hamas and Israel, near the U.S. Consulate in Tel Aviv, Israel October 13, 2025. REUTERS/Ilan Rosenberg TPX IMAGES OF THE DAY (Ilan Rosenberg/REUTERS)

’n Beeld wat uit ’n hommeltuig geneem is, wys ’n uitbeelding van pres. Donald Trump en die woorde “thank you” naby die Amerikaanse konsulaat in Tel Aviv, Israel, op die dag waarop Israeliese gyselaars in die Gasastrook vrygelaat sal word. Foto: Reuters


2025-10-13 06:18:32

Groot gejuig in afwagting van gyselaars

Mense juig op die “Gyselaarsplein” in Tel Aviv, Israel, terwyl hulle wag vir die terugkeer van Israeliese gyselaars. Foto: Reuters

Hostages-prisoners swap deal between Hamas and Israel People react at "Hostages Square" as they await the return of Israeli hostages, who have been held in Gaza since the deadly October 7, 2023 attack by Hamas, as part of a prisoner-hostage swap and a ceasefire deal between Israel and Hamas, in Tel Aviv, Israel, October 13, 2025. REUTERS/Ronen Zvulun TPX IMAGES OF THE DAY (Ronen Zvulun/REUTERS)

2025-10-13 06:34:14

Israel ontvang 7 vrygelate gyselaars

Die Israeliese weermag het Maandag sewe vrygelate gyselaars ontvang wat vroeër aan die Rooi Kruis in die Gasastrook oorhandig is, het die weermag en veiligheidsdiens gesê.

“Ons wag al 738 dae om te sê: Welkom tuis,” het die Israeliese ministerie van buitelandse sake in ’n plasing op X gesê en die vrygelate gevangenes geïdentifiseer as Guy Gilboa Dalal, Eitan Mor, Matan Angrest, Alon Ohel, Gali en Ziv Berman en Omri Miran. – AFP

https://x.com/IsraelMFA/status/1977617667252240539


2025-10-13 07:16:22

Rooi Kruis op pad na tweede groep gyselaars

’n Konvooi van die Rooi Kruis is op pad om ’n tweede groep Israeliese gyselaars wat deur Hamas vrygelaat sal word, te gaan haal.

Die Israeliese weermag het in ’n verklaring gesê die oorhandiging sal plaasvind by ’n “bykomende ontmoetingspunt in die suide van die Gasastrook, waar verskeie gyselaars aan die Rooi Kruis oorhandig sal word”. Sewe gyselaars is vroeër aan die Rooi Kruis en toe aan Israel oorhandig. – AFP


2025-10-13 07:31:58

Trump land in Israel

Pres. Donald Trump het Maandag in Israel geland. Hy sal die parlement toespreek voordat hy na Egipte vertrek.

Benjamin Netanyahu, Israeliese premier, het by die lughawe gewag terwyl Air Force One aangekom het.

Trump sal slegs die vierde Amerikaanse president word wat die Knesset (Israeliese parlement) toespreek ná Jimmy Carter in 1979, Bill Clinton in 1994 en George W. Bush in 2008. – Reuters

U.S. President Trump arrives at Ben Gurion International Airport, in Lod Israeli Prime Minister Benjamin Netanyahu welcomes U.S. President Donald Trump at Ben Gurion International Airport, amid a U.S.-brokered prisoner-hostage swap and ceasefire deal between Israel and Hamas, in Lod, Israel, October 13, 2025. REUTERS/Evelyn Hockstein TPX IMAGES OF THE DAY (Evelyn Hockstein/REUTERS)

Benjamin Netanyahu, Israeliese premier, verwelkom pres. Donald Trump by Ben Gurion Internasionale Lughawe in Lod, Israel. Foto: Reuters


2025-10-13 07:49:18

EU gaan burgerlike sending by Rafah-grenspos hervat

Die Europese Unie (EU) sal Woensdag ’n burgerlike sending hervat om die Rafah-grenspos tussen die Gasastrook en Egipte te monitor ter ondersteuning van ’n skietstilstand.

“Die EU is gereed om sy deel te doen,” het Kaja Kallas, die EU se hoof van buitelandse sake, gesê.

“Hierdie sending kan ’n belangrike rol speel in die ondersteuning van die skietstilstand.” – AFP


2025-10-13 08:09:28

Al 20 gyselaars nou vry

Hamas het Maandag al 20 oorlewende Israeliese gyselaars aan verteenwoordigers van die Rooi Kruis in die Gasastrook oorhandig, het Israel se openbare uitsaaier berig.

Die gyselaars is in twee groepe vrygelaat, met ’n tweede groep van 13 mense wat na Chan Joenis in die suide van die Gasastrook oorgeplaas is. – AFP

Vehicles carrying hostages who were released by Hamas from the Gaza Strip arrive to the Reim military base near the border with Gaza in southern Israel on October 13, 2025. The Palestinian militant group was set to release all surviving Israeli hostages on October 13 in exchange for Palestinian prisoners held by Israel, as the US president headed to the region for a peace summit having declared the war "over". (Photo by MAYA LEVIN / AFP) (MAYA LEVIN/AFP)

Voertuie wat gyselaars vervoer wat deur Hamas in die Gasastrook vrygelaat is, kom aan by die militêre basis Reim naby die grens met die Gasastrook in die suide van Israel. Foto: AFP


2025-10-13 08:46:47

Lyke van alle oorlede gyselaars glo nie Maandag oorhandig

Israel sê hy verwag nie dat al die lyke van die oorlede gyselaars Maandag terugbesorg sal word nie.

Ingevolge die skietstilstand sou Hamas die lyke van die 27 gyselaars wat dood is, sowel as die oorskot van ’n soldaat wat in 2014 in ’n vorige konflik in die Gasastrook dood is, terugbesorg.

Al 20 oorlewende gyselaars is Maandag vrygelaat.

Hamas het op 7 Oktober 2023 altesaam 251 mense in sy aanval op Israel ontvoer.

Almal behalwe 47 van daardie gyselaars is in vorige tydelike skietstilstande vrygelaat. – AFP


2025-10-13 09:39:21

Busse met Palestynse gevangenes verlaat gevangenis

Verskeie busse het Maandag die Israeliese Ofer-gevangenis in die besette Wesoewer verlaat, het ’n AFP-joernalis gesien, met die verwagte vrylating van Palestynse gevangenes ingevolge ’n skietstilstand.

Israel se gevangenisowerheid het oor die naweek gesê dat hulle gevangenes voorberei wat vrygelaat sal word uit twee gevangenisse, insluitend Ofer, as deel van die ooreenkoms. – AFP

People gather to watch from a hilltop near Ofer military prison located between Ramallah and Beitunia in the occupied West Bank on October 13, 2025, ahead of the release of Palestinian prisoners in exchange for hostages held by Hamas in Gaza since the October 7 attacks. Under a ceasefire deal pushed for by US President Donald Trump, Hamas was to release the 47 remaining hostages -- living and dead -- in exchange for 250 Palestinian prisoners held in Israeli jails, along with 1,700 Gazans detained since the latest conflict broke out in October 2023. (Photo by HAZEM BADER / AFP) (HAZEM BADER/AFP)

Mense kom bymekaar om vanaf ’n heuwel naby die Ofer-militêre gevangenis tussen Ramallah en Beitunia in die besette Wesoewer te kyk na die vrylating van Palestynse gevangenes. Foto: AFP


2025-10-13 09:42:40

Hamas maak 32 bendelede in Gasa dood

Hamas-magte het 32 lede van ’n “bende” in die stad Gasa doodgemaak in ’n veldtog vir veiligheid wat van stapel gestuur is nadat ’n skietstilstand Vrydag in werking getree het.

Ses van Hamas se lede is ook in die geweld dood, het ’n Palestynse veiligheidsbron Maandag gesê.

Die veiligheidsoperasie het lede van ’n “gevaarlike bende, wat verbonde is aan ’n familie”, geteiken.

Die operasie het gelei tot die inhegtenisneming van 24 mense en 30 mense is ook gewond. – Reuters


2025-10-13 09:47:38

Vry ná 2 jaar

Hostages-prisoners swap deal between Hamas and Israel Released hostage Eitan Abraham Mor, who was kidnapped during the deadly October 7, 2023 attack by Hamas and taken to Gaza, reacts upon arrival at Rabin Medical Center-Beilinson Hospital, amid a hostages-prisoners swap and a ceasefire deal between Israel and Hamas in Gaza, in Petah Tikva, Israel October 13, 2025. REUTERS/Stoyan Nenov TPX IMAGES OF THE DAY (Stoyan Nenov/REUTERS)

Eitan Abraham Mor, ’n gyselaar wat tydens die dodelike aanval op Israel op 7 Oktober 2023 deur Hamas ontvoer en na die Gasastrook geneem is, groet aanwesiges met sy aankoms by die Rabin Mediese Sentrum in Petah Tikva, Israel. Israel sê al 20 oorlewende gyselaars wat Maandag deur Hamas vrygelaat is, het in die land aangekom. Foto: Reuters


2025-10-13 09:54:46

Tuiskoms vir twee broers

Hostages-prisoners swap deal between Hamas and Israel Brothers Gali Berman and Ziv Berman, released hostages, who were kidnapped during the deadly October 7, 2023 attack by Hamas and taken to Gaza, arrive at Sheba Medical Center, amid a ceasefire between Israel and Hamas in Gaza, in Ramat Gan, Israel October 13, 2025. REUTERS/Hannah McKay TPX IMAGES OF THE DAY (Hannah McKay/REUTERS)

Die broers Gali Berman en Ziv Berman met hul aankoms by die Sheba Mediese Sentrum, in Ramat Gan, Israel, nadat hulle deur Hamas vrygelaat is. Foto: Reuters


2025-10-13 10:20:05

Trump ontvang staande toejuiging in Israeliese parlement

Pres. Donald Trump het ’n staande toejuiging van Israeliese wetgewers ontvang voor sy toespraak aan die parlement tydens ’n kort besoek aan Israel nadat hy ’n skietstilstand tussen Israel en Hamas bemiddel het.

Wetgewers het Trump vir etlike minute toegejuig. Hy is vergesel deur sy spesiale gesant Steve Witkoff, sy skoonseun Jared Kushner en sy dogter Ivanka Trump. – AFP

U.S. President Trump addresses the Knesset, in Jerusalem U.S. President Donald Trump gestures at the Knesset on the day he addresses it, amid a U.S.-brokered prisoner-hostage swap and ceasefire deal between Israel and Hamas, in Jerusalem, October 13, 2025. REUTERS/Evelyn Hockstein/Pool TPX IMAGES OF THE DAY (Evelyn Hockstein/REUTERS)

Pres. Donald Trump maak ’n gebaar na wetgewers in die Knesset (Israeliese parlement) in Jerusalem. In die middel is Amir Ohana, speaker van die parlement, en regs is Isaac Herzog, president van Israel. Foto: Reuters


2025-10-13 10:28:40

Netanyahu kan nie beraad oor Gasastrook bywoon

Die Israeliese premier, Benjamin Netanyahu, sal nie ’n wêreldleiersberaad in Sjarm el-Sjeich in Egipte kan bywoon nie omdat dit te naby aan die begin van ’n Joodse vakansiedag is, sê sy kantoor.

Meer as 20 wêreldleiers sal die volgende stappe oorweeg onder pres. Donald Trump se plan wat daarop gemik is om ’n blywende vrede in die Gasastrook te verseker.

Trump het Netanyahu Maandag genooi om die beraad by te woon.

Maar die beraad is te naby aan die begin van Simchat Torah wat Maandag met sonsondergang begin. – Reuters


2025-10-13 12:05:51

Trio wen Nobelprys vir ekonomie vir werk oor tegnologiegedrewe groei

Die Nobelprys vir ekonomie is Maandag toegeken aan die Amerikaans-Israeliese man Joel Mokyr, Frankryk se Philippe Aghion en Peter Howitt van Kanada vir hul werk oor tegnologie se impak op volgehoue ekonomiese groei.

Mokyr (79) het die prys gedeeltelik gewen "vir die identifisering van die voorvereistes vir volgehoue groei deur tegnologiese vooruitgang", sê die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe.

Aghion (69) en Howitt (79) deel die Nobelprys met Mokyr "vir die teorie van volgehoue groei deur kreatiewe vernietiging..." John Hassler, voorsitter van die pryskomitee, sê hul werk beantwoord vrae oor hoe tegnologiese innovasie groei aandryf en hoe volgehoue groei gehandhaaf kan word. – AFP


2025-10-13 12:11:02

Gasa-oorlog: Trump sê ‘lang nagmerrie’ is verby

Pres. Donald Trump het Maandag gesê dat ’n “lang nagmerrie” uiteindelik verby is vir Israeli’s en Palestyne nadat daar op die eerste fase van ’n skietstilstand en gyselaarsooreenkoms in die Gasastrook tussen Israel en Hamas ooreengekom is.

“Die magte van chaos wat die streek geteister het, is heeltemal verslaan,” het hy in ’n toespraak aan die Israeliese parlement gesê. Trump is tydens sy toespraak kortliks onderbreek deur ’n linkse lid van die Knesset, wat onmiddellik uit die gebou in Jerusalem verwyder is. – Reuters


2025-10-13 12:16:34

Duitse spioenasiehoof sê Rusland sal nie terugdeins vir militêre konfrontasie

Duitsland se hoof van buitelandse intelligensie het Maandag gewaarsku dat Rusland 'n direkte bedreiging inhou en dat die huidige "ysige vrede" met die Europese Unie (EU) enige tyd in 'n "vurige konfrontasie" kan ontaard.

Martin Jaeger, die hoof van Duitsland se BND-spioenasiediens, meen Rusland is vasbeslote om sy "invloedsfeer verder weswaarts na Europa" uit te brei.

"Om hierdie doel te bereik sal Rusland nie wegskram van direkte militêre konfrontasie met die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie,  indien nodig, nie," sê Jaeger. Hy het Maandag gepraat op 'n openbare inligtingsessie met parlementslede in Berlyn. – AFP


2025-10-13 12:59:09

Merz hoop Trump bring ook vrede in Oekraïne

Friedrich Merz, Duitse bondskanselier, het Maandag ’n oproep gedoen om voortgesette Amerikaanse betrokkenheid om die oorlog tussen Rusland en Oekraïne te beëindig.

Merz het die hoop uitgespreek dat pres. Donald Trump dieselfde invloed sal uitoefen as in die Midde-Ooste.

Merz het tydens ’n toespraak in Sjarm el-Sheich, voor ’n beraad met Trump en ander wêreldleiers om die skietstilstand in die Gasastrook te bevestig, gesê die byeenkoms in Egipte wys dat die beëindiging van oorlog moontlik is as die internasionale gemeenskap saamstaan. – AFP


2025-10-13 13:07:41

Plan is steeds dat Trump, Xi in Suid-Korea gesels

Pres. Donald Trump en pres. Xi Jinping van China sal later vandeesmaand in Suid-Korea in gesprek tree terwyl die twee kante probeer om spanning oor handelsgeskille op te los, sê Scott Bessent, Amerikaanse minister van finansies.

Die spanning volg op China se aankondiging verlede week dat hy sy beheer oor die uitvoer van seldsame aardmetale drasties sal uitbrei. Die aankondiging het Vrydag ’n skerp teenmaatreël van Trump ontlok.

Bessent sê daar was sedert die naweek aansienlike kommunikasie tussen die twee kante.

“Pres. Trump het gesê dat die tariewe eers op 1 November in werking sal tree. Hy sal met Xi in Korea vergader. Ek glo daardie vergadering sal plaasvind.”

Trump en Xi beplan om tydens die spitsberaad van die Asië-Stille Oseaan Ekonomiese Samewerkingsforum te gesels wat laat in Oktober deur Suid-Korea aangebied word. – Reuters


2025-10-13 13:18:09

Trump vra kwytskelding vir Netanyahu

Pres. Donald Trump het pres. Isaac Herzog Maandag in ’n toespraak in die Israeliese parlement versoek om die land se premier, Benjamin Netanyahu, wat op aanklagte van korrupsie teregstaan, kwyt te skeld.

Trump het in sy meer as uur lange toespraak met verwysing na die aanklagte van bedrog, omkopery en vertrouensbreuk gesê: “Haai, ek het ’n idee. Meneer die President, hoekom gee u hom nie kwytskelding nie? Sigare en ’n bietjie sjampanje — wie gee nou regtig om?”

Netanyahu ontken alle aanklagte teen hom. Hy is in 2019 in drie sake aangekla, waarvan een behels dat hy bykans 700 000 sikkels (ongeveer R4 miljoen) aan geskenke, wat sigare en sjampanje insluit, van sakelui ontvang het.

Herzog het wel die gesag om kwytskelding toe te staan in buitengewone omstandighede, maar Netanyahu se verhoor wat sedert 2020 duur, is nog nie afgehandel nie.

Trump het reeds in Junie gevra dat die saak teen Netanyahu laat vaar word. – Reuters


2025-10-13 14:02:04

Uiteindelik vry!

One (R) of the Palestinian prisoners, who was released in a prisoner-hostage swap and ceasefire deal between Israel and Hamas, is embraced by his father upon arrival by bus at Ramallah Cultural Centre in Ramallah in the occupied West Bank, on October 13, 2025, coming from Ofer military prison in the Israel-occupied Palestinian territories. The initial stage of the Gaza ceasefire deal includes the release of 47 Israeli living and dead hostages taken on October 7, 2023 in exchange for 250 prisoners and 1,700 Gazans held by Israel since the war broke out. (Photo by Zain JAAFAR / AFP) (ZAIN JAAFAR/AFP)

’n Ongeïdentifiseerde Palestynse gevangene (regs) wat vrygelaat is ingevolge ’n skietstilstand tussen Israel en Hamas word Maandag deur sy pa omhels met sy aankoms in Ramallah in die besette Wesoewer. Die aanvanklike fase van die ooreenkoms sluit in die vrylating van 47 lewende en gestorwe Israeliese gyselaars, wat op 7 Oktober 2023 ontvoer is, in ruil vir 250 Palestynse gevangenes en 1 700 Palestyne wat sedert die uitbreek van die oorlog deur Israel aangehou word. Foto: AFP


2025-10-13 14:13:31

Israel oop vir ‘vredesverdrae’ met Arabiese, Moslem-lande – Netanyahu

Benjamin Netanyahu, Israel se premier, het Maandag in ’n toespraak in die parlement gesê Israel kan nuwe “vredesverdrae met Arabiese en Moslem-lande in die Midde-Ooste en daarbuite nastreef”.

“Onder u leierskap kan ons nuwe vredesverdrae met Arabiese lande in die streek en Moslem-lande buite die streek smee,” het Netanyahu aan pres. Donald Trump, wat die sitting bygewoon het, gesê, en bygevoeg dat “niemand meer vrede wil hê as die mense van Israel nie”. – AFP


2025-10-13 14:27:25

Israel kap Hamas oor hy lyke van 4 gyselaars later oorhandig

Israel Katz, Israel se minister van verdediging, het Maandag gesê ’n aankondiging deur Hamas dat die lyke van vier Israeliese gyselaars eers volgende Maandag oorhandig sal word, is ’n “versuim om verbintenisse na te kom”.

“Enige vertraging of doelbewuste vermyding sal as ’n growwe skending van die ooreenkoms beskou word en daar sal dienooreenkomstig gereageer word,” het Katz in ’n plasing op X gesê.

Hamas het vroeër aangedui dat die herwinning van die lyke van sommige gyselaars wat in aanhouding dood is, langer kan neem aangesien nie alle gestorwe gyselaars se begraafplekke bekend is nie. – Reuters


2025-10-13 14:40:24

Minstens 64 dood, 65 vermis in Mexiko-vloede

Die dodetal weens oorstromings in die sentrale en oostelike dele van Mexiko het skerp gestyg tot minstens 64, met nog 65 mense wat vermis word, het owerhede Maandag gesê.

Die oorstromings, veroorsaak deur intense reënval, was hoofsaaklik gekonsentreer in die Veracruz-, Hidalgo- en Puebla-staat, het Laura Velazquez, hoof van Mexiko se burgerlike beskermingsowerheid, gesê. – AFP


2025-10-13 15:01:13

Modder net waar jy vee

A resident evacuates mud from her bakery in Godall, south of Barcelona, on October 13, 2025 after a local stream has invaded streets following torrential rain. Floods trapped people in vehicles and homes in Spain on October 12, 2025 as torrential rain drenched the northeastern Catalonia region, a day after downpours unleashed travel chaos on the Mediterranean island of Ibiza. (Photo by Josep LAGO / AFP) (JOSEP LAGO/AFP)

’n Vrou vee Maandag modder uit haar bakkery in Godall, suid van Barcelona, Spanje, nadat swaar reën ’n rivier oor sy walle laat bars en die dorp se strate oorstroom het. Foto: AFP


2025-10-13 15:12:04

Hamas wil verseker Israel hervat nie ‘aggressie’

Hamas het Maandag ’n beroep gedoen op pres. Donald Trump en die bemiddelaars van die wapenstilstandsooreenkoms in Gasa om te verseker dat Israel nie militêre operasies in die gebied hervat nie.

“Ons verwelkom pres. Trump se duidelike bevestiging van die einde van Israel se oorlog in die Gasastrook,” het Hazem Kassem, Hamas-woordvoerder, gesê.

“Ons doen ’n beroep op alle bemiddelaars en internasionale partye om Israel se optrede aan te hou monitor en te verseker dat hy nie sy aggressie teen ons mense in Gasa hervat nie.”– AFP


2025-10-13 15:35:49

Hamas sê dodetal in Gasastrook is 67 869

Die ministerie van gesondheid in die Hamas-beheerde Gasastrook het Maandag gesê die dodetal van die Israel-Hamas-oorlog het 67 869 bereik.

“Die totale tol van Israel se aggressie sedert 7 Oktober 2023 het gestyg tot 67 869 martelaars,” het die ministerie gesê. – AFP


2025-10-13 15:44:20

Madagaskar se president het land verlaat – opposisieleier

Andry Rajoelina, Madagaskar se president, het die land verlaat, het Siteny Randrianasoloniaiko, die opposisieleier, Maandag aan Reuters gesê, en gesprekke met personeel van die presidensie aangehaal.

Dit volg op betogings wat op 25 September in die voormalige Franse kolonie uitgebreek het oor water- en kragtekorte, maar vinnig geëskaleer het tot ’n opstand oor breër griewe, waaronder korrupsie, swak bestuur en ’n gebrek aan basiese dienste.

’n Militêre bron het aan Reuters gesê dat Rajoelina Sondag met ’n Franse militêre vliegtuig uit die land gevlieg het. – Reuters


2025-10-13 16:00:00

‘Die generaal het goed gedoen’

US President Donald Trump holds a meeting with Egypt's President Abdel Fattah al-Sisi during a summit on Gaza in Sharm el-Sheikh on October 13, 2025. Trump hailed an end to a "painful nightmare" in a speech to Israel's parliament October 13, as the last surviving hostages returned home from Gaza and a group of Palestinian prisoners were freed under a ceasefire deal he spearheaded. (Photo by SAUL LOEB / AFP) (SAUL LOEB/AFP)

Pres. Donald Trump (links) vergader Maandag met sy Egiptiese ampsgenoot, Abdel Fattah al-Sisi, in die Egiptiese kusoord Sjarm el-Sheich aan die begin van ’n beraad oor Gasa. Trump het Sisi geloof vir die sleutelrol wat hy gespeel het in die onderhandelings met Hamas. “Trouens, hierdie generaal hier was deurslaggewend omdat Hamas dié land respekteer, en hulle respekteer die leierskap van Egipte. Hy het dus ’n baie belangrike rol gespeel, en ek waardeer dit geweldig baie,” het Trump aan verslaggewers gesê. Foto: AFP


2025-10-13 16:12:04

Kubaanse opposisieleier kies ballingskap in Amerika

José Daniel Ferrer (55), aangehoude leier van Kuba se pro-demokrasie-beweging, het die kommunistiese eiland vir ballingskap in Amerika verlaat.

Ferrer het vroeër gesê hy kies ballingskap ná marteling en vernedering in die tronk en dreigemente teen sy familie.

"Die vertrek na Amerika volg op ’n formele versoek van daardie land se regering en die uitdruklike aanvaarding van Ferrer," sê Kuba se ministerie van buitelandse sake. – AFP


2025-10-13 16:28:33

Oudpresident van Frankryk begin binnekort met tronkstraf

Nicolas Sarkozy, Franse president van 2007 tot 2012, sal op 21 Oktober sy tronkstraf van vyf jaar begin uitdien nadat hy skuldig bevind is aan misdadige sameswering. Dit hou verband met sy pogings om fondse vir sy 2007-verkiesingsveldtog van die oorlede Libiese leier kol. Moeammar Ghaddafi te verkry.

Die 70-jarige Sarkozy, wat die eerste Franse naoorlogse leier en eerste voormalige leier van ’n Europese Unie-land sal wees wat tronk toe gaan, sal sy straf in die La Santé-tronk in Parys uitdien, is Maandag berig. – Reuters, AFP


2025-10-13 16:50:17

‘Ontsaglike dag vir wêreld’

World leaders' summit on ending the Gaza war, in Sharm el-Sheikh U.S. President Donald Trump poses with the signed agreement at a world leaders' summit on ending the Gaza war, amid a U.S.-brokered prisoner-hostage swap and ceasefire deal between Israel and Hamas, in Sharm el-Sheikh, Egypt, October 13, 2025. REUTERS/Suzanne Plunkett/Pool TPX IMAGES OF THE DAY (Suzanne Plunkett/REUTERS)

Pres. Donald Trump poseer Maandag by ’n beraad van tientalle wêreldleiers met ’n dokument wat Amerika, Egipte, Katar en Turkye onderteken het as die lande wat vir die Gasa-ooreenkoms pa staan.

Volgens Trump is die ooreenkoms daarop gemik om die twee jaar lange oorlog te beëindig en bevat die dokument die "reëls en regulasies" vir toekomstige samesprekings.

"Dit is ’n ontsaglike dag vir die wêreld, dit is ’n ontsaglike dag vir die Midde-Ooste," sê Trump oor die beraad by die Egiptiese kusoord Sjarm El-Sjeich. Foto: Reuters


2025-10-13 17:06:49

Zelenski gaan met Trump vergader oor steun teen Rusland

Pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne sal vandeesweek na Amerika reis om met pres. Donald Trump te vergader oor lugverdediging en maniere om druk op Rusland uit te voer, het hy Maandag aangekondig.

Zelenski sê hy sal by ’n Oekraïense afvaardiging aansluit wat reeds in Amerika is vir gesprekke met Amerikaanse politici en ondernemings. Hy hoop om Vrydag met Trump te vergader.

Volgens Zelenski het hy die naweek twee telefoongesprekke met Trump gevoer waarin die uitdagings bespreek is wat Oekraïne in die gesig staar. “Ons het sensitiewe kwessies bespreek. Die gesprek was betekenisvol, maar nie voldoende nie.” – AFP


2025-10-13 17:24:50

Gasa-ooreenkoms bring nuwe era van vrede en stabiliteit, sê Egipte

Die Gasa-ooreenkoms is “ ’n seer hoofstuk in die mens se geskiedenis wat afsluit en ’n nuwe era van vrede en stabiliteit vir die Midde-Ooste open”, sê pres. Abdel Fattah el-Sisi van Egipte.

El-Sisi, wat Maandag ’n verklaring saam met die ander lande uitgereik het wat die ooreenkoms oor die skietstilstand tussen Israel en Hamas onderteken het, beskryf dit as ’n “historiese dag” vir vrede wat die weg baan na ’n tweestaat-oplossing.

Die ooreenkoms tussen Israel en Hamas is internasionaal geloof as ’n noodsaaklike stap om dekades se konflik in die Gasastrook tot ’n einde te bring. – AFP


2025-10-13 17:25:47

Kraakvars

This photograph shows a pilot on a Belgium's newly purchased Lockheed Martin F-35 Lightning II fighter jet for the first time, after arriving at the Florennes military airbase, southern Belgium on October 13, 2025. (Photo by JOHN THYS / AFP) (JOHN THYS/AFP)

’n Belgiese vlieënier klim vir die eerste keer in die nuut aangekoopte Lockheed Martin F-35 Lightning II-vegvliegtuig by die Florennes-lugmagbasis in die suide van België.

Foto: AFP


2025-10-13 17:42:03

Tientalle amptenare hou beraad oor heropbou van Gasastrook

Tientalle senior amptenare van die Midde-Ooste en Europa het Maandag saam met wêreld- finansiële instellings in Wilton Park, Wes-Sussex, vergader vir strategiese beraadslaging oor die herbou van die verwoeste Gasastrook.

Die drie dae lange konferensie in die suide van Engeland fokus op noodsaaklike beplanning en koördinering vir die herstel van die Gasastrook ná die oorlog, met die doel dat die Palestyne self leiding neem.

"Ons moet gereed wees om puin te verwyder, huise te herbou en infrastruktuur te vestig," sê Hamish Falconer, Britse adjunkminister van buitelandse sake.

Volgens Falconer is die taak enorm, dringend en kompleks, met herstel wat jare en miljarde sal verg. – AFP


2025-10-13 18:02:56

Minstens 64 mense sterf weens stortreëns in Mexiko

Minstens 64 mense is dood en 65 ander word vermis nadat stortreëns die laaste paar dae dele van Mexiko getref het, het die regering Maandag bevestig.

Gure weer het tot verwoestende grondverskuiwings en oorstromings in die Golfkus en in die sentrale provinsies van Mexiko gelei.

Pres. Claudia Sheinbaum sê niemand het die intensiteit van die reënval voorsien nie. Volgens Raymundo Morales, ’n vlootadmiraal, is die kombinasie van warm en koue fronte oor reeds oorvol riviere, saam met verswakte berggebiede, die oorsaak van die ramp.

Sowat 100 000 huise is beskadig. Veral Hidalgo en Veracruz is swaar getref. Infrastruktuur is vernietig en nooddienste is besig met reddings- en hulpoperasies. – Reuters

APTOPIX Mexico Extreme Weather Damaged vehicles sit in mud after flooding in Poza Rica, Veracruz state, Mexico, Sunday, Oct. 12, 2025. (AP Photo/Felix Marquez) (Felix Marquez/AP)

Beskadigde voertuie sit vas in modder ná oorstromings in Poza Rica in die staat Veracruz in Mexiko. Foto: AFP


2025-10-13 18:05:00

Windverwaaid

Nor'easter storm in New York City A person struggles with her umbrella as she walks through wind and rain during a nor'easter storm in New York City, U.S., October 13, 2025. REUTERS/Eduardo Munoz (Eduardo Munoz/REUTERS)

’n Vrou sukkel met haar sambreel terwyl sy deur wind en reën stap tydens ’n storm in die stad New York in Amerika.

Foto: Reuters


2025-10-13 18:14:25

Britse MI5 waarsku politici teen Russiese, Chinese en Irannese spioene

MI5, Brittanje se binnelandse spioenasieagentskap, het Maandag ’n seldsame openbare waarskuwing aan parlementslede uitgereik dat hulle geteiken word deur spioene van China, Rusland en Iran in 'n poging om die land se demokrasie te ondermyn.

Die waarskuwing kom ’n week nadat aanklaers gesê het hulle moes die verhoor van twee Britse mans wat daarvan beskuldig word dat hulle vir China op parlementslede gespioeneer het, laat vaar omdat die Britse regering geen bewyse kon lewer wat toon dat China ’n bedreiging vir sy nasionale veiligheid inhou nie.

MI5 waarsku politici en hul personeel om op die uitkyk te wees vir spioene wat inligting by hulle wil kry deur middel van afpersing, skenkings om hul guns te koop of kuberaanvalle. – Reuters


2025-10-13 18:30:47

Rubio eis vrylating van Kubaanse politieke gevangenes

Marco Rubio, Amerikaanse minister van buitelandse sake, het Maandag die “onmiddellike vrylating” van honderde politieke gevangenes in Kuba geëis toe hy Jose Daniel Ferrer, vrygelate menseregteaktivis, in Amerika verwelkom het.

“Ons doen ’n oproep om die onmiddellike vrylating van die meer as 700 onregverdig aangehoude politieke gevangenes en moedig die internasionale gemeenskap aan om saam met ons die Kubaanse regime aanspreeklik te hou,” het Rubio gesê nadat Ferrer in Miami geland het.

Rubio, self van Kubaanse afkoms, is bekend as ’n uitgesproke kritikus van die Kubaanse regering se hantering van menseregte en politieke vryhede. – AFP


2025-10-13 18:58:40

Vlug na vryheid

Hostages-prisoners swap deal between Hamas and Israel A person holding an Israeli flag reacts amid dust as a helicopter carrying released hostages, who have been held in Gaza since the deadly October 7, 2023 attack by Hamas, and who were released with others as part of a prisoner-hostage swap and a ceasefire deal between Israel and Hamas, takes off, in Reim, southern Israel, October 13, 2025. REUTERS/Amir Cohen TPX IMAGES OF THE DAY (Amir Cohen/REUTERS)

’n Vrou met ’n Israeliese vlag staan Maandag in Reim in die suide van Israel in die stof van ’n helikopter wat opstyg met vrygelate gyselaars wat sedert 7 Oktober 2023 deur Hamas in die Gasastrook aangehou is. Foto: Reuters


2025-10-13 19:15:35

Twee mans in hof weens moord op Lostprophets-sanger in tronk

Twee mans het Maandag in die hof verskyn op aanklag van die moord op die Lostprophets-sanger Ian Watkins in die gevangenis waar hy ’n vonnis van 29 jaar uitgedien het weens seksmisdade met kinders.

Watkins (48), hoofsanger van die groep, is Saterdag dood gevind in die Wakefield-gevangenis in Noord-Engeland.

Hy is in Desember 2013 skuldig bevind aan verskeie ernstige misdrywe, onder meer poging tot verkragting van ’n baba.

Die twee verdagtes, Rashid Gedel (25) en Samuel Dodsworth (43), sal Dinsdag weer in die hof in Leeds verskyn. – AFP


2025-10-13 19:37:18

'Egipte sal konferensie oor herstel van Gasastrook aanbied'

Egipte sal ’n konferensie aanbied oor die herstel van die Gasastrook, het pres. Abdel Fattah el-Sisi Maandag aangekondig.

"Egipte sal in die volgende paar dae saam met Amerika en ander vennote werk om die grondslag te lê vir die herstel van die Gasastrook en ons is van voorneme om ’n vroeë herstel-, heropbou- en ontwikkelingskonferensie aan te bied," sê hy.

Hy sê verder ’n tweestaat-oplossing is die enigste manier om die aspirasies van die Palestyne en Israeli's te bereik en in vrede te leef. – AFP, Reuters


2025-10-13 20:05:37

Komiese ystervrou

Comedian Matt Tedford, in character as a drag version of Margaret Thatcher, poses beside the statue of the former British Prime Minister during Thatcher Fest, marking the 100th anniversary of Thatcher's birth in her hometown of Grantham Comedian Matt Tedford, in character as a drag version of Margaret Thatcher, poses beside the statue of the former British Prime Minister during Thatcher Fest, marking the 100th anniversary of Thatcher's birth in her hometown of Grantham, East Midlands, Britain, October 13, 2025. REUTERS/Temilade Adelaja TPX IMAGES OF THE DAY (Temilade Adelaja/REUTERS)

Die komediant Matt Tedford, opgemaak en aangetrek as Margaret Thatcher, Maandag langs die standbeeld van die voormalige Britse premier tydens die Thatcher-fees, wat die 100ste herdenking van Thatcher se geboorte in haar tuisdorp, Grantham, herdenk. Foto: Reuters


2025-10-13 20:14:12

Nuwe Kalifornië-wet vereis veiligheidsmaatreëls vir KI-kletsbots

Goew. Gavin Newsom van Kalifornië het Maandag ’n wet onderteken wat kunsmatige intelligensie (KI)-kletsbots reguleer.

"Ons het werklik grusame en tragiese voorbeelde gesien van jong mense wat skade gely het deur ongereguleerde tegnologie en ons sal nie toekyk terwyl maatskappye voortgaan sonder die nodige perke en aanspreeklikheid nie," sê Newsom.

Die wet vereis onder meer dat kletsbot-operateurs beskermingsmaatreëls instel ten opsigte van die interaksie met KI-kletsbots en bied aan mense die geleentheid om regsgedinge aanhangig te maak indien die versuim om maatreëls in te stel tot tragedies lei.

Die wet volg op onthullings van selfdood onder tieners wat kletsbots gebruik het voordat hulle hulself om die lewe gebring het. – AFP


2025-10-13 20:37:32

Madagaskar se president skuil in "veilige plek" ná aanslag op sy lewe

Pres. Andry Rajoelina van Madagaskar skuil in ’n "veilige plek" ná ’n poging op sy lewe, het hy Maandag gesê.

"Ek is gedwing om vandag ’n veilige skuilplek te vind om my lewe te beskerm. Ek hou nooit op om na oplossings te soek nie," sê die 51-jarige leier in ’n regstreekse toespraak op Facebook sonder om sy ligging bekend te maak.

Vroeër is berig Rajoelina het die land verlaat.

Dit volg op betogings wat op 25 September in die voormalige Franse kolonie uitgebreek het oor water- en kragtekorte, maar vinnig geëskaleer het tot ’n opstand oor breër griewe, waaronder korrupsie, swak bestuur en ’n gebrek aan basiese dienste. – AFP


2025-10-14 03:26:22

SpaceX lanseer 11de Starship-vuurpyl

Elon Musk se maatskappy SpaceX het Maandag sy 11de Starship-vuurpyl vanaf Texas gelanseer en dit in die Indiese Oseaan laat land.

Dit is die laaste vlug voordat die maatskappy begin met die toetslansering van ’n nuwe weergawe van die vuurpyl wat toegerus is met meer eienskappe vir missies na die maan en Mars.

Nadat Starship na die ruimte gestuur is, het die Super Heavy-aanjaer teruggekeer vir ’n sagte waterlanding in die Golf van Mexiko sewe minute ná opstyging en ’n konfigurasie aan die landingsenjin getoets voordat hy homself opgeblaas het. – Reuters

A SpaceX Super Heavy booster carrying the Starship spacecraft lifts off on its 11th test flight A SpaceX Super Heavy booster carrying the Starship spacecraft lifts off on its 11th test flight at the company's launch pad in Starbase, Texas, U.S., October 13, 2025. REUTERS/Steve Nesius TPX IMAGES OF THE DAY (Steve Nesius/REUTERS)

’n SpaceX Super Heavy-vuurpylaanjaer wat die Starship-ruimtevaartuig vervoer, styg Maandag op gedurende sy 11de toetsvlug by die maatskappy se lanseerplatform in Starbase, Texas. Foto: Reuters


2025-10-14 03:31:09

Minstens 14 dood toe goudmyn in Venezuela ineenstort

Minstens 14 mense is dood nadat ’n goudmyn in die El Callao-munisipaliteit in die suide van Venezuela ineengestort het ná swaar reën in die gebied.

Spanne van die Nasionale Risikostelsel sê reddingspogings is aan die gang, met die lyke wat in drie afsonderlike skagte gevind is.

“Die eerste fase van die werk is om al die skagte leeg te pomp om die watervlak te verlaag en dan die reddingspogings te evalueer,” het ’n amptenaar gesê. – Reuters


2025-10-14 03:35:41

6 000 leerlinge in Maleisië het griep onder lede

Ongeveer 6 000 leerlinge in Maleisië het griep onder lede en sommige skole is vir die veiligheid van kinders en personeel gesluit.

“Ons het reeds uitgebreide ondervinding in die hantering van aansteeklike siektes vanaf die Covid-19-pandemie,” het Mohd Azam Ahmad, direkteur-generaal van die ministerie van onderwys, gesê.

Hy het nie aangedui hoeveel skole gesluit is nie, maar het gesê die infeksies is in verskeie gebiede oor die land heen bespeur. – Reuters


2025-10-14 04:17:14

Venezuela sluit ambassades in Noorweë, Australië

Die regering van Venezuela gaan sy ambassades in Noorweë en Australië sluit en nuwe ambassades in Burkina Faso en Zimbabwe open.

Die sluitings vorm deel van die “strategiese hertoewysing van hulpbronne”, het pres. Nicolas Maduro se regering gesê.

Noorweë se ministerie van buitelandse sake sê hy het kennisgewing van die sluitings ontvang, maar geen rede vir die besluit nie.

Die aankondiging kom net dae nadat die Nobel-komitee in Oslo aangekondig het dat Maria Corina Machado, Venezolaanse opposisieleier, die 2025-Nobelvredesprys gewen het vir haar stryd vir demokrasie in die land. – Reuters


2025-10-14 04:18:22

Ontwikkelende lande raak agter met KI, sê Internasionale Monetêre Fonds

Lande oor die wêreld heen het ’n gebrek aan die regulatoriese en etiese grondslag om die vinnige koms van kunsmatige intelligensie (KI) te hanteer, het Kristalina Georgieva, hoof van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), Maandag gesê.

Georgieva sê die vinnige tegnologiese revolusie wat deur KI ontsluit is, word deur gevorderde ekonomieë oorheers. Dit het ’n groeiende gaping met ontwikkelende lande oopgemaak en dit sal moeilik wees vir hulle om in te haal.

Die grootste tekort is in regulering en etiek. – Reuters


2025-10-14 04:19:49

China sal ‘tot die einde veg’ in handelsoorlog met Amerika

China sê hy is gereed om “tot die einde toe te veg” in ’n handelsoorlog met Amerika nadat pres. Donald Trump gesê het hy sal addisionele tariewe van 100% op goedere van die land hef.

Trump se aankondiging was in reaksie op Beijing se aankondiging van omvattende nuwe uitvoerkontroles in die veld van seldsame aardmetale.

“Oor die saak van tarief- en handelsoorloë, China se standpunt bly konsekwent,” het ’n woordvoerder van die Chinese handelsministerie gesê.

“As julle wil veg, sal ons tot die einde toe veg. As julle wil onderhandel, bly ons deur oop.” – AFP


2025-10-14 05:20:34

19 mense in DRK vermoor

Rebellevegters gekoppel aan Isis het minstens 19 mense in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) vermoor, het die plaaslike owerhede Maandag gesê.

Die ooste van die DRK, ’n streek wat aan Rwanda grens met oorvloedige natuurlike hulpbronne, ervaar reeds meer as drie dekades uiterste geweld, dikwels deur gewapende, opstandige groepe.

Die Geallieerde Demokratiese Magte (GDM) het Sondag die dorpie Mukondo in die Lubero-gebied aangeval en “19 mense geslag”, het die plaaslike militêre administrateur gesê. – AFP


2025-10-14 05:21:28

Lyke van 4 gyselaars aan Israel oorhandig

Die lyke van vier gyselaars wat in die Gasastrook aangehou is en Maandag deur Hamas aan die Rooi Kruis oorhandig is, is na Israel teruggebring, het die weermag gesê.

Die oorskot in vier doodskiste het Maandagaand by die Nasionale Instituut vir Forensiese Geneeskunde in Tel Aviv aangekom.

Die owerhede sal nou die lyke probeer identifiseer.

Die oorhandiging is deel van ’n skietstilstand tussen Israel en Hamas. – AFP


2025-10-14 05:58:02

Talle betoog oor langer werksure in Griekeland, verskeie dienste gestaak

Griekse skepe het in hawens gebly en treindienste is gestaak terwyl werkers Dinsdag betoog het teen beplande arbeidshervormings wat die verlenging van werksure in die private sektor insluit.

Die staking is die tweede vandeesmaand deur Griekeland se grootste vakbonde in die openbare en private sektor.

Stakende werkers, insluitend dokters, sal na verwagting Maandagmiddag saam met ander werkers na die parlement stap.

’n Parlementêre debat en ’n stemming oor die konsepwetsontwerp vind vandeesweek plaas. – Reuters


2025-10-14 06:38:46

Kameroen se opposisieleier verklaar ‘oorwinning’ in verkiesing

Issa Tchiroma Bakary, Kameroen se opposisieleier, het Dinsdag gesê hy het ’n verkiesingsoorwinning oor die sittende president, Paul Biya, behaal met die amptelike uitslae van Sondag se verkiesing wat eers oor twee weke verwag word.

“Ons oorwinning is duidelik. Dit moet gerespekteer word,” het Bakary verklaar, en ’n beroep op die regering gedoen om “die waarheid van die stembus te aanvaar” of “die land in opstand te dompel”, en beloof om gedetailleerde resultate per streek te publiseer.

Biya is reeds 43 jaar aan bewind. – AFP


2025-10-14 07:21:58

Russiese veiligheidsdiens dien aanklag in teen Kremlin-kritikus

Rusland se Federale Veiligheidsdiens het ’n strafregtelike saak aanhangig gemaak teen Michail Chodorkowski, ’n kritikus van die Kremlin, wat in ballingskap is.

Chodorkowski word daarvan beskuldig dat hy ’n “terroriste-organisasie” geskep het en beplan het om die mag gewelddadig te gryp.

Chodorkowski, ’n olie-magnaat wat eens Rusland se rykste man was, het 10 jaar in die tronk uitgedien op bedrogaanklagte wat hy en baie Westerse lande gesê het polities gemotiveerd was.

Hy is in 2013 begenadig en het Rusland verlaat. – Reuters


2025-10-14 07:38:51

3 dood, 13 beseer in ontploffing tydens uitsetting in Italië

Drie polisiebeamptes is oornag dood en minstens 13 mense beseer in Italië in ’n ontploffing by ’n huis ten tyde van ’n poging om die bewoners uit te sit.

Twee mense, ’n broer en suster in hulle 60’s, is in hegtenis geneem en ’n derde gesinslid het gevlug, volgens die Ansa-nuusagentskap.

Die huis in Castel d’Azzano was vol gas en die ontploffing het gebeur toe die voordeur ten tyde van die poging om hulle uit te sit, oopgemaak is.

Die polisie het probeer om die drie sibbe uit te sit, wat voorheen gedreig het om hulleself op te blaas. – AFP


2025-10-14 07:54:19

Opposisiepartye vergader Dinsdag in Japan vir gesprekke, regerende party dalk verwyder

Japan se top-opposisiepartye hou Dinsdag gesprekke met die doel om ’n gesamentlike premierskandidaat te vind en die regerende party uit die kussings te lig.

Die gesprekke kom nadat die regerende koalisie verlede week ineengestort het.

Japan is in politieke onsekerheid gedompel oor of die opposisie-blok sal verenig nadat die Komeito-party aan sy alliansie van 26 jaar met die regerende Liberaal-Demokratiese Party (LDP) onttrek het. – AFP


2025-10-14 08:16:20

Vervoerdienste in België ontwrig weens staking

’n Nasionale staking oor ’n besparingsplan deur die regering het tot die kansellering van vlugte gelei en openbare vervoer Dinsdag in België ontwrig.

Tienduisende mense gaan na verwagting by ’n betoging in Brussel aansluit.

Die Brussel-lughawe het alle vertrekvlugte gekanselleer terwyl veiligheidswerkers hul gereedskap neergelê het. 

Charleroi-lughawe in die suidweste van België, ’n groot Europese sentrum vir die laekostelugdiens Ryanair, sê hy kan weens ’n gebrek aan personeel geen vlugte bedryf nie. – AFP


2025-10-14 08:47:38

80 vermiste S-Koreane moontlik slagoffers van bedrogspul

Tagtig Suid-Koreane wat moontlik slagoffers van vals poste of bedrogsentrums was, word in Kambodja vermis, het Suid-Korea se ministerie van buitelandse sake Dinsdag aan AFP gesê.

Tussen Januarie en Augustus vanjaar is 330 Suid-Koreane as vermis aangemeld of dat hulle teen hul wil aangehou word nadat hulle Kambodja binnegegaan het.

“Die veiligheid van ongeveer 80 mense moet nog bevestig word,” het ’n amptenaar gesê. – AFP


2025-10-14 08:53:57

Israeliese weermag vuur skote af op ‘verdagtes’ in Gasastrook

Die Israeliese weermag sê hy het Dinsdag skote afgevuur om ’n bedreiging uit te skakel toe verskeie "verdagtes" Israeliese magte in die noorde van die Gasastrook genader het.

Die weermag sê die verdagtes het ’n grens oorgesteek vir ’n aanvanklike terugtrekking van Israeliese magte ingevolge ’n skietstilstand.

Dít is ’n oortreding van die ooreenkoms, volgens die weermag. – Reuters


2025-10-14 09:17:49

Israeliese weermag identifiseer lyke van 4 gyselaars

Die Israeliese weermag sê die lyke van vier gyselaars wat deur Hamas terugbesorg is, is geïdentifiseer, insluitend dié van ’n Nepalese student.

Die weermag het in ’n verklaring twee van die slagoffers geïdentifiseer as Guy Iluz, ’n 26-jarige Israeli, en Bipin Joshi, ’n 22-jarige student van Nepal.

Die name van die ander twee voormalige gyselaars is op versoek van hul families nog nie bekend gemaak nie. – Reuters


2025-10-14 09:26:07

Man doodstraf opgelê ná seldsame voorval van geweld in Japan

’n Japannese man is die doodstraf opgelê vir die moord op vier mense in ’n seldsame voorval twee jaar gelede.

Japan het een van die wêreld se laagste moordkoerse en sommige van die strengste wette oor vuurwapens en daar is min voorvalle van gewelddadige misdaad.

Masanori Aoki (34) het in Mei 2023 twee vroue in die sentrale streek Nagano doodgesteek en twee polisiebeamptes wat op die toneel opgedaag het, doodgeskiet. – AFP


2025-10-14 09:41:07

$70 miljard benodig om Gasastrook te herbou

Daar is belowende vroeë aanduidings van lande, insluitend Amerika en Arabiese en Europese state, oor hul bereidwilligheid om by te dra tot die $70 miljard wat dit gaan kos om die Gasastrook te herbou.

Jaco Cilliers, ’n amptenaar van die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram, het nie verdere besonderhede verskaf nie.

Hy raam dat die oorlog in die Gasastrook minstens 55 miljoen ton puin gegenereer het. – Reuters

Destruction in Khan Yunis' Al-Katiba area after Gaza cease-fire KHAN YUNIS, GAZA - OCTOBER 12: An aerial view shows the destruction in the Al-Katiba area of Khan Yunis, in southern Gaza Strip, following the enforcement of the cease-fire and the withdrawal of Israeli forces to the designated buffer zone, on October 12, 2025. (Photo by Muhammed Eslayeh/Anadolu via Getty Images) (Anadolu/Anadolu via Getty Images)

’n Lugfoto Sondag wys die vernietiging in die Al-Katiba-gebied van Chan Joenis in die suide van die Gasastrook. Foto: Getty Images/Anadolu


2025-10-14 10:02:13

Rusland tref VN-hulpkonvooi in Cherson, sê Oekraïne

Russiese magte het ’n hulpkonvooi van die Verenigde Nasies (VN) in die Cherson-streek, wat gedeeltelik onder Russiese beheer is, getref, sê Oekraïense owerhede.

“Die besetters het doelbewus vragmotors van die VN se kantoor vir die koördinering van humanitêre aangeleenthede met hommeltuie en artillerie geteiken.

“Vier wit voertuie, wat gemerk is en nie militêre toerusting vervoer het nie, maar motors is wat hulp aan mense vervoer, is geteiken. Een voertuig het verbrand en ’n ander is ernstig beskadig,” het Oleksandr Prokoedin, hoof van die streek se militêre administrasie, gesê. – AFP


2025-10-14 10:25:51

‘Dit sal tyd neem om oorlede gyselaars se oorskot terug te besorg’

Die Internasionale Komitee van die Rooi Kruis (IKRK) sê dit sal tyd neem om die oorskot van gyselaars en aangehoudenes wat in die oorlog in die Gasastrook dood is, te oorhandig.

Christian Cardon, woordvoerder van die IKRK, het dit ’n “geweldige uitdaging” genoem gegewe die probleme om lyke tussen die puin te vind.

Cardon voeg by dit kan dae of weke neem en dat daar ’n moontlikheid is dat hulle nooit gevind sal word nie. – Reuters


2025-10-14 10:43:45

Politieke krisis in Madagaskar verdiep

Pres. Andry Rajoelina van Madagaskar het Dinsdag die land se nasionale vergadering ontbind.

Die land ervaar al meer as twee weke lank betogings, wat grootliks gelei word deur jong betogers wat woedend is oor die regerende elite.

Die dekreet om die nasionale vergadering te ontbind “sal onmiddellik in werking tree met die publikasie daarvan deur radio- of televisie-uitsending”, het die presidensie gesê.

Siteny Randrianasoloniaiko, leier van die opposisie, sê Rajoelina se bevel is nie wetlik geldig nie, omdat hy nie die president van die nasionale vergadering geraadpleeg het nie. – Reuters


2025-10-14 11:09:42

VN veroordeel Russiese hommeltuigaanval op hulpkonvooi

Die Verenigde Nasies (VN) het Dinsdag ’n Russiese hommeltuigaanval op sy hulpkonvooi in die suidelike Oekraïense streek Cherson skerp veroordeel en gesê die aanval kan as ’n oorlogsmisdaad beskou word.

“Sulke aanvalle is heeltemal onaanvaarbaar. Noodwerkers word deur internasionale humanitêre reg beskerm en behoort nooit aangeval te word nie,” sê Matthias Schmale, die VN se humanitêre koördineerder vir Oekraïne.

Internasionale humanitêre reg beskerm hulpverleners en burgerlikes teen aanvalle tydens gewapende konflikte. – AFP


2025-10-14 11:30:40

Franse politieke krisis ‘nog nie ’n regimekrisis’, sê Lecornu

Sébastien Lecornu, heraangestelde Franse premier, het Dinsdag aan sy nuwe kabinet gesê die politieke krisis wat die land deurmaak, is nog nie ’n regimekrisis nie.

Lecornu sal Dinsdagmiddag die parlement toespreek om sy begrotingsprioriteite uiteen te sit in die hoop om genoeg Sosialiste se guns te wen om te verhoed dat hulle ’n wantrouemosie verloor wat Frankryk verder in ’n politieke moeras sou dompel.

Frankryk ervaar tans ’n tydperk van politieke onsekerheid met spanning binne die regering en die parlement. – Reuters


2025-10-14 11:40:46

Oostenrykse eiendomsmagnaat pleit onskuldig op bedrogklag

Rene Benko, Oostenrykse eiendomsmagnaat, het Dinsdag onskuldig gepleit op ’n klag van bedrog, die eerste klag in ’n omvangryke ondersoek na die insolvensie van sy voormalige eiendomsryk.

Benko, wat eens as een van Oostenryk se rykste mense beskou is, het Signa Holding in 2000 gestig.

Dié skuldgedrewe groep het in 2023 ineengestort in die grootste insolvensie in Oostenryk se geskiedenis. Krediteure van oor die wêreld heen eis miljarde euro’s van Signa, wat voorheen bekende bates soos die Chrysler-gebou in New York en luukse Europese winkels besit het.

Benko het Dinsdag op die eerste dag van sy verhoor in Innsbruck alle skuld ontken. Hy het tydens die twee uur lange verhoor alle beskuldigings teen hom verwerp en geweier om verdere vrae te beantwoord.

Benko, wat sedert Januarie in aanhouding is, word deur tot 10 jaar tronkstraf in die gesig gestaar indien hy skuldig bevind word. Die hofverrigtinge hervat Woensdag. – AFP


2025-10-14 11:48:36

Italiaanse erewag vir die pous

The car of Pope Leo XIV is escorted by Corrazieri (guard of honour of the President of the Italian Republic) to the Quirinale Presidential Palace where he will meet Italy's President Sergio Mattarella during an official visit, in Rome, on October 14, 2025. (Photo by Andreas SOLARO / AFP) (ANDREAS SOLARO/AFP)

Die motor van pous Leo XIV word deur die Corazzieri, die erewag van pres. Sergio Mattarella, begelei tydens sy reis na die Quirinale- presidensiële paleis op sy amptelike besoek in Rome. Foto: AFP


2025-10-14 12:12:13

Ooreenkoms bring hoop vir vrede in DRK

Die regering van die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) en die M23-rebellegroep het Dinsdag ’n ooreenkoms onderteken om ’n uiteindelike “permanente skietstilstand” te moniteer – ’n belangrike stap na ’n moontlike vredesooreenkoms in die gebied.

Dié ontwikkeling volg ná verskeie rondes van bemiddeling in Katar, ten spyte daarvan dat ’n vredesooreenkoms nog nie bereik is nie.

Die skietstilstand-moniteringsooreenkoms is een van twee sleutelfases voordat uitgebreide vredesonderhandelinge kan begin; die ander, ’n gevangene-uitruilooreenkoms, is reeds onderteken.

Ingevolge die ooreenkoms sal ’n moniteringsliggaam gevorm word met verteenwoordigers van die DRK, die M23-groep, en die Internasionale Konferensie oor die Groot Mere-streek. – Reuters


2025-10-14 12:23:53

Verhoor oor treinongeluk in Griekeland begin in Maart 2026

Die verhoor oor Griekeland se ergste treinramp nog waarin 57 mense dood is, begin op 23 Maart 2026 in Larissa. Die tragedie op 28 Februarie 2023, toe ’n passasierstrein en ’n vragtrein gebots het, het skokgolwe deur Griekeland gestuur en oproepe tot spoorveiligheid laat opklink.

Aanklaers gaan 36 mense, insluitend spoorweghoofde en die betrokke stasiemeester, voor die hof daag. Die beskuldigdes word deur ernstige aanklagte in die gesig gestaar weens beweerde nalatigheid en moontlike strafregtelike oortredings.

Die ramp het Griekeland genoop om na sy spoorstelsel te kyk en dringende hervormings te eis. Die uitkoms van die verhoor sal nie net geregtigheid aan die slagoffers se families bied nie, maar kan ook die toekoms van spoorwegveiligheid in Griekeland bepaal. – AFP


2025-10-14 12:25:18

Platgeskiet...

Palestinians walk past the rubble of destroyed buildings, amid a ceasefire between Israel and Hamas, in Gaza City Palestinians walk past the rubble of destroyed buildings, amid a ceasefire between Israel and Hamas, in Gaza City, October 14, 2025. REUTERS/Ebrahim Hajjaj TPX IMAGES OF THE DAY (EBRAHIM HAJJAJ/REUTERS)

Palestyne loop verby die puin van verwoeste geboue in die stad Gasa te midde van ’n skietstilstand tussen Israel en Hamas. Foto: Reuters


2025-10-14 12:35:30

Dodetal kan styg ná brand by klerefabriek in Bangladesj

Minstens nege mense is dood en een is beseer in ’n brand Dinsdag by ’n klerefabriek in Bangladesj.

Die vlamme het ook na ’n chemiese pakhuis langs die klerefabriek in Dhaka se Mirpoer-gebied versprei.

Volgens noodwerkers sal die dodetal na verwagting styg namate reddingspogings voortduur. “Nege lyke is op die tweede en derde verdieping van die klerefabriek gevind,” sê Tajoel Islam Tsjowdhoeri, brandweerhoof. Hy sê die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. – Reuters


2025-10-14 13:15:32

Madagaskar se leier in staat van beskuldiging geplaas

Madagaskar verkeer in ’n ernstige politieke krisis nadat die laerhuis pres. Andry Rajoelina Dinsdag met 130 stemme teen een in ’n staat van beskuldiging geplaas het.

Rajoelina (51) het kort tevore probeer om die land se nasionale vergadering deur ’n dekreet te ontbind. Hy het egter aan boord van ’n Franse militêre vliegtuig uit die land gevlug ná dae van protesoptogte en militêre woelinge.

Die presidensie het die sitting as ongrondwetlik afgemaak, maar die parlement hou vol dat die besluit wettig is.

Die situasie weerspieël die frustrasies van ’n oorwegend jong bevolking wat genoeg gehad het van korrupsie, swak dienslewering en armoede. – Reuters


2025-10-14 13:21:38

EU, G7 in gesprek oor China se uitvoerreëls vir seldsame aardmetale

Die Europese Unie (EU) werk saam met G7-vennote aan ’n reaksie op China se “onregverdige” uitvoerbeheer op seldsame aardmetale, sê Maros Sefcovic, die blok se handelskommissaris.

“Sulke beperkings het reeds sommige EU-maatskappye gedwing om produksie te staak, wat werklike ekonomiese skade veroorsaak,” sê hy.

“Ons kan nie ledig sit en toekyk nie. Ons het ’n gekoördineerde reaksie nodig,” sê hy. “Ek is in noue kontak met my G7-ampsgenote en tree ook in gesprek met China om oplossings te vind.”

Seldsame aardmetale is kritiek belangrik vir ’n wye reeks moderne tegnologieë, insluitend elektrisiteitsvoorsieners, selfone, batterye en windturbines.

China beskik oor die grootste deel van die wêreld se produksie- en uitvoermark vir seldsame aardmetale, wat die land ’n groot magshefboom in die globale ekonomie gee. – AFP


2025-10-14 13:30:49

Lecornu vra Franse parlement om nie begroting teen hom te gebruik

Sébastien Lecornu, heraangestelde Franse premier, het parlementslede Dinsdag versoek om nie die stemming oor die begroting as ’n voorwendsel te gebruik om sy regering uit te stem nie.

“Daar is nou geen voorwendsel meer vir ’n mosie van wantroue nie,” het hy gesê.

Lecornu het die parlement toegespreek om sy begrotingsprioriteite uiteen te sit, in die hoop om ’n mosie van wantroue, wat Frankryk verder in politieke onsekerheid sou dompel, te voorkom.

Lecornu se beroep kom te midde van spanning tussen partye, waar politieke spel dikwels met fiskale besluitneming verweef raak.

Indien sy regering ’n mosie van wantroue sou verloor, kan dit tot verdere politieke onstabiliteit en ‘n moontlike vervroegde verkiesing in Frankryk lei. – Reuters

France's Prime Minister Sebastien Lecornu speaks as he meets with officials during a visit to a police station in L'Hay-les-Roses, on the southern outskirts of Paris on October 11, 2025. (Photo by Martin LELIEVRE / POOL / AFP) (Photo by MARTIN LELIEVRE/POOL/AFP via Getty Images) (MARTIN LELIEVRE/POOL/AFP via Getty Images)

Sébastien Lecornu, Franse premier. Foto: Getty Images


2025-10-14 14:00:38

Madagaskar: ‘Weermag neem beheer van land’

’n Kolonel van ’n elite- militêre eenheid in Madagaskar se weermag, wat ’n opstand onder soldate gelei het wat by jeugdige anti-regeringsbetogers aangesluit het, het Dinsdag aangekondig dat die weermag beheer oor dié Afrika-eilandnasie geneem het nadat pres. Andry Rajoelina die land verlaat het.

“Ons het die mag oorgeneem,” het kol. Michael Randrianirina op nasionale radio gesê, en bygevoeg dat die weermag alle instellings ontbind behalwe die laerhuis van die parlement, wat net minute voor sy aankondiging gestem het om Rajoelina in ’n staat van beskuldiding te plaas. – Reuters

A protester holds a banner critical of Madagascar�s President Andry Rajoelina and France�s President Emmanuel Macron as residents gather for a civil society rally demanding Rajoelina�s resignation in Antananarivo, on October 14, 2025. President Andry Rajoelina ratched up tensions in Madagascar on October 14, 2025 by dissolving the National Assembly to block a vote to force him out of office as thousands gathered for new protests calling for his resignation. Civil servants and trade unionists joined the large crowd in the capital in a fresh demonstration against Rajoelina after he made clear in an address from hiding late Monday that he did not intend to bow to demands that he quit. (Photo by Luis TATO / AFP) (LUIS TATO/AFP)

’n Betoger in Antananarivo, Madagaskar, hou Dinsdag ’n plakkaat vas wat krities is teenoor die land se president, Andry Rajoelina, en Frankryk se president, Emmanuel Macron. Foto: AFP


2025-10-14 14:36:11

Hof verwerp Alex Jones se aansoek teen $1,4 mjd.-lastervonnis

Die Amerikaanse hooggeregshof het Dinsdag geweier om ’n aansoek aan te hoor van die InfoWars-stigter, Alex Jones, teen die hofbevel wat hom gelas het om $1,4 miljard te betaal aan 14 familielede van slagoffers van die Sandy Hook-skoolskietery in 2012 nadat hy beweer het dit was ’n bogstorie.

Ses-en-twintig mense – 20 ses- en sewejarige leerlinge en ses personeellede van die skool in Newtown, Connecticut – is in die voorval in Desember 2012 doodgeskiet deur ’n 20-jarige voormalige leerling, wat homself daarna doodgeskiet het.

Jones het aangevoer dat die vonnis sy regte onder die Amerikaanse grondwet geskend het wat ’n regverdige regsproses en vryheid van spraak waarborg. – Reuters

Turning Point Action: The Peoples Convention American far-right, alt-right radio show Alex Jones addresses the conservative Turning Point People's Convention on June 16, 2024 at Huntington Place in Detroit, Michigan. (Photo by JEFF KOWALSKY / AFP) (JEFF KOWALSKY/AFP)

Die InfoWars-stigter, Alex Jones. Foto: AFP


2025-10-14 15:02:08

En dan gooi jy dit hier in …

German Chancellor Merz visits kindergarten in Potsdam German Chancellor Friedrich Merz observes an experiment with children during his visit of a kindergartenin Potsdam, Germany, October 14, 2025. Markus Schreiber/Pool via REUTERS TPX IMAGES OF THE DAY (Markus Schreiber/via REUTERS)

Friedrich Merz, die Duitse bondskanselier, doen Dinsdag ’n eksperiment saam met kinders tydens sy besoek aan ’n kleuterskool in Potsdam, Duitsland. Foto: Reuters


2025-10-14 15:18:54

‘Ek sal besluit wat ek dink reg is vir Midde-Ooste’ – Trump

Pres. Donald Trump het Dinsdag gesê hy “sal besluit wat (hy) dink reg is” oor ’n langtermyn-oplossing vir die Israelies-Palestynse konflik.

“Baie mense hou van die eenstaat-oplossing; sommige mense hou van die tweestaat-oplossing. Ons sal moet kyk,” het hy aan joernaliste aan boord van Air Force One gesê op pad terug van sy blitsbesoek Maandag aan Israel en Egipte.

“Ek sal besluit wat ek dink reg is, maar ek sal met ander state en ander lande koördineer.” – AFP


2025-10-14 15:31:37

Trump kla oor onvleiende foto van hom in tydskrif

Pres. Donald Trump het Dinsdag gesê hy hou van ’n artikel in die tydskrif Time oor sy vredespogings in die Midde-Ooste, maar het verontwaardiging uitgespreek oor ’n gepaardgaande foto en gekla dat dit sy hare laat “verdwyn”.

“Time het ’n relatief goeie storie oor my geskryf, maar die foto is moontlik die slegste van alle tye,” het Trump op sy Truth Social-platform geskryf.

“Hulle het my hare laat ‘verdwyn’, en toe iets bo-op my kop laat dryf wat soos ’n drywende kroon lyk, maar ’n baie klein een. Regtig vreemd!

“Ek het nog nooit daarvan gehou dat foto’s van my van onder af geneem word nie, maar dis ’n superslegte foto hierdie en verdien om uitgewys te word. Wat doen hulle, en hoekom?” het Trump geskryf. – AFP

Die gewraakte foto van hom waaroor pres. Donald Trump ongelukkig is. Foto: Time Magazine/X


2025-10-14 16:01:25

Madagaskar: Nuwe militêre leier behou mag 2 jaar

Madagaskar se nuwe militêre leier het Dinsdag ’n oorgangstydperk van twee jaar aangekondig, waarna 'n nuwe verkiesing glo gehou sal word.

"Die hervormingstydperk sal ’n maksimum van twee jaar duur. In hierdie tyd sal ’n referendum gehou word om ’n nuwe grondwet daar te stel, gevolg deur 'n verkiesing," sê kol. Michael Randrianirina, bevelvoerder van ’n elite-weermageenheid wat vroeër Dinsdag gesê het die weermag het beheer oor die land geneem.

Madagaskar se hoogste hof het Randrianirina vroeër Dinsdag uitgenooi om as die land se nuwe president te dien. Die hof sê die besluit is geneem omdat pres. Andry Rajoelina nie meer in staat was om sy pligte uit te voer nie en die land verlaat het. – Reuters

Malagasy Colonel Michael Randrianirina (C), head of the CAPSAT military unit, stands with other members of the unit after reading out a statement in front of the presidential palace where he announced they are taking power in Antananarivo on October 14, 2025. An elite Madagascar military unit told AFP on October 14, 2025 it had taken power in the country after the national assembly voted to impeach President Andry Rajoelina for desertion�of�duty. (Photo by Luis TATO / AFP) (LUIS TATO/AFP)

Kol. Michael Randrianirina (middel) saam met ander lede van sy elite- militêre eenheid nadat hy Dinsdag ’n verklaring voor die presidensiële paleis voorgelees het waarin hy aangekondig het dat hulle die mag in Madagaskar oorneem. Foto: AFP


2025-10-14 16:22:33

Madagaskar: Presidensie veroordeel 'poging tot staatsgreep’

Madagaskar se presidensie het Dinsdag ’n elite-weermageenheid se aanspraak daarop dat hulle ná weke van teenregeringsbetogings die mag oorgeneem het, veroordeel en gesê pres. Andry Rajoelina bly steeds in sy amp.

"Die teenwoordigheid van gewapende militêre magte voor die presidensiële paleis is ’n duidelike poging tot ’n staatsgreep," lui die presidensie se verklaring ná die aankondiging van magsoorname.

"Die president van die republiek bly volledig in sy amp en verseker die handhawing van grondwetlike orde en nasionale stabiliteit." – AFP


2025-10-14 16:37:45

1 uit 10 in Italië leef in 'absolute armoede'

Een uit elke 10 mense in Italië het in 2024 in “absolute armoede” geleef.

Van dié 5,7 miljoen mense, wat 2,2 miljoen huishoudings insluit en 9,8% van die bevolking uitmaak, is veral groot gesinne en immigrantehuishoudings swaar getref, lui ’n studie van die nasionale instituut vir statistiek.

Die studie, wat Dinsdag uitgereik is, definieer "absolute armoede" as die onvermoë om noodsaaklike goedere en dienste te bekostig. Die maandelikse drempel in Rome in 2023 vir ’n jong paartjie met een kind was byvoorbeeld sowat $1 800. – AFP


2025-10-14 17:08:55

Lecornu stel Franse pensioenhervorming uit tot ná verkiesing in 2027

Frankryk gaan sy omstrede pensioenhervorming tot ná die presidentsverkiesing in 2027 uitgestel in ’n poging om sy regering van ondergang te red, het Sébastien Lecornu, premier van Frankryk, Dinsdag aangekondig.

Die skuif – ’n groot toegewing aan linkse opposisiepartye wat hewig gekant is teen die 2023-hervorming – het daartoe gelei dat besluit is om nie ’n mosie van wantroue in Lecornu in te dien nie.

Pres. Emmanuel Macron se hervorming, wat die pensioenouderdom van 62 tot 64 jaar verhoog het, is vroeër sonder parlementêre stemming aanvaar te midde van betogings en politieke verdeeldheid.

Die opskorting sal die staatskas sowat €2,2 miljard (sowat R44 miljard) oor twee jaar kos en vereis bykomende besparings. Die besluit is geneem terwyl Frankryk in ’n ongekende politieke en fiskale krisis vasgevang is, met opeenvolgende minderheidsregerings wat sukkel om ’n begrotingstekort te bestuur. – Reuters


2025-10-14 17:16:02

Trump dring aan op oorhandiging van oorskot van Israeliese gyselaars

Pres. Donald Trump het Dinsdag ’n dringende beroep op Hamas gedoen om die oorblywende oorskot van oorlede Israeliese gyselaars sonder verdere vertragings aan Israel te oorhandig sodat die volgende fase van die Gasa-ooreenkoms kan begin.

“ ’n Groot las is gelig, maar die werk IS NIE KLAAR NIE. DIE DOOIES IS NOG NIE SOOS BELOOF TERUGGEGEE NIE!” sê Trump op sy sosialemediaplatform, Truth Social, kort nadat hy Israel en Egipte besoek het om die Gasa-ooreenkoms te vier.

Die oorhandiging van die oorskot is uiters kompleks weens die uitdagende omstandighede en mense wat steeds onder die puin begrawe lê. – AFP


2025-10-14 17:37:38

Israel beperk Gasa-hulp verder; 'Hamas vertraag oorhandiging van oorskot'

Israel het Dinsdag die toegang van humanitêre hulp tot die Gasastrook verder beperk en die grens met Egipte gesluit. Dit volg nadat Hamas-vegters openbare teregstellings in die strate uitgevoer het.

Israel sal slegs 300 hulpvragmotors per dag in die Gasastrook toelaat. Dis die helfte van die ooreengekome getal. Israel blameer Hamas se traagheid om die oorskot van oorlede Israeliese gyselaars te oorhandig vir die verskerpte beperkings.

Trump het aangekondig dat die tweede fase van die vredesooreenkoms nou begin, maar klem gelê op die gyselaars se oorskot wat nog oorhandig moet word. – Reuters


2025-10-14 17:44:10

Moontlike bedreiging

LONDON, ENGLAND - OCTOBER 14: A downed Iranian-made Shahed-136 attack drone, used by Russia in Ukraine, is unveiled at the Houses of Parliament on October 14, 2025 in London, England. The event was organised by United Against Nuclear Iran (UANI), a US-based organisation that aims to combat the threat of Iran's nuclear programme, and was intended to highlight the Iranian regime's role in Russia's aggression in Europe. The drone is the same weapon Russia has used extensively against Ukraine, where Russia has allegedly deployed 38,000 drones in 2025 alone. Last month, Polish and NATO forces had to intercept different kinds of Russian drones - some of which appeared to be decoys - that entered Poland’s airspace, which led Poland to trigger NATO's Article 4, underscoring the perceived threat to European security.  (Photo by Leon Neal/Getty Images) (Leon Neal/Getty Images)

’n Shahed-136-aanvalshommeltuig wat in Iran vervaardig en deur Rusland in Oekraïne gebruik is, word Dinsdag in Londen by die Britse parlement onthul. Die geleentheid is georganiseer deur United Against Nuclear Iran (Uani), ’n Amerikaanse organisasie wat daarop gemik is om die bedreiging van Iran se kernprogram te bestry. Foto: Getty Images


2025-10-14 18:02:48

Milei kuier by Trump ná reddingsboei van $20 miljard vir Argentinië

Pres. Javier Milei van Argentinië het Dinsdag by die Withuis aangekom vir ’n vergadering met pres. Donald Trump nadat Amerika ingestem het om ’n groot finansiële reddingsboei aan die Suid-Amerikaanse land te verskaf.

By Milei se aankoms by die Withuis is Trump gevra of hy ’n boodskap vir die Argentynse volk het. Hy het geantwoord: "Ons is lief vir hulle. Ons sal hier wees vir hulle. Hulle het ’n wonderlike leier."

Die Trump-administrasie het vroeër vandeesmaand Amerikaanse steun aangekondig vir ’n geldeenheidsruiling van $20 miljard (sowat R347 miljard) met Argentinië se sentrale bank, waar stabiele Amerikaanse dollars vir wisselvallige pesos verruil word.

Die ekonomiese reddingsboei vir Argentinië is ’n ongewone stap vir Amerika, veral onder ’n administrasie wat groot buitelandse ingrypings grootliks vermy. Die Withuis beskou die ooreenkoms as ’n strategiese poging om ’n belangrike streekbondgenoot te stabiliseer. – Reuters

Argentina's President Javier Milei arrives to meet with US President Donald Trump at the White House in Washington, DC, on October 14, 2025. (Photo by ANDREW CABALLERO-REYNOLDS / AFP) (Photo by ANDREW CABALLERO-REYNOLDS/AFP via Getty Images) (ANDREW CABALLERO-REYNOLDS/AFP via Getty Images)

Pres. Javier Milei van Argentinië arriveer om met pres. Donald Trump by die Withuis in Washington te vergader. Foto: AFP


2025-10-14 18:12:24

Ses sterf in nog ’n Amerikaanse aanval op 'dwelmboot'

Ses vermeende dwelmsmokkelaars is Dinsdag in ’n Amerikaanse aanval op ’n boot naby die kus van Venezuela dood. Volgens pres. Donald Trump het intelligensie bevestig dat die vaartuig besig was met dwelmsmokkelary en verbind kan word met internasionale dwelmhandelnetwerke.

Die jongste aanval vorm deel van Amerika se meer aggressiewe militêre optrede teen georganiseerde misdaad in die Karibiese gebied.

Die Venezolaanse owerhede het nog nie amptelik kommentaar gelewer nie, maar kenners meen die spanning in die gebied sal waarskynlik verder toeneem weens die jongste optrede deur Amerika. – Reuters


2025-10-14 18:28:18

Gasastrook: Netanyahu verwag 'binne ure' nuus oor oorskot van gyselaars

Benjamin Netanyahu, premier van Israel, verwag ''binne ure'' nuus oor die oorskot van die oorblywende oorlede gyselaars wat steeds in die Gasastrook is.

“Ons sal binnekort nuus ontvang — hopelik binne ure — oor die terugkeer van nog gevalle gyselaars. Maar ons is vasbeslote om almal terug te bring,” het Netanyahu gesê tydens ’n besoek aan die gyselaars wat Maandag vrygelaat is by ’n hospitaal in sentraal-Israel.

Die proses om die oorblywende oorskot van gyselaars te vind en aan hul familie te oorhandig, is uiters kompleks weens die omvang van die verwoesting in die Gasastrook en voortgesette spanning tussen Israel en Hamas.

’n Hamas-amptenaar het later gesê die groep sal Dinsdagaand die oorskot van vier tot ses gyselaars oorhandig. – AFP


2025-10-14 18:39:10

Vegter van vlamme

’n Brandbestryder besig om ’n brand te blus wat by ’n chemiese pakhuis en klerefabriek in Mirpur, Dhaka in Bangladesj, uitgebreek het. Foto: AP


2025-10-14 19:03:07

Ons sal Hamas met geweld ontwapen indien nodig – Trump

Pres. Donald Trump het Dinsdag gesê dat "ons Hamas sal ontwapen" indien die militante Palestynse groep weier om dit self te doen, en bygevoeg dat dit met geweld gedoen kan word, indien nodig.

"Indien hulle nie ontwapen nie, sal ons hulle ontwapen," het Trump aan verslaggewers by die Withuis gesê, ’n dag ná sy blitsbesoek aan die Midde-Ooste om die wapenstilstand in die Gasastrook te vier.

"En dit sal vinnig en moontlik gewelddadig gebeur," het Trump bygevoeg. – AFP


2025-10-14 19:16:49

Koninklike humor

The Prince And Princess Of Wales Visit Northern Ireland Britain's Prince William, Prince of Wales (2L) and Britain's Catherine, Princess of Wales (2R) share a joke during a visit to the Northern Ireland Fire & Rescue Service�s (NIFRS) new Learning and Development College in Cookstown, Northern Ireland on October 14, 2025. The college trains all NIFRS employees and offers opportunities for the young people of Northern Ireland to train and become the next generation of firefighters. The Prince and Princess of Wales are visiting organisations providing creative and entrepreneurial opportunities for young people in rural areas of Northern Ireland. (Photo by Chris Jackson / POOL / AFP) (CHRIS JACKSON/AFP)

Brittanje se prins William (tweede van links) en prinses Catherine (tweede van regs) deel Dinsdag ’n grappie met personeel op ’n besoek aan ’n nuwe opleidingskollege van die Noord-Ierlandse brand-en-reddingsdiens (NIFRS) in Cookstown, Noord-Ierland. Foto: AFP


2025-10-14 19:33:02

Hamas-video wys teregstelling van 'medewerkers'

Die militante Palestynse groep Hamas het ’n aanlyn video gepubliseer waarin hul vegters agt mans – geblinddoek, vasgebind en op hul knieë – in ’n straat teregstel.

Hamas voer  sedert die skietstilstand met Israel ’n veldtog teen Palestynse misdaadsindikate en stamgroepe in die stad Gasa.

Die video is laat Maandag op die Telegram-kanaal van die Hamas-beheerde al-Aqsa TV uitgesaai met die onderskrif: "Die weerstandsbeweging voer die doodsvonnis uit teen ’n aantal medewerkers en wetsoortreders in die stad Gasa." – AFP


2025-10-14 20:00:16

Trump sê (weer) hy is teleurgesteld in Poetin

Pres. Donald Trump het Dinsdag weer kritiek uitgespreek teenoor pres. Wladimir Poetin van Rusland en gesê Poetin is eenvoudig nie bereid om die oorlog in Oekraïne te beëindig nie.

"Kyk, ek is baie teleurgesteld omdat Wladimir en ek ’n baie goeie verhouding gehad het, waarskynlik steeds het," het Trump aan verslaggewers by die Withuis gesê.

"Hy moet regtig hierdie oorlog beëindig. En jy weet, hulle het nou lang rye mense wat vir petrol wag in Rusland ... En skielik gaan sy ekonomie in duie stort." – Reuters

President Trump Meets With Visiting Argentine President Milei At The White House WASHINGTON, DC - OCTOBER 14: U.S. President Donald Trump (2nd-R) speaks alongside (L-R) U.S. Treasury Secretary Scott Bessent, U.S. Vice President JD Vance and U.S. Secretary of State Marco Rubio during a meeting with President of Argentina Javier Milei in the Cabinet Room at the White House on October 14, 2025 in Washington, DC. Trump is hosting Milei for a working lunch days after the U.S. Treasury finalized a $20 billion currency swap framework with Argentina in an effort to help stabilize its economy. Kevin Dietsch/Getty Images/AFP (Photo by Kevin Dietsch / GETTY IMAGES NORTH AMERICA / Getty Images via AFP) (KEVIN DIETSCH/Getty Images via AFP)

Pres. Donald Trump (tweede van regs) spreek Dinsdag die media in die Withuis toe saam met (van links) Scott Bessent, minister van finansies, visepres. JD Vance en Marco Rubio, minister van buitelandse sake. Foto: Getty Images/AFP


2025-10-14 20:22:01

Trump dreig China met kookolie-boikot

Pres. Donald Trump lewer 'n toespraak tydens 'n geleentheid om die Medalje van Vryheid postuum aan Charles Kirk toe te ken by die Withuis in Washington. Pres. Donald Trump het Dinsdag China se opskorting van Amerikaanse sojaboon-aankope as ’n "ekonomies vyandige daad" gekritiseer en gewaarsku dat die VSA op sy beurt kan ophou om kookolie van die wêreld se naasgrootste ekonomie aan te koop.

"Ons oorweeg dit om sake met China – wat kookolie en ander handelsitems betref – te beëindig as weerwraak," het Trump op sy Truth Social-platform gesê. – AFP 

U.S. President Trump honors Charlie Kirk with Medal of Freedom, in Washington U.S. President Donald Trump gestures as he delivers a speech during an event to posthumously award the Medal of Freedom to Charlie Kirk in the Rose Garden at the White House in Washington, D.C., U.S., October 14, 2025. REUTERS/Jonathan Ernst (Jonathan Ernst/REUTERS)

Pres. Donald Trump lewer 'n toespraak tydens 'n geleentheid om die Medalje van Vryheid postuum aan Charles Kirk toe te ken by die Withuis in Washington. Foto: AFP


2025-10-14 20:40:59

‘Ons sal julle gas gee!’

Police clash with community members after detaining a man on Chicago’s South Side A federal agent kicks a tear gas canister during clashes with community members on Chicago's South Side, in Chicago, Illinois, U.S., October 14, 2025, after U.S. President Donald Trump ordered increased federal law enforcement presence to assist in crime prevention. REUTERS/Jim Vondruska TPX IMAGES OF THE DAY (Jim Vondruska/REUTERS)

’n Federale agent skop Dinsdag ’n traanrookhouer in botsings met gemeenskapslede in die suidelike woonbuurte van Chicago, Illinois, nadat pres. Donald Trump beveel het meer federale wetstoepassers moet in die stad ontplooi word om misdaad te help voorkom. Foto: Reuters


2025-10-15 04:03:36

Nog 4 gyselaars se lyke na Israel teruggestuur

Die Israeliese weermag het bevestig dat nog vier lyke van gyselaars uit die Gasastrook terugbesorg is.

Die vier oorledenes se oorskot is Dinsdag deur die Rooi Kruis na Israel gestuur.

Dit volg op die vrylating van 20 lewende en vier oorlede gyselaars Maandag.

Hamas beweer wel daar is probleme met die opspoor van die oorblywende lyke.

Palestyne is bekommerd dat vertragings die skietstilstand in gevaar kan stel. – BBC


2025-10-15 04:37:34

Madagaskar se weermag neem mag oor terwyl president skuil

Madagaskar se elite- militêre eenheid CAPSAT het die mag by pres. Andry Rajoelina oorgeneem ná jeuggeleide protesoptogte oor watertekorte en korrupsie.

Kol. Randrianirina (CAPSAT) het aangekondig dat ’n militêre regering gevorm is, wat binne twee jaar ’n verkiesing sal hou.

Rajoelina is deur die parlement in ’n staat van beskuldiging geplaas.

Die president het hom intussen in ’n “veilige hawe” gevestig nadat hy beweer het sy lewe is in gevaar.

Terwyl betogers in Antananarivo dit gevier het, het die Afrika-Unie die "ongrondwetlike" oorname veroordeel. – BBC


2025-10-15 05:25:49

6 dood in VSA-aanval op ‘smokkelskip’ naby Venezuela

Ses vermeende dwelmsmokkelaars is dood ná ’n Amerikaanse militêre lugaanval naby Venezuela.

Pres. Donald Trump van Amerika het die aankondiging Dinsdag op Truth Social gemaak en ’n video van die ontploffing geplaas.

Trump sê die aanval verteenwoordig sy regering se uitgebreide militêre benadering teen kartelle.

’n Groot Amerikaanse militêre veldtog is in die suidelike Karibiese Eilande van stapel gestuur, met F-35’s, agt oorlogskepe en duikbote nadat die Pentagon “oorlog” teen dwelmsindikate verklaar het.

Regskenners bevraagteken egter die wettigheid van die aanvalle, terwyl Venezuela se pres. Nicolás Maduro beweer dat Washington hom uit die kussings wil lig. – Reuters


2025-10-15 06:16:00

VSA herroep visums van 6 buitelanders weens kommentaar oor Charlie Kirk se dood

Ses buitelanders van Suid-Afrika, Argentinië, Mexiko, Brasilië, Duitsland en Paraguay se visums is deur die Amerikaanse departement van buitelandse sake ingetrek weens kommentaar op sosiale media oor Charlie Kirk se sluipmoord.

Die departement sê Amerika het “geen verpligting om buitelanders te huisves wat Amerkaners die dood toewens nie”.

Kirk is vroeër vanjaar met die presidensiële vryheidsmedalje vereer.

Die Trump-administrasie het sedert Januarie met ’n omvattende optrede teen immigrasie begin, insluitend die verskerping van sosialemedia-ondersoeke en intrek van duisende studentevisums. – Reuters


2025-10-15 07:23:24

Die inskrywing wat die SA burger oor Kirk op X geplaas het:


2025-10-15 08:57:20

Erotiese inhoud binnekort op ChatGPT beskikbaar, sê Altman

OpenAI se uitvoerende hoof, Sam Altman, het aangekondig dat ChatGPT vanaf Desember erotiese en volwasse inhoud vir geverifieerde gebruikers sal toelaat, volgens die beginsel van "behandel volwasse gebruikers soos volwassenes".

Hierdie verandering kom nadat ’n tiener sy eie lewe geneem het ná gesprekke met ChatGPT, wat in ’n regsgeding oor onregmatige dood uitgeloop het.

Altman het gesê OpenAI kan nou "veilig beperkings verslap" nadat beter geestesgesondheidsmaatreëls ontwikkel is.

Kritici bevraagteken egter die doeltreffendheid van ouderdomsverifikasie, met die prokureur Jenny Kim wat vra: "Hoe gaan hulle seker maak dat kinders nie toegang het tot inhoud wat slegs vir volwassenes bedoel is nie?" – BBC


2025-10-15 09:45:15

Dodetal ná brand by Dhaka-klerefabriek dalk veel hoër

Minstens 16 mense is dood nadat ’n brand Dinsdag by ’n klerefabriek in Dhaka, Bangladesj, uitgebreek het.

Owerhede vrees egter die dodetal is veel hoër.

Mohammad Tadjoel Islam Tsjowdhoeri, direkteur van die brandweerdiens, glo die slagoffers is waarskynlik “onmiddellik” dood nadat hulle “hoogs giftige gas” ingeasem het.

Hy sê owerhede sal met die families in verbinding tree sodra DNS-toetse die identiteit van die oorledenes kan bevestig. – BBC


2025-10-15 11:13:35

Singapoer stel wetgewing voor om kuberafknouery die hoof te bied

Singapoer het Woensdag wetgewing voorgestel om ’n kragtige nuwe liggaam in die lewe te roep wat sosialemediamaatskappye kan dwing om skadelike plasings te verwyder, toegang te blokkeer of apps te verwyder om gebruikers teen kuberafknouery en ander aanlyn misbruik te beskerm.

Met ’n groeiende getal mense in Singapoer wat slagoffers van skadelike aanlyn inhoud word, sê die regering die wetsontwerp vir aanlyn veiligheid (verligting en verantwoordbaarheid) sal sulke mense help om verligting en regshulp te soek.

Die wetsontwerp maak ook voorsiening vir die stigting van ’n aanlynveiligheidkommissie (OSC) met magte om klagtes oor skadelike inhoud aan te pak. – AFP


2025-10-15 11:21:30

Duitsland belê miljarde in hommeltuigtegnologie

Duitsland gaan oor die volgende paar jaar €10 miljard (byna R230 miljard) bestee aan verskeie soorte hommeltuie, sê Boris Pistorius, Duitse minister van verdediging.

Pistorius sê Duitsland bied ook aan om leiding te neem in die Europese Unie (EU) se lugverdedigingskild, en beplan om in die komende jare Europa se lugruim te patrolleer.

Duitsland gaan vanaf Desember tot Maart twee Eurofighter-vegvliegtuie by die Poolse dorp Malbork ontplooi, ter ondersteuning van veiligheid en samewerking binne die streek.

Die aankondiging kom te midde van toenemende spanning en veiligheidsuitdagings in Europa, veral met die voortgesette konflik in Oos-Europa en Rusland se offensief. – Reuters


2025-10-15 11:38:42

Brittanje brei sanksies teen Rusland uit

Brittanje het 51 nuwe spesifikasies en 39 nuwe benamings bygevoeg op sy lys van sanksies teen Rusland.

Die nuwe sanksies teiken 51 skepe van Rusland se sogenaamde skaduvloot, sowel as individue en entiteite in sektore soos energie en verdediging.

Die skaduvloot is toenemend die teiken van sanksies van Brittanje, die VSA en die Europese Unie (EU) sedert Rusland se inval in Oekraïne in Februarie 2022.

Die skaduvloot is ’n netwerk van ouer vragskepe wat amptenare sê gebruik word om sanksies op Russiese olie te omseil. – Reuters


2025-10-15 11:43:39

Gereed vir die hoekoms en waaroms...

Britain's Prime Minister Keir Starmer leaves 10 Downing Street in central London on October 15, 2025, to take part in the weekly session of Prime Minister's Questions (PMQs). (Photo by HENRY NICHOLLS / AFP) (HENRY NICHOLLS/AFP)

Keir Starmer, Britse premier, verlaat Downingstraat 10 in Sentraal-Londen om deel te neem aan die weeklikse sitting waar wetgewers vrae aan hom stel. Foto: AFP


2025-10-15 12:05:11

Een van lyke wat Hamas oorhandig, nié van ’n gyselaar, sê Israel

Die Israeliese weermag het Woensdag gesê een van die lyke wat deur Hamas oorhandig is as deel van ’n uitruilooreenkoms vir Palestynse gevangenes, is nie dié van ’n voormalige gyselaar nie.

Volgens die weermag is forensiese toetse oornag gedoen op die vier lyke wat Dinsdag terugbesorg is. Mediese amptenare het tot die gevolgtrekking gekom dat een “nie by enige van die gyselaars pas nie”.

“Van Hamas word vereis om alle nodige pogings aan te wend om die oorskot van gestorwe gyselaars terug te besorg,” het die weermag gewaarsku. Dit is voorts bevestig dat twee lyke dié van Israeliese soldate is. – AFP


2025-10-15 12:06:38

Kremlin ontken Trump se voorspelling van ekonomiese inploffing

Die Kremlin het Woensdag pres. Donald Trump se waarskuwing dat die Russiese ekonomie ineenstort, ontken.

Dmitri Peskof, Kremlin-woordvoerder, sê Rusland is ekonomies sterk genoeg om pres. Wladimir Poetin se doelwitte te bereik.

Trump het Dinsdag gesê dat Poetin die oorlog in Oekraïne moet beëindig en gewaarsku oor lang rye vir petrol en ’n dreigende ekonomiese inploffing.

Peskof hou egter vol die Russiese ekonomie beskik oor “ ’n beduidende veiligheidsbuffer” en dat dit beter vaar as die G7-lande ondanks strawwe Westerse sanksies. – Reuters


2025-10-15 12:15:58

Aardbewing tref Chili

’n Aardbewing met ’n sterkte van 5,5 het Woensdag die kus van Sentraal-Chili getref, het die Duitse navorsingsentrum vir geowetenskappe (GFZ) bevestig.

Volgens die GFZ was die aardbewing op ’n diepte van 44 km. Chili is een van die mees aktiewe seismiese gebiede ter wêreld.

Aardbewings kom gereeld in dié streek voor, wat dikwels tot skade of ontwrigting lei, veral in kusgebiede. Geen onmiddellike berigte is ontvang oor groot skade of beserings nie. – Reuters


2025-10-15 12:17:08

Steeds stoom, nie elektries

A train driver operates a steam locomotive in the Banovici mine, Bosnia and Herzegovina Bosnian Nermin Husanovic, a train driver, operates a steam locomotive that is still used to transport coal in the Banovici mine, Bosnia and Herzegovina, October 9, 2025. REUTERS/Amel Emric TPX IMAGES OF THE DAY (Amel Emric/REUTERS)

’n Treindrywer bestuur ’n stoomlokomotief wat steeds gebruik word om steenkool te vervoer naby Banovici in Bosnië-Herzegowina. Foto: Reuters


2025-10-15 13:03:03

Ontploffings ruk Kaboel

Twee ontploffings is Woensdag in Kaboel se middestad gehoor terwyl spanning in Afganistan hoog loop ná konflik op die grens met Pakistan die afgelope week.

Volgens Zabihoellah Moedjahid, ’n Taliban-woordvoerder, het ’n olietenkwa en ’n kragopwekker in die Afgaanse hoofstad ontplof. Noodpersoneel is blitsvinnig na die toneel gestuur terwyl Taliban-sekuriteit die stad se middestad afgesper het.

Swart rookwolke het oor die geboue gehang en die strate was ná die ontploffings met glasstukke besaai.

Afganistan is reeds onder verhoogde spanning ná twee vorige ontploffings in Kaboel verlede week en verskeie elders, wat die Taliban-regering aan Pakistan toedig. – AFP


2025-10-15 13:04:25

Trump gereed vir gesprek met Xi

Pres. Donald Trump van Amerika is gereed om met sy Chinese ampsgenoot, pres. Xi Jinping, in gesprek te tree.

Amptenare van albei lande werk tans daaraan om die ontmoeting te reël, sê Scott Bessent, Amerikaanse minister van finansies.

Volgens Bessent wil Amerika nie die spanning met China verder opjaag of ekonomies van die wêreld se tweede grootste ekonomie afstand doen nie. Hy het bygevoeg dat vertroue tussen Trump en Xi tot dusver verhoed het dat die handelskonflik tussen die lande verder eskaleer.

Die moontlike beraad kom te midde van gespanne handelsbetrekkinge tussen die VSA en China, wat wêreldmarkte en groei beïnvloed het. – Reuters


2025-10-15 13:05:49

Op die rûe van kamele

Silk Road Cultural Tour Camel Team The Silk Road Cultural Tour Camel Team travels through the blooming Populus euphratica forest in Zhangye City, Gansu Province, China, on October 15, 2025. (Photo by Costfoto/NurPhoto) (Photo by CFOTO / NurPhoto via AFP) (CFOTO/NurPhoto via AFP)

Toeriste ry met kamele verby ’n woud in die Gansu-provinsie in China as deel van ’n toer op ’n geskiedkundige handelsroete waar kamele as die primêre vervoermiddel dien. Foto: AFP


2025-10-15 13:13:42

Pakistan, Afganistan stem in tot skietstaking

Pakistan en die Afgaanse Taliban-administrasie het op ’n tydelike skietstaking van 48 uur ooreengekom, wat Woensdag om 18:00 plaaslike tyd in Pakistan begin.

Die skietstaking volg ná nuwe gevegte tussen die twee buurlande. Albei lande het hul verbintenis herhaal om opregte pogings aan te wend en deur gesprekke ’n positiewe oplossing vir die komplekse maar oplosbare kwessie te vind, sê Pakistan se departement van buitelandse sake.

Volgens Pakistan bied die skietstaking ’n geleentheid vir dialoog sodat ’n meer volhoubare oplossing vir die lande se onderlinge verskille gevind kan word. – Reuters

Pakistan closes border with Afghanistan following exchanges of fire, in Torkham Trucks loaded with supplies park along a road leading to the Torkham border, after Pakistan closed border crossings with Afghanistan, following exchanges of fire between the two nations' forces, in Torkham, Pakistan, October 15, 2025. REUTERS/Fayaz Aziz (Fayaz Aziz/REUTERS)

Vragmotors gelaai met voorraad staan langs ’n pad wat na die Torkham-grenspos lei, nadat Pakistan sy grensposte met Afganistan weens gevegte moes sluit. Foto: Reuters


2025-10-15 14:00:30

Viering van vrede in Mianmar

Shan's ethnic people attend a ceremony to mark the 10th anniversary of the Nationwide Ceasefire Agreement (NCA) in Naypyidaw on October 15, 2025. (Photo by AFP) (STR/AFP)

Lede van die Sjan- etniese groep in Mianmar woon Woensdag ’n seremonie in Naipjidaw by ter viering van die 10de herdenking van die nasionale wapenstilstand. Foto: AFP


2025-10-15 14:09:31

Hamas moet álle gyselaars terugbesorg – Israel

Israel verwag dat Hamas alle oorblywende gyselaars aan Israel sal terugbesorg, het ’n regeringswoordvoerder Woensdag gesê.

Dit kom nadat die Israeliese weermag Woensdag vroeër gesê het een van die lyke wat deur Hamas oorhandig is, is nie dié van ’n gyselaar nie.

Hamas het Maandag al 20 oorlewende gyselaars aan Israel oorhandig, maar tot nou toe net die oorskot van sewe van die 28 oorlede gyselaars terugbesorg.

“Ons sal nie kompromieë aangaan hieroor nie, en ons sal geen poging ontsien totdat ons gyselaars terugkeer nie, elke laaste een van hulle,” sê die woordvoerder. – Reuters


2025-10-15 14:32:14

‘Rusland sal boet as Oekraïne-oorlog nie eindig’

Pete Hegseth, die Amerikaanse krygsminister, het Woensdag gesê Amerika en sy bondgenote sal die nodige stappe doen om Rusland te laat boet vir sy voortgesette aggressie as die oorlog in Oekraïne nie tot ’n einde kom nie.

“Indien ons hierdie stap moet doen, staan die Amerikaanse departement van oorlog gereed om ons deel te doen op maniere wat slegs Amerika kan doen,” het Hegseth gesê op ’n vergadering van die Oekraïense bondgenote in Brussel.

Hegseth het bygevoeg dat die oorlog nie op pres. Donald Trump se wagbeurt begin het nie, maar dat dit op sy wagbeurt sal eindig. – Reuters

Ukraine Defence Contact Group meeting in Brussels U.S. Secretary of Defense Pete Hegseth attends a meeting of the Ukraine Defence Contact Group, after a meeting of NATO defence ministers at the alliance's headquarters, in Brussels, Belgium October 15, 2025. REUTERS/Yves Herman REFILE - QUALITY REPEAT TPX IMAGES OF THE DAY (Yves Herman/REUTERS)

Pete Hegseth, die Amerikaanse krygsminister, Woensdag op ’n vergadering van die Oekraïense bondgenote in Brussel. Foto: Reuters


2025-10-15 15:00:49

Eers vrede in Gasa, nou vreedsaam onderwater

Tourists swim past a reef in the Red Sea in Sharm El-Sheikh Tourists swim past a reef in the Red Sea in Sharm El-Sheikh, Egypt, October 14, 2025. REUTERS/Mohamed Abd El Ghany REFILE - QUALITY REPEAT TPX IMAGES OF THE DAY (Mohamed Abd El Ghany/REUTERS)

Toeriste swem Woensdag oor ’n koraalrif in die Rooisee by die Egiptiese kusoord Sjarm el-Sjeich. Tientalle wêreldleiers het vroeër vandeesweek vir ’n beraad daar vergader oor die oorlog in die Gasastrook. Foto: Reuters


2025-10-15 15:13:41

20 sterf in uitbreking van slenkdalkoors in Senegal

Twintig mense het in Senegal gesterf sedert ’n uitbreking van slenkdalkoors aan die einde van September, het die Wes-Afrika-land se ministerie van gesondheid gesê.

Die virussiekte, wat hoofsaaklik diere aantas, maar ook mense, het die noordelike Saint Louis-streek besonder hard getref, met tot 159 van die 171 gevalle aangeteken wat in dié gebied voorkom. – AFP


2025-10-15 15:33:40

Amerikaanse toeris sterf in mesaanval in Portugal

’n Amerikaanse toeris is Woensdag dood en nog een ernstig gewond in ’n mesaanval in Portugal, het die polisie gesê.

Die aanval het plaasgevind in die kusoord Cascais, wes van die hoofstad, Lissabon.

“Een van die toeriste is op die toneel dood en die ander het ernstige beserings aan die gesig en arm opgedoen,” het ’n Portugese polisiewoordvoerder aan AFP gesê.

Drie verdagtes het in ’n voertuig gevlug en is nog nie gevind nie.

Nie die identiteit van die slagoffers of motief vir die aanval is bekend nie. – AFP


2025-10-15 16:01:17

Pous se perd van ’n ander kleur

Pope Leo reacts as he stands with a purebred Arabian horse named Proton given as a gift by Andrzej Michalski in Poland, at the Vatican Pope Leo reacts as he stands with a purebred Arabian horse named Proton given as a gift by Andrzej Michalski, owner and founder of the Michalski Stud Farm in Kolobrzeg-Budzistowo, in Poland, at the Vatican October 15, 2025. Vatican Media/­Handout via REUTERS ATTENTION EDITORS - THIS IMAGE WAS PROVIDED BY A THIRD PARTY. TPX IMAGES OF THE DAY (Vatican Media/via REUTERS)

Pous Leo (links) Woensdag by ’n 12 jaar oue opregte arabierperd met die naam Proton, ’n geskenk van ’n Poolse perdeteler. Die oorhandiging het by die Vatikaan plaasgevind. Die geskenk is geïnspireer deur ’n foto van die pous, voorheen bekend as Robert Prevost, op ’n perd in sy sendingjare in Peru. Foto: Vatican Media/Reuters


2025-10-15 16:13:26

10 sterf in brand op Indonesiese olietenkskip

Tien mense is in Indonesië dood en 21 ander beseer nadat ’n olietenkskip wat herstelwerk ondergaan het vroeg Woensdag aan die brand geslaan het.

Die brand het aan boord van die MT Federal II uitgebreek terwyl die vaartuig by ’n skeepswerf op die eiland Batam, in die weste van Indonesïe, naby Singapoer, vasgemeer was, sê die plaaslike polisiehoof.

Die brand is sowat ’n uur later geblus, maar die oorsaak daarvan word nog ondersoek. – AFP


2025-10-15 16:39:25

Iran stel 3 mans tereg weens gewapende roof

Iran het Woensdag drie mans weens gewapende roof tereggestel wat hoofsaaklik in die hoofstad, Teheran, uitgevoer is, het die land se regbank aangekondig.

Luidens Mizan Online is die mans gehang nadat hulle skuldig bevind is aan “moharebeh”, wat beteken “oorlog voer teen God en staat”, weens 14 rooftogte in April verlede jaar.

Volgens menseregtegroepe stel Iran meer mense tereg as enige ander land ter wêreld, behalwe China. – AFP


2025-10-15 17:04:54

‘VSA, Suid-Korea sal binnekort handelsooreenkoms sluit’

Amerika is op die punt om ’n omvattende handelsooreenkoms met Suid-Korea te deur te voer, het Scott Bessent, Amerikaanse minister van finansies, Woensdag gesê.

Hy verwag ’n amptelike aankondiging binne 10 dae. “Ons is besig om die laaste besonderhede uit te stryk,” sê hy.

Topamptenare van albei lande sal vandeesweek op die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) en die Wêreldbank se jaarlikse vergaderings in Washington oor die kwessie beraadslaag.

Kernfaktore in die onderhandelinge sluit in $350 miljard (sowat R6 000 miljard) se beleggings wat Suid-Korea beloof het om in Amerika te doen in ruil vir laer Amerikaanse invoertariewe. – Reuters


2025-10-15 17:09:51

Frankryk kap Hamas oor teregstellings ná skietstilstand

Frankryk het Woensdag die Palestynse militante groep Hamas daarvan beskuldig dat hy “summiere teregstellings” in die Gasastrook uitgevoer het ná 'n skietstilstand met Israel.

Hamas het ’n video uitgereik wat die skietery van agt mans wys en hulle as “medepligtiges en misdadigers” bestempel.

Die beeldmateriaal, blykbaar van Maandagaand, het rugbaar geword tydens gewapende botsings tussen Hamas se verskeie veiligheidseenhede en gewapende Palestynse stamme waarvan sommige na bewering Israeliese steun ontvang.

“Frankryk veroordeel die summiere teregstellings wat Hamas die laaste paar dae in die Gasastrook uitgevoer het, ten sterkste,” lui ’n verklaring deur die Franse departement van buitelandse sake. – AFP


2025-10-15 17:17:48

‘Ons wil asemhaal!’: Betogers eis sluiting van fabriek in Tunisië

Honderde betogers het Woensdag in die stad Gabes in die suide van Tunisië die sluiting van ’n verouderde chemiese aanleg geëis wat glo jare lank reeds ernstige gesondheidsprobleme veroorsaak.

Die laaste paar weke moes tientalle mense in die hospitaal opgeneem word, onder wie kinders, ná die inaseming van besoedelde lug weens die nabygeleë fosfaatverwerkingsaanleg.

“My drie kinders en ek het asma, en my man en ma is aan kanker dood as gevolg van dié fabriek,” sê Lamia Ben Mohamed (52), een van die betogers.

“Ons wil asemhaal,” het die betogers gedreunsing terwyl hulle plakkate rondgeswaai het.

122 nuwe gevalle is binne een dag aangemeld. Ondanks die regering se beloftes sedert 2017 om die aanleg geleidelik te sluit, beplan die owerhede nou om vervaardiging te verhoog. Kenners twyfel of die meer as 50 jaar oue aanleg ooit herstel kan word. – AFP


2025-10-15 17:24:52

In solidariteit met Palestyne

Riots and disturbances occur in Barcelona, Spain, on October 15, 2025, after a peaceful student demonstration ends at Sants Station during the general strike called in solidarity with Palestine. A McDonald's and a Burger King are vandalized, and protest graffiti is applied to some facades. (Photo by Marc Asensio/NurPhoto via Getty Images) (NurPhoto/NurPhoto via Getty Images)

Betogers neem deel aan ’n algemene staking ter ondersteuning van die Palestyne in Barcelona, Spanje. Foto: Getty Images


2025-10-15 18:04:44

5 dood, 35 beseer in ontploffings in Kaboel

Minstens vyf mense is Woensdag in Kaboel dood en 35 beseer toe verskeie ontploffings die Afgaanse hoofstad geskud het.

Volgens Emergency, ’n Italiaanse nieregeringsorganisasie wat ’n hospitaal in Kaboel bedryf, het ambulanse met beseerde vroue en kinders kort ná die aanval begin instroom. “40 pasiënte is tot dusver opgeneem; tragies genoeg was vyf reeds dood toe hulle by ons aangekom het,” sê Dejan Panic, ’n direkteur van die organisasie in Afganistan.

Die ontploffings het plaasgevind kort voordat ’n skietstilstand tussen Afganistan en Pakistan in werking getree het ná dae van geweld by die grens. – AFP


2025-10-15 18:13:14

Swaargewig-seëning

Kimura Shonosuke (C gold), the head 'gyoji' or sumo referee, leads the Dohyo-Matsuri, ring blessing ceremony, with other gyoji (white) ahead of the Grand Sumo Tournament at the Royal Albert Hall in central London on October 15, 2025. Over 40 of Japan�s elite maku-uchi rikishi (wrestlers) will compete in London this week, bringing with them the 1,500-year legacy of Sumo, 34 years after the venue last hosted the Tournament. (Photo by CARLOS JASSO / AFP) (CARLOS JASSO/AFP)

Skeidsregters spreek ’n seëning uit voor ’n Sumo-stoeitoernooi in die Royal Albert-saal in Londen, Engeland, waar Japan se elite-stoeiers met mekaar meeding. Foto: AFP


2025-10-15 18:15:29

AU skors Madagaskar ná staatsgreep

Die Afrika-Unie (AU) het Woensdag aangekondig dat Madagaskar met onmiddellike effek geskors word nadat ’n elite-eenheid van die weermag die mag oorgeneem het.

Dit volg ná die afsetting van pres. Andry Rajoelina. “Die land is met onmiddellike effek geskors,” sê Mahamoud Ali Youssouf, voorsitter van die AU-kommissie.

Dit het gebeur kort nadat Madagaskar se hoogste hof kol. Michael Randrianirina as die nuwe president bevestig het. Dié gebeure het die arm eilandnasie verder in ’n politieke krisis gedompel. – AFP


2025-10-15 18:19:52

Franse hof verwerp Le Pen se betwisting van parlementêre verkiesingsreëls

Frankryk se hoogste administratiewe hof het Woensdag ’n uitdaging teen verkiesingsreëls deur die regse leier Marine Le Pen verwerp, wat ’n knou toegedien het aan haar pogings om ’n vonnis omver te werp wat haar kandidatuur in die presidentsverkiesing in 2027 kan ontspoor.

Le Pen is in Maart vir vyf jaar verbied om ’n openbare amp te beklee nadat die strafhof in Parys haar en ander lede van haar party skuldig bevind het aan die wanbesteding van geld.

Sy voer aan die saak en die besluit is polities gemotiveerd. ’n Finale uitspraak in die saak word in Januarie 2026 verwag, maar Le Pen het ’n aparte appèl by die Raad van State, Frankryk se hoogste administratiewe hof, ingedien om verkiesingsreëls te betwis wat haar kan verhinder om weer vir die parlement te staan. – Reuters


2025-10-15 18:21:51

'Ek hou jou in die oog'

ROME, ITALY - OCTOBER 14: Prime Minister Giorgia Meloni waits to receive the President of Paraguay, Santiago Peña Palacios (not pictured) in the courtyard of Palazzo Chigi, on October 14, 2025 in Rome, Italy. (Photo by Simona Granati - Corbis/Corbis via Getty Images) (Simona Granati - Corbis/Corbis via Getty Images)

Giorgia Meloni, premier van Italië, trek ’n skewe gesig terwyl sy wag op die aankoms van politici in die binnehof van die Chigi-paleis in Rome, Italië. Foto: Corbis via Getty Images


2025-10-15 19:01:32

Bank of America gedagvaar oor bande met Epstein

’n Vrou wat beweer sy is ’n slagoffer van die veroordeelde seksmisdadiger Jeffrey Epstein het Bank of America Woensdag gedagvaar en beweer dat die bank jare lank bewustelik finansiële dienste verskaf het wat Epstein se bedrywighede moontlik gemaak het.

Die vrou, wat in hofstukke as “Jane Doe” geïdentifiseer word, eis skadevergoeding van ’n ongespesifiseerde bedrag.

Sy word deur twee regsfirmas verteenwoordig wat voorheen skikkings van onderskeidelik $75 miljoen en $290 miljoen met Deutsche Bank en JP Morgan bereik het oor hul beweerde finansiële bande met Epstein. – Reuters


2025-10-15 19:21:16

Alle moontlike oorskot van gyselaars oorhandig – Hamas

Hamas het Woensdag gesê die oorskot van alle oorlede gyselaars wat hy kan bereik, is aan Israel oorhandig en dat hy spesiale toerusting nodig sal hê om meer oorskot te herwin wat onder ’n skietstilstand-ooreenkoms beloof is.

“Die oorblywende oorskot vereis uitgebreide pogings en spesiale toerusting vir herwinning. Ons doen groot moeite om hierdie kwessie af te handel,” het Hamas se gewapende vleuel in ’n verklaring op sosiale media gesê. – AFP

Funeral of Guy Illouz, hostage kidnapped during the deadly October 7, 2023, in Raanana Doris Liber and Michel Iluz, the parents of Israeli hostage Guy Illouz, who was taken hostage alive from the Nova festival during the deadly October 7, 2023 attack by Hamas and was returned to Israel as part of a prisoner-hostage swap and a ceasefire deal between Israel and Hamas, mourn during his funeral in Raanana, Israel October 15, 2025. According to the Israeli army, Illouz was injured during his kidnapping and died in captivity from the wounds he sustained after not receiving medical treatment. REUTERS/Hannah Mckay TPX IMAGES OF THE DAY (Hannah McKay/REUTERS)

Doris Liber en Michel Iluz, ouers van Guy Iluz, wat op 7 Oktober 2023 deur Hamas as gyselaar geneem is, rou Woensdag op sy begrafnis in Ra’anana, Israel. Sy oorskot is vandeesweek aan Israel terugbesorg. Volgens Israel se weermag is Iluz ten tyde van sy ontvoering beseer, en het hy in gevangenskap beswyk omdat hy nie mediese behandeling ontvang het nie. Foto: Reuters


2025-10-15 19:42:26

Israel kan gevegte hervat as Hamas nie saamspeel – Trump

Pres. Donald Trump het Woensdag aan CNN gesê  hy sou dit oorweeg om Israeliese magte toe te laat om die gevegte in die Gasastrook te hervat indien Hamas versuim om sy kant van die wapenstilstandsooreenkoms na te kom.

“Israel sal na daardie strate terugkeer sodra ek die jawoord gee. As Israel kon ingaan en die dinges uit hulle slaan, sou hulle dit doen,” het CNN Trump aangehaal in antwoord op ’n telefoniese vraag oor wat sou gebeur as Hamas weier om die wapen neer te lê. – Reuters


2025-10-15 20:00:49

Ag man, dis lekker in die army

Russian conscripts called up for military service depart for their garrisons, in Bataysk A Russian army officer talks to conscripts called up for military service during a ceremony marking their departure for garrisons, in Bataysk in the Rostov region, Russia, October 15, 2025. REUTERS/Sergey Pivovarov TPX IMAGES OF THE DAY (Sergey Pivovarov/REUTERS)

’n Russiese weermagoffisier praat Woensdag in Bataisk in die Rostof-streek met dienspligtiges wat vir militêre diens opgeroep is kort voor hul vertrek na hul garnisoene. Foto: Reuters


2025-10-15 20:14:17

Kolonel Vrydag as Madagaskar se president ingehuldig

Kol. Michael Randrianirina sal Vrydag as Madagaskar se oorgangspresident ingehuldig word, het die land se nuwe leierskorps in ’n verklaring gesê.

Randrianirina, bevelvoerder van ’n elite-weermageenheid, het Dinsdag aangekondig dat hy beheer oor die eilandnasie geneem het nadat die nasionale vergadering gestem het om pres. Andry Rajoelina te verwyder.

Die Afrika-Unie (AU) het Woensdag aangekondig dat Madagaskar summier geskors word. – AFP


2025-10-15 20:25:51

Israel maak planne om Hamas te verslaan as gevegte hervat

Israel Katz, Israel se minister van verdediging, het Woensdag die weermag opdrag gegee om ’n omvattende plan voor te berei om “Hamas in die Gasastrook te verslaan” indien die oorlog hervat sou word, lui ’n verklaring van sy kantoor. – Reuters


2025-10-15 20:29:30

Hegseth se vliegtuig voer noodlanding in Brittanje uit

’n Vliegtuig wat Pete Hegseth, Amerikaanse minister van verdediging, vervoer het, moes Woensdag ’n noodlanding in Brittanje uitvoer weens ’n kraak in die vliegtuig se voorruit.

Hegseth was op pad terug na Amerika vanaf ’n Navo-vergadering in Brussel toe sy vliegtuig ’n onverwagte landing op ’n onvermelde lughawe in Brittanje gedoen het, het ’n woordvoerder gesê.

“Almal aan boord is veilig,” het ’n Pentagon-woordvoerder op sosiale media gesê. Hegseth het hierop gereageer: “Alles is goed. Dank God. Voort met die sending!” – AFP


2025-10-16 03:49:44

VSA-regeringsluiting kos ekonomie tot $15 miljard per week

Die Amerikaanse federale regeringsluiting van die afgelope twee weke kan die Amerikaanse ekonomie soveel as $15 miljard per week aan verlore produksie kos, het ’n tesourie-amptenaar Woensdag laat gesê.

Dit is ’n regstelling van ’n vroeëre verklaring deur Scott Bessent, Amerika se minister van finansies, wat die koste op tot $15 miljard per dag gestel het.

Bessent het die Demokrate aangespoor om “helde te wees” en saam met die Republikeine te staan om dit te beëindig. – Reuters


2025-10-16 03:54:47

Indië beloof om Russiese olie-aankope te staak, sê Trump

Pres. Donald Trump het Woensdag gesê dat Narendra Modi, premier van Indië, belowe het om op te hou om olie by Rusland te koop.

Trump sê hy sal volgende probeer om China te oorreed om dieselfde te doen.

Trump het onlangs Indië geteiken vir sy Russiese olie-aankope, en tariewe op Indiese uitvoer na Amerika ingestel om die land se ruolie-aankope te ontmoedig terwyl hy druk op Moskou probeer plaas om ’n vredesooreenkoms met Oekraïne te beding. – Reuters


2025-10-16 04:02:27

Man aangekla wat na bewering Los Angeles-brand stig

Die man wat weens brandstigting in hegtenis geneem is wat na bewering een van die mees verwoestende veldbrande in Los Angeles se geskiedenis veroorsaak het, is Woensdag van drie aanklagte van brandstigting aangekla.

Jonathan Rinderknecht (29) word daarvan beskuldig dat hy op 1 Januarie “kwaadwillig” ’n brand gestig het wat vinnig geblus is, maar steeds onder digte plantegroei gesmeul het voordat dit ’n week later te midde van hewige winde weer aangevuur is.

12 mense is in die brand dood. – Reuters


2025-10-16 04:11:16

75 vermis ná ‘historiese’ vloede in Mexiko

Vyf dae ná die historiese vloede wat die dood van minstens 66 mense veroorsaak het en 100 000 huise geraak het, skarrel Mexiko steeds om hulp te voorsien aan die gemeenskappe wat die ergste getref is en om minstens 75 vermiste mense op te spoor.

Die ramp het begin toe stortreën in die sentrale en oostelike dele van die land grondverskuiwings veroorsaak het, riviere laat oorstroom het en brûe laat ineenstort het.

Strate is heeltemal weggespoel. – Reuters

Heavy Rains Cause A Big Flood In Poza Rica POZA RICA, MEXICO - OCTOBER 10: Residents carrie cages with animals after heavy rains hit the state on October 10, 2025 in Poza Rica, Mexico. More than 48 municipalities in Veracruz have been affected after heavy rains hit the state and the neighboring states of San Luis Potosí and Hidalgo. Poza Rica was also affected by the overflowing of the Cazones River. (Photo by Hector Quintanar/Getty Images) (Hector Quintanar/Getty Images)

Inwoners dra Vrydag hokke met diere nadat swaar reën die staat Poza Rica, Mexiko, getref het. Foto: Getty Images


2025-10-16 04:25:49

Israeliese soldaat ná 2 jaar ter ruste gelê

Funeral of Israeli soldier Daniel Shimon Perez, who was killed during the deadly October 7, 2023 attack by Hamas, in Jerusalem Adina Perez and Shira Perez react during the funeral of their brother, Israeli soldier Daniel Shimon Perez, who was killed during the deadly October 7, 2023 attack by Hamas and whose body was abducted and later returned to Israel as part of a prisoner-hostage swap and ceasefire deal between Israel and Hamas, as their father Rabbi Doron Perez comforts them, in Jerusalem, October 15, 2025. REUTERS/Ronen Zvulun TPX IMAGES OF THE DAY (Ronen Zvulun/REUTERS)

Adina Perez en Shira Perez treur terwyl hul pa, rabbi Doron Perez, hulle troos op die begrafnis van hul broer, die Israeliese soldaat Daniel Shimon Perez, in Jerusalem. Perez is in die dodelike aanval op Israel op 7 Oktober 2023 deur Hamas vermoor. Hamas het sy lyk vandeesweek aan Israel terugbesorg as deel van ’n ooreenkoms met Israel. Foto: Reuters


2025-10-16 05:07:05

Uruguay wettig genadedood

Uruguay het Woensdag genadedood gewettig en sodoende een van die eerste lande in Latyns-Amerika geword wat dit toelaat.

Die klein Suid-Amerikaanse land het ’n lang geskiedenis van die aanvaarding van liberale maatskaplike wette, wat dagga-gebruik, gay-huwelike en aborsie lank voor die meeste ander lande wettig gemaak het.

Genadedood is Woensdag by die lys gevoeg, met die senaat wat die sogenaamde “waardige dood”-wetsontwerp goedgekeur het, met 20 stemme ten gunste daarvan uit ’n totaal van 31 wetgewers teenwoordig. – AFP


2025-10-16 05:40:36

Nestlé gaan 16 000 poste wêreldwyd besnoei

Nestlé, die Switserse voedselreus wat die handelsname Nespresso-koffie en Perrier-water insluit, gaan oor die volgende twee jaar 16 000 poste wêreldwyd besnoei.

“Die wêreld verander, en Nestlé moet vinniger verander,” het Philipp Navratil, uitvoerende hoof, Donderdag gesê.

Navratil het vroeg in September die leisels van die maatskappy oorgeneem. – AFP


2025-10-16 06:17:20

Israel identifiseer oorskot van nog 2 gyselaars

Die Israeliese weermag het Donderdag aangekondig dat hy die oorskot van die gyselaars Inbar Hayman en Mohammad al-Atrash geïdentifiseer het, wie se lyke die vorige aand deur Hamas terugbesorg is.

Hul families is in kennis gestel.

Inbar Hayman, ’n graffiti-kunstenaar van Haifa bekend onder die skuilnaam “Pink”, was 27 jaar oud toe sy op die Nova-musiekfees dood is.

Sers.maj. Mohammad al-Atrash, ’n 39-jarige soldaat, is in gevegte dood. – AFP


2025-10-16 06:25:15

Aardbewing tref Indonesiese provinsie

’n Aardbewing van 6,7 het Donderdag die provinsie Papoea in Indonesië getref, het die Amerikaanse Geologiese Opname (USGS) gesê.

Die episentrum van die aardbewing is ongeveer 200 km vanaf die stad Abepura, wat ’n bevolking van meer as 62 000 het, volgens die USGS.

Daar is geen tsoenami-waarskuwing ná die aardbewing uitgereik nie, het die Stille Oseaan-tsoenami-waarskuwingsentrum gesê. – Reuters


2025-10-16 06:32:14

7 reeds vanjaar weens beeraanvalle in Japan dood

Die getal mense wat vanjaar deur bere in Japan doodgemaak is, het tot sewe gestyg.

Dit is die hoogste getal sedert 2006 toe die opname begin is, het ’n amptenaar van die ministerie van omgewingsake Donderdag gesê.

Dit oortref die vyf slagoffers wat in die 2023-’24-jaar aangeteken is.

Die verklaring kom ná die bevestiging dat ’n man wat verlede week in die streek van Iwate dood gevind is, deur ’n beer doodgemaak is. – AFP


2025-10-16 07:20:21

1 dood, meer as 100 beseer in betogings in Peru

Een persoon is dood en meer as 100 mense beseer in betogings in Lima, Peru, wat deur die jeug gelei is.

Duisende mense het Woensdag in Lima en verskeie ander stede betoog omdat hulle gefrustreerd is met die owerhede se mislukking om ’n toenemende misdaadkrisis op te los.

Die land word reeds weke lank deur betogings geruk en wetgewers het Vrydag gestem om pres. Dina Boluarte te verwyder. Sy word deur kritici vir die misdaadkrisis geblameer. – AFP

A demonstrator uses fireworks against anti-riot police officers during clashes after a protest against Peru's interim President Jose Jeri in Lima on October 15, 2025. (Photo by Hugo CUROTTO / AFP) (HUGO CUROTTO/AFP)

’n Betoger gebruik Woensdag vuurwerk teen lede van die onlustepolisie in Lima, Peru. Foto: AFP


2025-10-16 07:45:32

Lyk van Keniaanse opposisieleier arriveer vanuit Indië

Die lyk van die geliefde Keniaanse opposisieleier Raila Odinga (80) het Donderdag in Nairobi aangekom.

’n Groot skare het by die Jomo Kenyatta Internasionale Lughawe byeengekom.

Odinga is Woensdag vermoedelik aan ’n hartaanval dood terwyl hy ’n gesondheidskliniek in die suide van Indië besoek het.

Pres. William Ruto het sewe dae van nasionale rou aangekondig vir Odinga, wat vyf keer onsuksesvol vir die presidentskap gestaan het.

Hy het egter oor etlike dekades ’n belangrike rol in die Keniaanse politiek gespeel en was geliefd by groot dele van die bevolking. – AFP

Supporters and mourners of Kenyan opposition leader Raila Odinga react at the Jomo Kenyatta International Airport (JKIA) in Nairobi on October 16, 2025 ahead of the arrival of Odinga's body following his death at the age of 80 during a health visit to India. Kenyan opposition leader Raila Odinga has died at the age of 80 during a health visit to India, local police said on October 15, 2025. Odinga was the perennial opposition figure of Kenyan politics, running unsuccessfully for the presidency on five occasions, most recently in 2022. He remained a dominant force, able to rally huge numbers, particularly from his native western Kenya. (Photo by Tony Karumba / AFP) (TONY KARUMBA/AFP)

Ondersteuners van Raila Odinga treur Donderdag by die Jomo Kenyatta Internasionale Lughawe in Nairobi, Kenia. Foto: AFP


2025-10-16 07:56:08

Rajoelina bevestig hy het landuit gevlug

Andry Rajoelina, wat Dinsdag as president van Madagaskar verwyder is, het vir die eerste keer bevestig dat hy uit die land gevlug het.

Hy het ’n verklaring uitgereik nadat ’n elite-eenheid van die weermag die mag oorgeneem het ná weke van betogings wat die eilandnasie in ’n krisis gedompel het.

Rajoelina het tussen 11 en 12 Oktober vertrek nadat “eksplisiete en uiters ernstige dreigemente teen die lewe van die staatshoof gemaak is”, het die presidensie laat Woensdag in ’n verklaring gesê. – AFP


2025-10-16 08:12:56

China vaar uit teen VSA oor sy kritiek teen Russiese olie-aankope

China sê sy aankope van Russiese olie is “wettig”, terwyl pres. Donald Trump lande aanspoor om olie-aankope van Moskou te staak weens sy oorlog in Oekraïne.

“China het normale, wettige ekonomiese, handels- en energie-samewerking met lande oor die wêreld heen, insluitend Rusland,” het Lin Jian, woordvoerder van Beijing se ministerie van buitelandse sake, aan verslaggewers gesê.

“Amerika se optrede is ’n tipiese voorbeeld van eensydige boeliegedrag en ekonomiese dwang.” – AFP


2025-10-16 08:35:06

Laaste lid van eerste span wat kruin van Everest bereik, sterf

Die laaste oorlewende lid van die eerste bergklim-ekspedisie wat die kruin van die berg Everest, die wêreld se hoogste berg, suksesvol bereik het, is Donderdag in Katmandoe, Nepal, oorlede, het sy familie gesê.

Kantsjha Sjerpa (92) was ’n tiener toe hy die span in 1953 onder leiding van Edmund Hillary en Tenzing Norgay Sjerpa vergesel het.

Die oorsaak van Kantsjha Sjerpa se dood is nog nie bekend nie. – AFP


2025-10-16 08:42:38

Kantoor van aanklaer in Mexikaanse stad met hommeltuie aangeval

Die kantoor van die aanklaer in die Mexikaanse stad Tijuana naby die Amerikaanse grens is met hommeltuie aangeval, het die owerhede Woensdag gesê.

Die owerhede het nie die aanvallers geïdentifiseer nie.

Maria Elena Andrade, aanklaer van die deelstaat Baja California, het aan verslaggewers gesê die aanval met drie hommeltuie wat met plofstof gevul was, het die kantoor beskadig.

Niemand is in die aanval beseer nie.

Tijuana is ’n belangrike oorgangspunt tussen Mexiko en Amerika en ’n sentrum vir dwelmhandel oor die grens. – AFP


2025-10-16 09:08:13

Noorweër wat vir Rusland, Iran spioeneer, gevonnis

’n Hof in Noorweë het ’n oudsekuriteitswag van die Amerikaanse ambassade tot drie jaar en sewe maande tronkstraf gevonnis vir spioenasie vir Rusland en Iran.

Die Noorweegse man (28) is skuldig bevind aan die verskaffing van vloerplanne, persoonlike besonderhede van ambassadepersoneel en hul families, en inligting oor aktiwiteite by die Amerikaanse ambassade tussen Maart en November 2024.

In ruil daarvoor het die Russiese intelligensiediens hom met €10 000 vergoed en Iran se intelligensiediens het hom 0,17 bitcoin betaal, lui die hof se uitspraak. – AFP


2025-10-16 09:21:08

Oorsaak van Keaton se dood bekend gemaak

Die familie van Diane Keaton (79) het bevestig sy het aan longontsteking gesterf. Keaton is Saterdag in Kalifornië oorlede.

Sy het in die 1970’s bekendheid verwerf danksy haar rol in die Godfather-rolprente en haar samewerking met die regisseur Woody Allen (79).

Sy het ’n Oscar gewen vir beste aktrise vir Annie Hall in 1977. – People

Ralph Lauren SS23 Runway Show SAN MARINO, CALIFORNIA - OCTOBER 13: Diane Keaton attends the Ralph Lauren SS23 Runway Show at The Huntington Library, Art Collections, and Botanical Gardens on October 13, 2022 in San Marino, California. (Photo by Amy Sussman/Getty Images) (Amy Sussman/Getty Images)

Diane Keaton op ’n geleentheid in Kalifornië op 13 Oktober 2022. Foto: Getty Images


2025-10-16 09:28:43

Pous kritiseer ‘wêreld se mislukking om verhongering te keer’

Pous Leo het Donderdag die wêreld se mislukking om te keer dat miljoene mense honger ly, gekritiseer.

Hy het ’n “siellose ekonomie” blameer en mense versoek om hul leefstyl en prioriteite te heroorweeg.

“In ’n tyd waarin wetenskap die lewensverwagting verleng het, tegnologie kontinente nader aan mekaar gebring het, en kennis eens ondenkbare horisonne oopgemaak het wat miljoene mense toelaat om te leef en te sterf, is slagoffers van verhongering ’n kollektiewe mislukking, etiese afwyking en ’n historiese sonde,” het Leo in ’n toespraak by die Verenigde Nasies se landbouagentskap gesê. – AFP


2025-10-16 10:15:22

Een van wêreld se oudste dinosourusse in Argentinië ontdek

Argentynse wetenskaplikes het gefossileerde beendere van een van die wêreld se oudste spesies dinosourusse in die Andesgebergte gevind.

’n Paleontologiese span het die skelet, wat byna volledig is, van die klein langnek-reptiel Huayracursor Jaguensis op ’n hoogte van 3 000 m in Argentinië se noordweste gevind.

Die ontdekking is in die joernaal Nature gepubliseer en die outeurs sê dit kan insiggewend in studies oor evolusie wees.

Die dinosourus het die aarde na raming tussen 230 en 225 miljoen jaar gelede bewandel. – AFP

Handout picture released by Argentina's CONICET shows fossil bones of a Huayracursor jaguensis - at the paleontology laboratory of Crilar in Anillaco, La Rioja province, Argentina, on October 10, 2025. Argentine scientists have discovered the nearly complete skeleton of an unknown dinosaur species that lived approximately 230 million years ago in the Andes Mountains, the state scientific institute Conicet reported Wednesday. (Photo by CONICET Press Office / CONICET / AFP) / RESTRICTED TO EDITORIAL USE - MANDATORY CREDIT "AFP PHOTO / CONICET / HANDOUT / " - NO MARKETING NO ADVERTISING CAMPAIGNS - DISTRIBUTED AS A SERVICE TO CLIENTS (CONICET PRESS OFFICE/AFP)

Die gefossileerde skelet van ’n Huayracursor jaguensis by ’n paleontologie-laboratorium in die provinsie La Rioja in Argentinië. Foto: AFP/CONICET/Verskaf


2025-10-16 10:27:11

Griekse parlement verleng werksure tot 13 uur per dag

Die Griekse parlement het Donderdag ’n wetsontwerp goedgekeur wat die verlenging van werksure in die privaat sektor toelaat, ten spyte van betogings deur werkers.

Die wetsontwerp laat werkgewers toe om tot 13 uur werk per dag van hul personeel te eis in vergelyking met die huidige agt uur.

Die verlengde skof mag slegs vir ’n maksimum van 37 dae per jaar geld en die wetsontwerp beskerm werkers teen ontslag as hulle weier om oortyd te werk. – Reuters

Greek trade unions hold one-day strike to protest extended working hours Greek Communist Party supporters shout slogans during a one-day strike as parliament debates a government plan to allow employers to extend working hours and other labour reforms, in Athens, Greece, October 14, 2025. REUTERS/Stelios Misinas (Stelios Misinas/REUTERS)

Ondersteuners van die Griekse Kommunistiese Party skree Dinsdag slagspreuke in Athene, Griekeland, ten tyde van ’n betoging oor ’n wetsontwerp wat werksure verleng en ander arbeidshervormings deurvoer. Foto: Reuters


2025-10-16 10:54:56

Veiligheidsraad gestig weens Rusland se ‘hibriede oorlogvoering’

Duitsland sal ’n “omvattende aksieplan” ontwikkel om laevlak- hibriede oorlogvoering deur Rusland teen te werk, sê Friedrich Merz, die land se bondskanselier.

Die nuutgestigte nasionale veiligheidsraad sal “in die komende dae” sy eerste vergadering hou om aan die plan te werk, het Merz in die parlement gesê.

Merz het pres. Wladimir Poetin daarvan beskuldig dat hy Europa aan “hibriede aanvalle” onderwerp met verwysing na waarnemings van hommeltuie wat chaos by Europese lughawens veroorsaak het.

“Ons sal onsself nou en in die toekoms teen hulle verdedig.” – AFP


2025-10-16 11:15:17

Giorgio Armani se opvolger glo aangewys

Een van die mees gesogte leiersposte in die Italiaanse modewêreld is nou gevul.

Giorgio Armani se adjunkbestuurder, Giuseppe Marsocci, gaan glo as die nuwe uitvoerende hoof van die wêreldbekende modehuis aangestel word.

Dié besluit sal Donderdag deur die direksie bevestig word, volgens ’n betroubare bron.

Marsocci, wat al meer as 20 jaar by Armani betrokke is en tans wêreldhoof van kommersiële sake is, word aangestel in die pos nadat Armani, die stigter, in September oorlede is. – Reuters

Italian fashion designer Giorgio Armani attending his photo exhibition at the Armani Prive club in Milan. (Photo by Alessandra Benedetti/Corbis via Getty Images) (Alessandra Benedetti - Corbis/Corbis via Getty Images)

’n Argieffoto van die Italiaanse modeontwerper Giorgio Armani. Foto: Getty Images


2025-10-16 11:26:37

Katolieke Kerk versuim steeds om slagoffers te beskerm, sê kommissie

Slagoffers van seksuele misbruik ondervind steeds “ontstellende” wraak van Rooms-Katolieke kerkleiers wanneer hulle hul stories openbaar, sê die Vatikaan se kommissie vir die beskerming van minderjariges.

In sy tweede jaarverslag beklemtoon die kommissie hoe kultuurskok en verwerping wêreldwyd die oopvlek van misbruik verhinder.

40 slagoffers het hul stories gedeel. Die slagoffers sê hulle is gedreig en uitgesluit nadat hulle die misbruik aangemeld het. “In my geval is my familie deur ’n biskop gewaarsku dat my klagte my broer se ambisie om ’n priester te word, in die wiele sou ry,” vertel een van die slagoffers in die verslag.

Ander getuig van pogings deur die kerk om die misbruik geheim te hou. – AFP


2025-10-16 11:48:16

Humanitêre krisis in Gasastrook duur voort

Israel het Donderdag aangekondig dat voorbereidings getref word om die Rafah-grenspos in die Gasastrook vir Palestyne se in- en uitgang te heropen. Geen datum is egter daarvoor vasgestel nie.

Tegelykertyd beskuldig Israel en Hamas mekaar van oortredings van die Amerikaans bemiddelde skietstilstand. Die twis oor die oorskot van gyselaars wat dood is terwyl hulle deur Hamas in die Gasastrook aangehou is, dreig ook om die skietstilstand verder te ontwrig.

Die humanitêre krisis in die gebied bly kritiek, met die Verenigde Nasies (VN) wat waarsku dat vragmotors met hulpmiddels weekliks nodig is. Die meeste van die gebied se 2,2 miljoen inwoners is nou dakloos, en die verwoesting is enorm. – Reuters


2025-10-16 12:05:16

Rusland ‘steeds van wêreld se grootste olieprodusente’ – Poetin

Pres. Wladimir Poetin het Donderdag op ’n energiekonferensie in Moskou gesê dat Rusland steeds onder die wêreld se grootste olieprodusente tel, ondanks internasionale pogings om die land se deelname aan die energiemark te beperk.

Sedert Rusland se inval in Oekraïne in 2022 het Westerse lande streng ekonomiese sanksies en ’n invoerverbod op Russiese olie as strafmaatreëls teen Moskou ingestel.

Dié maatreëls, wat volgens Poetin bedoel is om internasionale mededinging te onderdruk, het egter daarin gefaal om Rusland se produksievermoë te kniehalter, sê hy.

Poetin het Donderdag Westerse lande daarvan beskuldig dat hulle “onregverdige” praktyke gebruik. Hy het benadruk dat die Russiese energiesektor steeds sterk staan en ’n sleutelrol in die wêreldmark speel. – AFP


2025-10-16 12:06:31

Begrafnis vir gevalle makker

Israeli soldiers stand to attention during the funeral of Staff Sgt. Tamir Nimrodi, captured by Palestinian militants during the October 7 attack on southern Israel in 2023, in the central Israeli city of Kfar Saba on October 16, 2025. Three of the four bodies of Israeli hostages in Gaza returned by Hamas late on october 14 have been identified, according to their families following forensic confirmation of their identities. Tamir, one of the three, was a soldier captured at age 18 from a military base on the border with Gaza. (Photo by Jack GUEZ / AFP) (JACK GUEZ/AFP)

Israeliese soldate staan op aandag op die begrafnis van s.sers. Tamir Nimrodi, wie se lyk deur Hamas aan Israel terugbesorg is, in Kfar Saba, Israel. Foto: AFP


2025-10-16 12:18:07

Polisie soek na gesteelde Picasso-skildery

Die polisie in Spanje ondersoek die verdwyning van ’n Picasso-skildery ter waarde van €600 000, Stillewe met Kitaar, wat spoorloos verdwyn het terwyl dit vanaf Madrid na Granada vervoer is vir ’n uitstalling.

Die skildery sou verlede week by ’n gesogte uitstalling van die CajaGranada-stigting vertoon word, maar het nooit daar aangekom nie. Volgens die stigting kom al die werke uit private versamelings.

Die polisie het bevestig dat ’n ondersoek aan die gang is, maar wou geen verdere besonderhede gee nie. Picasso-werke word gereeld deur diewe geteiken.

Pablo Picasso, gebore in Malaga, Spanje, word beskou as een van die invloedrykste kunstenaars in die geskiedenis, bekend vir sy vernuftige styl en tematiese eksperimente. – AFP


2025-10-16 12:23:52

Brittanje wil meer farmaseutiese beleggings hê, sê minister

Brittanje wil ’n aantreklike mark vir farmaseutiese firmas bly, maar in ruil daarvoor wil die regering meer inkomende beleggings van buitelandse farmaseutiese vervaardigers sien, sê Rachel Reeves, Britse minister van finansies.

“Ons moet seker maak dat ons ’n aantreklike plek vir farmaseutiese produkte is, en dit sluit pryse in, maar in ruil daarvoor wil ons meer beleggingsvloei na Brittanje sien,” sê Reeves.

Haar opmerkings volg nadat pres. Donald Trump druk op Europa geplaas het om meer vir Amerikaanse medisyne te betaal en groot farmaseutiese maatskappye beleggings in Brittanje gestaak het, met verwysing na ’n moeilike bedryfsomgewing. – Reuters


2025-10-16 13:00:35

Chaos breek uit by Odinga-roudiens

Tientalle rouklaers het Donderdag gevlug toe veiligheidspersoneel skote en traanrook afgevuur het by die Kasarani-stadion in Nairobi in Kenia, waar ’n groot skare byeengekom het om die kis van oudpremier Raila Odinga te besigtig.

Odinga (80), een van Kenia se mees gerespekteerde staatsfigure en vegter van demokrasie, is Woensdag aan vermoedelik ’n hartaanval in Indië dood.

Ondersteuners het probeer om die area vir baie belangrike persone te betree, wat tot verskeie beserings en paniek gelei het nadat die polisie op die skare losgebrand het. Pres. William Ruto het sewe dae van nasionale rou afgekondig, met ’n staatsbegrafnis wat Vrydag plaasvind. – AFP

Kenya's veteran opposition leader Raila Odinga dies at 80 A member of the Kenya Defence Forces liee on ground outisde the Kasarani International Complex where mourners gather to view the body of Kenya's former Prime Minister Raila Odinga, who had been receiving treatment in India when he died, in Nairobi, Kenya, October 16, 2025. REUTERS/Monicah Mwangi (Monicah Mwangi/REUTERS)

'n Lid van die Keniaanse weermag lê op die grond buite die Kasarani-stadion in Nairobi waar chaos uitgebreek het toe rouklaers bymekaargekom het om die kis met die oorskot van Kenia se voormalige premier Raila Odinga te besigtig. Foto: Reuters


2025-10-16 13:06:30

Hoethi's sê stafhoof is dood

Die Hoethi-rebellegroep van Jemen sê dat hul stafhoof, Muhammad Abd Al-Karim al-Ghamari, een van die mees senior militêre amptenare van die Iran-gesteunde groep, gedood is "terwyl hy sy pligte nagekom het".

Sonder om Israel direk vir sy dood te blameer, sê die Hoethi’s dat die konflik met Israel nog nie verby is nie. Israel "sal sy straf ontvang vir die misdade wat hy pleeg".

Die rebellegroep, wat dele van Jemen beheer, toon gereeld sy solidariteit met die Palestyne in die Gasastrook deur missiele op Israel af te vuur. – Reuters


2025-10-16 13:20:16

Pakistan sê Afganistan moet besluit oor permanente skietstilstand

Shehbaz Sharif, premier van Pakistan, sê dit hang van die Taliban-regering in Afganistan af of ‘n permanente skietstilstand ingestel sal word in die nasleep van grensgeweld tussen die twee lande.

"As hulle binne 48 uur die kwessies wil oplos en ons werklike eise wil aanpak, dan is ons gereed daarvoor," het Sharif aan sy kabinet gesê. Hy het herhaal dat Pakistan se Taliban-militante uitgeskakel moet word en dat Afgaanse gebied nie gebruik moet word om aanvalle te beplan nie.

Die verhouding tussen Afganistan en Pakistan is al dekades lank gespanne weens grensgeskille, veiligheidskwessies, en beskuldigings oor ondersteuning aan militante groepe aan beide kante.

Die spanning het in die laaste paar maande toegeneem, hoofsaaklik oor grensveiligheid, vlugtelinge en militante aanvalle. – AFP


2025-10-16 13:28:34

Kiwi’s het ook ’n weermag...

WAIOURU, NEW ZEALAND - OCTOBER 16: Soldiers from the 2nd Combat Services Support Battalion talk during a training exercise at Waiouru Military Training Area on October 17, 2025 in Waiouru, New Zealand. The Waiouru Military Training Area hosts training exercises for New Zealand Defence Force personnel from around the country and covers approximately 63,000 hectares of open desert land. The facility includes military manoeuvre and live fire training areas, weapons ranges and an urban training facility. (Photo by Hagen Hopkins/Getty Images) (Hagen Hopkins/Getty Images)

Nieu-Seelandse soldate neem ’n blaaskans tydens militêre oefeninge in Waiouru in dié land. Foto: Getty Images


2025-10-16 14:00:48

Stryd nog nie verby nie, waarsku Netanyahu

Benjamin Netanyahu, die Israeliese premier, het Donderdag gesê dat Israel “vasberade” is om die terugkeer te verseker van die oorskot van al die gyselaars wat nog in Gasa is, en belowe dat die “stryd nog nie verby is nie”.

“Ons is vasberade om die terugkeer van al die gyselaars te verseker,” het Netanyahu gesê by ’n staatsgeleentheid waar die Hamas-aanval op 7 Oktober 2023 herdenk is.

“Die stryd is nog nie verby nie, maar een ding is duidelik: Wie ook al ’n hand op ons lê, weet hulle sal ’n baie duur prys betaal.

“Ons is vasberade om ’n oorwinning te behaal wat ons omgewing vir baie jare sal vorm,” het hy bygevoeg. – AFP

A Palestinian woman, Hayam Meqdad, 49, sits on the rubble of her destroyed home in Gaza City A Palestinian woman, Hayam Meqdad, 49, sits on the rubble of her destroyed home, as she now lives in a tent after getting displaced during the war, after a ceasefire between Israel and Hamas in Gaza went into effect, in Gaza City, October 15, 2025. REUTERS/Ebrahim Hajjaj
 TPX IMAGES OF THE DAY (EBRAHIM HAJJAJ/REUTERS)

Hajam Meqdad (49), ’n Palestynse vrou, sit op die puin van haar huis in die Gasastrook, waar sy nou in ’n tent woon. Foto: Reuters


2025-10-16 14:36:03

Uruguay wettig genadedood

Uruguay het Woensdag genadedood gewettig en een van die eerste lande in Latyns-Amerika geword wat bystanddood toelaat.

Uruguay het ’n lang geskiedenis van maatskaplik-liberale wetgewing, deur daggagebruik, selfdegeslaghuwelike en aborsie lank voor die meeste ander lande te wettig.

Twintig uit die 31 teenwoordige wetgewers het ná 10 uur se debat ten gunste daarvan gestem, wat ’n wet deurgevoer het wat in Augustus deur die laerhuis goedgekeur is. – AFP


2025-10-16 14:45:28

Trump praat vandag met Poetin voor Zelenski-besoek môre

Pres. Donald Trump sal Donderdag met pres. Wladimir Poetin van Rusland praat, het die Withuis aangekondig, ’n dag voordat Trump in Washington gesprekke voer met pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne.

Trump het die laaste paar maande meer vyandig teenoor Rusland geraak en toenemende frustrasie met Poetin getoon, terwyl hy simpatie uitgespreek het vir Oekraïne in sy stryd teen Rusland. – AFP


2025-10-16 15:05:38

Ek hou my asem op …

Croatian free diver Vitomir Maricic, 40, relaxes under water during a training at the pool in Rijeka, on October 14, 2025. Croatian freediver Vitomir Maricic went beyond what seemed impossible for the human body by holding his breath for an astonishing 29 minutes and three seconds under water. (Photo by DAMIR SENCAR / AFP) (DAMIR SENCAR/AFP)

Die Kroatiese vryduiker Vitomir Maricic (40) ontspan onder water gedurende ’n oefensessie Donderdag in ’n swembad in Rijeka, Kroasië. Maricic hou die wêreldrekord deurdat hy al sy asem 29 minute en drie sekondes onder water ingehou het. Foto: AFP


2025-10-16 15:16:33

Sosiale media vir onder-16’s net met ouertoesig, vra EU

Europese wetgewers het Donderdag vir strenger reëls gevra om minderjariges aanlyn te beskerm, waaronder ’n minimum ouderdom van 16 oor die Europese Unie heen om sosiale media en KI-toepassings sonder ouerlike toestemming te gebruik.

In ’n verslag wat deur ’n komitee van die Europese Parlement aangeneem is, het wetgewers aanbeveel dat geen kind jonger as 13 toegelaat word om sosiale media te gebruik nie, met of sonder ouerlike toestemming. – AFP


2025-10-16 15:39:03

Pa van Air India-rampvlugvlieënier vra onafhanklike ondersoek

Die pa van een van die vlieëniers van die noodlottige Air India-vliegramp in Junie het Indië se hoogste hof gevra vir ’n onafhanklike ondersoek en gesê die amptelike ondersoek blameer die bemanning onregverdiglik.

Altesaam 241 mense aan boord van die Boeing 787 Dreamliner is dood toe die vliegtuig kort ná opstyging vanaf Ahmedabad in die weste van Indië neergestort het. Nog 19 mense is op die grond dood.

Luidens die verslag ná ’n voorlopige ondersoek is bevind dat brandstof na die vliegtuig se enjins afgesny is oomblikke voor die impak.

Pushkaraj Sabharwal (91), die pa van die oorlede vlieënier Sumeet Sabharwal, het in sy petisie beweer dat die voorlopige ondersoek “diep gebrekkig” is. – AFP


2025-10-16 16:00:50

Weermag trek los op roubeklaers in Kenia

Supporters and mourners of Kenyan opposition leader Raila Odinga run for cover after gunshots and teargas were fired during a gathering for the public viewing of his coffin at the Kasarani Stadium in Nairobi on October 16, 2025 following Odinga's death at the age of 80 during a health visit to India. Tens of thousands of mourners fled in panic as police fired gunshots and teargas in a stadium where they had gathered to see the coffin of opposition leader Raila Odinga, whose body was repatriated from India on October 16, 2025. (Photo by KABIR DHANJI / AFP) (KABIR DHANJI/AFP)

Roubeklaers en ondersteuners van die Keniaanse opposisieleier Raila Odinga (80) soek skuiling toe veiligheidsmagte Donderdag geweerskote en traangas afgevuur het in die Kasarani-stadion in Nairobi waar Odinga in staatsie lê. Citizen TV berig minstens twee mense het in die stormloop gesterf, maar Reuters berig vier mense is dood. – Foto: AFP


2025-10-16 16:10:36

Lutherse Kerk van Noorweë vra verskoning aan gays

Die Lutherse Kerk van Noorweë het Donderdag by ’n gay-kroeg in Oslo verskoning gevra aan die land se LGBTQ-gemeenskap vir die diskriminasie en teistering waaraan die instansie hulle in die verlede onderwerp het.

"In 2022 het die biskoppe van die Kerk van Noorweë erken dat die instelling wat ons lei, lyding en pyn vir gay mense veroorsaak het," het Olav Fykse Tveit, voorsittende biskop van die Kerk van Noorweë, in ’n toespraak by die London Pub, ’n bekende gay-kroeg, gesê.

"Dit is daarom reg dat ons as ’n kerk verantwoordelikheid neem en ons verskoning aanbied," het hy gesê, en verwys na die "diskriminasie, ongelyke behandeling en teistering" wat "skaamte" veroorsaak het en sommige mense hul geloof laat verloor het. – AFP


2025-10-16 16:35:05

Wag by VSA-ambassade in Noorweë skuldig aan spioenasie

’n Noorweegse hof het ’n voormalige veiligheidswag by die Amerikaanse ambassade tot drie jaar en sewe maande tronkstraf gevonnis vir spioenasie vir Rusland en Iran.

Die 28-jarige Noorweegse man is skuldig bevind aan die verskaffing van vloerplanne, persoonlike inligting van ambassadepersoneel en hul gesinne, asook inligting oor bedrywigede by die Amerikaanse ambassade tussen Maart en November 2024.

In ruil daarvoor is hy deur Russiese en Irannese intelligensie betaal, het die hof bevind. – AFP


2025-10-16 17:05:42

Eers tragedie, nou toertjies

Reopening of Zikim beach near Ashkelon A woman jumps on Zikim beach, where people were murdered during the deadly October 7, 2023 attack by Hamas, following its reopening, in Zikim near Ashkelon, southern Israel October 16, 2025. REUTERS/Amir Cohen TPX IMAGES OF THE DAY (Amir Cohen/REUTERS)

’n Vrou doen Donderdag ’n toertjie op die Zikim-strand naby Ashkelon in Suid-Israel. Die strand is heropen nadat verskeie mense daar vermoor is in Hamas se aanval op 7 Oktober 2023. – Foto: Reuters


2025-10-16 17:23:43

Duisende in Brittanje dagvaar Johnson & Johnson oor talkumpoeier

Duisende mense in Brittanje het ’n eis ingedien teen die Amerikaanse farmaseutiese en kosmetiese reus Johnson & Johnson en voer aan dat mense by wie kanker gediagnoseer is, aan asbes in sy talkumpoeier blootgestel is, het prokureurs Donderdag gesê.

Die maatskappy is met ’n reeks soortgelyke regsgedinge in Noord-Amerika gekonfronteer.

Die regsfirma, wat sowat 3 000 eisers in Brittanje verteenwoordig, sê die skadevergoedingseis, wat die tydperk van 1965 tot 2023 dek, "word geraam op meer as $1,3 miljard (sowat R22,5 miljard). – AFP


2025-10-16 17:43:51

Trump, Poetin sal vergader oor oorlog ná ‘groot vordering’ in gesprek

Press. Donald Trump van Amerika en Wladimir Poetin van Rusland het “groot vordering” gemaak in ’n telefoniese gesprek Donderdag en ooreengekom om op ’n onbevestigde datum in Budapest te vergader.

Die vergadering in die Hongaarse hoofstad sal wees "om te kyk of ons die oorlog tussen Rusland en Oekraïne tot ’n einde kan bring," het Trump op sosiale media geskryf ’n dag voor sy vergadering in Washington met pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne. – AFP


2025-10-16 18:01:06

'Help ons, asseblief'

Aftermath of floods due to torrential rains in Poza Rica Angel Salvador Leyva cries as he calls for help for his fellow residents after a river overflowed due to torrential rains, in Poza Rica, Mexico, October 16, 2025. REUTERS/Henry Romero TPX IMAGES OF THE DAY (Henry Romero/REUTERS)

’n Huilende Angel Salvador Leyva vra Donderdag hulp vir sy mede-inwoners in Poza Rica, Mexiko, nadat onlangse stortreën ’n rivier laat oorstroom en groot skade in dié stad in die staat Veracruz aangerig het. Minstens 66 mense is dood in die onlangse vloede in Mexiko, terwyl sowat 75 steeds vermis word. Sowat 100 000 huise is ook beskadig. Foto: Reuters


2025-10-16 18:07:08

Trump dreig om ‘in te gaan en Hamas dood te maak’ ná teregstellings

Pres. Donald Trump het Donderdag gedreig om "in te gaan en Hamas dood te maak" as sy vegters aanhou om mense in Gasa dood te maak, ’n oënskynlike verwysing na ’n voorval vroeër vandeesweek toe Palestynse burgerlikes wat volgens Hamas met Israel saamgewerk het, op straat in die stad Gasa tereggestel is.

"As Hamas aanhou om mense in Gasa dood te maak, wat nie die ooreenkoms was nie, sal ons geen ander keuse hê nie as om in te gaan en hulle dood te maak," sê Trump op sy sosialemediaplatform, Truth Social. – AFP


2025-10-16 18:19:57

Bybels nie meer verpligtend in Oklahoma se skole

Die departement van onderwys in die Amerikaanse deelstaat Oklahoma het ’n omstrede besluit van 2024 herroep wat vereis het dat onderwysers die Christelike Bybel in elke klaskamer moet hê en dit deel van hul lesse maak.

Dié riglyn, wat deur Ryan Walters, vorige superintendent van openbare onderrig, ingestel is, is deur die hoogste hof van die deelstaat opgeskort ná verskeie klagtes en regstappe.

Teenstanders het geargumenteer dat die verpligte gebruik van die Bybel die Amerikaanse Grondwet, wat staatsgesteunde godsdiens verbied, oortree. Oklahoma se eie grondwet vereis ook dat openbare skole nie enige geloof bevoordeel nie.

Lindel Fields, nuwe superintendent, sê die riglyn sal nie verdedig of ingestel word nie en beplan om die saak te laat vaar. Walters sê hy is teleurgesteld en meen daar is ’n “oorlog teen Christenskap”. – Reuters


2025-10-16 18:31:32

Boe!

16 October 2025, Saxony-Anhalt, Wettelrode: Thomas Wäsche from the Röhrigschacht Wettelrode visitor mine installs various ghosts in the mine's visitor corridor. Employees of the visitor mine have installed ghosts and ghouls underground to celebrate Halloween with visitors. Visitors can experience the peaceful ghosts until November 2nd. Photo: Matthias Bein/dpa (Photo by Matthias Bein/picture alliance via Getty Images) (picture alliance/dpa/picture alliance via Getty I)

’n Werknemer van die Röhrigschacht Wettelrode-mynmuseum in Duitsland tref voorbereidings vir Halloween. Foto: Getty Images


2025-10-16 18:39:22

Frankryk, Brittanje en VSA wil veiligheidsmag in Gasastrook vestig

Frankryk en Brittanje, in samewerking met Amerika, werk daaraan om in die volgende paar dae ’n resolusie van die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad te finaliseer wat die grondslag sal lê vir ’n toekomstig internasionale mag in die Gasastrook.

Volgens Pascal Confavreux, woordvoerder van die Franse departement van buitelandse sake, sal so ’n mag in die Palestynse enklave ontplooi word om veiligheid en stabiliteit te verseker.

"Frankryk werk nou saam met sy vennote aan die vestiging van so ’n internasionale sending, wat geformaliseer moet word deur die aanneming van ’n resolusie van die VN se Veiligheidsraad," sê hy. – Reuters


2025-10-16 19:02:09

Regter in Ecuador doodgeskiet

‘n Regter is Donderdag in Ecuador doodgeskiet terwyl hy saam met sy kinders na hul skool toe gestap het in die kusdorp Montecristi, wat geteister word deur dwelmsindikate.

Die polisie het bevestig dat ’n aanvaller op ’n motorfiets op Marcos Mendoza losgebrand het. Minstens 15 regters of aanklaers is reeds sedert 2022 in Ecuador vermoor.

Die polisie vermoed dat die Los Lobos-bende, wat deur Amerika as ’n buitelandse terroriste-organisasie bestempel is, agter die aanval sit. Mendoza het nie lyfwagte gehad en ook nie die polisie vir beskerming gevra nie. – AFP


2025-10-16 19:03:11

Ministers sal voorberei vir beraad tussen Trump, Poetin

Marco Rubio, Amerikaanse minister van buitelandse sake, en Sergei Lawrof, sy Russiese ampsgenoot, sal in die komende dae praat om voorbereidings te tref vir 'n nuwe spitsberaad tussen press. Donald Trump en Wladimir Poetin. Dit volg op 'n telefoongesprek Donderdag tussen die twee leiers om die oorlog in Oekraïne te beëindig.

Die Kremlin sê die tydsberekening van die spitsberaad sal afhang van hoe die voorbereidingswerk vorder.

Volgens die Kremlin vind die vergadering plaas op Rusland se inisiatief.

Trump het Boedapest in Hongarye as 'n plek voorgestel vir die spitsberaad en Poetin het onmiddellik daartoe ingestem. – Reuters


2025-10-16 19:05:43

Sommiges steeds betaal tydens VSA-regeringsluiting

Die Trump-administrasie gaan glo sommige federale wetstoepassingspersoneel, onder wie grenspatrollie-agente en doeanebeamptes, steeds tydens die regering se sluiting betaal.

Die besluit om salaristjeks aan sowat 50 000 Amerikaanse doeane- en grensbeskermingswerkers te stuur, volg op aankondigings dat die Trump-administrasie ook soldate en FBI-agente sal betaal tydens die sluiting wat op 1 Oktober begin het.

Honderdduisende ander federale werknemers ontvang intussen geen betaling nie. – Reuters


2025-10-16 20:04:37

Welkom tuis, Eitan!

Friends and families welcome home former Israeli hostage Eitan Horn, in Kfar Saba Former Israeli hostage Eitan Horn reacts as friends and family welcome him back to his family home, after leaving hospital following his release from captivity in Gaza, in Kfar Saba, Israel, October 16, 2025. Eitan Horn was kidnapped during the deadly October 7, 2023 attack on Israel by Hamas. REUTERS/Stoyan Nenov TPX IMAGES OF THE DAY (Stoyan Nenov/REUTERS)

Die vrygelate Israeliese gyselaar Eitan Horn reageer Donderdag terwyl vriende en familie hom by sy familietuiste in Kfar Saba, Israel, terugverwelkom nadat hy die hospitaal verlaat het ná sy vrylating. Horn is ontvoer in Hamas se aanval op Israel op 7 Oktober 2023. Foto: Reuters


2025-10-16 20:14:37

Momentum in Midde-Ooste kan Oekraïne help – Zelenski

Pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne het Donderdag, op die vooraand van gesprekke met pres. Donald Trump, gesê momentum in die vredesproses in die Midde-Ooste sal help om sy land se meer as drie jaar lange oorlog teen Rusland te beëindig.

Zelenski het nie direk na Trump se beplande samesprekings met pres. Wladimir Poetin van Rusland verwys nie, maar het gesê dit is duidelik dat Rusland gretig was om dialoog te hervat "toe hulle hoor van Tomahawks", ’n verwysing na Trump se voorstel dat hy moontlik daardie missiele aan Oekraïne sal verskaf. – Reuters


2025-10-16 20:21:12

Appèlhof keer (weer) troepe se ontplooiing in Chicago

’n Amerikaanse appèlhof het Donderdag ’n versoek van pres. Donald Trump se administrasie geweier om ’n laer hof se blokkering van die ontplooiing van die Nasionale Garde in Chicago, Illinois, op te hef.

Die paneel van drie regters het gesê die administrasie het nie bewys dat toestande in Chicago die ontplooiing van troepe regverdig nie. – AFP


2025-10-16 20:45:10

Trump verwag om binne 2 weke met Poetin te vergader

Pres. Donald Trump het Donderdag gesê hy verwag ’n vergadering met pres. Wladimir Poetin van Rusland in die Hongaarse hoofstad, Boedapest, sal binne die volgende twee weke plaasvind.

"Ek sal waarskynlik binne die volgende twee weke met hom vergader," het Trump aan verslaggewers in die Oval Office gesê, en bygevoeg dat Marco Rubio, minister van buitelandse sake, eers samesprekings met Russiese amptenare sal voer. – AFP


2025-10-17 03:25:56

Oorspronklike hoofkitaarspeler van Kiss sterf

Ace Frehley (74), die oorspronklike hoofkitaarspeler van die rockgroep Kiss wie se harde klank, gedrag op die verhoog en ikoniese grimering een van die gewildste baanbrekersgroepe van alle tye geskep het, is oorlede.

’n Verteenwoordiger van Frehley het sy dood toegeskryf aan ’n onlangse valslag by sy huis.

Kiss het in die 1970’s op die musiektoneel gebars met ’n klank en voorkoms wat wyd erken word as hard rock en glam rock, met sy wit-en-swart gesigverf, oordadige swart-en-silwer leerkostuums en vlam-effekte op die verhoog. – Reuters

Kiss In Concert - Sacramento CA 1996 Ace Frehley of Kiss performs at Arco Arena on August 28, 1996 in Sacramento, California. (Photo by Tim Mosenfelder/Getty Images) (Tim Mosenfelder/Getty Images)

Ace Frehley ten tyde van ’n konsert van Kiss in Sacramento, Kalifornië, op 28 Augustus 1996. Foto: Getty Images


2025-10-17 03:35:45

Venezuela vra VN om Amerikaanse aanvalle onwettig te verklaar

Venezuela het die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies versoek om te stipuleer dat dodelike Amerikaanse aanvalle op skepe langs sy kus onwettig is.

Pres. Donald Trump het ’n groot Amerikaanse militêre opbou in die suide van die Karibiese Eilande beveel en die troepe het minstens vyf aanvalle op skepe uitgevoer.

Die Trump-administrasie beweer die skepe was betrokke by dwelmhandel, maar sonder om bewyse te lewer.

Volgens Samuel Moncada, Venezuela se VN-ambassadeur, het Amerika minstens 27 mense doodgemaak in die aanvalle op “burgerlike skepe wat deur internasionale waters beweeg”. – Reuters


2025-10-17 03:42:29

Trump-administrasie kla adviseur Bolton strafregtelik aan

’n Aanklag is Donderdag aanhangig gemaak teen John Bolton, pres. Donald Trump se voormalige nasionale veiligheidsadviseur, omdat hy na bewering sensitiewe regeringsinligting met twee van sy familielede gedeel het vir moontlike gebruik in ’n boek wat hy geskryf het.

“Ek sien uit na die stryd om my wettige optrede te verdedig en sy magsmisbruik bloot te lê,” het Bolton in ’n verklaring gesê.

Die aanklag is die derde keer in onlangse weke dat die departement van justisie strafregtelike aanklagte teen een van Trump se kritici aanhangig gemaak het. – Reuters


2025-10-17 04:05:33

Russiese korrespondent sterf in aanval in Oekraïene

Iwan Zoejef, Russiese oorlogskorrespondent, is Donderdag in ’n Oekraïense hommeltuigaanval dood aan die front van die oorlog in die Zaporizjzjia-streek in Oekraïne, het sy publikasie, die staatsnuusagentskap RIA, berig.

’n Kollega van Zoejef by dieselfde agentskap is ernstig gewond in die aanval.

Zoejef het talle pryse van die staat vir sy verslaggewing ontvang en RIA sê pres. Wladimir Poetin het vroeër vanjaar sy dankbaarheid teenoor hom vir sy werk uitgespreek. – Reuters


2025-10-17 04:06:46

Nog ’n aardbewing tref Filippyne

’n Aardbewing met van 6.1 het Vrydag die suide van die Filippyne getref, het die Amerikaanse Geologiese Opname (USGS) gesê.

Daar was geen onmiddellike berigte oor ongevalle of skade nie, het Ralph Cadalena, provinsiale reddingswerker, gesê.

“Ons het ’n skielike sterk skudding gevoel, maar dit was net vir ’n baie kort tydjie.”

Die aardbewing het naby die Dapa-munisipaliteit in die provinsie Surigao del Norte getref.

Twee kragtige aardbewings het die land ook ’n week gelede getref. – AFP


2025-10-17 04:22:09

Miljoene Saterdag verwag in betogings teen Trump

Miljoene Amerikaners sal na verwagting Saterdag die strate invaar om hul woede oor pres. Donald Trump se beleide in landwye No Kings-betogings uit te spreek.

Die vorige dag van saamtrekke deur die No Kings-beweging, wat sowat 300 organisasies verteenwoordig, het op 14 Junie reuse-skares gelok toe Trump ’n militêre parade in Washington op sy verjaardag gehou het.

Vier maande later beplan organiseerders meer as 2 600 demonstrasies van kus tot kus. – AFP

No Kings Protests in Vermont Montpelier, Vermont, USA, 14 June, 2025. Demonstrators at a "No Kings" Trump protest at the Vermont State House in Montpelier, Vermont, USA, part of nationwide No Kings protest day. (Photo by: John Lazenby/UCG/Universal Images Group via Getty Images) (UCG/UCG/Universal Images Group via G)

’n Plakkaat by ’n No-Kings-betoging in Vermont, Amerika, op 14 Junie 2025. Foto: Getty Images/UCG/Universal Images Group


2025-10-17 05:30:47

Oudpremier van Japan sterf

Tomitsji Marajama (101), voormalige premier van Japan, is Vrydag oorlede, het amptenare gesê.

Marajama is veral bekend vir sy verklaring waarin hy om verskoning gevra het oor die Tweede Wêreldoorlog.

Marajama, wat van 1994 tot 1996 in die amp was, het die verklaring in 1995 uitgereik op die 50ste herdenking van Japan se oorgawe waarin hy “diepe berou” uitgespreek het oor die land se gruweldade in Asië.

Mizoeho Foekoesjima, hoof van die Sosiaal-Demokratiese Party, beskryf Marajama in ’n verklaring as die “vader van Japannese politiek”. – AFP


2025-10-17 06:16:05

Peru gaan noodtoestand in hoofstad instel

Peru se nuwe regering het Donderdag gesê ’n noodtoestand sal in die hoofstad, Lima, afgekondig word ná betogings teen die regering oor korrupsie en georganiseerde misdaad.

Dit volg nadat ’n man Woensdag deur die polisie doodgeskiet en meer as 100 mense beseer is toe die betogings naby Lima se kongresgebou gewelddadig geword het.

Die land gaan al weke lank onder betogings gebuk en wetgewers het verlede week Dina Boluarte, die destydse president, deur middel van 'n stemming uit haar amp verwyder. – AFP

Protest against crime and corruption, in Lima Demonstrators stand next to fire burning during a protest against rising crime, economic insecurity, and corruption, a day after President Jose Jeri presented his cabinet, in Lima, Peru, October 15, 2025. REUTERS/Angela Ponce TPX IMAGES OF THE DAY (Angela Ponce/REUTERS)

Betogers staan Woensdag langs ’n vuur in Lima, Peru. Foto: Reuters


2025-10-17 06:46:17

Misdaadbendes vermoor 8 sekuriteitswagte in Nigerië

Gewapende lede van misdaadbendes het Donderdag agt sekuriteitswagte in die deelstaat Zamfara in die noordweste van Nigerië vermoor.

Zamfara is een van verskeie deelstate waar misdaadbendes al jare lank 'n skrikbewind voer. Hulle steel beeste, plunder dorpe, ontvoer en vermoor inwoners, plunder huise en brand dit af.

In die jongste voorval het ’n groep aanvallers losgebrand op ’n konvooi van sekuriteitspersoneel wat ’n snelweg gepatrolleer het wat Zamfara met die naburige deelstaat Katsina verbind. – AFP


2025-10-17 06:55:31

Turkye stuur spesialiste na Gasastrook om lyke onder puin te soek

Turkye het tientalle spesialiste in rampverligting ontplooi om te help soek na lyke onder die puinhope in die Gasastrook.

Hamas sê hy het al die lyke van oorlede gyselaars terugbesorg wat hy kon opspoor, maar die lyke van 19 ander word steeds vermis en is vermoedelik onder die puin begrawe met talle Palestyne.

Die Palestynse militante het hul “toewyding” aan die skietstilstand met Israel beklemtoon en dat hulle al die oorblywende lyke van gyselaars wil terugbesorg. – AFP

Palestinians return to devastated homes in Khan Yunis after Israeli withdrawal KHAN YUNIS, GAZA - OCTOBER 14: Destroyed buildings and rubble are seen as displaced Palestinians return to the Akkad region in Khan Yunis, Gaza following the withdrawal of Israeli forces on October 14, 2025. After the ceasefire takes effect, civilians discover widespread destruction, with entire residential blocks and high-rise buildings reduced to ruins. (Photo by Abed Rahim Khatib/Anadolu via Getty Images) (Anadolu/Anadolu via Getty Images)

Vernietigde geboue en puin in die Akkad-streek in Chan Joenis in die Gasastrook. Foto: Getty Images/Anadolu


2025-10-17 07:28:40

Frankryk kla 4 aan oor komplot teen Russiese andersdenkende

Frankryk het vier mense aangekla weens ’n beweede komplot teen ’n Russiese andersdenkende nadat ’n vlugteling wat gehelp het om misbruik in Russiese gevangenisse te onthul, gesê het hy is geteiken.

Wladimir Osetsjkin is ’n Rus wat in Frankryk woon en ’n nieregeringsorganisasie bestuur wat spesialiseer in die ontbloting van Russiese misbruik.

Die vier mans word aangekla van die vorming van ’n “terroristevereniging” wat daarop gemik was om ’n persoon of persone leed aan te doen. – AFP


2025-10-17 07:32:10

Prominente Italiaanse joernalis in bomaanval geteiken

’n Bom het die motor van Sigfrido Ranucci, ’n prominente Italiaanse joernalis, oornag vernietig, het sy ondersoekende televisienuusprogram Report Vrydag berig.

Die motor van Ranucci se dogter en die voorkant van sy huis suid van Rome is ook in die ontploffing beskadig. Niemand is beseer nie.

Giorgia Meloni, premier van Italië, en baie ander politici het die aanval op die joernalis, wat vir die openbare uitsaaier RAI werk, veroordeel. – AFP


2025-10-17 07:48:15

Nuwe president van Madagaskar ingehuldig

Kol. Michael Randrianirina van die weermag is Vrydag as Madagaskar se president ingehuldig net dae ná ’n staatsgreep wat pres. Andry Rajoelina laat vlug het.

Randrianirina het ’n eenheid van die weermag gelei wat oor die naweek by teenregeringsbetogers aangesluit het.

Hy het die presidensiële eed voorgelees op ’n seremonie in die land se hooggeregshof in die hoofstad, Antananarivo, het AFP-joernaliste gesien. – AFP


2025-10-17 08:13:56

7 Pakistanse soldate dood naby Afgaanse grens

Sewe soldate van Pakistan is Vrydag dood in ’n selfmoordbomaanval naby die Afgaanse grens.

Dit kom te midde van ’n brose skietstilstand tussen die twee lande wat dae van intense gevegte beëindig het.

Die skietstilstand eindig Vrydag om 13:00 GT.

Die soldate is dood in ’n aanval deur militante op ’n Pakistanse militêre kamp in Noord-Waziristan, het veiligheidsamptenare gesê.

Dertien mense is ook beseer.

Pakistan se weermag het nie onmiddellik op ’n versoek om kommentaar gereageer nie. – Reuters


2025-10-17 08:19:15

2 dood, 12 beseer ná ontploffing by woongebou in Roemenië

Twee mense is Vrydag dood en 12 beseer in ’n ontploffing by ’n woonstelgebou in Boekarest, Roemenië, het plaaslike media berig.

Die ontploffing het ook vensterruite by ’n nabygeleë hoërskool laat breek, het die nuuswebwerf Hotnews.ro berig.

Twee verdiepings het heeltemal ineengestort en ander verdiepings is beskadig.

Reddingspanne het die toneel deurgesoek vir ander wat vasgekeer is, het die webtuiste Biziday berig. – Reuters


2025-10-17 08:49:41

Algeriese vrou wat Franse meisie glo verkrag, vermoor se verhoor begin

Die verhoor van ’n Algeriese vrou in Frankryk wat in die hof verskyn op aanklagte van die verkragting, marteling en moord op ’n 12-jarige meisie in Parys, het Vrydag begin. 

Dahbia Benkired (nou 27) is in hegtenis geneem nadat Lola Daviet drie jaar gelede vermis geraak het, en haar lyk toe later in 'n gebou gevind is waar haar pa en ma as versorgers gewerk het.

Daar is bevind Benkired het haar studentevisum se verblyfbeperkings oorskry en nie ’n kennisgewing om Frankryk te verlaat, nagekom nie. – AFP


2025-10-17 09:19:21

560 ton voedsel sedert skietstilstand na Gasastrook geneem

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram (WFP) sê dat hulle gemiddeld sowat 560 ton voedsel per dag na die Gasastrook ingebring het sedert die skietstilstand begin het, maar dit is steeds minder as wat nodig is.

“Dit is steeds minder as wat nodig is, maar ons kom daar,” sê Abeer Etefa, WFP-woordvoerder.

“Die skietstilstand het ’n geleentheid daargestel, en die WFP beweeg baie vinnig om sy voedselhulp op te skaal.” – AFP


2025-10-17 09:36:57

Hersiening versoek van besluit om sokkerklub se ondersteuners by wedstryd te verbied

’n Britse streekpolisiekommissaris het gevra vir ’n onmiddellike hersiening van ’n besluit om ondersteuners van die sokkerklub Maccabi Tel Aviv te verbied om ’n Europese Liga-sokkerwedstryd in November in Birmingham by te woon.

Keir Starmer, Britse premier, het die verbod “die verkeerde besluit” genoem.

Dit is deur ’n veiligheidsgroep ingestel ná advies van die West Midlands-polisiediens.

Die kommissaris vir die gebied, Simon Foster, is ’n verkose amptenaar wat toesig hou oor die werk van die polisie in die streek. Hy het nie operasionele beheer oor besluite soos of ondersteuners toegelaat mag word om 'n wedstryd by te woon nie. – Reuters


2025-10-17 09:42:00

2 lyke van migrante aan kus van Griekse eiland gevind

Die lyke van twee vroue is Vrydag aan ’n rotsagtige kus op die Griekse eiland Chios gevind nadat ’n boot met 29 migrante daar gestrand het.

Tien mense, onder wie drie ernstig beseer is, is na 'n hospitaal in Chios geneem, het ’n woordvoerder van die kuswag gesê.

Griekse Egeïese eilande naby Turkye, insluitend Chios, is een van die hooftoegangspunte na Europa vir mense wat van oorlog en armoede ontvlug. – AFP


2025-10-17 10:08:42

BBC-dokkie oor kinders in Gasa ‘oortree uitsaaireëls’

Ofcom, Brittanje se mediareguleerder, sê ’n dokumentêr deur die BBC oor kinders se lewe in die Gasa-strook het uitsaaireëls oortree.

Die vertelling is uitgevoer deur die 13-jarige seun van ’n adjunkminister van landbou in die Hamas-beheerde regering.

Ofcom sê die versuim om die posisie van die seun se pa bekend te maak, was “wesentlik misleidend”. Die BBC het Gaza: How to Survive a War Zone in Februarie van sy aanlyn platform verwyder, vyf dae nadat dit uitgesaai is.

Sy eie ondersoek het in Julie bevind dat die program sy redaksionele riglyne oor akkuraatheid oortree het. – Reuters


2025-10-17 10:19:22

Roemenië: Dodetal styg ná ontploffing in woonstelle

Die dodetal weens ’n ontploffing in ’n woonstelgebou in Boekarest, Roemenië, het na drie gestyg nadat ’n slagoffer onder die puin van die sesde verdieping gevind is.

Die getal beseerdes staan nou op 13.

Vroeër is berig twee verdiepings het heeltemal ineengestort en ander verdiepings is beskadig. Reddingswerkers soek steeds na nog moontlike slagoffers.

Die waarskynlikste oorsaak van die ontploffing is gas, het Raed Arafat, hoof van die reddingsdienste, gesê sonder om verdere besonderhede te verskaf. – AFP

ROMANIA-EXPLOSION A partially destroyed block of flats ware seen after an explosion in Bucharest, Romania on October 17, 2025. Three people have died and 13 were hospitalized in Romania�s capital Bucharest following a strong explosion on October 17, 2025, according to rescue services. (Photo by Daniel MIHAILESCU / AFP) (DANIEL MIHAILESCU/AFP)

’n Deel van die woonstelgebou waar ’n ontploffing Vrydag in Boekarest, Roemenië, plaasgevind het. Foto: AFP


2025-10-17 10:43:43

Ghaddafi se seun ná 10 jaar van verhoorafwagting vrygelaat

’n Regter in Libanon het Vrydag die vrylating van Hannibal Ghaddafi, seun van die Libiese leier Moeammar Ghaddafi, op borgtog vrygelaat ná byna een dekade van voorverhooraanhouding.

Nadat Ghaddafi ondervra is, het die regter sy vrylating “op borgtog van $11 miljoen” gelas en hom verbied om te reis.

Die owerhede in Libanon het Ghaddafi in 2015 in hegtenis geneem en hom daarvan beskuldig dat hy inligting oor die verdwyning van ’n Libanese Sjiïtiese geestelike byna vier dekades tevore weerhou het. – AFP


2025-10-17 11:17:03

3 neo-Nazi’s deur Britse hof gevonnis

Drie Britse regsgesinde ekstremiste is Vrydag vir altesaam 29 jaar tronk toe gestuur nadat hulle skuldig bevind is aan die beplanning van 'n aanval op moskees of sinagoges as deel van wat hulle geglo het 'n komende "rasseoorlog" is.

Brogan Stewart (25), Marco Pitzettu (26) en Christopher Ringrose (35), het 'n terreurdaad beplan toe hulle in Februarie verlede jaar in hegtenis geneem is. Hulle het skuld ontken, maar jurielede by die hof in Sheffield het hulle in Mei op alle aanklagte skuldig bevind. – Reuters


2025-10-17 11:21:25

Venezuela ontplooi troepe by grens

Venezuela het duisende troepe naby die Colombiaanse grens ontplooi in reaksie op die groeiende Amerikaanse militêre teenwoordigheid in die Karibiese Eilande en Amerika se aanvalle op beweerde dwelmsmokkelbote.

Amerika het verskeie militêre vaartuie na die Karibiese See gestuur en in die afgelope paar weke 'n reeks dodelike aanvalle op bote geloods, 'n veldtog wat volgens kenners onwettig is.

Minstens 27 mense is tot dusver in die Amerikaanse aanvalle dood wat vrese in Venezuela laat ontstaan dat die uiteindelike doel 'n regeringsverandering is. – AFP

Honor Guard members line up before voting during the regional elections at a polling station in Caracas on May 25, 2025. Venezuelans began electing their deputies and governors on Sunday, in an election that is expected to be largely won by the government, with most of the opposition boycotting it, ten months after the re-election of President Nicolas Maduro, whose victory they are contesting. (Photo by Federico PARRA / AFP) (Photo by FEDERICO PARRA/AFP via Getty Images) (FEDERICO PARRA/AFP via Getty Images)

Venezolaanse troepe hou ’n parade in Caracas. Foto: AFP


2025-10-17 11:33:13

Charles besoek pous volgende week

Brittanje se koning Charles III sal volgende week 'n geskiedkundige staatsbesoek aan die Vatikaan aflê om pous Leo XIV vir die eerste keer te ontmoet.

Volgens die Buckingham-paleis sal dit die eerste ontmoeting wees tussen Charles en Leo sedert die nuwe pous se verkiesing in Mei.

Die besoek volg ongeveer ses maande nadat Charles Leo se voorganger, pous Franciskus, in  'n private besoek kort voor sy dood ontmoet het. Franciskus is op 21 April oorlede ná 12 jaar as hoof van die wêreld se 1,4 miljard Katolieke. – AFP


2025-10-17 12:08:34

Rouklaers beseer in stormloop op staatsbegrafnis van Keniaanse opposisieleier

’n Aantal rouklaers is Vrydag in ’n stormloop beseer op die staatsbegrafnis van die Keniaanse opposisieleier, Raila Odinga, toe ’n skare gestorm het om sy oorskot te besigtig.

Odinga het ’n groot aanhang in die Oos-Afrika-nasie en sy herdenkingsplegtighede het groot skares gelok.

Drie mense is Donderdag deur veiligheidsmagte doodgeskiet toe rouklaers ’n hek van ’n ander stadion binnegedring het. Odingais (80) is Woensdag in Indië dood waar hy mediese behandeling ontvang het. – Reuters


2025-10-17 12:18:09

Trump sleep koerant weer hof toe oor beweerde laster

Pres. Donald Trump het weer ’n laster-regsgeding van $15 miljard teen The New York Times heringestel weke nadat dit deur ’n federale regter van die hand gewys is.

Trump het sy langdurige vyandigheid teenoor die media verskerp sedert sy terugkeer na die Withuis en die regsgeding is een van talle aanvalle op nuusorganisasies wat hy van vooroordeel teen hom beskuldig.

Die Times-klag is in September deur distriksregter Steven Merryday van die hand gewys. Volgens Trump het die koerant lasterlike verklarings “met werklike kwaadwilligheid” teen hom gemaak. – AFP

TOPSHOT - US President Donald Trump arrives to announce a new immigration proposal, in the Rose Garden of the White House in Washington, DC on May 16, 2019. Trump proposed an overhaul of US immigration to favour applicants with high skills and good English, while cutting back on family based arrivals and asylum seekers. (Photo by Brendan Smialowski / AFP) (Photo by BRENDAN SMIALOWSKI/AFP via Getty Images) (BRENDAN SMIALOWSKI/AFP via Getty Images)

Pres. Donald Trump Foto: Getty Images


2025-10-17 12:25:23

Hamas bekommerd oor uitvoering van bepalings van ooreenkoms met Israel

Hamas het Vrydag die bemiddelaars versoek om toe te sien dat die oorblywende bepalings van die Amerikaans bemiddelde skietstilstand met Israel, wat twee jaar van oorlog in die Gasastrook beëindig het, geïmplementeer word.

Die militante Palestynse groep sê in ’n verklaring daar is ’n behoefte aan die vorming van ’n gemeenskapsondersteuningskomitee wat met sy werk in die administrasie van die Gasastrook moet begin.

Volgens Hamas word nie al die ooreengekome bepalings volledig uitgevoer nie en die groep vra dat bemiddelaars druk sal toepas vir die implementering van die ooreenkoms. – Reuters


2025-10-17 12:36:34

Kenia-stormloop: Noodwerkers behandel beseerde rouklaers

Medics from emergency services attend to motionless supporters and mourners injured in a stampede at an entrance to Nyayo Stadium, where the body of Kenya�s opposition leader and former Prime Minister Raila Odinga lies in state for public viewing during his State Funeral in Nairobi on October 17, 2025. Kenyan opposition leader Raila Odinga has died at the age of 80 during a health visit to India, local police said on October 15, 2025. Odinga was the perennial opposition figure of Kenyan politics, running unsuccessfully for the presidency on five occasions, most recently in 2022. He remained a dominant force, able to rally huge numbers, particularly from his native western Kenya. (Photo by Luis TATO / AFP) (LUIS TATO/AFP)

Noodwerkers behandel rouklaers wat Vrydag beseer is in ’n stormloop by ’n ingang van die Nyayo-stadion, waar die oorskot van Kenia se opposisieleier en voormalige premier, Raila Odinga, in staatsie lê vir openbare besigtiging gedurende sy staatsbegrafnis in Nairobi in Kenia. Foto: AFP


2025-10-17 13:02:46

Trump, Xi beplan vergadering te midde van spanning oor handel

Pres. Donald Trump het erken dat ’n voorgestelde invoertarief van 100% op Chinese goedere nie volhoubaar is nie, maar het China geblameer vir die jongste dooiepunt in handelsonderhandelinge.

Dit volg nadat Beijing sy beheer oor die uitvoer van seldsame aardmetale, wat belangrik is vir tegnologievervaardiging, verskerp het. “Hulle het my daartoe gedwing,” het Trump Vrydag in ’n onderhoud met Fox Business Network gesê.

Die tariewe, saam met nuwe uitvoerbeheer op kritieke sagteware vanaf 1 November, is aangekondig nadat China sy uitvoerkontroles drasties uitgebrei het. China oorheers die mark vir seldsame aardmetale wêreldwyd.

Trump het ook bevestig dat hy oor twee weke met die Chinese president, Xi Jinping, in Suid-Korea vergader, nadat daar vroeër twyfel was oor die vergadering. “Ons moet vir ’n billike ooreenkoms mik,” het hy bygevoeg. – Reuters


2025-10-17 13:16:50

Hongarye gewillig om Poetin te huisves vir beraad

Hongarye gaan seker maak dat pres. Wladimir Poetin van Rusland die land kan binnegaan en suksesvolle gesprekke met pres. Donald Trump van Amerika voer, ondanks ’n lasbrief wat deur die Internasionale Strafhof vir die inhegtenisneming van Poetin uitgereik is weens beweerde oorlogsmisdade in Oekraïne.

Trump het aangekondig dat hy binne twee weke in Budapest met Poetin wil vergader as deel van ’n poging om ’n vredesooreenkoms vir die oorlog in Oekraïne te bereik. Viktor Orban, Hongaarse premier, sê Hongarye sien uit daarna om Poetin te verwelkom.

Die logistiek van die beraad is steeds onseker, aangesien die Europese Unie (EU) se lugruim vir Russiese vliegtuie gesluit is weens die oorlog in Oekraïne. – AFP


2025-10-17 13:18:08

Sneeu-selfie...

HARBIN, CHINA - OCTOBER 17: A tourist takes photos in a snowfall on October 17, 2025 in Harbin, Heilongjiang Province of China. (Photo by VCG/VCG via Getty Images) (VCG/VCG via Getty Images)

’n Toeris neem foto’s gedurende ’n sneeustorm in Harbin in die Heilongjiang-provinsie van China. Foto: Getty Images


2025-10-17 13:31:22

17 glo op Odinga-begrafnis beseer

’n Bron sê 17 mense is Vrydag in die Kenyatta-hospitaal in Nairobi vir beserings behandel nadat daar ’n stormloop was op die staatsbegrafnis van Raila Odinga, Kenia se oudpremier.

Groot getalle mense het saamgedrom by die Nyayo-stadion om hulde te bring, wat gelei het tot ’n stormloop waarin talle mense beseer is.

Die Kenyatta-hospitaal, een van Nairobi se grootste gesondheidsgeriewe, moes dadelik sorg verleen aan die beseerdes.

Die stormloop volg ’n dag nadat minstens drie mense dood is toe veiligheidsmagte losgebrand het op ’n skare wat bymekaargekom het om Odinga se oorskot in ’n aparte seremonie te sien. – Reuters


2025-10-17 14:00:28

Betogings teen korrupsie in Manila

Anti-corruption protest in Manila Students raise flags as they shout slogans during an anti-corruption protest near Malacanang Palace, Metro Manila, Philippines, October 17, 2025. REUTERS/Noel Celis TPX IMAGES OF THE DAY (NOEL CELIS/REUTERS)

Studente swaai Vrydag vlae terwyl hulle slagspreuke skree tydens ’n teenkorrupsiebetoging naby die Malacanang-paleis in Manila in die Filippyne. Foto: Reuters


2025-10-17 14:10:56

Kremlin sê nog ‘baie vrae’ voor Poetin-Trump-beraad

Die Kremlin het Vrydag gesê “baie vrae” moet nog beantwoord word voordat pres. Wladimir Poetin en sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, kan vergader, insluitend wie aan elke onderhandelingspan sal deelneem.

“Die minister van buitelandse sake (Sergei) Lawrof en (Marco) Rubio sal hieraan begin werk. Daar is baie vrae, onderhandelingspanne moet bepaal word, en so meer,” het die Kremlin-woordvoerder Dmitri Peskof gesê.

“Dit (die vergadering) kan inderdaad binne twee weke of ’n bietjie later plaasvind. Daar is begrip dat niks uitgestel moet word nie,” het hy bygevoeg. – AFP


2025-10-17 14:35:54

Bolsonaro se vrou staan dalk in 2026 se presidentsverkiesing

Michelle Bolsonaro, die vrou van Brasilië se veroordeelde voormalige president Jair Bolsonaro, sluit nie ’n moontlike presidensiële veldtog in 2026 uit nie.

Sy het in ’n onderhoud met AFP gesê sy sal dit aan God, en haar man, oorlaat.

“Enige besluit rakende moontlike kandidate sal gebaseer wees op ’n deeglike debat met my man ... en sal die resultaat wees van baie gebede om die missie te bepaal wat God moontlik aan my kan toevertrou,” het die 43-jarige gesê. – AFP

(FILES) Brazil's former First Lady (2019-2022) Michelle Bolsonaro delivers a speech as she drives on top of a truck during an anti-abortion rally organized by PL Mulher group at Praca da Liberdade square in Belo Horizonte, state of Minas Gerais, Brazil, on October 8, 2023. With Jair Bolsonaro convicted and barred from running in Brazil's 2026 presidential election, his wife, Michelle Bolsonaro, said she is leaving it up to God to decide whether her "mission" is to be a candidate during an interview with AFP published on October 17, 2025. (Photo by DOUGLAS MAGNO / AFP) (DOUGLAS MAGNO/AFP)

Michelle Bolsonaro, Brasilië se voormalige presidentsvrou, lewer verlede week ’n anti-aborsie-toespraak in Belo Horizonte in die deelstaat Minas Gerais. Foto: AFP


2025-10-17 15:00:46

Op soek na oorskot

Search for the bodies of hostages killed after being seized by Hamas, in Khan Younis Hamas militant stands guard, as heavy machinery operates at the site where searches are underway for the bodies of hostages killed after being seized by Hamas during the October 7, 2023 attack, amid a ceasefire between Israel and Hamas, in Khan Younis, southern Gaza Strip, October 17, 2025. REUTERS/Stringer TPX IMAGES OF THE DAY (Stringer/REUTERS)

’n Hamas-militant hou Vrydag wag terwyl grondverskuiwingstoerusting ingespan word op ’n terrein in Chan Joenis in die suide van die Gasastrook waar daar gesoek word na die oorskot van Israeliese gyselaars wat vermoor is nadat hulle deur Hamas ontvoer is tydens die aanval op 7 Oktober 2023. Foto: Reuters


2025-10-17 15:11:12

Fransman 30 j. tronk toe oor sy vermiste vrou

’n Fransman wie se vrou tydens die Covid-19-pandemie in Desember 2020 in die suide van die land verdwyn het en wie se lyk nooit gevind is nie, is Vrydag tot 30 jaar tronkstraf weens haar moord gevonnis.

Cedric Jubillar, ’n 38-jarige verwer en pleisteraar, het gesê dat hy “absoluut niks” aan sy vrou, Delphine, gedoen het nie.

’n Jurie het bevind Jubillar het sy vrou vermoor nadat sy vir ’n egskeiding gevra het, terwyl sy ook ’n verhouding met ’n ander man gehad het. – AFP


2025-10-17 15:38:50

Portugal keur wetsontwerp goed wat sluiers verbied

Portugal se parlement het Vrydag ’n wetsontwerp goedgekeur wat die dra van sluiers in die meeste openbare ruimtes verbied.

Die wetsontwerp is voorgestel deur die regs-ekstremistiese Chega-party en teiken effektief boerkas en niqabs wat deur Moslemvroue gedra word.

Ingevolge die wetsontwerp is die voorgestelde boetes weens die dra daarvan tussen R4 000 en R80 000. Om iemand te dwing om een te dra, sal met gevangenisstraf van tot drie jaar strafbaar wees.

Sluiers sal steeds toegelaat word in vliegtuie, op diplomatieke persele en plekke van aanbidding.

Ander Europese lande soos Frankryk, Oostenryk, België en Nederland het reeds ’n volledige of gedeeltelike verbod op die dra van sluiers. – Reuters


2025-10-17 16:01:34

'Ons wil julle nie hier hê nie!'

Protesters gather outside of the Broadview ICE facility A protester confronts an Illinois State police officer outside the Broadview ICE facility, after U.S. President Donald Trump ordered increased federal law enforcement presence to assist in crime prevention, in Chicago, Illinois, U.S., October 17, 2025. REUTERS/Jim Vondruska (Jim Vondruska/REUTERS)

’n Betoger konfronteer Vrydag ’n staatspolisiebeampte van Illinois buite ’n gerief van die Amerikaanse agentskap vir immigrasie- en doeane-afdwinging (Ice) in Chicago nadat pres. Donald Trump opdrag gegee het vir meer federale wetstoepassing in dié stad. Foto: Reuters


2025-10-17 16:09:08

Trump se voormalige veiligheidsraadgewer ontken skuld op aanklagte

John Bolton, voormalige veiligheidsraadgewer van pres. Donald Trump wat een van sy grootste kritici geword het, het Vrydag skuld ontken op aanklagte dat hy geklassifiseerde inligting onbehoorlik gehanteer het.

Bolton het glo sensitiewe regeringsinligting met twee familielede gedeel vir moontlike gebruik in sy memoires.

Luidens die klagstaat sluit dié inligting vergaderings met senior regeringsamptenare, besprekings met buitelandse leiers en intelligensie-inligtingsessies in.

Bolton, wat Donderdag aangekla is, is die derde prominente kritikus van Trump wat in die laaste paar weke strafregtelik aangekla is. – Reuters

Former White House national security adviser Bolton arrives at U.S. District Court Former White House national security adviser John Bolton arrives at U.S. District Court for the District of Maryland, in Greenbelt, Maryland, U.S., October 17, 2025. REUTERS/Leah Millis REFILE - QUALITY REPEAT TPX IMAGES OF THE DAY (Leah Millis/REUTERS)

John Bolton, pres. Donald Trump se voormalige veiligheidsraadgewer, kom Vrydag by die distrikshof in Greenbelt, Maryland, aan. Foto: Reuters


2025-10-17 16:36:29

Aanklaer wat ondersoeke na Trump lei, word glo ook nou bekyk

Jack Smith, federale aanklaer wat die strafregtelike ondersoeke na pres. Donald Trump ná sy eerste termyn gelei het, is Vrydag na die departement van justisie verwys vir ondersoek na bewerings dat sy kantoor onregmatig Republikeinse wetgewers se oproep-logboeke bekom het, berig New York Post en haal ’n brief van die Amerikaanse kongres aan.

Smith het twee ondersoeke na Trump gelei: een na Trump se rol in die bestorming van die Amerikaanse kongresgebou en die ander na Trump se beweerde onbehoorlike hantering van regeringsrekords, onder meer geklassifiseerde dokumente. – Reuters


2025-10-17 17:16:53

Switserland, VSA: Nog geen teken van vordering met gesprekke oor tariewe

Guy Parmelin, Switserse minister van ekonomiese sake, onderwys en navorsing, het Vrydag gesê hy het kortliks met Scott Bessent, Amerikaanse minister van finansies, gepraat oor Amerika se handelstariewe van 39% op Switserland.

Hy kon egter geen aanduiding gee van vordering met die vermindering van die heffings nie.

Kontak tussen die Switserse en die Amerikaanse regering is op verskeie vlakke aan die gang en hy het " ’n paar minute" met Bessent gepraat, het Parmelin aan Switserse media gesê.

"Maar dit was baie kort," het Parmelin gesê tydens ’n besoek aan Washington.

"Ons bly in kontak, onder meer op ’n tegniese vlak. Die federale kabinet sal kommunikeer sodra ons kan verslag doen oor enige vordering." – Reuters


2025-10-17 17:22:39

Aanval op 'dwelmbote': 2 oorlewendes glo op Amerikaanse skip aangehou

Die Amerikaanse vloot hou na bewering twee oorlewendes aan boord van ’n skip nadat hulle gered is van ’n vermeende dwelmvaartuig in die Karibiese See wat getref is tydens ’n Amerikaanse aanval. Volgens bronne wat vertroud is met die voorval, is twee ander mense in die aanval dood.

Die onthulling laat die moontlikheid ontstaan dat die oorlewendes van Donderdag se aanval die eerste krygsgevangenes is in ’n konflik wat deur pres. Donald Trump verklaar is teen ’n "narkoterreur-bedreiging", wat hy sê uit Venezuela kom.

Die Pentagon het nie onmiddellik op ’n versoek om kommentaar gereageer nie. Die bronne sê die vaartuig wat Donderdag getref is, het onder die water beweeg en was dalk ’n miniduikboot wat deur dwelmsmokkelaars gebruik word om opsporing te vermy. – Reuters


2025-10-17 17:24:31

Blitsig

Auto: Formula One - US Grand Prix, Practice + Qualifying Red Bull technicians work on the car of Red Bull Racing's Dutch driver Max Verstappen in pit lane during the practice session for the United States Formula One Grand Prix at the Circuit of the Americas in Austin, Texas, on October 17, 2025. (Photo by Jim WATSON / AFP) (JIM WATSON/AFP)

Tegnici werk aan die motor van die Nederlandse renjaer Max Verstappen in die kuipe tydens ’n oefensessie vir die Amerikaanse Formule Een-Grand Prix in Austin, Texas. Foto: AFP


2025-10-17 17:33:11

Pakistan, Afganistan verleng skietstilstand tot einde van gesprekke

Pakistan en Afganistan het Vrydag ooreengekom om hul 48-uur-skietstilstand te verleng tot die einde van die gesprekke in Doha, hoofstad van Katar, sê drie Pakistanse veiligheidsbeamptes en  ’n Taliban-bron.

’n Pakistanse afvaardiging het reeds in Doha aangekom. ’n Afgaanse afvaardiging sal na verwagting Saterdag na Doha reis.

Die huidige Afgaanse regering glo Pakistan help militante groepe om die Afgaanse staat te ondermyn.

Die nuus van die verlenging van die skietstilstand het slegs ure ná  ’n dodelike selfmoordaanval naby die Afgaanse grens gekom wat die lewe van sewe Pakistanse soldate geëis het. 13 ander is beseer. Die voorval het die broosheid van die situasie uitgelig. – Reuters


2025-10-17 17:49:58

Veelkleurige presisie

The Black Eagles, the aerobatic team of T-50 jets belonging to South Korea's Air Force, fly in formation during the Seoul International Aerospace and Defence Exhibition (ADEX) at a military airport in Seongnam on October 17, 2025. (Photo by Jung Yeon-je / AFP) (Photo by JUNG YEON-JE/AFP via Getty Images) (JUNG YEON-JE/AFP via Getty Images)

Die Black Eagles, ’n akrobatiese span van die Suid-Koreaanse lugmag, vlieg in formasie tydens die Seoel- internasionale lugvaart- en verdedigingsuitstalling (Adex) in Seongnam, Suid-Korea. Foto: AFP


2025-10-17 17:54:26

Charles gaan saam met pous bid tydens besoek aan Vatikaan

Koning Charles III van Brittanje en pous Leo XIV sal saam bid in ’n "unieke" Sistynse Kapel-diens wat eeue lank nie gesien is nie, het die Buckingham-paleis Vrydag gesê by die aankondiging van volgende week se staatsbesoek aan die Vatikaan.

Charles, hoof van die Kerk van Engeland, en koningin Camilla sal vir die eerste keer met Leo vergader sedert hy in Mei pous geword het tydens wat die paleis ’n "historiese" tweedaagse besoek noem wat Donderdag eindig. – AFP


2025-10-17 18:00:05

Trump sê Poetin wil oorlog beëindig, maar Zelenski stem nie saam

Rusland wou sy oorlog in Oekraïne beëindig, maar pres. Wolodimir Zelenski het dit op die vergadering tussen hom en pres. Donald Trump by die Withuis duidelik gestel dat Rusland sy inval in Oekraïne wou voortsit, het Trump Vrydag gesê.

Volgens Zelenski is pres. Wladimir Poetin “nie gereed” om vrede te sluit nie.

Trump en Zelenski het vergader om ’n oplossing te vind vir die voortslepende oorlog. – AFP


2025-10-17 18:12:43

Spanning tussen VSA, China nou minder, sê minister

Scott Bessent, Amerikaanse minister van finansies, glo dat die handelspanning met China verminder het ná ’n uitbarsting oor China se aankondiging van strenger uitvoerbeheer op kritieke skaars aardmetale.

“Ek dink dinge het gedeëskaleer. Ek hoop China sal die respek wys wat ons aan hom bewys het,” het Bessent Vrydag aan joernaliste by die Withuis gesê.

Bessent se opmerking volg op ’n tydperk van verhoogte spanning tussen Amerika en China, veral nadat China besluit het om die uitvoer van skaars aardmetale verder te beperk. Skaars aardmetale is van kardinale belang vir gevorderde tegnologie en verskeie nywerhede wêreldwyd. – AFP


2025-10-17 18:18:58

Hulp is byderhand

TOPSHOT - This aerial view shows residents receiving food from Mexico's National Defense Secretariat and the Mexican Air Force in Xalacahuantla, Tianguistengo municipality, Hidalgo state, Mexico, on October 16, 2025. Mexican survivors of floods and landslides that killed at least 70 people last week have appealed for urgent aid, saying they are worried about disease outbreaks as rotting animal carcasses pile up in the mud. (Photo by Alfredo ESTRELLA / AFP) (Photo by ALFREDO ESTRELLA/AFP via Getty Images) (ALFREDO ESTRELLA/AFP via Getty Images)

Inwoners ontvang kospakkies van die Mexikaanse lugmag in Xalacahuantla in die staat Hidalgo, Mexiko. Mexikaanse oorlewendes van vloede en grondstortings wat verlede week minstens 70 mense se lewe geëis het, doen ’n oproep om dringende hulp en sê hulle is bekommerd oor siektes namate verrottende dierekarkasse in die modder ophoop.

Foto: AFP


2025-10-17 18:35:41

Beleërde prins Andrew doen afstand van sy koninklike titels

Prins Andrew het Vrydag sy titel as hertog van York en ander eerbewyse prysgegee nadat hy al hoe meer by skandale betrokke geraak het oor sy bande met die Amerikaanse seksmisdadiger Jeffrey Epstein.

"Ek sal ... nie langer my titel of die eerbewyse wat aan my toegeken is, gebruik nie," het Andrew in ’n verklaring gesê. Hy het bygevoeg dat hy alle bewerings ontken, maar dat "die voortdurende beskuldigings oor my ’n afleiding is van die werk van Sy Majesteit en die koninklike familie." – AFP

(FILES) Britain's Prince Andrew, Duke of York (L) and Britain's King Charles III leave following a Requiem Mass, a Catholic funeral service, for the late Katharine, Duchess of Kent, at Westminster Cathedral in London on September 16, 2025. UK's scandal-hit Prince Andrew said on October 17, 2025, he is giving up his royal title. (Photo by Adrian Dennis / AFP) (ADRIAN DENNIS/AFP)

Prins Andrew en sy broer, koning Charles, by die begrafnisdiens van die hertogin van Kent in September. Foto: AFP


2025-10-17 19:03:52

Dalk te vroeg vir Tomahawk-missiele aan Oekraïne – Trump

Pres. Donald Trump het Vrydag aangedui dat dit voortydig kan wees om Tomahawk-missiele aan Oekraïne te voorsien.

Op ’n vergadering in die Withuis met pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne het Trump gesê dat hy eers vrede met Rusland wil verseker.

"Hopelik sal hulle dit nie nodig hê nie. Hopelik sal ons die oorlog kan beëindig sonder om oor Tomahawks te dink," het Trump aan joernaliste gesê.

Hy het bygevoeg dat hy vol vertroue is dat hy pres. Wladimir Poetin van Rusland kan oorreed om die inval te beëindig ná ’n oproep met Poetin die vorige dag.

Trump het ook erken dat Poetin dalk tyd probeer wen deur in te stem tot ’n nuwe beraad, maar gesê hy glo sy Russiese ampsgenoot wil ’n ooreenkoms hê om die oorlog in Oekraïne te beëindig. – AFP

US President Donald Trump meets with Ukrainian President Volodymyr Zelensky (L) in the Cabinet Room of the White House in Washington, DC, on October 17, 2025. (Photo by TOM BRENNER / AFP) (TOM BRENNER/AFP)

Pres. Donald Trump vergader Vrydag met die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, in die kabinetskamer van die Withuis. Foto: AFP


2025-10-17 19:36:53

VSA val duikboot aan wat dwelms vervoer – Trump

Pres. Donald Trump het Vrydag ’n nuwe aanval deur Amerikaanse militêre magte op vermeende dwelmhandelaars in die Karibiese See bevestig en gesê dat ’n duikboot dié keer geteiken is.

"Ons het ’n duikboot aangeval en dit was ’n duikboot wat spesifiek gebou is vir die vervoer van enorme hoeveelhede dwelms," het Trump aan joernaliste by die Withuis gesê.

Marco Rubio, Amerikaanse minister van buitelandse sake wat langs Trump gesit het, wou nie bevestig of daar oorlewendes was nie. – AFP


2025-10-17 20:02:03

‘Ons makkers is onskuldig’

Demonstrators from Albania and Kosovo protest in support of former Kosovo President Hashim Thaci and other former Kosovo Liberation Army (KLA) members, who are on trial for war crimes Demonstrators from Albania and Kosovo protest in support of former Kosovo President Hashim Thaci and other former Kosovo Liberation Army (KLA) members, who are on trial for war crimes at a court in the Netherlands, in Tirana, Albania, October 17, 2025. REUTERS/Florion Goga TPX IMAGES OF THE DAY (Florion Goga/REUTERS)

Betogers van Albanië en Kosovo betoog Vrydag in Tirana, Albanië, ter ondersteuning van oudpres. Hashim Thaci van Kosovo en ander voormalige lede van die Kosovo-bevrydingsleër wat in ’n hof in Nederland teregstaan weens beweerde oorlogsmisdade. Foto: Reuters


2025-10-17 20:16:38

Palestyn in VSA vas weens 'betrokkenheid by 7 Oktober-aanval'

’n Palestynse man is in die Amerikaanse deelstaat Louisiana in hegtenis geneem op terreurverwante aanklagte weens sy beweerde betrokkenheid by die Hamas-aanval op Israel op 7 Oktober 2023, het die departement van justisie Vrydag gesê.

Mahmoud Amin Ya'qub Al-Muhtadi (33) word ook daarvan beskuldig dat hy gejok het op die visumaansoek wat hy in Kaïro, Egipte, ingedien het om Amerika in September 2024 binne te kom.

Luidens hofstukke was Al-Muhtadi ’n agent van die Nasionale Weerstandsbrigades, die militêre vleuel van die Demokratiese Front vir die Bevryding van Palestina wat in die Gasastrook gebaseer is. – AFP


2025-10-17 20:33:23

Sydney Sweeney kan boks ook?

Premiere of "Christy" at the London Film Festival Cast member Sydney Sweeney attends the premiere of "Christy" at the London Film Festival in London, Britain, October 17, 2025. REUTERS/Carlos Jasso TPX IMAGES OF THE DAY (Carlos Jasso/REUTERS)

Die akrise Sydney Sweeney woon Vrydag die première van die rolprent Christy op die Londense Filmfees by. Christy is ’n biografiese sportdrama oor die voormalige professionele bokser Christy Martin, vertolk deur Sweeney. Foto: Reuters

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM